Announcement

Collapse
No announcement yet.

"Avatar"

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • "Avatar"

    Ek het nie die movie gesien nie, maar ek verstaan dat dit $300 miljoen gekos het om te maak (volgens Wiki) en dat alle vorige rekords van "Titanic" by die loket oortref word. Ek verstaan ook dat mense in die film die slegtes is en getransformeer en geinkarneer moet word in duiwels (reuse wat van gevalle engele af kom). Verder is die "verlosser figuur" in die film een wat op die rooi draak ry. Mense word in die film voorberei om die Antichris as verlosser te aanvaar en om okultiese tradisies as 'n beter geloofstelsel as die van die mens te aanvaar. Die woord Avatar beteken blykbaar 'n siel wat in 'n ander liggaam geďnkarneer word.

    Dan. 11:36-39 praat van 'n totaal omgekeerde geloofstelsel wat in die laasste dae op aarde aan die orde van die dag sal wees. Is hierdie ook deel daarvan? Miljoene der miljoene kyk op die oomblik na die film węreldwyd. Daar word ook berig dat daar op die oomblik reeds aan 30 films by Hollywood gewerk word wat verder uitbou op temas wat in "Avatar" aan die orde gekom het.
    Last edited by David2; Feb 6th 2010, 04:30 PM.

  • #2
    As dit nie boekdele spreek nie, dan weet mens nie wat nog moet gebeur dat die mensdom moet wakker skrik nie David. Topverkoper oor 'n suiwer Bybelverhaal of profesie, dit sę alles.
    The Rapture

    My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
    but I must confess, don’t worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    it’s before God’s wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    it’s for all the people in the zoo
    think about it and refresh…
    you will see there’s no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhere…


    Comment


    • #3
      Ek het die fliek gekyk, dit was alles baie goed gedoen. Mens kan BAIE goed "lees" in hierdie fliek. Die rooi draak wat gery word het ek nie eers aan gedink nie Ek dink dit is 'n fliek wat enige sterk Christen moet kyk. Dalk moet ons as 'n groep meer in diepte hierdie flieks begin ontleed en bepaal of daar soos boodskappe of iets verskuil lę daarin.

      Stuur die geheime okkultiese groeppe boodskappe na mekaar?....

      Comment


      • #4
        Ek sien self baie uit daarna om dit te sien, is mal oor goeie spesiale effekte, klank ensovoorts. Indien daar wel versteekte/sublimale boodskappe is, geniet ek dit soveel meer , bloot omrede dit vir my 'n teken is dat Jesus se koms al hoe nader aan ons beweeg, en die vyand begin spartel !

        Ek het gelees dat daar mense is wat oorweeg om selfmoord te pleeg na hulle Avatar gesien het, blykbaar omrede sommiges in 'n depressie verval nadat hulle besef dat die perfek geskepte Avatar węreld nie regtig bestaan nie.

        Comment


        • #5
          Selfmoord pleeg a.g.v fliek? Nee wat, ek dink hulle het al aan depressie gely voor die fliek!! Dit is goed, maar nie so goed nie!! Dit is maar soos enige tipiese fliek.. goed teenoor kwaad en goed oorwin alteid.

          Die eerste idiee wat ek gekry het toe ek die fliek gekyk het, was Amerikaanse indiane... baie dieselfde soort spiritualiteid aan verbonde... (soos ons natuurlik weet die verkeerde tipe) Ek sal graag wil hoor wat mense nog opgetel het tussen die lyne...

          Comment


          • #6
            Originally posted by David2 View Post
            Ek het nie die movie gesien nie, maar ek verstaan dat dit $300 miljoen gekos het om te maak (volgens Wiki) en dat alle vorige rekords van "Titanic" by die loket oortref word. Ek verstaan ook dat mense in die film die slegtes is en getransformeer en geinkarneer moet word in duiwels (reuse wat van gevalle engele af kom). Verder is die "verlosser figuur" in die film een wat op die rooi draak ry. Mense word in die film voorberei om die Antichris as verlosser te aanvaar en om okultiese tradisies as 'n beter geloofstelsel as die van die mens te aanvaar. Die woord Avatar beteken blykbaar 'n siel wat in 'n ander liggaam geďnkarneer word.

            Dan. 11:36-39 praat van 'n totaal omgekeerde geloofstelsel wat in die laasste dae op aarde aan die orde van die dag sal wees. Is hierdie ook deel daarvan? Miljoene der miljoene kyk op die oomblik na die film węreldwyd. Daar word ook berig dat daar op die oomblik reeds aan 30 films by Hollywood gewerk word wat verder uitbou op temas wat in "Avatar" aan die orde gekom het.
            Ek het Avatar in 3d gesien en die filmwerk en special effects was asemrowend en die hele fantasie węreld wat hulle geskep het is pragtig. Dit is asof die hele węreld 'n kleur en lig vertoning is, en mens kan verstaan dat dit baie Christene herinner aan hoe wonderlik die hemel behoort te wees.

            Ek dink die 'verlosser wat 'n rooi draak ry' konneksie is 'n bietjie dik vir 'n daalder, en dat mense in gevalle Engele moet transformeer is ook nie waaroor die rolprent gaan nie.

            Die rolprent het 'n sterk en blatante boodskap en ek is verbaas dat so min dit raaksien, want ek sou dit nie as okkulties (demone, drake en dies meer) bestempel nie. Ek dink dit mis die hele punt, want die boodskap is nie satanisties nie, dit is Oosters.

            Eerstens is dit deurtrek met Panteisme en Monisme.
            Op "Pandora", die planneet waar alles afspeel, is alles een en alles is gekoppel aan die 'divine lifeforce'.
            Die naam Avatar verwys na die Hindu god Vishnu (The sustainer; a Hindu divinity worshipped as the preserver of worlds) en die hele 'environmentalism' idee kom sterk deur. Die mense se bedrywighede word beskryf as, "Hulle het hul eie planeet verwoes en nou wil hulle dieselfde doen op Pandora". Hierdie tipe boodskap is populęr deesdae in Hollywood soos in "The Day the Earth Stood Still ".

            Natuurlik is natuurbewaring iets wat sterk bande met die New Age sieninge gepaardgaan, en die 'bad guys' in die rolprent is mense wat die natuur van Pandora uitbuit en nie die eenheid wat alle wesens en plante het, verstaan en respekteer nie. Vroeg in die rolprent word die held geleer dat wanneer hy 'n dier jag om te eet, moet hy die dier se siel bedank dat die dier as voedsel kan dien om die siklus van die lewe aan die gang te hou. Om suksesvol op hierdie planeet te wees moet hy dan ook leer dat alles eintlik een is, dat die heelal 'n enkele organisme is.

            Daar is 'n gedeelte in die rolprent waar die held vra waarom die natuur-god nie inspring en help teen die vyand nie, en toe is gesę dat hierdie god nie kante kies nie en dat goed en sleg alles deel van die balans van die natuur is. Hierdie is 100% in lyn met die Oosterse geloofsiening waaruit New Age basies afstam (Yin yang).

            'n Ander tipiese New Age aspek is die fokus op die vroulike. Ek dink nie dis toevallig dat die wyse mense in die rolprent almal vroue is en die bad-guys almal mans is nie.
            In die rolprent is die tendens dat die vroue grasieus en elegant en wys is.
            Die mans is booswigte, lomp morone of hulle speel 'n kantlyn rol.

            Die New Age boodskap in die rolprent is so sterk dat mens eintlik beledig voel. Dit kon netsowel deur Oprah en Eckhart Tolle geproduseer gewees het, so erg was dit vir my.
            Ek was lus vir 'n lekker sci-fi rolprent en nie 'n inleiding in Oosterse Mysticisme en New Age nie.

            Ek glo dat as mens in Kauai sit en wag vir een van daardie ouens wat 'hemp' sandale en kurkprop oorbelle dra...met die 'Sea shepherd' embleem op sy VW bus, en die lensie en tofu wrap en wheatgras melk(soya melk)-skommel bestel, en mens vra hom wat hy van Avatar gedink het sal hy sę, "Uhhh, maaaaan, that was the best movie ever!"

            Comment


            • #7
              Originally posted by chisel View Post
              Ek glo dat as mens in Kauai sit en wag vir een van daardie ouens wat 'hemp' sandale en kurkprop oorbelle dra...met die 'Sea shepherd' embleem op sy VW bus, en die lensie en tofu wrap en wheatgras melk(soya melk)-skommel bestel, en mens vra hom wat hy van Avatar gedink het sal hy sę, "Uhhh, maaaaan, that was the best movie ever!"
              Klasieke Chisel !

              Comment


              • #8
                Dankie chisel, dit was nogal 'n goeie interpretasie. Duidelik weet ek te min van oosterse gelowe. Maar ek stem saam, New age is dit beslis!!

                Comment


                • #9
                  Eintlik het ek die fliek nou net gekyk.... bietjie aan die lang kant wat my aan die slaap wou laat raak...

                  Ja seker, mens kan enige iets daarin lees as jy wil,

                  "demone".... sover ek kon onthou word na die avatar vewys as 'n demoon

                  Die fliek het my nogals aan District 9 laat dink... seker maar oor die andersgeid van die akteurs

                  Waarvan ek nie gehou het nie is wanneer hulle in 'n taal praat wat ek nie kan verstaan nie, dan druk ek sommer my ore en oë toe en begin sing , en toe hulle aan die einde hande vat en saam "bid"??

                  Wel, dit beeld die mens baie mooi uit dat dit ander sal benadeel en vermoor/uitmoor omdat hulle hul lewensruimte opgemors het...

                  Wanneer ek met sulke goeters te doen kry dan onthou ek hierdie versie altyd baie mooi...
                  1 Kor 13:9 Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele.
                  10 Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is, tot niet gaan.
                  11 Toe ek 'n kind was, het ek gepraat soos 'n kind, gedink soos 'n kind, geredeneer soos 'n kind; maar nou dat ek 'n man is, het ek die dinge van 'n kind afgelę.
                  12 Want nou sien ons deur 'n spieël in 'n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.
                  The LORD is my Miracle

                  G_d was gracious He has shown favor


                  Hope is a seed
                  God plants in our hearts
                  to remind us
                  there are better things ahead.
                  -Holley Gerth

                  Comment

                  Working...
                  X