Announcement

Collapse
No announcement yet.

Die wederkoms van ons ware Mesias en Koning, Jesus Christus

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • #31
    Dit is voorwaar a awesome verhaal. Ek wil uitroep soos in Openbaring: "Ja kom Here Jesus, kom tog gou!" Al ons worries, trane, finansies, verlange, alles w...e.....g. vir altyd en ewig.

    Tog dink ek met bewing aan hulle naby my wat nie reg is nie, ek vrees vir hulle part. Al wat ek kan doen is intree in gebed en smeek dat die Here Gees met Sy wonderlike liefde hulle sal beweeg om hulle saak met ons Vader reg te maak en opnuut te sorg dat my lampie brand en vol olie is. Hand in eie boesem steek en in nederigheid en eerlikheid ook te kyk na my eie lewe.

    Ek dink ons het verhale soos hierdie nodig, veral in hierdie tyd waarin Satan rondloop soos 'n brullende leeu en kyk wie hy kan verslind.

    Comment

    • #32
      "Al wat ek kan doen is intree in gebed en smeek......."
      Mia, ons kan meer doen as dit. Ons kan "bekering" met hulle deel. Jy kan hulle self na die Here toe lei. As jy wil kan jy hierdie skakel volg en sien hoe kan jy persoonlik deel wees van 'n familielid, vriend of vriendin se aanneming van Jesus as hule persoonlike Verlosser.

      Comment

      • #33
        Johnny, ek vermoed dat die groepie mense van wie Mia hier praat is mense wat ons elkeen individeel ook ken. Dis mense wat AL die kennis oor Jesus se verlossingsboodskap het , wat AL die regte antwoorde het maar wat nog nie daardie finale stap geneem het en kan se : Dankie Here dat U ook vir my (Annie /Piet) aan die kruis gesterf het nie. Met al die kennis oor Jesus se verlossingsboodskap kan jy nie namens n ander mens daardie finale keuse maak nie. Ek glo dis mense wat ons elkeen ken en bekommerd oor is , maar dat ons vir hulle moet bid sodat die Heilige Gees hulle moet 'roer' is n feit. Op n punt kan jy vir n ander mens niks meer se of doen om hulle by Jesus uit te bring nie. Dan is die onus op hulle. Jy kan nie soos ek in my jong lewe wou hulle aan hulle hare tot by die Evangelie sleep nie....... dis elke ou se eie keuse en daardie keuse moet elkeen vir hom self doen. EK ken ook ongelukkig sulke familie en vriende...... en hulle besef nie dat die tyd bitterlik min raak om daardie finale keuse te maak nie....

        Comment

        • #34
          Originally posted by protea View Post

          Hi Protea. EK stem met jou 100% saam. Dit is in elk geval nie ek of jy wat mense red nie. Net die Here kan dit doen. Ons kan maar net aan hulle die blye boodskap verkondig. EK hoor wat jy se, sit self met 'n vriende en familie lede wat nie beried is om die "Ou Lewe" te los nie, want dit is te "LEKKER", al het hulle tot die kennis van die waarhied gekom.

          Comment

          • #35
            Ons Bybelstukkie by huisgodsdiens vanaand was uit Lukas 21 van vers 5 tot 19. Die gedeelte hier uitgelig het my getref:
            En Hy antwoord: Pas op dat julle nie mislei word nie; want baie sal onder my Naam kom en sÍ: Dit is ek! en: Die tyd is naby! Gaan dan nie agter hulle aan nie.
            (Luk 21:8)

            Comment

            • #36
              Originally posted by Son of the South View Post
              Ons Bybelstukkie by huisgodsdiens vanaand was uit Lukas 21 van vers 5 tot 19. Die gedeelte hier uitgelig het my getref:
              Dit is seker die GROOTSTE teken van die eindtyd.......MISLEIDING!

              Comment

              Working...
              X