Announcement

Collapse
No announcement yet.

Die wederkoms van ons ware Mesias en Koning, Jesus Christus

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Die wederkoms van ons ware Mesias en Koning, Jesus Christus

    Ek sal werklik baie daarvan hou as ons BAIE tyd oor die wederkoms van Jesus spandeer. As ons hierdie
    draad kan volpak met informasie.

    Ek is bevrees die wÍreld is vas aan die slaap, die wederkoms gaan die wÍreld lelik onkant betrap. En diegene wat dink hulle het goeie idiee hoe dit gaan gebeur gaan erg verras word.
    Die Jode wil die tempel bou sodat hulle mesias kan aarde toe kom en hulle regeer virewig. Die ware Mesias wie hulle gekruisig het, gaan egter Sy verskning maak. Inplaas van dat hulle verlos gaan word sal hulle eers veroordeel word.

    Dieselfde met die moslems. Veral die Iranse leier tree deesdae op as die valse profeet vir die valse mesias.
    Daar word gesÍ dat hy wÍreldverwoesting aan die gang wil sit deur, soos hy dit stel, die groot antichris(amerika) en die klein antichris(israel) wil platvee, om die koms van sy mesias te versnel.

    Ek sal regtig graag wil hoor wat almal tesÍ het hieroor. As ons mekaar kan aanhou wakker skud sodat ons nie slaap met Sy terugkeer nie.

  • #2
    Hi RR,

    Ek het nou al geleer dat die Here meeste van die tyd met my kommunikeer as dit stil is en dit is tussen 2 en 3 uur in die nag. So onlangs soos die naweek word ek wakker met JoŽl 2 en daar staan in die eerste vers... Blaas die basuin op Sion, en blaas alarm op my heilige berg! Laat al die inwoners van die land bewe, want die dag van die HERE kom, want hy is naby—
    (JoŽl 2:1 AOV)

    Daar so baie tekens, maar die een wat my bybly is die afvalligheid van mense wat soos die tyd aanstap, al meer arrogant God uitdaag en probeer om 'n karikatuur van Hom te maak. Hulle was sekerlik nog altyd daar, maar word nou so baie dat mens eintlik benoud raak daarvan...
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ


    Comment


    • #3
      Baie oulike draad RR, ek stel voor dat ons met al die tekste begin wat praat van Christus se wederkoms , die HOE , WAT , en WAAR , as te ware.

      Comment


      • #4
        Klink na 'n plan, sal in die aande soos ek kan kyk na die verskillende tekste wat ek in die hande kan kry, ek glo daar is baie!!
        Dankie CFJ, dit is lekker as mense vertel van hulle komminukasie met God. Sy wederkoms is dalk nie in ons leeftyd nie, maar is regtig werklik ontsettend naby, so kom ons blaas dan die basuin!!!

        Comment


        • #5
          Wat my opval is dat die boodskap van so baie drome en visoene van gelowiges deesdae dieselfde is: Kry jou huis in orde, want die Here se Wederkoms is naby! Maak jou keuse VIR Christus, die tyd is min! Tot klein kindertjies van 3 en 4 jaar kom na hulle ouers met die woorde: Jesus kom gou. En julle weet almal dat mens maar op die Moses in die biesiemandjie en Daniel in die leeukuil temas borduur as jy vir die kleingoed Bybelstories lees op daardie ouderdom. Tot n gelowige maatskappy eienaar het die ander dag die 'vraag' gekry: Sal diegene wat agterbly weet waar om die nodige dokumente te kry wat van belang is vir hulle om aan te gaan in jou afwesigheid? Daar is te veel sulke verhale en getuienisse om NIE aandag aan sulke waarskuwings te gee nie.

          Comment


          • #6
            Waaroor ek baie bly is, is dat Sy koms nie verskuil sal wees nie, maar ALMAL sal Hom sien kom op die wolke.

            ....en kyk maar vir die klappie op die regter oog van die slegte herder......

            Sagaria 11:17 Wee die slegte herder wat die skape in die steek laat! Mag die swaard sy arm tref en sy regteroog! Mag sy arm heeltemal verdor en sy regteroog heeltemal verduister word!
            The LORD is my Miracle

            G_d was gracious He has shown favor


            Hope is a seed
            God plants in our hearts
            to remind us
            there are better things ahead.
            -Holley Gerth

            Comment


            • #7
              Kom ek plaas twee tekste:

              2 Tess 2:1-12 "Maar ons vra julle, broeders, met die oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons vereniging met Hom, (2) om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie—deur gees of deur woord of deur brief wat van ons afkomstig sou wees—asof die dag van Christus al daar is. (3) Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf (4) die teŽstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is. (5) Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesÍ het toe ek nog by julle was nie? (6) En nou, julle weet wat hom teŽhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word. (7) Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teŽhou, uit die weg geruim is; (8) en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak, (9) hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen (10) en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. (11) En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, (12) sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid."

              Mat 24:15-44 "Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet DaniŽl, sien staan in die heiligdom—laat hy wat lees, oplet— (16) dan moet die wat in Judťa is, na die berge vlug; (17) wie op die dak is, moet nie afkom om iets uit sy huis weg te neem nie; (18) en wie op die land is, moet nie omdraai om sy klere weg te neem nie. (19) Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae. (20) En bid dat julle vlug nie in die winter of op die sabbat mag plaasvind nie. (21) Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wÍreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie. (22) En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word. (23) As iemand dŠn vir julle sÍ: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! —moet dit nie glo nie. (24) Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei. (25) Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesÍ. (26) As hulle dan vir julle sÍ: Kyk, Hy is in die woestyn—moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer—moet dit nie glo nie. (27) Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. (28) Want oral waar die dooie liggaam lÍ, daar sal die aasvoŽls saamkom. (29) En dadelik nŠ die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word. (30) En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid. (31) En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan. (32) En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is. (33) So weet julle ook, wanneer julle Šl hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur. (34) Voorwaar Ek sÍ vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie. (35) Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie. (36) Maar van diť dag en diť uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen. (37) En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. (38) Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geŽet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het, (39) en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. (40) Dan sal daar twee op die land wees; die een word aangeneem en die ander word verlaat. (41) Twee vroue sal by die meul maal; die een word aangeneem en die ander word verlaat. (42) Waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here kom nie. (43) Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter nagwaak die dief sou kom, sou hy gewaak en nie toegelaat het dat in sy huis ingebreek word nie. (44) Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie."
              Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

              Comment


              • #8
                Dankie Philip, dit is seker die duidelikste teksgedeeltes wat in de bybel staan.
                Soos ek dit verstaan, en jy kan uitbrei hierop, is dat die wederkoms van Christus en die wegraping twee verskillende gebeurtenisse gaan wees?

                Is ek reg as ek sÍ dat al die tekens dui op die wederkoms, maar daar is geen tekens wat die wegraping voorafgaan nie? Die wegraping kan dus enige tyd plaasvind?

                Ek wil net ook twee teksgedeeltes bysit:
                Daniel 7:13,14
                "My nagtelike visioen het voortgeduur: daar het in die wolke iemand aangekom, iemand soos 'n menslike wese.Hy het na Hom toe gegaan wat ewig lewe en is voor Hom gebring. Aan die menslike wese is die heerskappy en eer en koningskap gegee sodat al die volke, nasies en taalgroeppe Hom sou dien. Sy heerskappy is 'n ewige heerskappy, dit sal nie tot niet gaan nie, Sy koningskap sal nie ophou nie"

                Is ek reg as ek sÍ hierdie het in die hemel reeds gebeur. Voor al die hemelwesens is die heerskappy oor alles aan Christus gegee. Almal wat dus in Hom glo, op hemel en aarde, val onder Sy beskerming soos 'n landsburger onder sy koning val.
                Jesus praat namens ons, Hy is ons Advokaat, Hy vat alle verantwoordelikheid oor die dade van sy koninkryk, soos dit 'n goeie herder behaag. Op hierdie einste oomblik is Hy die skakel tussen God en ons, sonder Hom is ons lank reeds verlore.

                Dit is egter nie meer lank nie, wat Hy ook aarde toe sal kom om sy erfporsie op te eis, Sy koninkryk ook hier sal vestig. En omdat ons onder Hom staan, Sy volgelinge is, is ons dan ook automaties erflinge van daardie koninkryk.

                Maar volgens Matteus 25:1-13, gaan baie mense die wederkoms "mis". Matteus 25:13 "Waak dan, omdat julle nie weet op watter dag en uur dit sal gebeur nie"

                Comment


                • #9
                  Originally posted by Ta-An View Post
                  Waaroor ek baie bly is, is dat Sy koms nie verskuil sal wees nie, maar ALMAL sal Hom sien kom op die wolke.

                  ....en kyk maar vir die klappie op die regter oog van die slegte herder......

                  Sagaria 11:17 Wee die slegte herder wat die skape in die steek laat! Mag die swaard sy arm tref en sy regteroog! Mag sy arm heeltemal verdor en sy regteroog heeltemal verduister word!
                  Ta-An.....jy het 'n "Passion.....".......die REGTE Passion! Die oor groter meerderheid van die kerk sit elke Paasnaweek na die verkeerde Passion en kyk. Dit is JUIS die KERK wat aan die slaap gevang gaan word en BAIE "christinne", en nie sondaars wat nognie tot bekering gekom het nie.

                  Comment


                  • #10
                    Jy het 'n punt beet Johnny... wanneer laas het ek na 'n eindtye preek in die kerk geluister... Ek weet nie eers nie...

                    Comment


                    • #11
                      RR Van Wyk. DaniŽl 7 is verseker ook 'n wederkoms gedeelte, en baie interessant daarby:

                      Dan 7:8-28 "Terwyl ek op die horings ag gee, kom daar ‘n ander horinkie tussen hulle op, en drie van die vorige horings is daarvoor ontwortel; en kyk, in hierdie horing was oŽ soos mens-oŽ, en ‘n mond wat groot dinge spreek. (9) Ek het bly kyk totdat trone reggesit is en ‘n Oue van dae gaan sit het; sy kleed was wit soos sneeu en die hare van sy hoof soos skoon wol; sy troon was vuurvlamme, die wiele daarvan ‘n brandende vuur; (10) ‘n stroom van vuur het gevloei en voor Hom uit gegaan; duisend maal duisende het Hom gedien, en tien duisend maal tien duisende het voor Hom gestaan; die gereg het gaan sit, en die boeke is geopen. (11) Ek het toe bly kyk vanweŽ die stem van die groot woorde wat die horing gespreek het; ek het bly kyk totdat die dier gedood en sy liggaam vernietig en aan die verbranding deur vuur oorgegee is. (12) Ook aan die ander diere is hulle heerskappy ontneem, en verlenging van die lewe is aan hulle gegee tot op tyd en uur. (13) Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het Een gekom soos die Seun van ‘n mens, en Hy het gekom tot by die Oue van dae, en hulle het Hom nader gebring voor Hom. (14) En aan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap; en al die volke en nasies en tale het Hom vereer; sy heerskappy is ‘n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie. (15) Die gees van my, DaniŽl, is in sy omhulsel verontrus, en die gesigte van my hoof het my verskrik. (16) Ek het nader gekom na een van die wat daar gestaan het, en van hom sekerheid gevra oor dit alles; en hy het dit vir my gesÍ en die uitlegging van die dinge aan my bekend gemaak: (17) Hierdie groot diere wat vier is—vier konings sal uit die aarde opstaan; (18) en die heiliges van die Allerhoogste sal die koningskap ontvang, en hulle sal die koninkryk in besit neem tot in ewigheid, ja, tot in alle ewigheid. (19) Toe wou ek sekerheid verkry oor die vierde dier wat van al die ander verskillend was, buitengewoon vreeslik, met ystertande en met koperkloue, wat verslind, vermorsel en die oorskot met sy pote vertrap het, (20) en oor die tien horings wat op sy kop was, en die ander een wat opgekom het en waarvoor drie geval het, naamlik hierdie horing wat oŽ en ‘n mond gehad het wat groot dinge gespreek het, terwyl sy gestalte groter was as van die ander. (21) Ek het gesien dat hierdie horing oorlog voer met die heiliges en hulle oorwin, (22) totdat die Oue van dae kom en aan die heiliges van die Allerhoogste reg verskaf is en die bepaalde tyd gekom het dat die heiliges die koninkryk in besit geneem het. (23) Sů het hy gesÍ: Die vierde dier—die vierde koninkryk sal op die aarde wees, wat verskil van al die koninkryke en die hele aarde sal verslind en dit sal vertrap en dit verbrysel. (24) En die tien horings—uit daardie koninkryk sal tien konings opstaan, en ‘n ander een sal nŠ hulle opstaan, en hy sal verskillend wees van die voriges en drie konings neerwerp. (25) En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander, en hulle sal in sy hand oorgegee word gedurende ‘n tyd en tye en die helfte van ‘n tyd. (26) Maar die gereg sal sit, en hulle sal hom die heerskappy ontneem om dit vir goed te verdelg en te vernietig. (27) Dan word die koningskap en die heerskappy en die grootheid van die koninkryke onder die ganse hemel gegee aan die volk van die heiliges van die Allerhoogste; hulle koninkryk is ‘n ewige koninkryk, en al die heerskappye sal hulle vereer en gehoorsaam wees. (28) Hier is die einde van die saak. Wat my, DaniŽl, betref, my gedagtes het my baie verskrik en my gelaatskleur het verander aan my, maar die saak het ek in my hart bewaar."
                      Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

                      Comment


                      • #12
                        Gisteraand toe ek sit en dink aan al die dinge wat deesdae gebeur, die sondes van die mense regoor die aardbol. Ek is seker as ons terug in tyd kan beweeg en in die middel van Sodom en Gomora gaan staan, sal dit seker min of meer lyk soos vandag, of nie te ver daarvan af nie.

                        Die ergste van alles is dat die moraliteid van die wÍreld teen 'n vreeslike tempo nog verder daal. Dit word so erg dat baie dinge(sondes) in die moderne wÍreld amper glad nie as verkeerd beskou word nie.

                        Enige logiesdenkende mens kan sien moraliteid rafel uit.

                        En toe wonder ek waarom dit toegelaat word, waarom, soos met die sondvloed, toring van babel, vernietiging van pompei, Sodom en Gomora, ens., wanneer gaan so iets weer plaasvind?

                        Die Bybel praat van die groot afvalligheid.(2Tim.3) As die Bybel, dink ek, van hierdie tyd en era verwys as die groot afvalligheid is ons seker net in die beginstadium en gaan dit seker nog baie erger raak.

                        Maar waarom word God se toorn, se woedde, se haat teenoor sonde weerhou van mense wat so 'n optrede verdien?
                        As ek sÍ dat Jesus, wat huidiglik in die heiligste van die heiligstes is, by God ons vader en Skepper is, as ek sÍ dat Hy vir die mensdom se sondes om vergifnes en genade vra, sou julle saam my stem dat Jesus dalk 'n rol speel in die weerhouding van God se toorn en woedde oor ons?
                        Wat is julle opinie?

                        Wat sou gebeur as Jesus die Heilgste van Heiligstes verlaat, oppad aarde toe, om die wat in Hom glo, te kom haal? Wie is dan in die Hemel om vir die mensdom te pleit? Wie sal staande bly teenoor die toorn van God?

                        Comment


                        • #13
                          Mattheus 24:27 Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

                          Ons kan die tekens van die weer sien, maar wanneer die weerlig slaan....... weet net Hy wat Hom stuur
                          The LORD is my Miracle

                          G_d was gracious He has shown favor


                          Hope is a seed
                          God plants in our hearts
                          to remind us
                          there are better things ahead.
                          -Holley Gerth

                          Comment


                          • #14
                            Ek dink die "Maat van sonde" is nognie vol nie.....die beker van sonde. Hy is naby aan oorloop, maar die groot afval is nog nie hier nie. As ek na die kerke wereld kyk vandag dan lyk dit of die "afval" alreeds daar is, maar sal dalk in die 7 jaar verdrukking to sy volle reg kom wanneer die Heilige Gees nie meer hier is om mense van sonde te oortuig nie. Ek is oortuig dat dit nie meer lank sal wees nie.

                            Comment


                            • #15
                              Johnny, ek kan dalk net by jou woorde byvoeg, dat ek amper seker is dat die groot verval van die wÍreld momentum gaan kry net na die wegraping. Ons gelowiges is seker al wat nog alles half aan mekaar hou. En natuurlik saam met ons is God se beskerming. Met ons weg, is Sy beskerming ook weg hier en kan elke euwel wat mens aan kan dink feesvier sonder teenkanting...

                              Comment

                              Working...
                              X