Announcement

Collapse
No announcement yet.

Oorlog in die Midde-Ooste

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Bespreking Oorlog in die Midde-Ooste

    Dink julle Israel gaan in 2010 Iran aanval? Dink julle daar gaan nog in 2010 'n streeksoorlog begin rondom Israel?
    2
    Ja
    50.00%
    1
    Nee
    50.00%
    1

  • #2
    Die kanse is seker goed, maar ek glo nie dit sal 'n goeie idiee wees nie, nie met die huidige presedent van Iran nie. Dit lyk asof hy verskoning soek om oorlog te maak en 'n aanval van Israel af sal groot moeilikheid maak. Ek dink Israel weet dit en sal dit seker graag wil verhoed

    Comment


    • #3
      Johnny, hierdie kan eintlik 'n baie interresante gesprek raak met baie moontlikhede.
      Iran het skerp tande, hy is nie soos die ander outjies soos irak nie.
      Die leier is 'n vreeslose diktator,wat ek natuurlik seker is die geheime organisasie waaroor ons alteid spekuleer oor, sal graag sy diktatorskap wil verweider en sogenaamde demokrasie totstand bring.
      Dit wil voorkom of baie sterk onafhanklike lande stadig maar seker beinvloed word, te versag om verandering te vergemaklik.
      Diktators soos Mugabe aan die anderkant, pla hulle glad nie, want hy is geen gevaar of struikelblok vir enigeen behalwe die simbabwiese bevolking nie.

      Iran sal aangeval word, ons sal net nie weet wanneer nie. Amerika soek seker nog vir 'n geldige verskoning, of wag dat Israel dit sommer vir hulle doen. Of dit is dalk andersom.... Sit Israel dalk agter die stelselmatige afbreek van sy vyand reg om hom? deur middel van Engeland en Amerika?

      Wat is die waarheid agter die skerms.... ons kan seker net spekuleer...

      Comment


      • #4
        Die probleem is dat Iran besig is om aan sy oorlogmasjien te bou, veral wat hoŽ-tegnologie russies-gebaseerde missiele betref. Dit sluit langafstand kruiser en grond-tot-lug modelle in. Dit beteken natuurlik dat Iran baie meer gepantser raak teen 'n Israeliese "first-strike", bloot omrede missiele van enige plek in die Iranese woestyn Israel kan tref, selfs al het Israel die eerste hou geslaan. Dit raak 'n skaak-mat situasie waar selfs die Amerikaners twee keer sal dink om by betrokke te raak. Russiese lug-tot-grond missiele het die potentiaal om Amerikaanse "battle groups" met hulle vliegdekskepe as die senter van hulle magsprojektering te neutraliseer, iets wat die VSA natuurlik nie baie oor wil praat nie. Dit is op rekord dat Rusland van hierdie missiele aan Iran verkoop het, en nog steeds doen.

        Is dit dus moontlik ? Ja dit is, maar slegs God sal Israel kan red as 'n volskaalse konvensionele oorlog uitbreek. Ek noem spesifiek konvensioneel en bedoel juis nie dit wat Israel nou onlangs in die Gasa-strook aangevang het nie.

        Comment


        • #5
          Amerika het reeds ekstra vliegdekskepe na die naby gebied gestuur. Ek dink Amerika en die res van die wereld wil he dat Israel die eerste skuif moet maak sodat hulle die blaam daarvoor kan kry (Julle weet moes, die Jode kry die skuld vir alles). Dan sal al die lande wat direk aan Israel grens (Sirie, Jordanie, Saudie Arabie, Libanon, Egipte en heel moontlik Ethihopie) heel moontlik Israel aanval wat 'n katalisator kan wees vir Psalm 83 oorlog. Ons weet natuurlik dat Israel hulle almla gaan uitdelg en sy grondgebied vergroot gaan word. Damaskus sal daar nie meer wees nie. Hier is 'n e-pos wat ek vanoggend ontvang het. Israel maak reg vir 'n streeks oorlog!

          IDF completes drill for two-front war
          Even as Iranian President Mahmoud Ahmadinejad visited Damascus for a possible war council with the leaders of Syria, Hizbullah and Hamas on Thursday, the IDF announced it had just finished a broad command-level drill that tested the armyís readiness for a conflict on two fronts. Senior officers from the army, navy and air force along with top government leaders participated in the nationwide exercise involving preparations for a potential simultaneous war against Hizbullah in the North and Hamas in South. The simulation included missile strikes from Lebanon and Gaza targeting strategic and national facilities, and focused on the decision-making processes among senior officers, as well as logistics, intelligence, the home front, and communication with the political echelon. IDF officials said the exercise was meant to implement the lessons of previous campaigns, primarily the Second Lebanon War and Operation Cast Lead.
          (from ICEJ news service : www.icej.org )
          1 Samuel 17:49 "Then David put his hand in his bag and took out a stone; and he slung it and struck the Philistine in his forehead, and the stone sank into his forehead, and he fell on his face to the earth."
          (Translation of the words on the bench where Ilay is sitting.)

          As i've mentioned, our paratrooper has been re-stationed on the northern border of Israel, with Syria & Lebanon. He will command a group of soldiers who entered the army about nine months ago. From the news flash above, there will be war -- it's only a matter of time!
          The terror which Hizb'Allah incite is not without teeth. Let us ask the Father to protect our young brothers from the giants they will encounter.
          May the Most High God replace their fears with faith and courage. May He equip the believers with unconventional weapons like He gave David and Gideon and Jehosaphat.
          May they receive intelligence, wisdom and divine strategies to shine in troubled times and display the glory of Yeshua!
          Amen

          Comment


          • #6
            Ek wonder of die ouens nie maar soos gewoonlik net tande wys nie. Hoe lank al wag ons vir 'n aanval op Iran? Taamlik lank...
            Ek begin ernstig te wonder of ons werklik binnekort enige ernstige konflik sal kry. Ek begin dink dat die "valse mesias" waarvoor die oosterse lande wag die "valse vrede" gaan stig, 'n ooreenkoms met Israel sal teken(daardie ooreenkoms wat net kort rukkie gaan hou) En na hierdie valse vrede, het ek 'n idiee, gaan jy net vonke sien spat....

            Die ouens is bietjie skrikkerig vir mekaar op huidige oomblik, dit sal baie wys wees om mekaar liewwer uit te los!

            Comment


            • #7
              RR, hierdie ooreenkoms glo ek sal eers in die 7 jaar verdrukking gemaak word, of nadat die wegraping plaasgevind het net voor die verdrukkking. Daar is nog ten minste 2 groot oorloe wat dit sal voorafgaan waarvan die Psalm 83 oorlog een is.

              Comment


              • #8
                Die gevaar bly natuurlik voortdurend dat een of ander 'jeukende vinger' n kernknoppie kan druk en ek bid dat Israel nie die agitator sal wees nie. Want met n kernoorlog het jy nie wenners en verloorders nie , maar net VERLOORDERS...

                Comment


                • #9
                  Johnny
                  Ek is nie bereid om "Ja" te stem vir hierdie oorlog nie. "Salig is die vredemakers want hulle sal God sien". Oorlog is nooit mooi nie, maak nie saak wie betrokke is nie. Ek weet wel dat Israel al 'n paar keer uit selfverdediging tot die aanval moes oorgaan en sal dit waarskynlik binnekort weer moet doen. Maar dit voel net vir my as Christen verkeerd om hier te stem en te sÍ "Ja", ek dink daar gaan vanjaar oorlog wees. Ons is geroep om te bid en te werk vir vrede. Dit is natuurlik eerstens vrede met God, maar nogtans is dit vrede. Oorlog kan nooit 'n instrument wees om vrede met God tot stand te bring nie. Ons lees van baie oorloŽ in die Bybel waarvan baie nog in die toekoms gaan plaasvind, maar vir my as Christen gee dit geen reg om deur my optrede, gesprekke en uitlatings die indruk te laat dat ek ook nou graag hierdie jaar oorlog in die midde-ooste wil sien nie.

                  Kom ons as Christene raak betrokke by die enigste stryd waarby ons betrokke mag wees en dit is om Jesus vir Jood, heiden en Moslem aan te bied , wie hy ookal is. Daar is heelwat sendingorganisasies wat in Moslemlande werk. Kom ons maak 'n draad oop waar ons skakels plaas na hierdie soort werke en ons raak betrokke om hierdie mense te ondersteun.

                  Comment


                  • #10
                    Ek stem saam Dawid, dit is nooit mooi as kinders en onskuldige mense moet sterf vir iets wat hulle nooit wou gehad het in die eerste plek nie, maar as gevolg van die onnoselle barbaarse gedrag van 'n handjie vol leiers wat dink 'n weermag is hulle speelgoed....

                    Dit is bv. vir my die ergste as die amerikaanse publiek hulle regering en soldate prys deur te sÍ hulle baklei vir amerika se veiligheid, terwyl hulle soldate en regering eintlik soos tirranne tekere gaan in "derdewÍreldse" landjies. "n engelandse persoon het nou die dag dieselfde gesÍ... Hoe is dit ten voordeel van hulle veiligheid? Deur aanvallend op te tree?
                    Ek sou liewwer sÍ hulle regering maak juis van hulle 'n teiken...
                    Kamtig om van tiraniese diktatorskap ontslae te raak.... Maar wat dan van Robert Mugabe? Seker omdat hy nie vliegtuie sal kaap en in amerikaanse geboue te laat invlieg nie?

                    Oorlog maak maar nou net nooit sin nie....

                    Comment


                    • #11
                      Oorlog was nog nooit mooi nie. Ek was self 2 jaar in die weermag, waarvan een jaar as reaksie mag by 101 Bataljon op Ondagwa waar ons net in Angola geopereer het. Ek het my offisiers kursus by Infanterieskool op Oudsthoorn voltooi in 1983. Ek praat geensins oorlog goed nie......of "sien uit" daarna nie. Dit gaan 'n verskriklike tyd wees vir die mens, 'n verdrukking soos die wereld nog NOOIT geken het nie. Dit is wat die Woord ons leer. Ek en jy kan NIKS daaraan doen om dit te verhoed nie, behalwe om te bid dat mense tot redding kom voor die oordeel.

                      Die feit van die saak is egter dat die volgende 9 oorloe wat nog oorbly deur God beskik is. Glo my, God hou ook nie daarvan nie.

                      Comment


                      • #12
                        Is hierdie oorloŽ deur God beskik of het Hy met sy voorkennis geweet dat die oorloŽ gaan gebeur? Oorlog is sonde en sonde kom ook nie van God af nie. In die 1000 jarige vrederyk gaan daar ook nie oorlog op aarde wees nie want God gaan in geregtigheid en vrede regeer. Dit is maar net een van die redes waarom 'n vrederyk op aarde voor die aarde vernietig gaan word, vir my baie sin maak. God gaan vir ons wys hoe die nasies hier op aarde eintlik in harmonie met mekaar moes saamleef. Hy gaan ook vir ons wys dat geen mens sonder God in sy lewe kan leef nie.

                        Nee, dit is goed Johnny, ek verstaan waarom jy van die toekomstige oorloŽ praat. Dit word in die Bybel voorspel en ons moet daarvan kennis neem. Ons moet weet dat wanneer die dinge gebeur, dat dit God is wat dit reeds vooruit vir ons gesÍ het. Ek praat ook dikwels van die oorlog van Ps. 83 en van Eseg. 38 wat op hande is. Net solangk ons altyd duidelik sÍ dat ons nie daardeur aan die kant van oorlog is nie, maar dat ons die kennis van wrede oorloŽ wat gaan kom, eerder gebruik om mense te waarsku en om Jesus vir hulle aan te bied terwyl daar nog tyd is.

                        Comment


                        • #13
                          Hi David. Ek weet darem nie of mens kan sÍ dat oorlog sonde is nie. In elk geval dink ek nie dat dit 'n stelling is wat sommer so in die algemeen gesÍ kan word nie. Dink jy mense soos Johnny het gesondig deur ons land se grense te verdedig? (Retoriese vraag, moenie antwoord nie, anders begin ons die bosoorlog bespreek). As ons lees in die Bybel dat die maat van sonde van die volkere in die beloofde land vol geword het en die Israeliete hulle met die banvloek moes tref, sien ons dat dit God was wat oorlog gebruik het as 'n oordeel. In Rigters sien ons waarom die Filistyne saam met die Israeliete die beloofde land binnegekom het: sodat God sy volk kon leer om oorlog te maak (target practice) en as 'n lat om sy volk pakslae te gee as hulle uit lyn is. Of toe die volk nie na God wou luister nie, rig Hy die heidense BabiloniŽrs op.

                          As ons sÍ oorlog is altyd sonde, dan beweer ons dat God vir Dawid geleer het om te sondig:
                          ‘n Psalm van Dawid. Geloofd sy die HERE, my rots, wat my hande leer om te veg, my vingers om oorlog te voer—
                          (Psa 144:1)
                          Ja, telkemale word hierdie 'heidene' gemotiveer deur duistere bedoelings om oorlog te verklaar en kan mens die bose se kloue in elke oorlog raaksien. (Terloops, ek kan ook die bose se kloue in die kruis sien.) Dit beteken egter nie dat elke oorlog boos is en Satan se idee was om mee te begin nie. Hy manupileer die wereld, maar God is in beheer. Die bose speel net telkemale in Sy hand. Wil ek nou daarmee sÍ oorlog is altyd God se idee? Nee, ek sÍ net mens kan nie algemene uitlatings maak nie.

                          Comment


                          • #14
                            Sos,
                            Ek glo daar is verskillende dispensasies en dat die verstaan en gebruik van oorlog ook van tyd tot tyd verskil. Ek dink nie ons kan nou van oorlog praat soos dit in ou Israel aan die orde was nie. Israel was 'n teokrasie en ons is nie. Hulle was onder die wet en ons onder genade ens. God het oorlog as 'n wyse van straf gebruik, dit is waar, maar daar kom 'n tyd wanneer alles wat teen God se wil is, nie meer gedoen sal word nie en dit is in die vrederyk. Die mense gaan van hulle swaarde ploegskare smee. Vir my is dit 'n wonderlike idee. Daardie tyd kan nie gou genoeg kom nie.

                            Ek dink die mens is geskape in die paradys, waar daar net vrede en harmonie was. As gevolg van sonde is die mens toe uit die paradys uitgedryf en dit is ook as gevolg daarvan dat die praktyk van oorkog begin het. Ek staan dus by my standpunt dat oorlog sonde is. Die mens is geskape om in vrede te lewe. Dit is wat God se oorspronklike doel was. Daardie doel sal ook weer in die vrederyk herstel wees. Alles wat intussen gebeur het en wat daarvan afgewyk het, dui vir ons daarop dat God se doel misgeloop is. En wat is sonde? Sonde is om jou doel te mis. Ons is nou nog in die teenswoordige bose wÍreld en nie soos die groot teologieŽ beweer, in die geestelike vredryk op aarde nie. Ons sit met onvolkomenhede en sondes reg rondom ons, baie daarvan het deel van ons alledaagse bestaan geword en ons aanvaar dit al as "normaal".

                            Die getuienis van 'n Christen in hierdie wÍreld is een van ontuis wees in die huidige stelsel. Ons is volgens 2 Kor. 5 gesante (ambassareurs) wat van 'n ander land af gestuur is (die hemel - Fil. 3:20). As ons as Christene nou werklik (soos ons veronderstel is) ambassadeurs van die hemel hier op aarde was, wat sou ons dan van hierdie lelike praktyk van oorlog gesÍ het? Sou ons gesÍ het dit is reg, gaan so aan? Nee, maar ek is ook realisties en besef dat ons nie oorlog nou kan afskaf nie. Dit is onmoontlik. Dit is deel van hierdie wÍreld - van hierdie bose en sondige wÍreld. Ons roeping as ambassadeurs is om die wÍreld te herinner aan sy sonde en verlorenheid en om hom te laat verlang na 'n ander wÍreld.

                            Nee, oorlog is een van die dinge wat duidelik God se doel totaal mis en daarom klassifiseer ek dit as sonde. Ek wag ook met groot verlange na die wederkoms waar hierdie soort ding uitgeroei gaan word (Sag. 9:10) en waar God se oorspronklike doel herstel gaan word.
                            Last edited by David2; Mar 27th 2010, 02:26 PM.

                            Comment


                            • #15
                              Ek dink Matteus 24 vertel vir ons baie duidelik wat in die laaste dae gaan gebeur. Iets wat voorspel is en ons leef in die laaste dae.

                              Mat 24:6 En julle sal hoor van oorloŽ en gerugte van oorloŽ. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie.
                              Mat 24:7 Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.


                              Let op wat se die Here hier:

                              "......want alles moet plaasvind......"

                              BARNES (E-Sword)

                              Mat 24:6 Wars - Near: Rumours of wars - At a distance. All these things must come to pass - As a foundation for lasting tranquillity. But the end - Concerning which ye inquire, is not yet - So far from it, that this is but the beginning sorrows.

                              Al hierdie dinge moet juis gebeur....soos God dit bepaal het sodat Hy soos David tereg se vir ons kan kom wys hoe moes ons dit gedoen het. (1000 jaar van vrede)

                              Comment

                              Working...
                              X