Announcement

Collapse
No announcement yet.

Is Messiaanse Jode Christene?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Is Messiaanse Jode Christene?

    Ons het al op 'n ander draad oor die vraag gepraat. Ek onthou nie meer waar nie. Nou kry ek die e-pos van JoŽl Rosenberg. Lees asb. deeglik. Hy sÍ dat die Messiaanse Jode net soos die Jode en selfs soos die ortodokse Jode lyk, dat hulle die meeste van die Joodse gebruike nakom en dat hulle selfs ook die besnydenis "honor". Nou ja, waar laat dit ons in die lig van Gal. 5:2? Kan hulle dan wel Christene genoem word?

    Gal. 5:2 Kyk, ek, Paulus, sÍ vir julle dat as julle jul laat besny, Christus vir julle tot geen nut sal wees nie.


    "Some 15,000 Messianic Jews currently live in Israel, but if you saw one on the street you would almost certainly fail to recognize any difference. They honor Jewish circumcision, bar-mitzvah, and wedding ceremonies, but believe Jesus is the messiah....Some are Orthodox, and dress as the haredim do, while others are traditional and wear a yarmulke or no religious symbol at all.

  • #2
    Re: Is Messiaanse Jode Christene?

    Twee woorde wat onmiddelik by my opkom hier is tradisie en groepsdruk.... Om 'n Christen in Israel te moet wees, kan nogal 'n uitdaging wees, is ek seker van.

    Dit vat partykeer mense hier in Suid-Afrika, waar ons vryheid het in ons Christenskap, 'n leeftyd om die volle omvang en grootheid van Jesus te verstaan, God se liefde deur Jesus...

    Ek het amper simpatie vir die mesiaanse Jode... Dit kan nogal seker 'n verskriklike verwarring vir hulle word, so reg in die hartjie van Judaisme en moslems....
    Ek dink jy moet taamlik sterk wees in jou geloof daar, keer om nie jou ore uit te leen nie of geboellie te word deur die dominante gelowe daar nie. Tradisie maak dit ook nie juis makliker nie, veral as jou kwaai oupa jou baie skeef uitkyk nie...

    Die waarheid mag dalk so duidelik soos daglig wees daar, maar as niemand dit verstaan behalwe jy nie, kan jy dalk nou en dalk wonder of die probleem nie dalk by jou lÍ nie... veral as die ander so oortuigend is....

    Moeilike situasie...

    Comment


    • #3
      Re: Is Messiaanse Jode Christene?

      Messiaanse Jood....
      Van hulle glo dat Jesus (Yeshua) die Messias is, ander nie

      Deur 'n Christen te wees varander nie die feit dat jy 'n Afrikaner is nie , sommige Christen Afrikaners fier Gelofte Dag, ander nie

      Om die volbringing van die Feeste in Christus te fier, is wat ons as Christene ook doen.
      The LORD is my Miracle

      G_d was gracious He has shown favor


      Hope is a seed
      God plants in our hearts
      to remind us
      there are better things ahead.
      -Holley Gerth

      Comment


      • #4
        Re: Is Messiaanse Jode Christene?

        Originally posted by Ta-An View Post
        Om die volbringing van die Feeste in Christus te fier, is wat ons as Christene ook doen.
        Tannie dit is net hartseer dat 99% van Christen mense nie nou 'n clue het wat tannie van praat nie. Want as die mense begin praat oor die feeste word mens as 'n jood gesien die laaste tyd...

        Die wat glo in die goeie nuus dat Christus vir ons tekortkominge gesterf het kan onder dieselfde skoen val.

        En lees bietie die vers in 'n ander vertaling:

        Gal 5:2 Mark my words - I, Sha'ul, tell you that if you undergo b'rit-milah the Messiah will be of no advantage to you at all!
        CJB
        Behold, I, Paul, say to you, that if ye are circumcised, Christ shall profit you nothing.
        Darby

        VOORDEEL nie NUT nie! Onthou hulle het gesÍ jy moet besny word om die Heilige Gees te ontvang... En as dit soos julle kinderdoop 'n besluit van die ouers was, wat maak so mens? Is die liefde van Vader nie groter as die goed nie?

        Gal 5:6 For [if we are] in Christ Jesus, neither circumcision nor uncircumcision counts for anything, but only faith activated and energized and expressed and working through love.
        So as hulle kies om Jesus Y'shua te volg sien ek dit as dat hulle gered is. Waar lÍ die finale besluit. Nie by jou of my nie maar by VADER!
        'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
        Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
        [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
        Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
        [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

        Bemidbar 6:24-26
        [Numbers 6:24-26]

        Comment


        • #5
          Re: Is Messiaanse Jode Christene?

          Originally posted by David2 View Post
          Ons het al op 'n ander draad oor die vraag gepraat. Ek onthou nie meer waar nie. Nou kry ek die e-pos van JoŽl Rosenberg. Lees asb. deeglik. Hy sÍ dat die Messiaanse Jode net soos die Jode en selfs soos die ortodokse Jode lyk, dat hulle die meeste van die Joodse gebruike nakom en dat hulle selfs ook die besnydenis "honor". Nou ja, waar laat dit ons in die lig van Gal. 5:2? Kan hulle dan wel Christene genoem word?

          Gal. 5:2 Kyk, ek, Paulus, sÍ vir julle dat as julle jul laat besny, Christus vir julle tot geen nut sal wees nie.


          "Some 15,000 Messianic Jews currently live in Israel, but if you saw one on the street you would almost certainly fail to recognize any difference. They honor Jewish circumcision, bar-mitzvah, and wedding ceremonies, but believe Jesus is the messiah....Some are Orthodox, and dress as the haredim do, while others are traditional and wear a yarmulke or no religious symbol at all.
          Dit kan nogals 'n ingewikkelde sakie raak ! Soos ek dit verstaan is 'n Christen iemand wat in Christus glo, so, indien 'n gebore jood in Christus glo, is hy volgens hierdie eenvoudige definisie m.a.w .inderdaad 'n Christen. 'n Jood wat egter nog steeds joodse gebruike nakom ( feeste/besnydenis/ens) is net soos die groeiende getal westerlinge wat hierdie dinge al hoe meer modieus begin vind, eenvoudig mense wat self kies om hulle weer terug te plaas onder die wet, ten spyte van wat die Woord daaroor te sÍ het.

          Comment


          • #6
            Re: Is Messiaanse Jode Christene?

            Die probleempie kom in by die etiket wat aan die woord : Christen hang

            "kinder doop"
            "Moeder Maria" aan bidding..... goed waarmee 'n Jood hom nie mee sal vereenselwig nie
            The LORD is my Miracle

            G_d was gracious He has shown favor


            Hope is a seed
            God plants in our hearts
            to remind us
            there are better things ahead.
            -Holley Gerth

            Comment


            • #7
              Re: Is Messiaanse Jode Christene?

              Natuurlik is messiaanse Jode christene! Enigiemand wat sy eie verlorenheid en onvermoŽ om homself te red, besef, en Jesus Christus as Verlosser aanneem, is 'n geredde christen. Ek ken messiaanse Jode wat 'n baie nou verhouding met Jesus het. Natuurlik doen hulle dinge nog op die Joodse manier vanweŽ hulle agtergrond, maar dit kan mos nie maak dat hulle nie christene genoem kan word nie? Sou dit verkeerd wees om sekere dae uit jou volk se geskiedenis te herdenk? Of om in die huwelik te tree op die manier waarop jy grootgeword het? Is dit verkeerd om jou te laat besny, veral as dit deel van jou kultuur is? GalasiŽrs 5:2 belet ons beslis nie om ons te laat besny nie - dit gaan oor wetsonderhouding, en die feit dat die onderhouding van die wet niemand kan red nie, slegs geloof in Jesus Christus kan dit doen. En messiaanse Jode glo dit, anders sou hulle nie MESSIAANSE Jode genoem word nie. Lees gerus Romeine 14 wat handel oor verdraagsamheid teenoor christene wat anders dink en doen as ons.

              Natuurlik is daar Jode wat hulself "messiaanse Jode" noem maar nog op wetsonderhouding staatmaak om hemel toe te kan gaan. Dis na hierdie mense wat Paulus verwys in Gelasiers 5. Maar in my opinie is sulke Jode nie werklik messiaanse Jode nie, al noem hulle hulself so. Net so sit ons kerke vandag vol mense (nie-Jode) wat hulself christene noem, maar steeds dink dat goeie dade hulle in die hemel kan bring. Sulke mense is ook verlore, en beslis nie christene nie, al besef hulle dit nie. Maar die kruks van die die saak is dat almal wat Jesus Christus as Verlosser aanneem, Jode of nie-Jode, christene is (m.a.w. gered is), daaroor is die Bybel baie duidelik.

              Comment


              • #8
                Re: Is Messiaanse Jode Christene?

                Gene, ek neem kennis van jou siening en ek kan nie van jou verskil nie. Soos Fila sÍ, dit is 'n "moeilike sakie". As ons met stellige sekerheid sÍ dat Messiaanse Jode wel Christene is, dan sÍ ons in teenstelling met Gal. 5:2 dat daar wel mense is wat die besnydenis beoefen en vir wie Jesus wel nut het in hulle lewe. Of hoe? Of wat maak die Messiaanse Jode nou met GalasiŽrs? Nou praat ek ook nie net van 5:2 nie, maar die hele boek. Die hoofboodskap is tog die totale uitfasering van die wet in die lig van die toetrede van geloof in Christus. Wat maak hulle met die boek? Ek weet daar is baie van hulle wat dit nooit lees nie.

                Comment


                • #9
                  Re: Is Messiaanse Jode Christene?

                  Hier is 'n Amerikaner wat meer as die helfte van sy tyd in Israel deurbring saam met die Messiaanse Jode (of sekere groepe van hulle).

                  Sy boodskap is baie dieselfde as die Israelvisie, maar daar is 'n verskil. Hy glo nie dat al die blankes Israeliete is nie. Hy glo wel die Jode is Jode en het baie kontak met hulle. Hy beywer hom daarvoor dat die heidene by Israel moet gaan aansluit want die Messias het net 'n verbond met Israel en nie met die heidene nie (so glo hy).

                  'n Heiden wat gered wil word, moet nou ook 'n Jood word en homself onder die Torah plaas want die Messias het net met Israel 'n verbond en het net vir hulle gesterf. Die boek word nou ook wyd hier in Suid-Afrika versprei.

                  In die boek gaan hy ook uit sy pad om vir die Jode te bewys wie die ware Messias is en die gedeeltes van die boek is nogal nie sleg nie. Maar dit is waar dit bly. 'n Jood moet net weet Jashua is die Messias wat vir sy sondes gesterf het en verder moet hy volledig 'n Jood bly en die ander nasies moet ook by hulle gaan aansluit.

                  Hierdie is maar net nog 'n aanduideing waarom ek meer as ernstige bedenkinge het oor die verskynsel van "Messiaanse Jode". Meeste van hulle is totaal onder die wet en hulle boodskap is dat heidene by hulle moet gaan aansluit.

                  Natuurlik beywer die ou hom ook vir die Hebreeuse name van Christus en van "die Vader". Hebreeuse name vir die Godheid en vir Christus gaan gewoonlik saam met 'n strewe om mense onder die wet in te kry. Ek het die boek in pdf. Stuur vir my 'n pm met jou e-pos adres en ek stuur die boek vir jou (550 KB in pdf, 100 bl.).
                  Last edited by David2; Aug 25 2010, 04:11 AM.

                  Comment


                  • #10
                    Re: Is Messiaanse Jode Christene?

                    Een gedagte wat by my opkom aangaande diegene wat hulself weer onder die wet wil plaas............................................. ................vervloeking

                    Comment


                    • #11
                      Re: Is Messiaanse Jode Christene?

                      David, met die besnydenis en die hou van sekere Joodse gebruike is niks per se verkeerd nie. Om die OT wette te onderhou, is nie verkeerd nie (net onnodig). Onthou dat hierdie goed deel van die mense se geskiedenis en kultuur is. Maar wat Galasiers 5 sÍ, is dat daar nie op wetsonderhouding staat gemaak moet word om gered te word nie (vers 4: "Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval." As jy jou laat besny omdat jy glo dat dit jou kan red, dan moet jy ook die hele wet 100% onderhou, (wat uiteraard onmoontlik is), want dan maak jy nie staat op Christus vir redding nie. 'n Jood wat op wetsonderhouding staat maak vir redding, is myns insiens NIE werklik 'n messiaanse Jood nie, al noem hy homself so. Messiaanse Jode is Jode wat Christus as Verlosser aangeneem het en besef dat die wet (besnydenis ens) hulle nie kan red nie, maar Jesus alleen. Sommige van die messiaanse Jode wat ek ken, onderhou ook steeds die besnydenis en ander Joodse gebruike, (om watter rede ookal), maar nie omdat hulle hoop om daardeur gered te word nie. Hulle weet dat slegs Christus hulle kan red, en dit maak van hulle christene in my oŽ.

                      Maar ek hoor wat jy sÍ oor "messiaanse" Jode wat nog vashou aan die gebruike en wette van die OT omdat hulle glo dat dit nodig is vir redding, maar terselfdertyd ook Jesus as Messias erken... ek aanvaar dat dit die mense is na wie jy eintlik verwys. En ek is geneig om met jou saam te stem, veral in die lig van GalasiŽrs 5. Maar sulke Jode glo myns insiens nie IN Jesus Christus nie, en as sulks is hulle verlore. Die Bybel leer dat die duiwels ook AAN Jesus glo, m.a.w. hulle erken Hom ook as Messias, maar hulle kan nie gered word nie, omdat hulle nie IN Hom glo nie. Om IN Jesus te glo, beteken om jou eie verlorenheid te besef en te erken, en op Hom alleen staat te maak vir redding. Hierdie Jode doen dit nie, al erken hulle Jesus as Messias, en daarom kan hulle tog nie gered wees nie. Maar my vraag bly steeds, kan sulke Jode werklik as MESSIAANS bestempel word?

                      (Ek stuur vir jou 'n pm met my e-pos adres, sal graag die boek wil lees. Dankie!)

                      Comment


                      • #12
                        Re: Is Messiaanse Jode Christene?

                        Originally posted by Gene View Post
                        Om die OT wette te onderhou, is nie verkeerd nie (net onnodig).
                        Behalwe dat jy in die tronk gaan beland as jy van die goed toepas ! Ek dink nou as voorbeeld aan van die wat voorskryf wanneer jy iemand moet stenig, ens.

                        Comment


                        • #13
                          Re: Is Messiaanse Jode Christene?

                          Wel van die regering kan ons dalk daai wet toepas...
                          'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
                          Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
                          [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
                          Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
                          [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

                          Bemidbar 6:24-26
                          [Numbers 6:24-26]

                          Comment


                          • #14
                            Re: Is Messiaanse Jode Christene?

                            Net weereens 'n klip in die bos, as ons die wet (vrywilliglilk) wil hou dan moet ons die offers ook bring. Vir my 'n wesenlike probleem dan nie?

                            Comment


                            • #15
                              Re: Is Messiaanse Jode Christene?

                              Phil
                              Ja die ding van die offers is nogal interessant. Hierdie boek waarvan ek praat en waarskynlik ook die meeste messiaanse Joode wil die hele wet behou maar die die Levitiese offersisteem nie, want hulle erken die Messias as hulle redder. Die ou probeer ook in die boek verduidelik waarom die wet noodsaaklik is, maar nie die offers nie. Ek dink nie mens gaan dit maklik verstaan hoe hy die onderskeid maak nie.

                              Comment

                              Working...
                              X