Announcement

Collapse
No announcement yet.

Sal die Messias op aarde of in die hemel regeer?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Sal die Messias op aarde of in die hemel regeer?

    Amillennialiste sÍ daar sal nie 'n duisendjarige vrederyk wees nie. Alles in die Bybel wat daarop dui, moet vir hulle in geestelike en nie-letterlike sin verstaan word en dan in ons tyd, vandag, ingepas word.

    Post-millennialiste sÍ die wÍreld gaan al beter en beter word en die Christendom al sterker en sterker totdat die millennium gekom het. Voor die twee wÍreldoorloŽ was die siening baie populÍr, maar die grootskaalse verwoesting en agteruitgang van alle standaarde deur oorlog het hulle weer laat dink. Post-millennialiste is vandag maar dun gesaai.

    Pre-millennialiste is meestal diegene wat glo in die Messiasryk op aarde na die wederkoms, maar daar is ander pre-millennialiste wat ook glo dat die Messiasryk na die wederkoms sal wees, maar nie op aarde nie en wel in die hemel.

    Hierdie draad is dus vir pre-millennialiste om uit te sorteer en uit die Skrif sin te maak of die millennium op aarde of in die hemel gaan wees.
    Last edited by David2; Sep 6th 2010, 07:42 PM.

  • #2
    Re: Sal die Messias op aarde of in die hemel regeer?

    David as ek Openbaringe 20 lees dan is dit baie duidelik dat die aarde steeds sal bestaan met al die nasies wat oorgebly het na die verdrukking. Wanneer die Satan weer los gelaat word sal hy weer Gog en Magog gebruik om teen die Here op te trek. Dit is op aarde, nie in die Hemel nie.
    Rev 20:7 En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word;
    Rev 20:8 en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see. Rev 20:9 En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind.

    Comment

    • #3
      Re: Sal die Messias op aarde of in die hemel regeer?

      Uitstekende plasing Eben. Ek dink daar kan nie baie mense wees wat hierteen kan stry nie. Mens glo wat in die Bybel staan of jy glo dit nie en wat hier staan, sÍ duidelik dat die millennium op aarde gaan wees.

      Terwyl jy nou 'n vers aangehaal het uit die laaste boek van die Bybel, wil ek vir jou een wys uit die eerste boek. Wat dink jy van Gen. 49:10? Wys dit op die Messias? Wat beteken "aan Hom sal die volke gehoorsaam wees?" Het dit al gebeur dat die volke aan Hom gehoorsaam was? Wanneer gaan dit gebeur? Natuurlik! in die millennium! En dit bewys vir my dat die millennium op aarde gaan wees want die volkere gaan nie in die hemel wees om aan Hom gehoorsaam te wees nie.

      Comment

      • #4
        Re: Sal die Messias op aarde of in die hemel regeer?

        Interesante draad David, kan ek vir jou vra om 'n tydlyn te plaas van hoe jy dinge sien gebeur ? Is ons nou in 'n bepaalde "Openbaring" tydperk ?

        Comment

        • #5
          Re: Sal die Messias op aarde of in die hemel regeer?

          David

          Dink jy nie dat dit wys dat na Christus alle volke gered kan word nie. Voor Christus was die redding net bestem vir Israel.

          Kalahari

          Comment

          • #6
            Re: Sal die Messias op aarde of in die hemel regeer?

            Originally posted by Eben View Post
            David as ek Openbaringe 20 lees dan is dit baie duidelik dat die aarde steeds sal bestaan met al die nasies wat oorgebly het na die verdrukking. Wanneer die Satan weer los gelaat word sal hy weer Gog en Magog gebruik om teen die Here op te trek. Dit is op aarde, nie in die Hemel nie.
            Rev 20:7 En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word;
            Rev 20:8 en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see. Rev 20:9 En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind.
            Kyk ook na die vorige verse:

            Op 20:4-6 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank. (5) En die ander dode (ongelowiges) het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit (verwysend na vers 4: diegene wat opstaan as Christus kom) is die eerste opstanding. (6) Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.

            Hier is twee opstandings en twee dode.

            Die ongelowiges staan op by die tweede opstanding. Hulle (in opgestane vorm) gaan dan reg oor die aarde weer lewe. Dit is hulle wat die oorlog van die Gog en Magog gaan voer. Waarskynlik sal demone ook deel hiervan wees, want die Satan gaan dan ook ontbind word om deel te neem aan hierdie oorlog.

            Die tweede dood impliseer ook dat hulle eers dood was (tydens die 1000 jaar), maar weer sal herlewe aan die einde daarvan om die geestelike oorlog van die Gog en die Magog te voer.

            Dit is soos ek dit verstaan.

            Groete
            Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

            Comment

            • #7
              Op aarde regeer

              Originally posted by Philip dT View Post

              Klink vir my aanvaarbaar Philip. Daar is beslis 'n verskil tussen die eerste en die tweede opstandings. Die eerste opstanding is aan die begin van die 1000 jaar en die tweede aan die einde daarvan. Maar hier word niks gesÍ om eers te impliseer dat die eerste opstanding na die hemel sal wees en die tweede na die aarde nie. In teendeel, dit is juis die hele punt om aan te toon dat die onderdane in die 1000 jaar gehoorsaam was aan God, grootliks omdat die duiwel gebind was, maar dat wanneer hy dan ontbind word, hulle onmiddellik weer teen God rebelleer.

              Die 1000 jaar het dus die bykomende funksie om aan te toon dat geen mens die verskoning sal kan gebruik (soos in die paradys) om die duiwel te blameer nie. Selfs toe die duiwel vir 1000 jaar uit omloop verwyder is, was mense inherent maar nog steeds teen God in opstand en het net vir die regte tyd gewag om hulleself weer in massa teen Hom te laat organiseer.

              Onthou ook dat ons vroŽr in Openbaringe reeds die toneel het waar satan uit die hemel uitgewerp word. Dit is dus ondenkbaar dat hierdie bodemlose put waar die duiwel gebind gaan word, in die hemel sal wees. Nee, dit is hier op aarde sodat hy die bewoners van die aarde nie sal kan verlei nie. Die 1000 jaar is duidelik hier op aarde.

              Comment

              • #8
                Re: Sal die Messias op aarde of in die hemel regeer?

                Fila
                Interesante draad David, kan ek vir jou vra om 'n tydlyn te plaas van hoe jy dinge sien gebeur ? Is ons nou in 'n bepaalde "Openbaring" tydperk ?
                So verstaan ek die opvolging van profesie. Die wegraping kom heel eerste. Die skrif sÍ ons moet ons Here elke oomblik uit die hemel verwag. Dit kan dus enige oomblik plaasvind. Beslis voor die groot verdrukking want 1 Thess. 4:16-17 plaas die wegraping as prioriteitsgebeurtenis voor die verskrikking van die verdrukking wat in 1 Thess. 5 verduidelik word.

                Na die wegraping kom die Antichris en die verdrukking van 7 jaar. Die verdrukking word in Openbaring beskryf van hfst. 6-19. Dit neem dus die grootste deel van die boek in beslag. En let op dat die "kerk" of die "gemeente" of die "liggaam van Christus" nooit in Openb. 6-19 genoem word nie (hulle is nie hier nie). Daar sal wel gelowiges wees, maar die bedeling van die kerk is dan al verby. Die huidige dispensasie kom by die wegraping tot 'n end. Die wegraping is die kerk se wederkoms. Gelowiges wat daar wel in die verdrukking op aarde sal wees, is die wat onder "'n ander administrasie" tot die geloof sal kom, deur die bediening van die 144 000 jode wat die aarde dan gaan evangeliseer en gaan voorberei op die koms van die koninkryk (1000 jarige vrederyk). In die verdrukking gaan die boodskap van Johannes die Doper weer gehoor word. "Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom."

                Aan die einde van die verdrukking kom die Here op die wolke met sy hemelse leŽrskare om oorlog te voer teen sy vyande en hulle te onderwerp en met 'n ystersepter te kom regeer op aarde vir 1000 jaar (dus 'n totaal anderste soort scenario as die wegraping). By hierdie geleentheid gaan die duiwel en sy twee trawante, die Antichris en die valse profeet ook gevang word. Laasgenoemse word in die poel van vuur gewerp, maar die duiwel self, die draak, word vir 1000 jaar gebind. Waar gebeur dit? Baie duidelik hier op aarde want die Here het tog aarde toe gekom om die dinge te kom doen.

                Comment

                • #9
                  Re: Sal die Messias op aarde of in die hemel regeer?

                  David. Die rede waarom ek meen dat daar niemand op aarde sal wees in die 1000 jaar nie, is omdat die verwoesting van die aarde, asook die oorwinning oor die bose, dit voorafgaan (Op 19:11-21). Die aarde keer dan as't ware terug na die woes en leŽ toestand. Daar is geen aanduiding dat daar 'n herstel van die aarde gaan wees na die geweldige verwoesting totdat die nuwe hemel en aarde verskyn nie. Ek lees dit saam met 2 Pet 3:10 wat daarop dui dat die aarde sal verbrand en die elemente sal vergaan.

                  Vanuit Op 20:6 verstaan ek dat die eerste opstanding vir al die gelowiges is (voor 1000 jaar), en die tweede opstanding vir al die ongelowiges is. Ek sien die 1000 jaar wat die aarde betref as sluimerend - dood. In daardie tyd gaan die heiliges almal by God wees en en waarskynlik dan saam God sy oordeel in oŽnskou neem, vrae sal beantwoord word ens. Dus, die ongelowiges is dood tydens die 1000 jaar, terwyl die Satan ook gebind gaan wees. Hulle word dan opgewek by die tweede opstanding en gaan dan die laaste oordeel en die tweede dood tegemoet. Dan breek die nuwe hemel en aarde aan.

                  Dis soos ek dit verstaan.

                  Groete
                  Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

                  Comment

                  • #10
                    Re: Sal die Messias op aarde of in die hemel regeer?

                    Philip
                    Jy kan dit seker so verstaan, maar dan het jy nie een van die duidelike aanduidings wat Eben reeds gegee het en waarop ek voortgebou het, hier uit Op.20, wat daarop dui dat die 1000 jaar op aarde sal wees, beantwoord nie.

                    Die Here gaan die nasies met 'n ysterstaf regeer. 1 Sam. 2:10 sÍ ook dat die Here sal oordeel oor die eindes van die aarde. Dit lyk vir my na baie meer as net die eenmalige eindoordeel, maar eeder 'n tydperk waartydens die Messias met reg en geregtigheid die aarde sal regeer. Dit word bevestig as die vers daaraan toevoeg dat God sterkte en regeermag aan sy koning sal gee. Dit is ook soos Gen 49:10 aandui wat ek hierbo aangehaal het. Kan die woorde werklik iets anders as dit beteken?

                    1 Sam. 2:10 Die wat met die HERE twis, word verpletter; oor hulle donder Hy in die hemel; die HERE oordeel die eindes van die aarde, en Hy gee sterkte aan sy koning en verhef die horing van sy gesalfde.

                    Comment

                    • #11
                      Re: Sal die Messias op aarde of in die hemel regeer?

                      Originally posted by David2 View Post
                      Philip
                      Jy kan dit seker so verstaan, maar dan het jy nie een van die duidelike aanduidings wat Eben reeds gegee het en waarop ek voortgebou het, hier uit Op.20, wat daarop dui dat die 1000 jaar op aarde sal wees, beantwoord nie.
                      Hallo. Verwys jy hierna?

                      Rev 20:8 en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see.

                      Soos ek verstaan, gaan die ongelowige dode aan die einde van die 1000 jaar opgewek word van regoor die aarde. Die nasies (opgewekte ongelowiges) gaan dan weer deur die Satan verlei word om teen Christus en sy magte te veg vir die laaste oorlog.

                      Groete.
                      Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

                      Comment

                      • #12
                        Re: Sal die Messias op aarde of in die hemel regeer?

                        Dit lyk nie vir my of die vers praat van 'n aarde wat "dood" gaan wees vir 1000 jaar nie. In teendeel, die satan gaan, na sy loslating, uit om die nasies te verly. Waar gebeur dit? Baie duidelik net hier op aarde.

                        Kom ons kyk dan nog so 'n bietjie verder na nog 'n vers of twee wat Jesus se regering op aarde bevestig. Daar is hopeloos te veel om alles aan te haal.

                        Ps. 72:8 En hy sal heers van see tot see en van die Rivier tot by die eindes van die aarde.

                        72:9 Die bewoners van dor plekke sal voor hom kniel, en sy vyande sal die stof lek.

                        72:10 Die konings van Tarsis en van die eilande sal geskenke aanbied, die konings van Skeba en Seba belasting aanbring.

                        72:11 Ja, al die konings sal hulle voor hom buig, al die nasies sal hom dien.

                        Ps. 110:2 U magtige septer sal die HERE uitstrek uit Sion en sÍ: Heers te midde van u vyande.

                        Ek dink nie ons hoef veel hier by te sÍ nie. Dit kan net hier op aarde vervul word! Net soos wat die profesie oor Jesus se eerste koms letterlik so gebeur het soos dit daar staan, sal dit met hierdie ook die geval wees. Die konings sal voor hom buig en Hy sal heers oor sy vyande. Kan dit iets ander beteken as dat Jesus waarlik hier op aarde gaan regeer?

                        Comment

                        • #13

                          Hallo David.

                          Is daar iets in die tekste wat ons noop om dit te sien tydens die 1000 jaar? Persoonlik verstaan ek dit as beduidend op die nuwe aarde.
                          Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

                          Comment

                          • #14
                            Re: Sal die Messias op aarde of in die hemel regeer?

                            Gaan daar "nasies" en "vyande" van God op die nuwe aarde wees? Ek dink nie so nie! En ook nie "konings" wat hulle aan die beheer van die Messias sal moet onderwerp nie. Nee, die nuwe aarde is heeltemal uit die gesigsveld in hierdie verse soos ek dit op die normale en reguit nie-geestelike metode lees.

                            Comment

                            • #15

                              Ek sou sÍ Ps 110:2 se verwysing na Sion, dui nie in die eerste plek op 'n aardse Sion nie, maar kan as metafoor vir die kerk geÔnterpreteer word, veral in die lig van vers 4, waar verwys word na die ewige priesterskap volgens die orde van Melgisedek, 'n frase wat ook in HebreŽrs voorkom, en verwys na Christus se geestelike heerskappy. Sien Barnes se kommentaar (E-Sword).

                              Ps 72 se toepassing is nie heeltemal so duidelik nie. Dit lyk vir my of dit ook verwys na die nuwe hemel en aarde (totdat die maan nie meer is nie - vers 7). Dikwels is die manier waarop na die hiernamaals verwys word in die OT, op analoŽ en metaforiese wyse. Hierdie is in elk geval deel van 'n gedig.
                              Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

                              Comment

                              Working...
                              X