Announcement

Collapse
No announcement yet.

Facebook Gevaarlik?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Facebook Gevaarlik?

    Ek kom sopas hierop af:

    http://www.facebook.com/about/profile/


    Die nuwe profiel-funksie van Facebook maak dat jy nog meer persoonlike inligting vir almal gee. Dit is opvalled hoedat die privaatheidsfunksies van Facebook gaandeweg verslap het.

    Die wreld raak al minder privaat. Wikileaks wys ons dat geen inligting wat op internet beskikbaar is regtig privaat is nie.

    Soos ek dit sien vorm dit alles deel van totale beheer oor die mensdom.

    Wat dink julle hiervan?
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  • #2
    Re: Facebook Gevaarlik?

    Hi Philip,

    Ek het so paar maande gelede my profiel verwyder van Facebook. My gevoel is dat die sagteware so geskryf is, dat dit mens manipuleer om dinge te doen, wat in jou normale lewe nie eers in jou gedagtes sou wees nie. Jy het ook vinniger nuwe vriende as wat mens koffie en tee drink en alles kom veel meer onnatuurlik as normaalweg. Ek hou net eenvoudig nie daarvan om beheer te word nie en Facebook beheer mens se denke op baie subtiele wyse. Ek dink Facebook gaan dit nie net word nie, maar is reeds 'n manier om ons denke en aksies te rig, die vraag is net, waarheen?
    The Rapture

    My dearest friends, Im so sorry so sorry
    but I must confess, dont worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    its before Gods wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    its for all the people in the zoo
    think about it and refresh
    you will see theres no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhere


    Comment


    • #3
      Re: Facebook Gevaarlik?

      Originally posted by CFJ View Post
      Hi Philip,

      Ek het so paar maande gelede my profiel verwyder van Facebook. My gevoel is dat die sagteware so geskryf is, dat dit mens manipuleer om dinge te doen, wat in jou normale lewe nie eers in jou gedagtes sou wees nie. Jy het ook vinniger nuwe vriende as wat mens koffie en tee drink en alles kom veel meer onnatuurlik as normaalweg. Ek hou net eenvoudig nie daarvan om beheer te word nie en Facebook beheer mens se denke op baie subtiele wyse...
      Dis nogal 'n belangrike punt wat jy maak! Dis waar. Party mense se facebook(kamma)vriende is oor die duisend. Waar in die regte lewe sien jy dit? Die "friend-of-friend" funksie wat by default aan is met albums (tensy jy dit stel), maak ook dat mens deur wildvreemde mense se persoonlike albums kan blaai, of dat wildvreemde mense deur jou albums kan blaai. Wat as sensitiewe inligting in die verkeerde hande beland?

      En wat van kinders wat niksvermoedend hulle inligting op facebook plaas?
      Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

      Comment


      • #4
        Re: Facebook Gevaarlik?

        Ek kom nou hierop af: Facebook/Illuminati konneksie?

        http://gawker.com/5556552/the-facebo...erbergs-hoodie

        Een ding hieruit wat my nou tussen die o tref is die begrip "interconnectedness." Wat is dit anders as die New Age konsep van kosmiese bewussyn / cosmic soul?
        Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

        Comment


        • #5
          Re: Facebook Gevaarlik?

          Ek het met rede nie 'n Facebook profiel nie. Soos wat julle reeds genoem het, is daar nie iets soos privaatheid waar die internet betrokke is nie. Facebook is 'n reuse groot teiken en word kort-kort gekraak, met 'n klomp mense wat altyd met rooi gesigte sit omrede inligting gelek word wat eerder (in BAIE gevalle) in die slaapkamer moes gebly het.

          Om een of ander rede is dit deesdae mode onder tiener-meisies om kaalfotos van hulleself te neem. Hierdie fotos lek ALTYD uit, veral op facebook. Het so 'n dame nog respek vir haarself na so 'n insident wonder ek ? Wat is die kanse dat haar ouers, en eendag haar man en kinders op hierdie goed gaan af kom ? Ons was almal jonk en het almal foute gemaak, maar facebook maak dit net soveel makliker om hierdie foute te begaan, en dit in 'n reuse blaps te verander wat 'n persoon vir die res van sy/haar lewe gaan volg.

          Comment


          • #6
            Re: Facebook Gevaarlik?

            Nee Dankie vir Face-book
            The LORD is my Miracle

            G_d was gracious He has shown favor


            Hope is a seed
            God plants in our hearts
            to remind us
            there are better things ahead.
            -Holley Gerth

            Comment


            • #7
              Re: Facebook Gevaarlik?

              Snaaks dat julle dit noem. Ek vuisboek ook nie.

              Comment


              • #8
                Re: Facebook Gevaarlik?

                Originally posted by Son of the South View Post
                Snaaks dat julle dit noem. Ek vuisboek ook nie.
                Dit is so "Plastic" vir my............. maar nou Ja, ek staan op die wal
                The LORD is my Miracle

                G_d was gracious He has shown favor


                Hope is a seed
                God plants in our hearts
                to remind us
                there are better things ahead.
                -Holley Gerth

                Comment


                • #9
                  Re: Facebook Gevaarlik?

                  Ek het ook nog nooit daarin belang gestel nie. Dit is maar net nog 'n oop agterdeur vir gemors om in te sluip. Facebook, televisie, videospeletjies, al daai goed is manipulerend van aard sonder dat meeste dit besef. Dis waar dat dit goed in jou gedagtes bring wat nie daar sou wees nie.

                  Comment


                  • #10
                    Re: Facebook Gevaarlik?

                    'n geweer kan gevaarlik wees, dat kan ook dood veilig en kan gebruik word vir pret (soos mense wat vir die sport jag). Alkohol kan gevaarlik en duisende mense is verslaaf daaraan, maar dit het ook medisinale eienskappe (alkohol het al lewens gered) en verseker kan dit ook gebruik word op 'n gesellige manier (wat is 'n braai sonder 'n bier). Karre is uiters gevaarlike goed en het baie nadele (ek dink eintlik ander vervoermiddels is beter in alle opsigte) maar 'n rit in 'n mooi kar om 'n bietjie ons mooi landskap te gaan sien is darem lekker. Facebook het sy nadele en kan verseker deur bose magte gebruik word, maar ek twyfel sterk (en daar is geen bewys daarvan) dat dit deel vorm van 'n komplot of iets nie. Ek gebruik dit, want daar is vriende wat oorsee bly met wie ek kan praat asof hulle langs my sit. Dis ook 'n vinnige manier om belangrike boodskappe te stuur en 'n BAIE meer betroubare manier om dinge oor te dra as e-pos. Solank jy internet gebruik kan dit gevaarlik wees. Dit is so maklik vir mense om in te breek. As jy enigsins 'n konneksie het kan iemand baie waarskynlik, sonder veel moeite van 'n selfoon in'hack' en doen net wat hulle wil. Daar is vir my min verskil tussen hierdie forum en facebook. Die enigste belangrike verskil is dat hierdie 'n Christelike oogpunt het. Dit hang alles af van die gebruiker. Dis so veilig soos wat jy dit maak. Ek vergelyk dit met 'n mall. Daar is duisende mense daar, en enige van hulle kan skielik 'n geweer of 'n mes uit ruk. Daar is geen privaatheid nie. Jy self bepaal hoeveel mense van jou sien. Jy is ook self verantwoordelik vir die veiligheid van jou kinders. Hoe is 'n shopping mall dus anders as facebook?
                    "I am come that they might have life, and that they might have it more abundantly."


                    in all your ways acknowledge Him, and he will make your paths straight.


                    Many are the afflictions of the righteous; But Jehovah delivereth him out of them all.

                    "Oh, taste and see that the Lord is good"

                    Comment


                    • #11
                      Re: Facebook Gevaarlik?

                      Die wat steeds op FaceBook is moet maar by Vader se voete gaan sit en vra wat hulle oor die saak moet doen.

                      Ek moes my profile delete op FB. Maar weet julle een ding.... Once on Facebook... Always on Facebook. Jou profile is nooit totaal en al weg van Facebook af nie. En ja FB is lekker om op te wees, mens ontmoet mense daar en word vriende... Selfs verlief en dan kom mens agter dat die persoon nie regtig die ware persoon is wat jy op FB ontmoet het nie, want daai persoon mag dalk voorgee dat hulle iets is wat hulle glad nie is nie, soos 'n Christen
                      'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
                      Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
                      [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
                      Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
                      [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

                      Bemidbar 6:24-26
                      [Numbers 6:24-26]

                      Comment


                      • #12
                        Re: Facebook Gevaarlik?

                        Francois, ons het nie 'n smiley van iemand wat net sy arm om jou skouer sit nie, so di ene moet maar doen.

                        Dit wat die Vader vir ons het is telkens baie beter.

                        Comment


                        • #13
                          Re: Facebook Gevaarlik?

                          En as ons facebook gebruik om die evangelie uit te dra, wat dan? Party mense gebruik nagklubs om die evangelie uit te dra. Ons almal wat die evangelie uitdra gebruik "die wreld" om die evangelie uit te dra en volgens die Bybel is "die wreld" die troon van satan. Nee, facebook bied baie sterk moontlikhede vir Christene om betrokke te raak. Vergelyk nou byvoorbeeld bibleforums met facebook. Bibleforums het sy plek, baie beslis, maar as 'n instrument om "die wreld" te bereik is hy uiters beperk. Ek het nie 'n saak daarmee as die bose magte uitvind dat ek met Elsa getroud is, in Lichtenburg op skool was en in Stellenbosch geswot het en wat die naam van my website is nie. As ek hierdie inligting moet verskaf vir 'n geleentheid om met mense kontak te maak en te kommunikeer wat ek andersins nooit sou h nie, dan doen ek dit graag.

                          Comment


                          • #14
                            Re: Facebook Gevaarlik?

                            Originally posted by David2 View Post
                            in Lichtenburg op skool was ...
                            Lichtenburg ! Regtig ? Jou ou Wes Transvaler jy ! Kom jy nog in die beskawing David ?

                            Comment


                            • #15
                              Re: Facebook Gevaarlik?

                              Ja, ek was in Lichtenburg in die Horskool, maar s nou eers vir my. Wat s jy van my plasing hierbo? S jy dat Christene van facebook moet wegbly omdat dit "gevaarlik" is ten spyte daarvan dat daar byna onbeperkte moontlikhede bestaan om met buitestaanders te netwerk en die evangelie te deel? Wie het nouweer ges "ons is in die wreld maar ons is nie van die wreld nie". Ek is in facebook maar ek is nie van facebook nie.

                              Comment

                              Working...
                              X