Announcement

Collapse
No announcement yet.

Valse Russiese Messias - Video

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Valse Russiese Messias - Video

    Hier is so kort oorsig en ook 'n video oor hierdie man (artikel).

    Sergey Anatolyevitch Trop, gebore op 14 Ledna 1961. Sy volgelinge ken hom as Vissarion. Hy het 'n godsdienstige beweging gestig, wat as die Kerk van die laaste Wet bekend staan.

    Vissarion is gebore in Krasnodar en na die diens in die Rooi LeŽr, vestig hy hom in Minoesinsk. Hy werk as 'n verkeersbeampte/polisieman, voordat hy sy werk verloor in 1989. In 1991 word hy "wedergebore" as Vissarion en het teruggekeer om te sÍ, hy is soos Jesus Christus. Vissarion sÍ dat dit die reÔnkarnasie van Jesus is.

    Hulle leer reÔnkarnasie, vega-isme en die naderende einde van die wÍreld, ook die ondergang van die beskawing soos ons dit oor die algemeen ken.

    Sy godsdiens kombineer elemente van die Russies-Ortodokse Kerk met die Boeddhisme. Sy volgelinge onderhou streng reŽls, is Vegans en word nie toegelaat om slegte gewoontes soos rook of drink van alkohol toe te pas nie. Geld is verbode in die gemeenskap. Die Groep het ten doel om alle godsdienste op aarde te verenig.

    Hierdie beweging is geleŽ in die Siberiese Taiga. Dit het ongeveer 4000 volgelinge, in ongeveer dertig dorpe naby sy basis van Sun City. Oor die hele wÍreld, het die beweging ongeveer 10000 ondersteuners.


    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ



  • #2
    Re: Valse Russiese Messias - Video

    Hi julle,

    Ek het die artikel gaan lees, en toe rondgesnuffel op res van dieblad na ander artikels... het toe iets raakgelees en toe by myself die volgende gewonder. Dit het nie eintlik iets met die draad seker in gemeen nie, maar wou nie 'n nuwe draad net daarvoor oopmaak nie:

    Die Mayan mense wat in Suid Amerika gewoon het. Mens kan sÍ hulle het die Satan aanbid. Demone het hulle wysheid en insig oor baie goed gegee, daarom die rede dat hulle so gevorderd was vir hulle tyd.
    Ons gebruik vandag nog hulle kalender(sal daarvan hou om te weet presies hoekom? Was dit die duiwel se plan dat ons daardie kalender gebruik?)

    Die Mayen kalender eindig 2012, soos almal weet. So as my gadagtes in die regte rigting indwaal, wat is dan so spesiaal aan 2012? Wat beplan Satan?
    Dalk die bekendstelling van die Antichris, valse mesias met wonderwerke en al? Maar net 'n gedagte... ons sal maar moet wag en sien...

    Comment


    • #3
      Re: Valse Russiese Messias - Video

      RR, ek dink ons het al so 'n bespreking gehad, maar so ver ek kan onthou kon ons toe ook nie regtig die vraag beantwoord nie. Met 'n film soos 2012 en 'n hele warboel gemors op die www, kan ons maar net wonder wat 'die ander kant' se obsessie is met die datum. Dit lyk nogal soos 'n bemarkingsveldtog vir een of ander leuenstorie.

      Maar wat het jy gedink van daai Russiese Messias ou? Hy kan net so wel 'n rol kry in die volgende Mattheus film. Gelukkig is ons Jesus glad nie so plÍstiek nie en baie meer werklik.

      Comment


      • #4
        Re: Valse Russiese Messias - Video

        Originally posted by Son of the South View Post
        Maar wat het jy gedink van daai Russiese Messias ou?
        Ek het met verbasing gekyk hoe hierdie messias ou oor die aarde sweef, hy is 'high' as hy nie 'higher' is nie... en die heiligheid drup van hom af, verstommend... en juis hieroor, misleidend!
        The Rapture

        My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
        but I must confess, donít worry
        the rapture is not before the Great Tribulation
        itís before Godís wrath!!!

        Because His wrath is not meant for you
        itís for all the people in the zoo
        think about it and refreshÖ
        you will see thereís no way out of here, in the flesh

        If you really believe, you will see
        the rapture is for you and me
        when we decide to leave from here
        that very day, oh! God adhereÖ


        Comment


        • #5
          Re: Valse Russiese Messias - Video

          Aan die een kant kry ek die mense jammer wat so verlei word, aan die ander kant wil ek hulle wakker pluk!!
          Ek wonder partykeer wat presies in so 'n man se kop aangaan. Duidelik glo hy nie in Jesus nie. Vir hom is dit net 'n geleentheid om raakgesien te word en dalk 'n bestaan te maak.... hy het mos sy werk verloor?

          Dit is vreesaanjaend as ek my in sy skoenne plaas... ek is bly ek is nie hy nie.

          Comment


          • #6
            Re: Valse Russiese Messias - Video

            Originally posted by RR van Wyk View Post
            Vir hom is dit net 'n geleentheid om raakgesien te word en dalk 'n bestaan te maak.... hy het mos sy werk verloor?
            Vir al wat ons weet is dit letterlik 'n geval van 'verveeldheid is die duiwel se oorkussing'.

            Comment


            • #7
              Re: Valse Russiese Messias - Video

              Die Groep het ten doel om alle godsdienste op aarde te verenig.
              Ek het nuus vir hom......die "godsdienste" van die wereld is al verenig vir jare en vat laaaaaaaankal hande.

              Comment

              Working...
              X