Announcement

Collapse
No announcement yet.

Hoekom Red Bull ?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Hoekom Red Bull ?

    Die meeste van julle het seker al gehoor van die Red Bull advertensie "fiasko"

    Daar kan meer daaroor hier gelees word.

    Die advertensie, in die kenmerkende Red Bull-tekenprentstyl met “Jesus” en twee dissipels in ’n vissersbootjie, is deur honderde klaers as godslasterlik en in swak smaak afgemaak.

    Die figure vang vis wanneer die Jesus-figuur skielik opstaan, uit die boot klim en op die water begin loop.

    “Ag nee, is dit alweer een van jou wonderwerke?” vra ’n dissipel, waarop “Jesus” antwoord: “Dit is nie ’n wonderwerk nie, jy moet net weet waar die klippe is,” terwyl Hy op klippe onder die water versteek, trap.

    Die volgende oomblik gly die Jesus-karakter effens op ’n klip en laat ’n “O, Jesus” glip.
    Nou ja, dit is genoeg om enige Christen vies te maak, maar kan daar 'n dieper betekenis hieraan gekoppel word ?
    Ek glo hierdie was veel meer as net 'n bemarkingsfoefie van Red Bull se kant af, eerder 'n litmus toets vir hoe ver Suid-Afrika al geval het. Red Bull het baie goed geweet wat die reaksie gaan wees, veral omrede hulle presies dieselfde teenstand met presies dieselfde advertensie in ander lande gekry het.
    Hulle verskoning van "“Dit was nooit ons doel om mense in die gesig te vat nie." is dus niks anders as 'n infame leun nie en kan met 'n eenvoudige Google-soektog bevestig word.

    Die vrae wat ons dus moet vra, hetsy vir onself of deur sommer direk die betrokke organisasies aan te vat is dit :

    - As Red Bull geweet het die reaksie gaan negatief wees vanaf Christen-kringe, hoekom dit in elk geval bemark ?
    - Hoe is hierdie advertensie in die eerste plek toegelaat deur die uitsaai-owerhede ? Sou dit ook toegelaat gewees het as daar gespot was met Mohammed ?

  • #2
    Re: Hoekom Red Bull ?

    :
    .
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

    Comment


    • #3
      Re: Hoekom Red Bull ?

      Originally posted by Die Filadelfieer View Post
      Die vrae wat ons dus moet vra, hetsy vir onself of deur sommer direk die betrokke organisasies aan te vat is dit :

      - As Red Bull geweet het die reaksie gaan negatief wees vanaf Christen-kringe, hoekom dit in elk geval bemark ?
      - Hoe is hierdie advertensie in die eerste plek toegelaat deur die uitsaai-owerhede ? Sou dit ook toegelaat gewees het as daar gespot was met Mohammed ?
      Ek wil nog 'n klip in die bos gooi en 'n vraag byvoeg: Moet gelowiges hoegenaamd nog kyk na dit wat die uitsaai-owerhede opdis?

      Comment


      • #4
        Re: Hoekom Red Bull ?

        Dit is interresant hoe die bose al minder agter die gordyne konkel, en dit al meer openlik plaasvind. Ons word al meer direk uitgedaag en aangevat. Die reels verander ten gunste van die bose wat gelowiges en hul geloof na boos laat lyk.

        Comment


        • #5
          Re: Hoekom Red Bull ?

          Originally posted by RR van Wyk View Post
          Dit is interresant hoe die bose al minder agter die gordyne konkel, en dit al meer openlik plaasvind. Ons word al meer direk uitgedaag en aangevat. Die reels verander ten gunste van die bose wat gelowiges en hul geloof na boos laat lyk.
          Absoluut! Ek dink die uitdaging kom teen ons geloof, is ons nog bereid om op te staan teen die bose
          The LORD is my Miracle

          G_d was gracious He has shown favor


          Hope is a seed
          God plants in our hearts
          to remind us
          there are better things ahead.
          -Holley Gerth

          Comment

          Working...
          X