Announcement

Collapse
No announcement yet.

Hoekom uitreik na Israel?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Bespreking Hoekom uitreik na Israel?



    Hiermee rig ek 'n uitnodiging aan enige deelnemer tans op die forum wat nie dieselfde voel oor Israel en die Jode soos ek nie om saam na die land van die Here te gaan tydens ons beplande toer in Julie 2013.

    Ek is bereid om jou toer ten volle te betaal. Al wat jy moet doen is om te voorsien vir jou eie sakgeld en as jy nie naby OR Thambo bly nie, miskien in 'n ander provinsie, om op jou eie onkoste hier uit te kom.

    Kom ontdek die wonder van God se Woord op 'n geestelike reistog wat jy nog nie ervaar het nie!

    Stuur vir my 'n e-pos as jy dit persoonlik wil hou.

    "As dit die Here se wil is"

  • #2
    Re: Uitnodiging

    Originally posted by Johnny View Post


    Hiermee rig ek 'n uitnodiging aan enige deelnemer tans op die forum wat nie dieselfde voel oor Israel en die Jode soos ek nie om saam na die land van die Here te gaan tydens ons beplande toer in Julie 2013.

    Ek is bereid om jou toer ten volle te betaal. Al wat jy moet doen is om te voorsien vir jou eie sakgeld en as jy nie naby OR Thambo bly nie, miskien in 'n ander provinsie, om op jou eie onkoste hier uit te kom.

    Kom ontdek die wonder van God se Woord op 'n geestelike reistog wat jy nog nie ervaar het nie!

    Stuur vir my 'n e-pos as jy dit persoonlik wil hou.


    Dis regtig 'n gawe aanbod, Johnny. Dit sal wonderlik wees - ek beter dan net begin spaar.

    Comment


    • #3
      Re: Uitnodiging

      Originally posted by AndreHa View Post
      Dis regtig 'n gawe aanbod, Johnny. Dit sal wonderlik wees - ek beter dan net begin spaar.
      Aanvaar jy dus die aanbod?

      Comment


      • #4
        Re: Uitnodiging

        Ek sou ook graag jou aanbod aanvaar, dankie vir die aanbod Johnny, dit sien mens nie elke dag nie. Soos Andrť sal ek seker ook moet begin spaar...
        The Rapture

        My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
        but I must confess, donít worry
        the rapture is not before the Great Tribulation
        itís before Godís wrath!!!

        Because His wrath is not meant for you
        itís for all the people in the zoo
        think about it and refreshÖ
        you will see thereís no way out of here, in the flesh

        If you really believe, you will see
        the rapture is for you and me
        when we decide to leave from here
        that very day, oh! God adhereÖ


        Comment


        • #5
          Re: Uitnodiging

          Die verskil wat ek sien, is dat ons verkillend glo oor waar Jesus gaan of waar Hy reeds regeer. Die wat glo dat Israel as staat is waar Jesus kom regeer, verwag soos Israel van ouds dat daar ‘n wereldse koningkryk gevestig moet word. Daarom dan die geveg om die huidige politieke staat van Israel te wil verhoog na die volk van die HERE.

          Die wat glo dat die Kerk deel van Israel geword het glo dat Jesus reeds in die hemelse Jerusalem regeer volgens 1 KorintiŽrs 15, en dat Hy net gaan kom aan die einde van die huidige aarde om die wat in Hom glo as verlosser saam te neem, of soos die Bybel dit stel, hulle in die hemel te ontmoet en dan saam met Hom sal wees gedurende die duisendjarige vrederyk waarvan byna al die profete van gepraat het, en wat Johannes in Openbaring 20 beskryf.

          Die probleem wat ek het is dat die wat glo in die fisiese Israel, dit so verhoog dat dit wat Jesus vir ons geleer het, op die agtergrond geskuif word. Jesus het gesÍ niemand kom na die Vader behalwe deur Hom nie. Daarom het Petrus ook sy lewe gewy om die evangelie van Jesus aan die Jode te bring, omdat hulle moes besef dat Hy die Christus was. Nou glo die sulkes dat die Jode(Joodse geloof) weer ‘n geleentheid gaan kry om reg te kan maak met die Vader. In HebreŽrs word daar juis vir hulle, die Hebreeuse volk (Israel) uitgewys dat beide Esau en Kain nie weer ‘n geleentheid gekry om reg te maak nie, so hoekom sal Israel dit dan kry. Onthou net dat Paulus dit ook so stel in 1 KorintiŽrs 10 dat Israel se geskiedenis vir ons opgeteken is as voorbeeld, sodat ons kan weet hoe die HERE teenoor ons almal sal optree, beide Kerk en Israel.

          Maar dit is soos Johnny dit gestel het vroeŽr, vir hulle is Israel alles, en lyk dit my Jesus kom ‘n sleg tweede plek. In al my navorsing wat ek oor 5 jaar gedoen het voordat ek begin skryf het oor die eindtyd en hoe die profete van die Ou Testament dit gesien het, het ek nie op een van die webtuistes wat Israel se herstel verkondig afgekom op dieselfde hoeveelheid inligting oor wat Jesus kom doen het nie. Ek glo dit is omdat hulle glo dat die verdrukking slegs vir Israel is, en so hoef hulle nie sterk in hulle geloof te wees nie.
          So ek verwag nie ‘n aardse koningkryk nie, maar glo dat Jesus reeds as eersgeborene van die gees in die hemelse Jerusalem is, en dat ek my by die koningryk sal voeg wanneer ek die dag sterf, of indien Jesus kom voor die datum, ek saam met hom sal gaan na Sy koningkryk. En soos vroeŽr in ander antwoorde gesÍ daar geen verskil tussen Israel en die Kerk is na Christus nie, want ons het een geword. So Israel is alle mense wat glo dat Jesus die volmaakte offer was, en vir my en jou sondes betaal het, en dat slegs die wat in Jesus glo, saam met Hom sal wees in die hemelse Jerusalem.

          So Johnny, dankie vir die aanbod, maar nee dankie.
          Shama - A primitive root; to hear intelligently (often with implication of attention, obedience, etc.; causatively to tell, etc.): - X attentively, call (gather) together, X carefully, X certainly, consent, consider, be content, declare, X diligently, discern, give ear, (cause to, let, make to) hear (-ken, tell), X indeed, listen, make (a) noise, (be) obedient, obey, perceive, (make a) proclaim (-ation), publish, regard, report, shew (forth), (make a) sound, X surely, tell, understand, whosoever [heareth], witness

          Comment


          • #6
            Re: Uitnodiging

            Ek moet saam met Louwrens stem as ek eerlik met myself wil wees en tog sal dit 'n goeie ondervinding wees om Israel te kan sien. Ekself woon in Oudtshoorn en weens die groot hoeveelheid Jode wat hier woon gemeet teen die totale populasie, kry mens baie met hulle te doen en mens raak lief vir hulle. Ek kan baie meriete sien in baie fisiese tekens wat die Jode betref en tog op die keper beskou, beteken dit nie meer as bloot fisiese tekens nie. Hierdie tekens bevestig maar net dat die geestelike koninkryk van God bestaan en dat dit die eintlike motief moet wees van ons bestaan. Ons moet God se koninkryk aan ander bring en alle moontlike tekens in die fisiese is slegs daar as hulpmiddels. Ongelukkig glo ek word hierdie fisiese tekens verhef tot 'n status wat nie reg doen aan ons primÍre doel nie. Ek hoef nie Golgota te besoek om Jesus te ervaar nie, want die boodskap van die kruis is universeel, kragtig om as krag van God diegene te red, wat die kruis beleef en Jesus se opstanding deelagtig te word. Dit is 'n fisiese oomblik met 'n geweldige geestelike betekenis wat geen gelyke het nie en dit is wat eerste moet kom, die kruisboodskap, nie Golgota nie. Daar is mense wat Israel oor verkeerde redes besoek en dink dat hulle fisiese besoek hul geestelik sal versterk en moontlik mag dit so wees in sekere gevalle, maar God het Sy Woord gegee om Hom resent, tasbaar en geloofwaardig daar te stel en dit is die kruks van elke gelowige se lewe, wanneer God se Gees deur Sy Woord tot ons harte spreek.

            As Israel iemand se bediening is, vra dit net perspektief, want Lesotho se verlorenes is niks anders as Israel se verlorenes nie en die kruisboodskap (jy moet sterf sodat Christus kan lewe) is nie minder tasbaar in Lesotho, as in Israel self nie.
            The Rapture

            My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
            but I must confess, donít worry
            the rapture is not before the Great Tribulation
            itís before Godís wrath!!!

            Because His wrath is not meant for you
            itís for all the people in the zoo
            think about it and refreshÖ
            you will see thereís no way out of here, in the flesh

            If you really believe, you will see
            the rapture is for you and me
            when we decide to leave from here
            that very day, oh! God adhereÖ


            Comment


            • #7
              Re: Uitnodiging

              Dit is vir my voorwaar skokkend wat die reaksie op die uitnodiging is.....wel darem nou nie almal se reaksie nie. Daar is gister 'n plasing van my uitgevee deur een van die moderators wat juis hierdie tipe reaksie bevraagteken. Hierdie draad het sover 71 "hits" gehad en die kommentaar en belangstelling wys vir my duidelik dat christinne geen behoefte het om na die land te gaan waar vir hulle sondes betaal is nie. Dat daar geen of weinig liefde vir God se land of se volk is......al belei ons met die mond.

              Om die land Israel te besoek het NIKS te doen met meeste van die opmerkings gemaak nie. Dit het ALLES te doen met jou liefde vir die Here. Om 'n liefde vir Israel en die Jode te he......kan NET God in jou hart plaas. Ek is jammer sommige het die draad.....wat bedoel was om 'n positiewe aksie te wees.....in 'n negatiewe, selfgesentreerde (me, myself and I) bespreking (wat dit nie veronderstel was om te wees nie), weens 'n gebrek aan kennis verander het. Die kerk van die Laodicence!

              Comment


              • #8
                Re: Uitnodiging

                Julle ouens moet julle maar gereed maak om op te trek na die Godstad.....Jerusalem.......of julle nou wil of nie!

                [IMG][/IMG]

                Sagaria 14:16 "En almal wat oorbly uit al die nasies wat teen Jerusalem aangekom het, sal jaar na jaar optrek om te aanbid voor die Koning, die HERE van die leŽrskare, en om die huttefees te vier."

                Gaan lees maar verder verse.......

                Comment


                • #9
                  Re: Uitnodiging

                  Gelukkig sal ek nie hoef op te gaan nie, want ek sal klaar in Jerusalem wees. Jy moet net soos jy sÍ die hele gedeelte lees. Net voor jou gedeelte staan daar:En in diť dag sal daar geen lig wees nie, die sterre sal duister wees. En dit sal Ďn enige dag wees wat aan die HERE bekend isógeen dag en geen nag nie; maar teen die aand sal dit lig word. Sag 14 6-7. So dit sal eers gebeur na Jesus se wederkoms, in die duisendjarige vrederyk, nie nou al nie. Daai dag wat hiervan gepraat word het sekerlik nog nie gekom nie, of ek het dit gemis saam met baie ander mense. VroeŽr skryf Sagaria ook dat Jesus die tempel sal kom bou, en geen mens sal die voorreg hÍ nie: en sÍ vir hom dit: So spreek die HERE van die leŽrskare: Kyk, daar kom Ďn Man wie se Naam is Spruit, en Hy sal uit sy plek uitspruit, en Hy sal die tempel van die HERE bou. Ja, Hy sal die tempel van die HERE bou, en Hy sal majesteit verkry en sit en heers op sy troon; ook sal Hy Ďn priester wees op sy troon, en die raad van vrede sal tussen hulle twee bestaan. (Sag 6:12-13).

                  Indien ek ooit Jerusalem toe sal gaan in die vlees, sal my motiewe verseker anders wees as joune, maar ek het geen behoefte huidiglik daarvoor nie.
                  Shama - A primitive root; to hear intelligently (often with implication of attention, obedience, etc.; causatively to tell, etc.): - X attentively, call (gather) together, X carefully, X certainly, consent, consider, be content, declare, X diligently, discern, give ear, (cause to, let, make to) hear (-ken, tell), X indeed, listen, make (a) noise, (be) obedient, obey, perceive, (make a) proclaim (-ation), publish, regard, report, shew (forth), (make a) sound, X surely, tell, understand, whosoever [heareth], witness

                  Comment


                  • #10
                    Re: Uitnodiging

                    Ek moet sÍ ek vind van die reaksies op hierdie draad verblydend. Ek self sal graag nog eendag wil sien hoe lyk Israel, maar nie veel meer as wat ek die Gisa piramides, die Australiese great barrier see-rif, of die Engel-watervalle in Suid Amerika wil sien nie. Dit is nie vir my nodig om een of ander Mekka-agtige, geestelike reis te onderneem ter sonde-virgifnis of ander redes nie, bloot omrede Jesus se kinders, anders as ander gelowe, bloot daarvoor hoef te vra.

                    Aan die ander kant sien mens duidelik dat 'n ongesonde fokus op Israel en die jode lei daartoe dat 'n persoon totaal fokus kan verloor vir die eintlike Rede vir ons verlossing : Jesus Christus en Sy Kruisdood. 'n Kind van Christus hoef nie Israel toe te gaan om sy of haar liefde vir Hom te bewys op een of ander vreemde manier nie, en om so iets te beweer of te glo wys op 'n totale misverstaan en, selfs erger, miskenning van die suiwer CHRISTUS-gesentreerde evangelie-boodskap.


                    Die kort van die lank is dit : met Jesus in jou hart en die Bybel in jou hand, is dit nie nodig om Írens heen te gaan nie, want jy is klaar waar jy moet wees.

                    Comment


                    • #11
                      Re: Uitnodiging

                      Originally posted by Louwrens Erasmus View Post
                      Gelukkig sal ek nie hoef op te gaan nie, want ek sal klaar in Jerusalem wees. Jy moet net soos jy sÍ die hele gedeelte lees. Net voor jou gedeelte staan daar:En in diť dag sal daar geen lig wees nie, die sterre sal duister wees. En dit sal ‘n enige dag wees wat aan die HERE bekend is—geen dag en geen nag nie; maar teen die aand sal dit lig word. Sag 14 6-7. So dit sal eers gebeur na Jesus se wederkoms, in die duisendjarige vrederyk, nie nou al nie. Daai dag wat hiervan gepraat word het sekerlik nog nie gekom nie, of ek het dit gemis saam met baie ander mense. VroeŽr skryf Sagaria ook dat Jesus die tempel sal kom bou, en geen mens sal die voorreg hÍ nie: en sÍ vir hom dit: So spreek die HERE van die leŽrskare: Kyk, daar kom ‘n Man wie se Naam is Spruit, en Hy sal uit sy plek uitspruit, en Hy sal die tempel van die HERE bou. Ja, Hy sal die tempel van die HERE bou, en Hy sal majesteit verkry en sit en heers op sy troon; ook sal Hy ‘n priester wees op sy troon, en die raad van vrede sal tussen hulle twee bestaan. (Sag 6:12-13). Indien ek ooit Jerusalem toe sal gaan in die vlees, sal my motiewe verseker anders wees as joune, maar ek het geen behoefte huidiglik daarvoor nie.
                      As jy nie nou al die begeerte het om daar te wees nie, dan weet ek nie as jy eendag daar is.....of jy wel daar sal WIL wees nie? Die hartseer vandag is dat die skepping 'n groter wederkoms verwagting as christinne het. (Ag....en noudat ek dit lees, hierdie is sommer 'n antwoord op ou Fila se kommentaar ook. Nou verstaan ek die onkunde.)

                      Romeine 8:22
                      "Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe."

                      Die Psalm digter roep uit:

                      Psalm 122:2
                      "Ons voete staan in jou poorte, o Jerusalem!"

                      Vandag se kerk:

                      Jeremia 15:5
                      "
                      Want wie sal jou bejammer, o Jerusalem? Of wie sal met jou medelyde hÍ? Of wie sal uitdraai om na jou welstand te vra?"

                      Mag ek Jerusalem nooit vergeet nie:

                      Psalm 137:5
                      "
                      As ek jou vergeet, o Jerusalem, laat my regterhand dan homself vergeet!"

                      God het nie Sy stad vergeet nie:

                      http://nuggetnetreview.com/m-gods-name-in-jerusalem.htm

                      Comment


                      • #12
                        Re: Uitnodiging

                        Originally posted by Johnny View Post
                        Dit is vir my voorwaar skokkend wat die reaksie op die uitnodiging is.....wel darem nou nie almal se reaksie nie. !
                        Johnny,

                        Om hieroor te verskil sal slegs skokkend wees as dit Jesus se Godheid en die kruis se krag wegneem. Jy is geregtig om dinge te sien soos jy wel doen en net seker te maak, dit verydel nie Jesus en Hom as gekruisigde nie. Die reaksies wat jy moontlik as negatief mag ervaar, glo ek bring verantwoordelikheid na die tafel en is nodig, om met die regte perspektief hierna te kyk.

                        As ek dit reg het, het Jesus gesÍ dat die Sy volgelinge moet uitgaan na die wÍreld en nie dat die wÍreld Jerusalem toe moet kom nie. Tog is daar niks fout daarin om Jerusalem te besoek nie... En Hy het vir hulle gesÍ: Gaan die hele wÍreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.
                        (Mar 16:15)
                        The Rapture

                        My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
                        but I must confess, donít worry
                        the rapture is not before the Great Tribulation
                        itís before Godís wrath!!!

                        Because His wrath is not meant for you
                        itís for all the people in the zoo
                        think about it and refreshÖ
                        you will see thereís no way out of here, in the flesh

                        If you really believe, you will see
                        the rapture is for you and me
                        when we decide to leave from here
                        that very day, oh! God adhereÖ


                        Comment


                        • #13
                          Re: Uitnodiging

                          Originally posted by CFJ View Post
                          Johnny,

                          Om hieroor te verskil sal slegs skokkend wees as dit Jesus se Godheid en die kruis se krag wegneem. Jy is geregtig om dinge te sien soos jy wel doen en net seker te maak, dit verydel nie Jesus en Hom as gekruisigde nie. Die reaksies wat jy moontlik as negatief mag ervaar, glo ek bring verantwoordelikheid na die tafel en is nodig, om met die regte perspektief hierna te kyk.

                          As ek dit reg het, het Jesus gesÍ dat die Sy volgelinge moet uitgaan na die wÍreld en nie dat die wÍreld Jerusalem toe moet kom nie. Tog is daar niks fout daarin om Jerusalem te besoek nie... En Hy het vir hulle gesÍ: Gaan die hele wÍreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.
                          (Mar 16:15)
                          Hierdie draad was 'n uitnodiging vir iemand wat WIL gaan en nie vir die wat NIE wil gaan nie. Hoekom verander julle dit in 'n politieke debat? Dit was nie vir bespreking oor hoe jy of hy of sy voel oor om Israel toe te gaan nie. Gaan maak vir julle 'n draad oop en bespreek die "pro's" en "con's" daar asseblief, of sal ek weer namens julle die draad oopmaak sodat julle hom kan delete? Kan julle niks goeds te se het oor Israel of die Jode nie? Weereens.....hoekom bly julle my drade HIJACK tot julle voordeel.......en God se nadeel.......want julle raak die appel van Sy oog aan!!

                          Genesis 12:3 "En Ek sal seŽn diegene wat jou seŽn, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseŽn word."

                          Comment


                          • #14
                            Re: Uitnodiging

                            Originally posted by Johnny View Post
                            Weereens.....hoekom bly julle my drade HIJACK tot julle voordeel.......en God se nadeel.......want julle raak die appel van Sy oog aan!!

                            Jou skrywe is 'n perfekte voorbeeld van hoe mens fokus kan verloor Johnny. Om nie Israel toe te gaan nie is NIE tot God, of Sy kinders se nadeel nie. Om nie Mekka toe te gaan nie is wel tot nadeel vir 'n moslem volgens hulle geloof.

                            Hoe lyk dit vir my jy meng bietjie die twee gelowe deurmekaar ?

                            Comment


                            • #15
                              Re: Uitnodiging

                              Originally posted by Die Filadelfieer View Post
                              Jou skrywe is 'n perfekte voorbeeld van hoe mens fokus kan verloor Johnny. Om nie Israel toe te gaan nie is NIE tot God, of Sy kinders se nadeel nie. Om nie Mekka toe te gaan nie is wel tot nadeel vir 'n moslem volgens hulle geloof.

                              Hoe lyk dit vir my jy meng bietjie die twee gelowe deurmekaar ?
                              Ek moet bely.....ek sien jou eerder in Mekka as in Jerusalem. Sluit nou maar die draad. Ek dink ek het (een) (1) brandende hart gekry wat belangstel uit die +70 wat sover die draad besoek het. 'n Oorblyfsel........

                              Comment

                              Working...
                              X