Announcement

Collapse
No announcement yet.

Hoekom soveel antichriste?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Re: Hoekom soveel antichriste?

    Die RKK ontken tog nie die maagdelike geboorte nie, maar 'n klomp mense wat hulleself gereformeerd noem s hulle glo nie daarin nie:
    Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wreld uitgegaan. Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God; en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wreld.
    (1Jn 4:1-3)

    Comment

    • Re: Hoekom soveel antichriste?

      Ek wonder net.....

      Is dit na Jesus se opstanding of nie. Daar is baie wat glo dat die opstanding nie in die vlees is nie, maar slegs geestelik.

      Comment

      • Re: Hoekom soveel antichriste?

        Originally posted by HammerHead View Post
        Heilige Sabbat te onderhou soos Hy ons voorskryf om te doen in die bybel...

        Die wet van God is ook nie net van toepassing op die ou testament nie, Hy het Sy wet in klip geskryf vir altyd. Die bybel se ook Sy wet sal nooit verander word, of verbygaan nie, dit is altyd van toepassing.

        HH
        Asseblief onthou net :
        Onderhouding van die wet bewerk nie my redding nie

        Lees biki wat Paulus s in Romeine 7, ons is nie meer met die wet getroud nie
        Nou lewe ons uit genade..... Onderhouding van die sabbat, is nou vir my rus.... en nie om die wet, geskrewe in klip na te kom nie.
        Markus 2:27 En Hy s vir hulle: Die sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die sabbat nie.
        The LORD is my Miracle

        G_d was gracious He has shown favor

        Hope is a seed
        God plants in our hearts
        to remind us
        there are better things ahead.
        -Holley Gerth

        Comment

        • Re: Hoekom soveel antichriste?

          Originally posted by Ta-An View Post

          Hi Ta-An. Jy is reg. Dit bewerk nie ons redding nie.
          Maar dieselfde Paulus skryf ook:
          Rom 3:31 Maak ons dan die wet tot niet deur die geloof? Nee, stellig nie! Inteendeel, ons bevestig die wet.
          Hoe nou?

          En dieselfde Jesus wat ons almal hier wat ons so graag propageer ons SO lief het, daardie selfde Jesus s vir ons:Joh 14:15 As julle My liefhet, bewaar my gebooie.
          Nou is die vraag wat elkeen homself moet afvra:
          "Hoe lief is EK vir Jesus? Lief genoeg om Sy gebooie te onderhou soos HY my vra? Al 10 daarvan? Of net lief genoeg dat ek Hom wil dien op MY eie terme? Hoe dit vir MY gemaklik is? Hoe dit MY pas?"

          Wie bepaal hoe daar gedien moet word? Die Skepper of die skepping? In ons verhouding met God, moet ons MEER word en Hy minder? Of moet EK minder word en Hy meer?
          Hoe erken ons outoriteit in ons lewens? Deur gehoorsaamheid aan daardie outoriteit, is dit nie? Het jy kinders Ta-An? Verwag jy gehoorsaamheid van hulle? Wil jy graag h jou kinders moet die reels wat jy het gehoorsaam omdat hul bang is vir jou? Of omdat hul dit uit liefde en respek vir jou doen omdat hul jou as hul Ma erken, as die moederlike outoriteit in hul lewe?

          Selfde hier...... Is ons kinders van God?

          2Ti 3:1-2 Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig,
          "Die EIE EK" is dalk die ding wat ons moet begin begrawe......

          Comment

          • Re: Hoekom soveel antichriste?

            Originally posted by Son of the South View Post
            Die RKK ontken tog nie die maagdelike geboorte nie, maar 'n klomp mense wat hulleself gereformeerd noem s hulle glo nie daarin nie:
            Dis hartseer wat jy s SoS, maar dis ongelukkig waar wat jy s. Maar onthou, die vals profeet is vervalle protestantisme.....

            Comment

            • Re: Hoekom soveel antichriste?

              Originally posted by Kalahari View Post
              Ek wonder net.....

              Is dit na Jesus se opstanding of nie. Daar is baie wat glo dat die opstanding nie in die vlees is nie, maar slegs geestelik.
              Sakkie Spannenberg en sy kaders is groot op die een. So ook Tutu. Thomas was destyds ook. Tot Jesus vir hom ges het hy kan kom voel... Daar's niks geestelik in om jou vingers in gate in te druk nie..dis Fisies.

              Comment

              • Re: Hoekom soveel antichriste?

                Originally posted by Ben Cronje View Post

                ....en met so 'n fisiese liggaam loop mens deur 'n toe deur Johannes 20:26 En agt dae daarna was sy dissipels weer binne, en Thomas saam met hulle. En Jesus het gekom terwyl die deure gesluit was, en het in hul midde gestaan en ges: Vrede vir julle!
                The LORD is my Miracle

                G_d was gracious He has shown favor

                Hope is a seed
                God plants in our hearts
                to remind us
                there are better things ahead.
                -Holley Gerth

                Comment

                • Re: Hoekom soveel antichriste?

                  Originally posted by Ta-An View Post
                  ....en met so 'n fisiese liggaam loop mens deur 'n toe deur Johannes 20:26 En agt dae daarna was sy dissipels weer binne, en Thomas saam met hulle. En Jesus het gekom terwyl die deure gesluit was, en het in hul midde gestaan en ges: Vrede vir julle!
                  Nee. Maar met 'n fissiese, verheerlikte liggaam wel. Onthou, Jesus se graf was......... leeg!

                  Comment

                  • Re: Hoekom soveel antichriste?

                    Originally posted by Ben Cronje View Post
                    Nee. Maar met 'n fissiese, verheerlikte liggaam wel. Onthou, Jesus se graf was......... leeg!
                    En nou de-rail ek die draad met die vraag : Wat van mense wat ver-as word
                    The LORD is my Miracle

                    G_d was gracious He has shown favor

                    Hope is a seed
                    God plants in our hearts
                    to remind us
                    there are better things ahead.
                    -Holley Gerth

                    Comment

                    • Re: Hoekom soveel antichriste?

                      Originally posted by Ben Cronje View Post

                      En dieselfde Jesus wat ons almal hier wat ons so graag propageer ons SO lief het, daardie selfde Jesus s vir ons:Joh 14:15 As julle My liefhet, bewaar my gebooie.
                      Hoe nou?
                      Wat is Jesus se gebooie?? Sekerlik is dit opgeteken

                      Markus 12:29 En Jesus antwoord hom: Die eerste van al die gebooie is: Hoor, Israel, die Here, onse God, is 'n enige Here;

                      30 en jy moet die Here jou God liefh uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod.

                      31 En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefh soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as di nie.

                      The LORD is my Miracle

                      G_d was gracious He has shown favor

                      Hope is a seed
                      God plants in our hearts
                      to remind us
                      there are better things ahead.
                      -Holley Gerth

                      Comment

                      • Re: Hoekom soveel antichriste?

                        Originally posted by Ben Cronje View Post
                        Nee. Maar met 'n fissiese, verheerlikte liggaam wel. Onthou, Jesus se graf was......... leeg!
                        Hy is nounog leeg. Was al 5 keer daar...en elke keer is hy leeg.

                        Comment

                        • Re: Hoekom soveel antichriste?

                          Daar's niks geestelik in om jou vingers in gate in te druk nie..dis Fisies.
                          Akskuus! Het Jesus 'n fout gemaak om vir die ongelowige Thomas te laat glo deur sy vingers in Jesus se wonde te steek? Hierdie dui vir my op 'n BAIE geestelike ervaring vir Thomas en nie net 'n fiesiese een nie.

                          Joh 20:27 Daarna s Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier, en kyk na my hande; en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig.
                          Joh 20:28 En Thomas antwoord en s vir Hom: My Here en my God!
                          Joh 20:29 Jesus s vir hom: Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het.

                          Comment

                          • Re: Hoekom soveel antichriste?

                            Originally posted by Ta-An View Post
                            En nou de-rail ek die draad met die vraag : Wat van mense wat ver-as word
                            ....of mense wat op see gesterf het of deur krokodille opgeeet is of .... Maak 'n draad oop vir hom, dan bespreek ons dit daar.

                            Originally posted by Ta-An View Post
                            Wat is Jesus se gebooie?? Sekerlik is dit opgeteken

                            Markus 12:29 En Jesus antwoord hom: Die eerste van al die gebooie is: Hoor, Israel, die Here, onse God, is 'n enige Here;

                            30 en jy moet die Here jou God liefh uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod.

                            31 En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefh soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as di nie.

                            Jy moet die Here jou God liefh = Die eerste 4 Gebooie
                            Jy moet jou naaste liefh soos jouself = die laaste 6 gebooie.
                            Hierdie is 'n 2-sin opsomming van die 10 gebooie. Gaan kyk biedjie. . So Markus 12:29 BEVESTIG en ondersteun Joh 14:15. .

                            Comment

                            • Re: Hoekom soveel antichriste?

                              Originally posted by Ben Cronje View Post
                              ....of mense wat op see gesterf het of deur krokodille opgeeet is of .... Maak 'n draad oop vir hom, dan bespreek ons dit daar.

                              Reg so, hier is dit

                              Jy moet die Here jou God liefh = Die eerste 4 Gebooie
                              Jy moet jou naaste liefh soos jouself = die laaste 6 gebooie.
                              Hierdie is 'n 2-sin opsomming van die 10 gebooie. Gaan kyk biedjie. . So Markus 12:29 BEVESTIG en ondersteun Joh 14:15. .

                              Johannes 9:14 En dit was sabbat toe Jesus die klei gemaak en sy o geopen het.
                              15 Die Farisers vra hom toe weer hoe hy siende geword het. En hy antwoord hulle: Hy het klei op my o gesit, en ek het my gewas en ek sien.
                              16 En sommige van die Farisers s: Hierdie man kom nie van God nie, omdat Hy die sabbat nie hou nie. Ander s: Hoe kan 'n sondige mens sulke tekens doen? En daar was verdeeldheid onder hulle.

                              Johannes 5:18 Hieroor het die Jode toe nog meer probeer om Hom dood te maak, omdat Hy nie alleen die sabbat gebreek het nie,,,,,,,,,,
                              The LORD is my Miracle

                              G_d was gracious He has shown favor

                              Hope is a seed
                              God plants in our hearts
                              to remind us
                              there are better things ahead.
                              -Holley Gerth

                              Comment

                              • Re: Hoekom soveel antichriste?

                                Originally posted by Ben Cronje View Post
                                Maar onthou, die vals profeet is vervalle protestantisme.....
                                Waaraan weet ons nou weer dat die vervalle protestantisme = vals profeet? Ek dink ek stem saam, maar ek kan nie meer onthou hoe daar by di gevolgtrekking gearriveer is nie, want die draad het al 'n paar lang esse gegooi.

                                Comment

                                Working...
                                X