Announcement

Collapse
No announcement yet.

Hoekom soveel antichriste?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Hoekom soveel antichriste?

    Hallo julle.

    Ek is steeds vars op hierdie forum, en wat my opgeval het was toe ek antichrist in die soek enjin op die webwerf intik. Dit krioel van die antichriste!!!! Van Obama, Matrya reg deur tot Islam! EEN Bybel en legio Antichriste. Dit dui vir my net op een ding! Ons is besig om te verdwaal in ons eie detail en teori. Dis asof mens in hierdie doolhof is en al wat mens om mens sien is gange en deure en verdwaal. En as mens verdwaal, moet mens terug gaan na die begin toe, is dit nie? Mens moet ast ware opgelig word uit die doolhof uit sodat mens van bo af na die ding kan kyk in geheel beeld en jou pad daaruit vind. Hoe doen ons die geheel-beeld?

    Daar is twee stappe:

    1) Gaan kyk wat s die Bybel.
    2) Gaan kyk wat is die leerskole van Profesie vandag.

    Openbaring is n wonderlike boek, een wat aanvanklik selfs vir Martin Luther verward gehad het. Tot hy Daniel ontdek" het; die sleutel tot Openbaring. En dis baie belangrik om albei die twee altyd langs mekaar te hou wanneer mens die spulletjie benader.
    J. Maar ek is seker dit is geen nuwe nuus vir meeste van julle nie.

    So al ken meeste van julle baie van die dinge, is dit miskien goed om net weer hierdie pad te stap saam met my......Die doel van hierdie draad is dus om net weer diep asem te haal om weer perspektief te kry.

    Punt 1:Wat s die Bybel oor die Antichris:

    Sy naam:

    Antichris(1Joh 2:18; 2:22, 4:3; 2Joh 1:7);
    Mens van sonde (2 The 2:3);
    Klein Horinkie (Dan 7:8).
    Dier uit die see (Open 13:1)
    Vrou op Skarlaken rooi dier (Open 17:3)

    Kenmerke
    Klein Horinkie
    (Daniel 7)
    Mens van sonde
    (2 Thes 2)
    Dier uit die see
    (Open. 13)
    Vrou op Dier
    (Open. 17)
    Oorsprong
    Groei uit die kop uit van die VIERDE DIER (Rome)(7:8; 7:20) Reeds aan die werk in Paulus (2 Thes 2:7) en Johannes (1 Joh 4:3) se tyd, maar kom tot prominensie nadat hy wat te hou, verwyder is (2 Thes 2:6) Kom uit die see en wat is see in profesie? Rev 17:15 En hy s vir my: Die waters wat jy gesien het, waar die hoer op sit, is volke en menigtes en nasies en tale.) Verreis uit n plek met 7 berge ( (Rome is op 7 berge gebou) en regeer oor baie waters (7:1; 7:15) i.e. Die waters wat jy gesien het, waar die hoer op sit, is volke en menigtes en nasies en tale.
    En die vrou wat jy gesien het, is die groot stad wat heerskappy voer oor die konings van die aarde.(17:18)
    Begin
    Kom uit TUSSEN die 10 horings, maar nadat die 10 horings reeds daar was. (7:8; 7:20) (Onthou: die val van Romeinse Reik het tot 10 koninkrtyke gelei). So, Verreis Net na die val van Romeinse Reik!! Word geopenbaar eers nadat dit wat hom te hou, verwyder is (2 Thes 2:3). Die ou Kerkvaders was dit eens: Die Romeinse reik het hom tee gehou. en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag (13:2) Vrou tussen 10 horings, wat haar eventueel sal haat (17:3; 17:16)
    Religio-politieke
    Kerk-Staat
    Mag
    Mag se gestalte is groter as die voriges, En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander, en hulle sal in sy hand oorgegee word gedurende n tyd en tye en die helfte van n tyd. Dan 7:25
    Politieke karakter word nie genoem nie, maar verhef himself bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.
    So word aanbid/verwag om aanbid te word.
    Konglomeraat van Daniel se diere,wat koningkryke is, dra krone en verwag en ontvang aanbidding
    En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en ges: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?(13:4)
    En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie.(13:8)
    Die hoer /vrou is n afvallige kerk. Die dier is n Mag van die staat, n koninkryk. So hier het ons n Kerk-Staat Mag wat n priester-koning heerser het. Ken jy een?
    Gods lasterlik
    Verwaantheid
    in hierdie horing was o soos mens-o, en n mond wat groot dinge spreek. (7:8)
    En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandle (7:25)
    die testander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is. (2:4) En n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek (13:5).
    En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster. (13:6)
    it is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie.(13:7)
    en ek het n vrou sien sit op n skarlakenrooi dier, vol godslasterlike name (17:3)
    Tyd van Mag
    en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hulle sal in sy hand oorgegee word gedurende n tyd en tye en die helfte van n tyd.(7:25)
    Dus: 1260 profetiese dae
    ---
    en aan hom is mag gegee om dit twee en veertig maande lank te doen. (13:5)
    ---
    Oorlog teen Gos se mense
    Ek het gesien dat hierdie horing oorlog voer met die heiliges en hulle oorwin, (7:21)
    en die heiliges van die Allerhoogste mishandle (7:25)
    ---
    Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie.(13:7) En ek het die vrou (afvallige Kerk) gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus (17:6).
    Dodelike wond
    -
    -
    En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.(13:3)
    waarvan die dodelike wond genees is.
    (13:12)
    vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het.(13:14)
    -
    Verwag godelike aanbidding
    En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander, en hulle sal in sy hand oorgegee word die testander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is. and they worshipped the beast(13:4)
    En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie
    en die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar hoerery. (17:2)
    Sy Einde
    Maar die gereg sal sit, en hulle sal hom die heerskappy ontneem om dit vir goed te verdelg en te vernietig. (7:26) deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,
    (2:8)
    v 19:20 En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy hlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand. Rev 18:8 daarom sal haar plae op een dag kom: dood en droefheid en honger; en met vuur sal sy verbrand word, want sterk is die Here God wat haar oordeel.

    So, ons kan soort van n tick-lys maak van die Antichris:

    Hy verreis wanneer Rome opbreek (uit die 4de Dier uit)(Dan 7:7-8, 20). (Dit is inharmonie met Paulus (2 Thes 2:7) en Johannes (1 Joh 4:3) wat bevestig dat die gees van antichrist reeds teenwoordig is in hul tyd, maar nog te gehou worddeur n Rome wat nog moet opbreek (2 Thes 2:6)).
    Hy verreis tussen die 10 horings (Dan 7:8)(Dan17:3;16)). So dit is nEUROPESE Mag..
    Hy verreis nadat die 10 horings reeds daar is (na 476 AD toe Rome opgebreek het)(Dan 7:24).
    Hy is anders as die ander (Dan 7:24).
    Hy is van gestalte groter as die ander (Dan 7:20)
    Hy ontwortel en vernietig 3 koningkryke (Dan 7:8; 7:20).
    Hy verhef homself na waar God is (Dan 7:8; 7:25). Hy vervang Godelike voorskrifte met menslike voorskrifte,en hy karteer die pad hemel toe deur mense, nie Jesus Christus nie).
    Hy word dus aanbid (2 Thes 2:4)(Open 13:4, 12)(Open 17:2). n Kerk-komponent!
    Voer oorlog teen God se volgelinge en mishandle hulle(Dan7:21,25)(Open 17:6). Dus, n vervolgings mag.
    Verander tye en wette (Dan7:25). Watter tye en wette is vir God belangrik? Sy tye en wette!! Nie mense sn nie.
    Die gelowiges word aan hom oorgegee vir 1260 profetiese dae.(Dan 7:25)
    Hy sal die hele aarde verslind (Dan7:23) en oor hom regeer (Open 17:1, 2, 15, 18),en Heers vanaf n stad met sewe berge (Open 17:9, 18). n Politieke komponent!
    Bestaan tot en met Wederkoms (Dan7:22).
    Sy heerskappy sal weg geneem word deur Jesus self met Sy wederkoms (Dan7:26).
    Nou kan ons al hierdie antichriste soos Obama et.al hieraan gaan meet. Byvoorbeeld; vervolg Obama Christene, word hy aanbid, was hy al teenwoordig in Paulus en Johannes se tyd, bly hy in Europa,is Washington op sewe berge gebou??? NEE. So ontspan, hy is nie die antichrist NIE! En so kan mens maar deur die lysie van potensiele kanidate gaan....

    Ons hierso is almal protestante uit die reformasie-stal, neem ek aan. So kom ons gaan terug na ons wortels toe en kyk wat het die kerkvaders hieroor te s gehad.Want sedert die reformasie het ons protestante nie net in ons eie detail verdwaal nie, maar ook as gevolg van politieke korrekheid en kompromie baie vr van die waarheid af weg gedwaal!

    The Reformation of the sixteenth century, which gave birth to Protestantism, was based on Scripture. It
    gave back to the world the Bible. It taught the Scriptures; it exposed the errors and corruptions of Rome by
    the use of the sword of the Spirit. It applied THE PROPHECIES, and accepted their practical guidance.
    Such Reformation work requires to be done afresh. We have suffered prophetic anti-papal truth to be too
    much forgotten.This generation is dangerously latitudinarian indifferent to truth and error on points on
    which Scripture is tremendously decided and absolutely clear. Romanism and the reformation. H. Grattan Guiness. 1887.

    "Oh Christ, my Lord, look down upon us and bring upon us thy day of judgment, and destroy the brood of Satan in Rome. There sits the Man, of whom the apostle Paul wrote (2 THESSALONIANS 2:3-4)that he will oppose and exalt himself above all that is called God - that man of Sin, that Son of Perdition. What else is papal power but sin and corruption? It leads souls to destruction under thine own name, O Lord!....The papal see is practicing iniquity to its heights. He suppresses the Law of God and exalts his commandments above the commandments of God."-- Dr. MartinLuther's smmtliche Werke.Vol 21, p339.

    "I deny him to be the vicar of Christ, who,infuriously persecuting the gospel, demonstrates by his conduct that he is the Antichrist - I deny him to be the successor of Peter... I deny him to be the head of the church." (Calvin, 'Tracts', Vol.1, pp.219-220).


    A Great Cloud of Witnesses:"Wycliffe, Tyndale, Luther, Calvin, Cranmer; in the seventeenth century,Bunyan, the translators of the King James Bible and the men who published the Westminster and Baptist confessions of Faith; Sir Isaac Newton, Wesley,Whitfield, Jonathan Edwards; and more recently Spurgeon, Bishop J.C. Ryle and Dr. Martin Lloyd-Jones; these men among countless others, all saw the office ofthe Papacy as the antichrist." Taken from All Roads Lead to Rome, by Michael de Semlyen. Dorchestor House Publications, p. 205. 1991.
    Of hulle was almal verkeerd, en is verniet dood gemartel en verbrand, of hulle was reg en 95% van die Protestante vandag glo nie meer wat die Reformeerders gepreek het nie! Hoekom nie? Rome was glad nie gelukkig om uitgewys te word nie. Die Jesuitiese orde is gestig met die uitsluitlike doel om die reformasie tee te werk en ook hul uitwysing as Antichris tee te werk. Hoe het hulle dit gedoen? Deur twee Jesuite by name De Alcazar en Ribera wat met twee doctrines vorendag gekom het: Preterisme en Futurisme. Dit bring ons by punt 2:

    Wat isPreterisme en Futirisme?

    Preterisme: RC Sproul deffinieer dit as An eschatological viewpoint that places many or all eschatological events in the past, especially during the destruction of Jerusalem in AD 70. (R C Sproul, The Last Days according toJesus, p 228). nSoeke op die wys dit is begin deur n Rooms Katolieke Jesuiet by name Luis De Alcazar (1554-1613) en nog een van sy medewerkers. In Preterisme is die antichris dan ook uit gewys as n Griek by name Antiochus Epiphanes terwyl nog n groep in hierdie groep s dit was Keizer Nero.





    Futerisme is begin deur Francisco Ribera (1537-1591). Hy was a Jesuiet doktor in teologie, ook gebore in Spanje. Hyt n boek geskryf by name: InSacrum Beati Ioannis Apostoli, & Evangelistiae Apocalypsin Commentarij,gepubliseer in omtrent 1590. Hierin het hy voorgestel dat die eerste paar hoofstukke van die Apocalypse toegepas moet word op die ou Romynse Ryk, en die ander helfte plaas hy in 7 letterlike jare aan die einde in die eindtyd,oomblike voor die wederkoms. Verder het hy dan ook ges dat, gedurende hierdie tyd sal die Rooms Katolieke Kerk wegval van die pous af in apostasy. Verder het hy dan ges die antichris , n enkele individuele persoon, sal Jesus se volgers vervolg en belaster, Die tempel in Jerusalem herbou, Die Christelike gehoof verban, Jesus Christus ontken, Met ope arms deur die Jode ontvang word, Voorgee hy is God, God se twee getuies doodmaak en oor die wereld heers.


    Klink dit bekend??


    So hierdie is wat die internet s De Alcazar en Ribera s.
    En dit is wat 90% van die Protestante kerke skielik vandag ook s!

    Wat s jy?

  • #2
    Re: Hoekom soveel antichriste?

    Baie interesante pos Ben, al stem ek nie noodwendig saam met alles nie.

    Comment


    • #3
      Re: Hoekom soveel antichriste?

      Ons sal eers werklik weet tydens die 2de helfte van die 7 jaar verdrukking wie of "wat" hy is wanneer hy geopenbaar gaan word. Hopelik is ek nie meer hier nie.

      Comment


      • #4
        Re: Hoekom soveel antichriste?

        Ben, het jy al The two Babylons van Alexander Hislop gelees ?
        'n Aanlyn weergawe kan hier gevind word. Dit het redelik betrekking op die studie wat jy gedoen het.

        Comment


        • #5
          Re: Hoekom soveel antichriste?

          Nee Filadelfieer, ek het nog nie daardie boek gelees nie. Sal vir seker daarna gaan kyk. Net vir interessantheid, waarmee stem jy nie alles saam nie?
          Die hoof rede hoekom ek hierdie geplaas het, is juis om 'n lekker gesprek hieroor aan die gang te sit. Die futerisme-siening van die eindtyd antichris (waarvan ek self 'n groot dissipel was) het net eenvoudig vir my teen te veel bybelverse doodgeloop. Dit het my "navorsing" aan die gang gesit......
          Johnny, met respek bedoel, almal kyk vas in die 7 letterlike jare van "Futerisme". Maar 'n profetiese dag is een werklike jaar lank.

          Eze 4:6 En as jy met hierdie dae klaar is, moet jy, vir die tweede keer, op jou regterkant gaan l en die ongeregtigheid van die huis van Juda dra, veertig dae lank: vir elke jaar l Ek jou een dag op.
          Num 14:34 Volgens die getal dae dat julle die land verken het, veertig dae, vir elke dag een jaar, moet julle jul ongeregtighede dra, veertig jaar lank, en my testand gewaar word.


          1260 dae is dan 1260 jaar. Wat in harmonie is met Paulus en Johannes wat genoem het dat hy daar was in hul tyd en sal wees tot die wederkoms. Paulus en Johannes gee dus die ekstreme, en Daniel en openbaring gee die tyd tussen-in.

          Comment


          • #6
            Re: Hoekom soveel antichriste?

            ....en hy is ge-openbaar. Die reformasie het hom geopenbaar. en toe is die sluier weer oor hom gegooi. en dit is ook in harmonie met Saggaria 5:

            Zec 5:6 Toe s ek: Wat beteken dit? En hy antwoord: Dit is die efa wat te voorskyn kom. Verder het hy ges: So lyk hulle in die ganse land.
            Zec 5:7 En meteens word daar ‘n looddeksel opgelig, en daar was ‘n vrou wat binne-in die efa sit.
            Zec 5:8 En hy s: Dit is die goddeloosheid. En hy het haar binne-in die efa teruggewerp en die looddeksel op die opening daarvan gegooi.

            Comment


            • #7
              Re: Hoekom soveel antichriste?

              Ek moet nog so bietjie herkou aan hierdie idee Ben. Soos ek dit verstaan gaan daar 'n "vals profeet" wees wat voorbrand gaan maak vir die koms van die Antichris, met die openbaring van die Antichris as 'n kulminasie van 'n klomp gebeure. Ek is nie seker hoe dit inpas by jou teorie nie. Verstaan egter dat my kop soms bietjie raas. Ek vermoed byvoorbeeld, aan die hand van tekste soos Daniel 2:43 dat die Antichris moontlik nie heeltemal mens op 'n genetiese vlak gaan wees nie.

              Wat ek wel van seker is, is die boosheid van die RKK. As jy Hislop se boek lees sal jy sien waar die kerk en sy strukture eintlik vanaf kom. Die sekondre titel van die boek is nie verniet The Papal Worship Proved to be the Worship of Nimrod and His Wife nie.
              Daar is ook 'n redelike sterk beweging wat reken dat die Nikolaete, wat God baie reguit s Hy haat ( Op 2:6) op meer as een manier gekoppel kan word aan die RKK, veral met betrekking tot die struktuur van die kerk.

              Comment


              • #8
                Re: Hoekom soveel antichriste?

                Originally posted by Die Filadelfieer View Post
                Ek moet nog so bietjie herkou aan hierdie idee Ben. Soos ek dit verstaan gaan daar 'n "vals profeet" wees wat voorbrand gaan maak vir die koms van die Antichris, met die openbaring van die Antichris as 'n kulminasie van 'n klomp gebeure. Ek is nie seker hoe dit inpas by jou teorie nie. Verstaan egter dat my kop soms bietjie raas. Ek vermoed byvoorbeeld, aan die hand van tekste soos Daniel 2:43 dat die Antichris moontlik nie heeltemal mens op 'n genetiese vlak gaan wees nie.

                Wat ek wel van seker is, is die boosheid van die RKK. As jy Hislop se boek lees sal jy sien waar die kerk en sy strukture eintlik vanaf kom. Die sekondre titel van die boek is nie verniet The Papal Worship Proved to be the Worship of Nimrod and His Wife nie.
                Daar is ook 'n redelike sterk beweging wat reken dat die Nikolaete, wat God baie reguit s Hy haat ( Op 2:6) op meer as een manier gekoppel kan word aan die RKK, veral met betrekking tot die struktuur van die kerk.
                Die valse profeet gaan die pous wees wat dan aan bewind is in die Vatican soos ons dit verstaan......tydens die 7 jaar verdrukking.

                Comment


                • #9
                  Re: Hoekom soveel antichriste?

                  Hi Filadelfieer. Die naam wat jy gekies het op hierdie forum beteken ongelooflik baie. .

                  Ek moet nog so bietjie herkou aan hierdie idee Ben.
                  Jou opregte antwoord hierso dui daarop dat jy ook altyd oop is vir oortuiging, mits dit ABSOLUUT in harmonie is met die Bybel. Jy kon as alternatief hier weg getrek het met "guns blazing"...
                  Dis, my persoonlike opinie, 'n geseende plek om in te wees. Ons almal is mense, en eie aan mens, het ons elkeen ons dinge waaraan ons lankal glo, en dis makliker om dit te verdedig as om oop te maak. Maar oop maak beteken natuurlik om die nuwe moontlikheid dadelik terug te vat na God se Woord toe, en dit daaraan te gaan meet.

                  Soos ek dit verstaan gaan daar 'n "vals profeet" wees wat voorbrand gaan maak vir die koms van die Antichris, met die openbaring van die Antichris as 'n kulminasie van 'n klomp gebeure. Ek is nie seker hoe dit inpas by jou teorie nie. Verstaan egter dat my kop soms bietjie raas. Ek vermoed byvoorbeeld, aan die hand van tekste soos Daniel 2:43 dat die Antichris moontlik nie heeltemal mens op 'n genetiese vlak gaan wees nie.
                  Nee, jou kop raas vir seker nie! .

                  Dan 2:43 Dat u die yster gemeng met kleigrond gesien het—hulle sal deur menslike gemeenskap onder mekaar vermeng raak, maar hulle sal nie aanmekaar vasklewe nie, net soos yster nie met klei meng nie.
                  Dis die tien tone. Baie goeie vraag wat jy vra. Kom ons kyk daarna na die hand van geskiedenis. Daniel 2 verduidelik wat die 10 koningkryke was. Die kop van die beeld was die Babiloniese ryk (Dan 2:38)(het regeer tussen 605-539 BC) . Geskiedenis wys die Mede en Perse het die Babiloniese ryk vernietig (Dan5:28). Hulle is dus die bors en twee arms. Onthou, eers was die Mede sterk, toe die Perse. Twee arms. (Hulle het regeer tussen 539-331 BC)Die derde ryk was die Grieke met Alexander die Grote(sien ook Dan 8:24). Hy't regeer tussen 331-168 BC . Die Vierde ryk was die Romeinse Reik. Toe Rome opgebreek het, het hul opgebreek in 10 koningkryke:
                  Die Alamani (vandag die Duitsers)
                  Die Burgundians (vandag die Switzers)
                  Die Franks (vandag die Franse)
                  Die Lombards (vandag die Italianers)
                  Die Saxons (vandag die Britte)
                  Die Suevi (vandag die Portegese)
                  Die Visigoths (vandag die Spanjaarde)
                  Die Heruli, Die Vandale, en die Ostrogoths. Al drie hierdie het uitgesterf. As jy in die geskiedenis gaan kyk is hul uitgemoor deur.....Lande wat beheer was deur die Rooms Katolieke Kerk! Gaan ky na die ou geskiedenis boeke. Nie die nuwe herskryfde boeke nie.

                  Dan 7:8 Terwyl ek op die horings ag gee, kom daar ‘n ander horinkie tussen hulle op, en drie van die vorige horings is daarvoor ontwortel; en kyk, in hierdie horing was o soos mens-o, en ‘n mond wat groot dinge spreek.
                  Hierdie drie "koningkryke" (Die Heruli, Die Vandale, en die Ostrogoths)(Hulle is so uitgewis dat selfs hul geskrifte vernietig is! Wortel en tak!) was die drie horings. Die res van die horings is vandag nog hier. Maar klei en yster. Wat gebeur in Europa al van daardie tyd af? Konings van verskillende Europese lande trou onder mekaar in 'n poging om Europa te verenig. Kyk na al die sogenaamde "Holy Roman Empires" deur die geskiedenis. Maar yster en klei meng nie. Wat gebeur vandag in die Europese Unie??? Hul probeer yster en klei saamvoeg. Gaan dit werk??? Hoe is die enigste manier wat die Europese Unie kan "saamkom"? 'n Gemeenskaplike godsdiens. Wat is die Godsdiens? Rooms Katoliek. Wie is in beheer van die Europese bank ensomeer vandag. Dragi ens. Jesuits. In diens van die.....Rooms Katolieke kerk.

                  Rev 17:12 En die tien horings wat jy gesien het, is tien konings wat nog geen koningskap ontvang het nie, maar hulle ontvang mag soos konings een uur lank saam met die dier.
                  Rev 17:13 Hulle het een gesindheid en sal hulle krag en mag oorgee aan die dier.
                  Ongelukkig probeer ek nou te veel goed in te min kort sinne noem, dat dit half ongelooflik mag klink. Maar glo my..... Hier is slegs harmonie in met God se woord en na my wete GEEN teenstrydige verse nie. Anders as met Futerisme.....

                  Dis hoekom ek hoop hierdie draad lei tot groot gesprek...dan kan mens dit alles wys. En uitwys. Hierdie is nie my teorie nie. Hierdie is 'n waarheid onderskraag deur die eeue heen! Ek glo en propageer dit net nou. Toets dit.

                  Die valse profeet? Ons gaan dit vir seker bespreek. Onthou Johnny, in Openbaring 13 is die antichris VOOR die valse profeet daar!!!!!!!! Die dier kom uit die aarde uit NADAT die antichris reeds daar is. So met alle respek; hoe kan :

                  Die valse profeet gaan die pous wees wat dan aan bewind is in die Vatican soos ons dit verstaan......tydens die 7 jaar verdrukking.
                  Die RKK is al daar vir meer as 1800 jaar! As hul die valse profeet is, is dit nie in harmonie met Openbaring 13 nie.

                  Die valse profeet is die vervalle Protestantisme wat terug beweeg na Rome toe. Nou gaan jy dalk dink: ONMOONTLIK!!!!!!!!!
                  Ons gaan nog lekker kan gesels op hierdie draad... 'n "Teaser": Google "Billy Graham and Pope" en kyk wat kry jy. Billy Graham is 'n "protestant", let wel.
                  Protestante wat die Pous besing? Protestante het juis weg gebreek van die Pous af!!!!! En terwyl jy dit lees, dink hieraan:

                  Rev 13:11 En uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos ‘n lam en het gepraat soos ‘n draak.
                  Rev 13:12 En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy o, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is.
                  Protestante met horings soos 'n lam, maar besing die pous en verwys mense terug na die Rooms Katolieke kerk toe????? En dis nie net hy nie! Google al hierdie groot Evangeliste en pous saam en kyk wat jy kry.....
                  Meeste protestante is nou in Ekumenisme in. AL die kerke moet saam kom. Gaan google biedjie dit ook. Al die gelowe moet saam kom in een gelukkige familie met die ......Pous as hoof! Soos Santam, almal onder een sambreel.....
                  En God se opinie:
                  2Co 6:17 Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem;
                  Twee teenoorgestelde doktrines, is dit nie?

                  Comment


                  • #10
                    Re: Hoekom soveel antichriste?

                    Die yster en klei scenario speel homself nie net in europa af nie, maar wreldwyd. Die mens poog hard om mure tussen verskillende kulture en nasies af te breek. Ons sit nie net met 'n "reenboognasie" hier in SA nie, maar regoor die wreld. Vandag is dit groot sonde om te diskrimineer taan ander volk of ras, en die woord "apartheid" is 'n lelike skelwoord, alhoewel elke land homself probeer beskerm teen ander volke in die geheim, hulle dit streng afkeur in die openbaar. Dit is presies hoe julle s, hierdie yster en klei meng nie lekker nie. In 'n ideale Christelike omgewing kan ek sien dat Christus maklik hierdie yster en klei in harmonie kan laat saamwerk. Maar in die huidige wreld waar die Satan regeer is dit 'n resep vir groot tragedie.

                    Daar kan slegs volle eenheid wees as Christus die aarde verewig oorwin het.

                    Comment


                    • #11
                      Re: Hoekom soveel antichriste?

                      Hallo RR.
                      Dit is 'n geldige punt wat jy daar maak. Die yster en klei scenario speel homself wel wereldwyd af. Maar ons moet egter in die konteks van die profesiee self hierna kyk. En as ons dit doen, is daar 'n paar dinge wat ons nie uit die oog kan verloor nie, nl:
                      1) In Daniel 2 is die voete aan die bene van die beeld. En ons weet die bene van yster is die Romynse Ryk. Die voete eindig in 10 tone (konings)(Dan 2:44). En ons weet deur geskiedenis dat die Romeinse reik opgebreek het in kleiner koningkryke. Selfs al is daar debat oor presies wie die tien koningkryke is kan ons weet God sal kyk na die 10 wat vir Hom saakmaak in 'n groter bestel. Die feit bly egter staan dat Rome opgebreek het in 'n klomp kleiner koningkryke.
                      2) Daniel 7 skadu Daniel 2, maar met Diere. En die vierde dier is weereens...die Romeinse Reik. En hy het 10 horings gehad; 10 konings (Dan 7:24). En konings het koningkryke.

                      Die Romeinse ryk het op die Europese Kontinent regeer, en dus so ook die splinter-koningkryke. So yster en klei is in die grense van die profesie Europees!

                      Klei is ook swakker as yster. As mens gaan kyk na die geskiedenis van Europa was daar 'n klomp individue wat Europa probeer verenig het onder die faandel van die "Holy Roman Empire", met ander woorde onder die Rooms Katolieke kerk. van Charlamaine reg deur. Dit het hulle probeer deur oorlog en ondertrouery van die verskillende konings huise. Sterk en swak koningkryke saam onder een Faandel. En dit het nie gewerk nie. Hulle probeer nou weer met die Europese Unie!
                      En dit maak volgens profesie, glo ek, geweldig sin....

                      Comment


                      • #12
                        Re: Hoekom soveel antichriste?


                        RE die antichris is daar nog 'n paar dinge wat mens sterk ingedagte moet hou:

                        Die klein horinkie kom tussen die versplinterde koningkryke van die Romeinse Ryk in Europa op en hy werp 3 van die 10 konings neer (Dan 7:24). So die klein horinkie-antichris het tussen hulle opgekom (Europees) en om drie te kon neer werp, moes hy al reeds in hul tyd daar gewees het!!!!!! Hy kan dus NIE in die toekoms iewers nog kom nie!!!!!! Rome het finaal geval in 476 AD. Self al het Rome 'n 1000 jaar later geval, is die Antichris steeds ouer as wat enige individuele mens OOIT kan word, so dit kan nie een individu wees nie!!!!! Dit kan wel EEN TITEL wees!

                        Openbaring 17 noem die antichris 'n vrou (Open 17:4). En ook 'n hoer (Open17:1). Nou is die vraag; wat is 'n vrou en 'n hoer in profetiese terme? Kom ons vra die Bybel self..

                        Eff 5:22-24, "Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here. Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam. Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees."
                        Jesaja 54:5-6, "Want jou Maker is jou Man; Here van die leerskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word. Want soos 'n verlate vrou en 'n bedroefde van gees het die HERE jou geroep, en soos 'n vrou uit die jeugtyd as sy versmaad was, s jou God."


                        2 Kor 11:2, "Want ek is jaloers oor julle met 'n godelike jaloersheid, want ek het julle aan een man verbind, om julle as reine maagd aan Christus voor te stel."

                        So 'n vrou is 'n kerk! Dan is 'n hoer 'n afvallige kerk.

                        Eseg 16:28, "Verder het jy gehoereer met die kinders van Assur, omdat jy nie bevredig was nie; ja, jy het met hulle gehoereer en is tog nie bevredig nie. En jy het jou hoerery vermenigvuldig na die koopmansland, na Chaldea; en ook daarmee is jy nie bevredig nie."
                        Jer 3:3, "En die reenbuie is ingehou, en daar was geen reens nie. Maar jy het 'n hoerevoorhoof gehad, jy het geweier om jou te skaam."


                        Jeremia 3:3 sluit nogal mooi aan by Open 17:5, "en op haar voorhoof was n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde."

                        So 'n hoer is 'n afvallige kerk! En as die antichris 'n opvolging van 'n titel is, dan begin die saak BAIE sterker raak al klaar! Voeg daarby al die talle verse dat die Antichris vol Godslastering gaan wees en homself gaan verhef bo God; dan raak dit interessanter. Wat is Godslastering? Kom ons vra die Bybel.....

                        Joh 10:33, "Die Jode antwoord Hom en s: Dit is nie oor 'n goeie werk dat ons U stenig nie, maar oor godslastering, en omdat U wat 'n mens is, Uself God maak."
                        Lukas 5:21, "En die skrifgeleerdes en die Fariseers het begin redeneer en s: Wie is Hy wat so godslasterlik praat? Wie kan sondes vergewe behalwe God alleen

                        So laster is dus as jy jouself God maak, en wil voorgee dat jy sondes kan vergewe. Kom ons meet dit deur stellings van die kanidaat van die vroe kerkvaders:

                        "Thou art a priest forever:says the ordaining bishop... He is no longer a man, a sinful child of Adam, but an ʻAlter Christusʼ, another Christ... Forever a priest of the Most High, with power over the Almighty. The Pope is not only the representative of Jesus Christ, but he is Jesus Christ himself, hidden under the feil of flesh. The Catholic National, July 1895.
                        All names which in theScriptures are applied to Christ, by virtue of which it is established that he is over the church, all the same names are applied to the pope. Cardinal Bellarmine, On the Authority of Councils,Vol 2, p 266

                        Given in Rome from our palace, the 10th of February, 1817, the XIV Jurisdiction of the most holy pontiff and father in christ, and our lord our god the pope, Leo XII, ... Rome as it is, p. 180

                        We hold upon this earth the place of god almighty. The Great Encyclical Letters of pope Leo XIII, Encyclical Letter, June 20, 1894

                        We define that the Holy Apostolic See and the Roman Pontiff holds the primacy over the whole world. The Most Holy Councils, vol 13, col 1167


                        This judicial authority will even include the power to pardon sin. Catholic Encyclopedia, vol 12, art. pope, p 265

                        Seek where you will, through heaven and earth, and you will find one created being who can forgive the sinner, who can free him from the chains of hell. That extraordinary being is the priest, the Roman Catholic priest. The Catholic Priest, p78

                        God Himself is obliged to abide by the judgment of His priest, and either not to pardon, or to pardon, according as they refuse or give absolution... The sentence of the priest precedes, and God subscribes to it. Dignities and Duties of the Priest, vol 12, p 27


                        En hierdie is maar net n paar kwotasies......

                        Het die kerkvaders dalk 'n punt gehad?

                        Comment


                        • #13
                          Re: Hoekom soveel antichriste?

                          Ben

                          Baie interessant en ek kan met baie wat jy s saamstem. Ek dink ook dat die anti-chris 'n afvallige kerk is. Ons fokus te veel op die anti en moet meer fokus op die christus. Die anti-chris gaan meer christus as anti wees en daarom moet gelowiges so versigtig wees.

                          Ek is baie gemaklik dat die Roomse Kerk kan voldoen aan die beskrywing van die anti-chris, maar ek dink nie ons moet dink dat dit die enigste is nie. Daar is vele ander kerke wat ook kan voldoen. Ek wil hier iets noem en indien die mods besluit dit moet kontro toe gaan, dan is dit ook goed so.

                          Voldoen die hele beweging van vrye wil nie ook aan die vereiste nie? Die persoon besluit self of hy gered word, die persoon besluit self of hy nie meer wil glo nie, die persoon besluit self dat God hom moet sen en voorspoedig maak, die persoon besluit hoe en wanneer God hom moet help en besluit ook of ander gered is of nie. Dit is net sommige van die dinge waaraan ek nou kan dink. Ek dink ons moet baie versigtig wees.

                          Groete
                          Kalahari

                          Comment


                          • #14
                            Re: Hoekom soveel antichriste?

                            Ben,

                            Ek stem in wese saam met jou benadering en dit is 'n vars briesie wat my betref.....
                            The Rapture

                            My dearest friends, Im so sorry so sorry
                            but I must confess, dont worry
                            the rapture is not before the Great Tribulation
                            its before Gods wrath!!!

                            Because His wrath is not meant for you
                            its for all the people in the zoo
                            think about it and refresh
                            you will see theres no way out of here, in the flesh

                            If you really believe, you will see
                            the rapture is for you and me
                            when we decide to leave from here
                            that very day, oh! God adhere


                            Comment


                            • #15
                              Re: Hoekom soveel antichriste?

                              Originally posted by Kalahari View Post
                              Voldoen die hele beweging van vrye wil nie ook aan die vereiste nie? Die persoon besluit self of hy gered word, die persoon besluit self of hy nie meer wil glo nie, die persoon besluit self dat God hom moet sen en voorspoedig maak, die persoon besluit hoe en wanneer God hom moet help en besluit ook of ander gered is of nie. Dit is net sommige van die dinge waaraan ek nou kan dink. Ek dink ons moet baie versigtig wees.
                              Ek kom al meer onder die oortuiging, dat vry wil die godsdiens van die god van hierdie wreld is en ek kan nie langer stilbly daaroor.

                              Enige wedergebore mens ontvang mag, om kind van God genoem te mag word (Joh 1:12). Hierdie selfde mag, gee aan gelowiges al die mag oor die vyand (Luk 10:19). Oor hierdie rede kan 'n gelowige self besluit, wanneer en waar hulle die Satan sou toelaat om beheer oor hulle lewens te neem of om die Satan te weerstaan.

                              Nog nooit het enige gelowige mag oor God ontvang nie en dit is die heel grootste leuen wat hierdie wreld ooit gesien het, dat 'n God wat perfek in beheer is, eers toegelaat moet word deur Sy skepseltjies, of Hy hulle mag beheer of nie. God se beheer oor ons is net goed en maak ons vry en geen mens hoef eers 'n keuse daaroor te maak nie of Hom eers toe te laat nie, want Hy laat ren oor die gelowige en ongelowige (nie een van hulle kan Hom eers toelaat en eers dan val die ren nie). Vry wil is vals en die Reformasie het dit bewys, toe 'n man presies net mooi dit kom aanspreek het in krag van die Here (Martin Luther). Sy heel grootste stryd was teen vry wil (onbelemmerde determinasie) en om God se totale beheer weer aan die mensdom te wys. Dit is 'n baie interessante storie hoe die Roomse Kerk en in name 'n ene De Molina, Arminius onder hande gehad het en vry wil as deel van die 'Counter Reformation', terug in hoofstroom Protestantisme ingevloei het. Die Roomse Kerk kon dit net nie self doen nie en het Arminius as pion gebruik (dit is feite, gaan dit maar na)

                              Die enigste mens wat ooit 'n onbelemmerde determinaie (vry wil) gehad het, was Adam, want Adam het nie 'n nietige keuse uitge-oefen nie, nee Adam het gedetermineer en 'n hele mensdom het geval. Watter mens na Adam, kon so besluit neem? Dit is presies wat die Satan wil poog, om die mensdom te laat dink, hulle kan self determineer en hoe vals is dit nie. Mens kan tot jou eie redding determineer en weer determineer om dit te verloor ook, wat 'n grap! Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee. (Joh 15:16)

                              Ek gaan 'n draad oopmaak hieroor, want hoe kan mens langer stilbly!
                              The Rapture

                              My dearest friends, Im so sorry so sorry
                              but I must confess, dont worry
                              the rapture is not before the Great Tribulation
                              its before Gods wrath!!!

                              Because His wrath is not meant for you
                              its for all the people in the zoo
                              think about it and refresh
                              you will see theres no way out of here, in the flesh

                              If you really believe, you will see
                              the rapture is for you and me
                              when we decide to leave from here
                              that very day, oh! God adhere


                              Comment

                              Working...
                              X