Announcement

Collapse
No announcement yet.

Verlate kerke

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Verlate kerke

    In vandag se koerant is daar 'n artikel oor Suid Afrikaanse kerke wat leeg loop. Ons almal weet dit gebeur, maar HOEKOM is dit besig om te gebeur ? Die komentators in die artikel het verskillende en uiteenlopende menings, maar wie is reg ? Is almal reg ? Is dit waar dat mense al hoe meer ongelowing raak, of is dit 'n geval waar Christene eenvoudig nie meer tuis voel in kerklike organisasies wat al hoe meer eenvormig aan die wÍreld probeer wees nie ?

    Om dit nou sommer reguit te vra :

    Word godsdiens, soos voorgehou deur die hoofstroom kerke, al hoe meer in teenstelling gesien met 'n werklike en persoonlike verhouding met Jesus Christus ?

    Meer verlaat kerke

    2012-08-12 20:48

    Neels Jackson

    Die verlies aan godsdienstigheid onder Suid-Afrikaners is nie ín verrassing nie, maar die omvang daarvan is wel skokkend.

    So het prof. Nelus Niemandt, moderator van die NG Kerk, gister gereageer op die nuutste peiling van die Win-Galup International Religiosity and Atheism Index.

    Daarvolgens het die aantal Suid-Afrikaners wat godsdienstig is, van 2005 tot 2012 geval van 83% van die bevolking tot 64%.

    Diť daling van 19 persentasiepunte word net oortref deur dalings in ViŽtnam (23%), Ierland (22%), Switserland en Frankryk (21% elk).

    Niemandt sÍ die tendens bevestig die vermoede van groeiende sekularisasie.

    Hy meen kerke moet diep vrae aan hulself stel. Hulle moet die geweldige kragte van die verbruikerskultuur beter verstaan en ín alternatiewe leefstyl aan hul mense bied.

    Dr. Wim Dreyer van die Hervormde Kerk se Sentrum vir Missionale Bediening sÍ dis nie ín nuwe tendens nie. Dit kom al sedert die dae dat Galileo en Darwin vir denkskuiwe gesorg het wat mense laat vra het waar God inpas.

    Kerke moet nou vra of daar weer so ín denkskuif aan die gang is. Hy verwys na die opkoms van postmodernisme en die verlies van ín waarheids­begrip wat mense die geloof laat bevraagteken.

    Volgens hom is daar tog hoop vir die kerke. Daar is plekke waar mense by die egtheid van die geloof uitkom waar dit weer groei.

    Dit is waar mense verby die verbruikerskultuur kyk en herontdek wat dit beteken om ín egte dissipel van Jesus te wees.

    Geloof self is nie die groot probleem nie, sÍ Dreyer. Die probleem is om dit sinvol te kommunikeer in veranderende omstandighede.

    Niemandt sÍ mense stel deesdae minder belang in dogma en meer in ervaring van God.

    Kerke is egter nog op dogma ingestel.

    Hy meen kerke moet skuif van ín benadering waar dit van mense verwag word om eers te bely, dan om tot ín kerk te behoort en dan om hul geloof in God te ervaar, na ín omgekeerde volgorde waarin die ervaring met God eerste kom, die behoort tweede en die bely eers daarna.

  • #2
    Re: Verlate kerke

    Ja Fila, sommige kerke loop leeg, waar ander weer groei... hier by ons groei die Metodiste kerke baie...Hoekom??
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor

    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

    Comment

    • #3
      Re: Verlate kerke

      Originally posted by Ta-An View Post
      Ja Fila, sommige kerke loop leeg, waar ander weer groei... hier by ons groei die Metodiste kerke baie...Hoekom??
      Ek weet van 'n sekere Angus Buchan wat op elke stadion.....en plaas 'n herlewing voorspel het! So.....waar is die herlewing? Miskien loop die kerke leeg omdat almal stadions en plase toe gaan. OOoppppsssss......sorry.

      Comment

      • #4
        Re: Verlate kerke

        Originally posted by Johnny View Post
        Ek weet van 'n sekere Angus Buchan wat op elke stadion.....en plaas 'n herlewing voorspel het! So.....waar is die herlewing? Miskien loop die kerke leeg omdat almal stadions en plase toe gaan. OOoppppsssss......sorry.

        Ek dink nie jy verstaan die onderwerp van die draad reg nie. Die idee is nie om klippe in 'n persoon se rigting te gooi nie, maar om te probeer vasstel of mense nog vir Christus in kerklike instansies vind, en of die antwoord dalk die rede is vir die leŽ kerke. Hierdie draad gaan met ander woorde nie oor Angus, die doop, of Israel nie.

        Comment

        • #5
          Re: Verlate kerke

          Originally posted by Ta-An View Post
          Ja Fila, sommige kerke loop leeg, waar ander weer groei... hier by ons groei die Metodiste kerke baie...Hoekom??
          Dit is 'n interesante vraag ! Sou jy reken dat die Metodiste as 'n steeds-behoundende kerk voorkom ? Is dit dalkdie rede vir die groei ?

          Comment

          • #6
            Re: Verlate kerke

            Originally posted by Die Filadelfieer View Post
            Dit is 'n interesante vraag ! Sou jy reken dat die Metodiste as 'n steeds-behoundende kerk voorkom ? Is dit dalkdie rede vir die groei ?
            Fila, ek het al baie gewonder of dit nie dalk gaan oor die "Metodiek" van die Methodiste Kerk nie... ek wonder of dit dalk 'n soort van tevredeheid (gerustheid) by die mense stel omdat daar vir alles 'n vaste patroon en metode van doen is. Die Metodiste Kerke hier in die omgewing (almal loop oor van lidmate) het almal baie aktiewe jeugbedieninge...
            The LORD is my Miracle

            G_d was gracious He has shown favor

            Hope is a seed
            God plants in our hearts
            to remind us
            there are better things ahead.
            -Holley Gerth

            Comment

            • #7
              Re: Verlate kerke

              Kan een rede, dalk 'n groot rede, wees dat mense te besig is? Dit is natuurlik 'n swak verskoning, maar is nogal 'n groot probleem. Die moderne mens is te besig vir hul kinders, te besig vir hul huweliksmaat, te besig vir God..

              En daardie "te besig" is 'n groot siekte waarmee ek self worstel. Om 'n goeie balans in die lewe te handhaaf is nogal 'n kuns.

              Comment

              • #8
                Re: Verlate kerke

                Originally posted by Die Filadelfieer View Post
                Ek dink nie jy verstaan die onderwerp van die draad reg nie. Die idee is nie om klippe in 'n persoon se rigting te gooi nie, maar om te probeer vasstel of mense nog vir Christus in kerklike instansies vind, en of die antwoord dalk die rede is vir die leŽ kerke. Hierdie draad gaan met ander woorde nie oor Angus, die doop, of Israel nie.
                Dankie Fila. Dis tyd dat almal besef, mens hou eerstens by die draad van 'n ondnerwerp en tweedens en eintlik gelyk daaraan, die respek wat mens moet hÍ.
                The Rapture

                My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
                but I must confess, donít worry
                the rapture is not before the Great Tribulation
                itís before Godís wrath!!!

                Because His wrath is not meant for you
                itís for all the people in the zoo
                think about it and refreshÖ
                you will see thereís no way out of here, in the flesh

                If you really believe, you will see
                the rapture is for you and me
                when we decide to leave from here
                that very day, oh! God adhereÖ

                Comment

                • #9
                  Re: Verlate kerke

                  Die Methodiste Kerk is nogals die groot voorloper in SA met die Emmaus beweging, op so 'n naweek, re-dedicate baie Christene weer hulle lewens, en dan beweeg die mense na die kerk waar hulle weer 'n re-konneksie gemaak het.... So dink ek die geval hier in ons omgewing is.
                  The LORD is my Miracle

                  G_d was gracious He has shown favor

                  Hope is a seed
                  God plants in our hearts
                  to remind us
                  there are better things ahead.
                  -Holley Gerth

                  Comment

                  • #10
                    Re: Verlate kerke

                    Originally posted by Ta-An View Post
                    Die Methodiste Kerk is nogals die groot voorloper in SA met die Emmaus beweging, op so 'n naweek, re-dedicate baie Christene weer hulle lewens, en dan beweeg die mense na die kerk waar hulle weer 'n re-konneksie gemaak het.... So dink ek die geval hier in ons omgewing is.
                    Wat is jou opinie oor die Emmaus beweging ? Het jy al daarmee te doen gehad ?

                    Comment

                    • #11
                      Re: Verlate kerke

                      Originally posted by Die Filadelfieer View Post
                      Wat is jou opinie oor die Emmaus beweging ? Het jy al daarmee te doen gehad ?
                      Ek was daar, maar Fila jy weet, ek swem 'stroom-op' so miskien moet ek jou nie my opinie gee nie.., ek is bly ek was daar sodat ek weet waaroor dit gaan,

                      Ander mense vind dit baie geseŽnd... en ek is bly dat hulle so 'n wonderlike ervaing het...
                      The LORD is my Miracle

                      G_d was gracious He has shown favor

                      Hope is a seed
                      God plants in our hearts
                      to remind us
                      there are better things ahead.
                      -Holley Gerth

                      Comment

                      • #12
                        Re: Verlate kerke

                        Om terug te keer na die oorspronklike onderwerp:
                        Is kerke nie verlate juis omdat mense nie hoor wat hul wil hoor nie? Wat ek bedoel - 2 Tim 4:4 -5 waarsku dat mense nie meer die waarheid sal wil hoor nie, maar eerder "mooi storietjies"... verder waarsku Openbaring ons in die 7e brief wat aan die gemeentes geskryf is - Open 3:15, dat daar 'n louheid in die kerk sal heers... Dws. mense nie die skrif ernstig opneem nie, en dat hul verhoudings met God nie is wat dit moet wees nie.

                        Ons leef in 'n era van "so what?" ... vandaar is kerk toe gaan nie meer belangrik. ....
                        Ps. 46:10a : Be still, and know that I am God ....

                        Comment

                        • #13
                          Re: Verlate kerke

                          Originally posted by Mari van der LInde View Post

                          Jy het dit reg.

                          2 Petrus 2:1 Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik (mooi storietjies) sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloŽn en Ďn vinnige verderf oor hulleself bring;

                          Comment

                          • #14
                            Re: Verlate kerke

                            Originally posted by Mari van der LInde View Post
                            Om terug te keer na die oorspronklike onderwerp:
                            Is kerke nie verlate juis omdat mense nie hoor wat hul wil hoor nie? Wat ek bedoel - 2 Tim 4:4 -5 waarsku dat mense nie meer die waarheid sal wil hoor nie, maar eerder "mooi storietjies"... verder waarsku Openbaring ons in die 7e brief wat aan die gemeentes geskryf is - Open 3:15, dat daar 'n louheid in die kerk sal heers... Dws. mense nie die skrif ernstig opneem nie, en dat hul verhoudings met God nie is wat dit moet wees nie.

                            Ons leef in 'n era van "so what?" ... vandaar is kerk toe gaan nie meer belangrik. ....
                            Loop die Afrikaanse kerke leeg??
                            The LORD is my Miracle

                            G_d was gracious He has shown favor

                            Hope is a seed
                            God plants in our hearts
                            to remind us
                            there are better things ahead.
                            -Holley Gerth

                            Comment

                            • #15
                              Re: Verlate kerke

                              Originally posted by Ta-An View Post
                              Loop die Afrikaanse kerke leeg??
                              Kleiner kerke loop leeg en groter kerke word net groter. Vandag se generasie gaan na 'n kerk waar hulle wil hoor wat hulle WIL hoor.

                              2 Timoteus 4:3 "....want daar sal Ďn tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle Ďn menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede,....."

                              Hulle soek opwinding en "nuwe winde" wat waai. Kerke wat dramaties groei dink hulle is besig met 'n herlewing, maar is hulle werklik? 'n Mens moet kyk wat is dit wat mense na so 'n gemeente trek. Die Woord was nog NOOIT gerieflik nie, inteendeel se Jesus ons sal vervolg word in die laaste dae. 'n Kerk wat vervolg word is nie 'n Mega kerk nie, want dinge gaan net te lekker daar.

                              Comment

                              Working...
                              X