Announcement

Collapse
No announcement yet.

Waar staan ons met Israel?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • #91
    Re: Waar staan ons met Israel?

    Originally posted by Johnny View Post
    As julle die "bronnelys" sou bestudeer sal julle net Bybelse waarhede daar sien.
    Originally posted by Johnny View Post
    ...maar nou moet jy nog net verstaan
    Klink of jy ook die "sewende oog" gebruik.

    Comment


    • #92
      Re: Waar staan ons met Israel?

      Originally posted by Johnny View Post
      Kom ons begin sommer is Israel God se land, is die Jode sy volk en bestaan Israel fisies.
      Duidelik het jy die volgende NIE verstaan NIE:

      Originally posted by Ben Cronje View Post
      So kom ons kom terug na Johnny toe. Jy't 'n paar vrae om te antwoord om te wys jy is konsikwent!
      Interpreteer vir ons die verse in plasing #1 wat ek SO verkeerd verstaan volgens jou. Want blykbaar het HH dit verkeerd geinterpreteer, volgens jou.
      Jou vrae bo is reeds beantwoord.
      So hou op stall, Johnny. Soos hul in Engels s, "MAN UP!"

      Comment


      • #93
        Re: Waar staan ons met Israel?

        Originally posted by chisel View Post
        Klink of jy ook die "sewende oog" gebruik.

        Comment


        • #94
          Re: Waar staan ons met Israel?

          Originally posted by Johnny View Post
          As julle die "bronnelys" sou bestudeer sal julle net Bybelse waarhede daar sien.
          Jy vergeet Johnny, ek het reeds na jou "Alida" video verwys en die onBybelse stellings wat daar ge-opper is ontbloot vir die valshede wat hulle is. As jou bronne dan wel Bybelse waarhede bevat, hoekom skakel jy nie die middelgangers ( Alida/van As/die internet) uit en gebruik sommer die Bybel direk nie ?

          Comment


          • #95
            Re: Waar staan ons met Israel?

            Originally posted by chisel View Post
            Ag hemel!

            Ben, het johnny vir jou ook 'n negatiewe rep gegee hieroor?

            Hoe lagwekkend.

            Johnny die "rep" stelsel is nie vir jou om mense te straf omdat hulle jou infantiele redenasies uitwys of as wanneer jou tantrumpies nie werk nie.

            Nietemin, Johnny, ek het vir jou 'n positiewe puntjie gegee, net om te demonstreer hoe min ek omgee oor rep punte.

            Word groot.
            Hi Chisel. Ek weet nie of Johnny vir my so iets gegee het nie. Hoe weet mens? Waar kyk mens? Ek weet nie eers hoe die rep-storie werk nie! Waar gee mens vir mense reps? Ek het net een maal gesien mens kan dit aan/af sit, toe sit ek dit aan, maar dit is hoe ver my kennis strek......

            Comment


            • #96
              Re: Waar staan ons met Israel?

              Is God se Woord nie net AWESOME nie? Dit word voor ons oe vervul op die forum. Hy het die volgende gese:

              Sagaria 12:3 "En in di dag maak Ek Jerusalem tot n baie swaar klip vir al die volke: elkeen wat dit optel, sal hom daarmee sekerlik seer maak; en al die nasies van die aarde sal daarteen vergader word."

              Hy maak nie net Jerusalem 'n swaar klip vir die wereld nie, maar ook vir die forum. Oppas.....julle mag julle dalk net daarmee seer maak. Ek los julle maar met die gedagte, want dit is regtig nutteloos om verder op die draad deel te neem.

              Comment


              • #97
                Re: Waar staan ons met Israel?

                Originally posted by Ben Cronje View Post
                Hi Chisel. Ek weet nie of Johnny vir my so iets gegee het nie. Hoe weet mens? Waar kyk mens? Ek weet nie eers hoe die rep-storie werk nie! Waar gee mens vir mense reps? Ek het net een maal gesien mens kan dit aan/af sit, toe sit ek dit aan, maar dit is hoe ver my kennis strek......
                Onder "settings" kan jy dit sien.
                Check 'n bietjie of Johnny777 jou ook gestraf het vir jou Drieslastering. Kanse is baie goed. -reps is rooi

                Comment


                • #98
                  Re: Waar staan ons met Israel?

                  Originally posted by Johnny View Post
                  Ek is so bly jy kon die rep lees.....lees nou die plasings. Dit wys my jy kan lees, maar nou moet jy nog net verstaan.
                  Uit jou antwoord hierso lei ek af jy het! Sies Johnny! Ek het ook 'n binneste...
                  Ek respekteer jou as persoon darem nog...

                  Comment


                  • #99
                    Re: Waar staan ons met Israel?

                    Johnny, nee Jesus was nie 'n Jood soos wat ons vandag na Jode verwys nie. Jesus was 'n Israeliet vanuit die Ou Testament en etnies 'n Juder, maar nee Hy was nie 'n Jood nie.

                    Kyk weer hierna, ek suig dit nie uit my duim uit nie. Hierdie is harde feite:

                    Johnny.

                    1. Die woord "Jood/Jode" kom nie in Rom 11 voor nie. Slegs "Israel." Die Israel waarvan Rom 11 praat is die Israel van die Ou Testament. Hoe bring jy die Ou Testamentiese "Israel" en vandag se "Jode" by mekaar uit as Judaisme eers in 70 n.C. ontstaan het? (Onthou, Paulus het Rom ongeveer 57 n.C. geskryf).

                    2. Paulus gebruik wel die term Ioudaios/Ioudaioi, maar dit is nie dieselfde as vandag se Jode nie, en moet eerder vertaal word met "Juder(s)." Paulus het dus niks te doen gehad met wat ons vandag as "Jode" ken nie, want hulle het nog nie bestaan nie. Paulus gebruik die terms Ioudaios/Ioudaioi om 'n etniese groep aan te dui. Nrens dra Ioudaios/Ioudaioi by Paulus die konnotasie van God se volk nie.
                    Antwoord asb. die vrae of regeer op die opmerkings.
                    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

                    Comment


                    • Re: Waar staan ons met Israel?

                      Originally posted by chisel View Post
                      Onder "settings" kan jy dit sien.
                      Check 'n bietjie of Johnny777 jou ook gestraf het vir jou Drieslastering. Kanse is baie goed. -reps is rooi
                      Dankie. Dit was nou interessant!

                      Johnny het my getug oor Pastoor Dries! Eina..

                      Maar ek wil die geleentheid gebruik om dankie te s vir almal wat sulke mooi positiewe goed vir my daarop gesit het. Ek waardeer dit opreg!

                      En ek het nou iets nuuts geleer. die Rep-ding.

                      Comment


                      • Re: Waar staan ons met Israel?

                        Johnny

                        Net dat ek jou nie verkeerd antwoord nie, wil ek net die volgende bevestig.

                        Jy glo dat God se volk net die Jode is en dat Sy land net Israel is. Indien ons dus nie vir die is nie, dan is ons teen God, want dan is ons nie deel van dit nie. Verstaan ek reg?

                        Kalahari

                        Comment


                        • Re: Waar staan ons met Israel?

                          Johnny

                          Ek wou vir jou antwoord, maar toe sien ek dat die vrae al reeds beantwoord is in plasings vroer in die draad. Gaan lees weer.

                          Groete
                          Kalahari

                          Comment


                          • Re: Waar staan ons met Israel?

                            Hi almal...

                            Ek het sopas deur die hele draad gelees, en behalwe vir die feit dat hy bietjie "gederail" is deur die persoonlike aanvalle, is dit waaroor aageval was tog relevant..

                            Tog dink ek ook ons moet ernstig bid vir Israel en die mense wat hulle aanhang....Want as hulle nie gaan besef dat God voor die grondlegging van die aarde al geweet het Hy gaan vir elke individueel sterf nie, en dat elke persoon deel is van Sy volk nie, dan se ek dit sommer reguit, dan gaan hulle nie die ewigheid sien nie!!!

                            Ek mag dalk klink of ek oordeel, dit is nie die geval nie...Want ek verwys nie na spesifieke persone nie, maar as daardie misleiers nie gaan besef God se liefde is eweveel vir elke persoon nie, en dat God nie sekere mense voortrek en ander straf omdat hulle nie Sy oogappels verhef nie, dan ken hulle nie God nie!!!

                            En vir diegene wat hulle christenskap basseer op enige iets behalwe die Woord van God, en die rooi ligte ignoreer wat hulle amper verblind, kan nie ernstig wees oor God nie!.

                            So, ...

                            Gal 3:29 And if ye are Christ's, then are ye Abraham's seed, heirs according to promise.
                            Volgens my diskwalifiseer die bogenoemde vers enige verbintenis aan wat in Israel aangaan huidiglik want jy is alleenlik Abraham se saad as jy n kind van God is, en alleenlik dan is jy geregtig op die beloftes!!! Dit is tog duidelik! So wat gebeur het in 1948, het niks tedoen met God se beloftes aan Israel nie! So ook niks wat huidiglik gebeur daar nie!

                            In my persoonlike opinie, is dit egter satan wat al hierdie dinge so mooi laat plaasvind in Israel, dat dit lyk of dit die beloftes van God aan Israel is, wat op hulle uitgestort word...En satan weet dat 1000de daarvoor sal val, en hulle fokus van God laat afdwaal na n fisiese nasie toe...
                            See how much the Father has loved us! His love is so great that we are called God's children---and so, in fact, we are! - 1John 3:1
                            Gods true word!
                            Believing it . Defending it . Proclaiming it .

                            Comment


                            • Re: Waar staan ons met Israel?

                              Ek sien daar was n paar vrae gewees oor die fisiese land van Israel, hoe het dit betrekking tot God se belofte aan Abraham etc?

                              As mens die volgende klompe verse saam en in konteks lees, kom mens iets agter wat weereens die hele teorie van fisiese Israel verwerp:

                              Wat was God se belofte aan Abraham oor die land?

                              Gen 12:7 Daarop verskyn die HERE aan Abram en s: Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee.
                              Gen 13:14 En die HERE s vir Abram nadat Lot van hom geskei het: Slaan tog jou o op en kyk van die plek waar jy staan, na die noorde en suide, na die ooste en weste;
                              Gen 13:15 want die hele land wat jy sien, sal Ek aan jou gee en aan jou nageslag tot in ewigheid.
                              Gen 15:18 Op di dag het die HERE met Abram ‘n verbond gesluit en ges: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land…
                              Gen 17:8 En Ek sal aan jou en jou nageslag n jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanan, as ‘n ewige besitting; en Ek sal vir hulle ‘n God wees.
                              So God hety aan Abraham die land beloof, maar wat se die volgende vers?

                              Rom 4:13 Want die belofte dat hy erfgenaam van die wreld sou wees, het Abraham of sy nageslag nie deur die wet verkry nie, maar deur die geregtigheid van die geloof.
                              God het in werklikheid aan Abraham die wereld beloof, nie net n gedeelte nie!

                              Dit is ook duidelik vanaf:...

                              Gal 3:29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.
                              ...dat alle kinders van God gereken word as Abraham se nageslag, en wat word aan hulle beloof?:

                              Mat 5:5 Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde berwe.
                              Rom 8:17 en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus
                              Psa 37:9 Want die kwaaddoeners sal uitgeroei word; maar die wat die HERE verwag, hulle sal die aarde besit.
                              Psa 37:18 Jod. Die HERE ken die dae van die opregtes, en hulle erfdeel sal tot in ewigheid bly.
                              Psa 37:29 Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon.
                              Ek dink dit is genoeg om te bewys dat:

                              Dieselfde belofte wat aan Abraham gemaak is oor die beloofde land, dieselfde belofte is wat God aan elkeen van Sy kinders maak, dat ons die wereld sal beerf, en nie net n seker gedeelte van die land nie, en net deur n sekere nasie nie!!

                              Dit is tog so duidelik in God se Woord, dat ek nie kan insien hoe mens kan aanhang aan n valse teorie van n fisiese land nie..

                              Verder, het Abraham ooit die beloofde land gesien? Het Abraham ooit sy erfdeel ontvang soos God hier onder se:?

                              Gen 13:15 want die hele land wat jy sien, sal Ek aan jou gee en aan jou nageslag tot in ewigheid.
                              Toe die volk Israel die beloofde land ingetrek het onder Josua, was Abraham lankal reeds oorlede, en dus het hy nooit die beloofde land ontvang nie, hoekom nie?

                              Want die belofte wat God aan Abraham gemaak het, was dat hy die wereld sal erf, en wanneer gaan Abraham die wereld beerf? Dit kan alleenlik gebeur met God se wederkoms, wanneer God se kinders self ook die wereld sal beerf.

                              Was God se belofte dan nou aan n fisiese nasie? Weereens uit die Bybel uit, NEE…God se belofte sal vervul word met Sy wederkoms…Vir AL Sy kinders (insluitend Abraham, en ander Israeliete wat Jesus aanvaar het as hulle Verlosser)
                              See how much the Father has loved us! His love is so great that we are called God's children---and so, in fact, we are! - 1John 3:1
                              Gods true word!
                              Believing it . Defending it . Proclaiming it .

                              Comment


                              • Re: Waar staan ons met Israel?

                                Baie goeie plasing, HH. Hier leer ek weer 'n paar dinge. Welkom terug.

                                Comment

                                Working...
                                X