Soos bespreek, hier is die draad wat ek graag wou oopmaak oor Israel, sodat ons nie Johnny se draad "besoedel" nie...
Nadat ek soortvan omgekrap was na ek die video wat Johnny wou he ek moes kyk, gekyk het, het ek die volgende opgestel. Daar is eintlik so baie wat ek wil se oor hierdie onderwerp, maar ek het die "kortverhaal" so kort as moontlik probeer hou, dat dit nie vervelig word nie:
Ons begin by die begin: (klink soos die beste plek)
God het met Abraham n verbond gesluit, dit gaan so:
Gen 22:18 And in thy seed shall all the nations of the earth be blessed; because thou hast obeyed my voice.
Paulus verduidelik vir ons hierdie “seed” is Jesus.
So God het Abraham dekades voor Isak gebore is belowe Hy sal hom n seun gee, en vanaf hierdie seun sal n ander Seun gebore word, deur middel van n wonderwerk, en hierdie Seun sal verlossing vir die hele wereld bring.
Abraham het hierdie verlossingsplan, wat Jesus se geboorte en sterwe vir die hele wereld, verstaan dekades voor Jesus gebore is, en dekades voor enige Jood of Israeliet bestaan het…
So hou in gedagte dit is wat die plan was van die begin af!
Nou na n verloop van tyd, toe Abraham nog nie n kind het nie, besluit Abraham en Sara God se plan is in gedrang, en maak hulle hul eie planne om God te “help”
Hulle het gedink hulle kan verlossing bewerk deur die mens se hulp, of deur die mens se inwerking…
So twee seuns is gebore, Ismael en Isak
Waarom gee God vir ons hierdie verhaal in die Bybel?
Paulus verduidelik vir ons dit is simbolies en het ook n ander betekenis!
Ons sien Ismael verteenwoordig die verbond wat by die berg Sinai gemaak is, kom ons gaan kyk bietjie na hierbie verbond:
Voorwaarde van die belofte is wat? Gehoorsaamheid!
Nou hoe lank het hierdie belofte van die volk gehou? Nie baie lank nie het dit! Die hele woestyn verhaal is n rebellie teen God, ten speite van die feit dat hulle belowe het: “Alles wat die Here gespreek het, sal ons doen.”
Die Israeliete het gedink hulle kan die wet van die Here hou deur hul eie werke, nes Abraham ook gedink het hy kan verlossing bring deur God te help.
So God het hulle n nuwe verbond gegee, want hulle het hul belofte gebreek:
Wat was die ou verbond? Onderhou God se gebooie..
Wat is God se nuwe verbond? God se ek gee My gebooie in hulle harte die keer.
So wat het verander aan die verbond?
Nie of die wet geonderhou moet word nie, net die plek waar die wet geskryf sal wees!!
Die wet sal steeds onderhou word, die keer net omdat dit in hul harte geskryf is, en dit uit hulle sal vloei, instede van uit hul eie dade probeer doen!
So wie se God wie sal vir Hom n volk wees? Wie is God se Israel?
Kom ons kyk bietjie verder wat daar gese word oor wie God se Volk is:
wat se Paulus oor die Jode van sy dag?
Hy se die Jode van sy dag is deel van hierdie verbond wat die kinders van slawerny voorstel!
En wat is hulle kondisie?
Abraham het probeer om deur sy eie werke Verlossing vir die wereld te bring, nes die Israeliete die wet van God probeer hou het deur hul eie werke, en nes die Jode van Paulus se tyd hul eie geregtigheid probeer oprig het!
MAAR NOU:
Hoor wat se Paulus:
Paulus verstaan hierdie 2 verbonde en hy se hulle is nie deel van hierdie verbond onder die slavin nie, maar hy se die Jode / Israeliete van sy dag is wel!!
Wat se Paulus in werklikheid?
Hy se die Jode van sy dag, was kinders van Hagar, en was nie regtig Jode nie!
Hoekom nie? Want die Jode sal kinders van Isak wees! En die Jode van sy dag is nie werklik deel van die nuwe verbond nie!
So is fisiese Israel van vandag die volk van God? Paulus se nie eers die Israel van SY dag was deel van God se volk nie, so verseker is vandag se Israel ook nie letterlik die volk van God nie!
So wie IS dan die ware Jode en die kinders onder die verbond van Sara?
Wie is die enigste ware saad van Abraham? Wie is die saad van Abraham wat die beloftes verdien wat aan Abraham gemaak is? Wie is die enigste saad wat die verbond onderhou het?
Dit is Jesus alleen!
(Daarom dat ek gese het daar was net een Ware Jood)
So waar pas ons dan in die prentjie in?
Wie is uit die wil van n man gebore? Ismael wat uit die wil van Abraham gebore is. So die wat Jesus aanneem, is kinders van die nuwe verbond.
Jy sien, jy is nie n Jood of deel van Israel as jy so gebore is nie, jy word deel van Israel wanneer jy Jesus aanneem alleenlik!
En vir die wat dit nie kan glo nie, hier is n paar verse wat dit so beaam:
Rom 2:28 Want nie hy is ‘n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie dít is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie;
Rom 2:29 maar hy is ‘n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.
Wat bedoel Paulus nie alle Israeliete is Israeliete nie? Hy verduidelik:
Jesus verduidelik hierdie dinge ook so in die volgende verse:
Joh 8:32 En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.
As jy nie vry is nie, wat is jy dan? Dan is jy n slaaf. (Onder die verbond van Ismael)
Hoe word jy dan vry?
Alleenlik deur Jesus te aanvaar, die ware Saad van Abraham, kan jy deel wees van God se volk en deel he aan God se beloftes!
Die gesprek gaan verder, om ons beter te verduidelik:
Die Jode se vir Jesus ons IS die letterlike saad van Abraham!
Het Jesus enige betekenis aan die letterlike geslag van Abraham gekoppel?? NEE, verseker NIE!
Dit gaan verder:
Jesus se vir hulle:
Joh 8:41 Julle doen die werke van jul vader.
Joh 8:44 Julle het die duiwel as vader..
Alhowel hulle letterlike afstamelinge van Abraham was, het dit niks beteken vir Jesus nie! Hoekom nie? Want wat maak van jou n ware afstameling van Abraham?
Weereens Jesus se antwoord:
Joh 8:42 En Jesus sê vir hulle: As God julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het uit God uitgegaan en gekom; want Ek het ook nie uit Myself gekom nie, maar Hy het My gestuur.
ALLEENLIK DEUR JESUS WORD JY N AFSTAMMELING VAN ISAK, EN WORD JY DEEL VAN ISRAEL, EN KAN JY DEEL HE AAN GOD SE BELOFTES AAN ABRAHAM!
So as die Jode van vandag Jesus verwerp, word hulle as afstammelinge van Abraham gereken? Nee! Is hulle geregtig op enige beloftes wat God aan Abraham gemaak het? Nee!!
wat het Jesus nog gese oor hierdie onderwerp. Die Samaritaanse vrou kom na Jesus en vra vir Hom:
Hoekom se Jesus dit?? Jesus se: “geen meer heilige berge, geen meer heilige tempels ens ens nie, daar waar EK IS, dit is waar redding is!”
Nie op watse berg jy aanbid nie! Nie van watter geslag jy af kom nie! Alleenlik Jesus!!
Net om seker te maak se Jesus ook vir haar wie is waarlik Israeliete:
Joh 4:23 But the hour cometh, and now is, when the true worshippers shall worship the Father in spirit and in truth: for the Father seeketh such to worship him.
Die ware betekenis van n Jood/Israeliet word nie gevind in watter stam / bloedlyn hy gebore is nie, dit het NOG NOOIT vir God gegaan oor jou fisiese herkoms nie! God sou alle mense red deur een Saad, Jesus Christus, en wanneer jy Hom aangeneem het sal jy gereken word as n seun, en nie n slaaf nie!!
Dan is jy n Israeliet, en het jy reg tot die beloftes van God...

Nadat ek soortvan omgekrap was na ek die video wat Johnny wou he ek moes kyk, gekyk het, het ek die volgende opgestel. Daar is eintlik so baie wat ek wil se oor hierdie onderwerp, maar ek het die "kortverhaal" so kort as moontlik probeer hou, dat dit nie vervelig word nie:
Ons begin by die begin: (klink soos die beste plek)
God het met Abraham n verbond gesluit, dit gaan so:
Gen 22:18 And in thy seed shall all the nations of the earth be blessed; because thou hast obeyed my voice.
Gal 3:16 Nou is aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy saad. Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, dit is Christus.
Abraham het hierdie verlossingsplan, wat Jesus se geboorte en sterwe vir die hele wereld, verstaan dekades voor Jesus gebore is, en dekades voor enige Jood of Israeliet bestaan het…
So hou in gedagte dit is wat die plan was van die begin af!
Nou na n verloop van tyd, toe Abraham nog nie n kind het nie, besluit Abraham en Sara God se plan is in gedrang, en maak hulle hul eie planne om God te “help”

Hulle het gedink hulle kan verlossing bewerk deur die mens se hulp, of deur die mens se inwerking…
So twee seuns is gebore, Ismael en Isak
ISMAEL (SLAWERNY) | ISAK (VRY) |
Gebore vanaf die vleeslike (mens) | Gebore uit die Gees. (Belofte van God) |
Gebore deur werke van die mens | Gebore sonder enige menslike invloed. |
Verlossing bewerk deur menslike ingryping | Verlossing deur God se beloftes alleenlik |
Gebore vanag n slaaf. (Maak Ismael ook n slaaf) | Gebore vanaf sy vrou. (Maak Isak sy enigste erfgenaam) Gen 22:2 |

Gal 4:22 Want daar is geskrywe dat Abraham twee seuns gehad het, een uit die slavin en een uit die vrye.
Gal 4:23 Maar die een uit die slavin is gebore na die vlees, en die ander een uit die vrye deur die belofte.
Gal 4:24 Dit is sinnebeelde, want dié vroue staan vir twee verbonde: een, van die berg Sinai afkomstig, wat vir die slawerny kinders baar—dit is Hagar;
Gal 4:25 want Hagar staan vir die berg Sinai in Arabië en kom ooreen met die teenswoordige Jerusalem en is met haar kinders saam in slawerny.

Exo 19:3 Maar Moses het opgeklim na God toe, en die HERE het hom van die berg af toegeroep en gesê: So moet jy aan die huis van Jakob sê en aan die kinders van Israel verkondig:
Exo 19:4 Julle het self gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het, en dat Ek julle op arendsvlerke gedra en julle na My toe gebring het.
Exo 19:5 As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne.
Exo 19:6 En júlle sal vir My ‘n koninkryk van priesters en ‘n heilige nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van Israel moet meedeel.
Exo 19:7 En Moses het gekom en die oudstes van die volk laat roep en hulle al hierdie woorde voorgehou wat die HERE hom beveel het.
Exo 19:8 Toe antwoord die hele volk eenparig en sê: Alles wat die HERE gespreek het, sal ons doen. En Moses het die woorde van die volk aan die HERE oorgebring.
Exo 19:4 Julle het self gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het, en dat Ek julle op arendsvlerke gedra en julle na My toe gebring het.
Exo 19:5 As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne.
Exo 19:6 En júlle sal vir My ‘n koninkryk van priesters en ‘n heilige nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van Israel moet meedeel.
Exo 19:7 En Moses het gekom en die oudstes van die volk laat roep en hulle al hierdie woorde voorgehou wat die HERE hom beveel het.
Exo 19:8 Toe antwoord die hele volk eenparig en sê: Alles wat die HERE gespreek het, sal ons doen. En Moses het die woorde van die volk aan die HERE oorgebring.
Nou hoe lank het hierdie belofte van die volk gehou? Nie baie lank nie het dit! Die hele woestyn verhaal is n rebellie teen God, ten speite van die feit dat hulle belowe het: “Alles wat die Here gespreek het, sal ons doen.”
Die Israeliete het gedink hulle kan die wet van die Here hou deur hul eie werke, nes Abraham ook gedink het hy kan verlossing bring deur God te help.
So God het hulle n nuwe verbond gegee, want hulle het hul belofte gebreek:
Jer 31:31 Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit;
Jer 31:32 nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie—my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek die HERE.
Jer 31:33 Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.
Jer 31:32 nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie—my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek die HERE.
Jer 31:33 Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.
Wat is God se nuwe verbond? God se ek gee My gebooie in hulle harte die keer.
So wat het verander aan die verbond?

Die wet sal steeds onderhou word, die keer net omdat dit in hul harte geskryf is, en dit uit hulle sal vloei, instede van uit hul eie dade probeer doen!
So wie se God wie sal vir Hom n volk wees? Wie is God se Israel?
Kom ons kyk bietjie verder wat daar gese word oor wie God se Volk is:
wat se Paulus oor die Jode van sy dag?
Gal 4:25 want Hagar staan vir die berg Sinai in Arabië en kom ooreen met die teenswoordige Jerusalem en is met haar kinders saam in slawerny.
En wat is hulle kondisie?
Rom 10:3 Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie.
MAAR NOU:

Hoor wat se Paulus:
Gal 4:31 Daarom, broeders, ons is nie kinders van die slavin nie, maar van die vrye.
Wat se Paulus in werklikheid?

Hy se die Jode van sy dag, was kinders van Hagar, en was nie regtig Jode nie!
Hoekom nie? Want die Jode sal kinders van Isak wees! En die Jode van sy dag is nie werklik deel van die nuwe verbond nie!
So is fisiese Israel van vandag die volk van God? Paulus se nie eers die Israel van SY dag was deel van God se volk nie, so verseker is vandag se Israel ook nie letterlik die volk van God nie!
So wie IS dan die ware Jode en die kinders onder die verbond van Sara?
Wie is die enigste ware saad van Abraham? Wie is die saad van Abraham wat die beloftes verdien wat aan Abraham gemaak is? Wie is die enigste saad wat die verbond onderhou het?
Dit is Jesus alleen!

So waar pas ons dan in die prentjie in?
Joh 1:12 Maar almal wat Hom (Jesus) aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
Joh 1:13 wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is.
Joh 1:13 wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is.
Jy sien, jy is nie n Jood of deel van Israel as jy so gebore is nie, jy word deel van Israel wanneer jy Jesus aanneem alleenlik!
En vir die wat dit nie kan glo nie, hier is n paar verse wat dit so beaam:
Rom 2:28 Want nie hy is ‘n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie dít is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie;
Rom 2:29 maar hy is ‘n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.
Rom 9:6 Maar ek sê dit nie asof die woord van God verval het nie; want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie.
Rom 9:7 Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar: in Isak sal jou nageslag genoem word.
Rom 9:8 Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag.
Rom 9:8 Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag.
Joh 8:32 En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.
Hoe word jy dan vry?
Joh 8:36 As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.
Die gesprek gaan verder, om ons beter te verduidelik:
Joh 8:33 Hulle antwoord Hom: Ons is die geslag van Abraham en het nog nooit vir iemand slawediens verrig nie; hoe sê U dan: Julle sal vry word?
Het Jesus enige betekenis aan die letterlike geslag van Abraham gekoppel?? NEE, verseker NIE!
Dit gaan verder:
Joh 8:37 Ek weet dat julle die geslag van Abraham is.. (Jesus se Hy weet hulle is die letterlike afstammelinge van Abraham, maar wie se Jesus is hulle vader?)
Joh 8:41 Julle doen die werke van jul vader.
Joh 8:44 Julle het die duiwel as vader..
Weereens Jesus se antwoord:
Joh 8:42 En Jesus sê vir hulle: As God julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het uit God uitgegaan en gekom; want Ek het ook nie uit Myself gekom nie, maar Hy het My gestuur.

So as die Jode van vandag Jesus verwerp, word hulle as afstammelinge van Abraham gereken? Nee! Is hulle geregtig op enige beloftes wat God aan Abraham gemaak het? Nee!!
wat het Jesus nog gese oor hierdie onderwerp. Die Samaritaanse vrou kom na Jesus en vra vir Hom:
Joh 4:20 Ons vaders het op hierdie berg aanbid, en julle sê dat die plek waar ons behoort te aanbid, in Jerusalem is.
Joh 4:21 Jesus sê vir haar: Vrou, glo My, daar kom ‘n uur wanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem die Vader sal aanbid nie.

Comment