Announcement

Collapse
No announcement yet.

DIE VERBORGE NAAM IS JERUSALEM

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Inligting DIE VERBORGE NAAM IS JERUSALEM

    Hiermee 'n uitreksel van 'n Word dokument wat ek ontvang het per e-pos van een van die deelnemers op die forum. Dit is een van sy studiestukke wat hy self geskryf het. Ek sal nie name noem nie. Dit is absoluut skokkend. Hy het dit selfs vir my Pastoor gestuur. Verwaand!

    Babilon (Jerusalem) die moeder hoer.

    Ons het reeds verduidelik wat of wie hierdie dier of rooi draak is met sewe koppe en tien horings.
    Openb. 17:3; ek het ‘n vrou sien sit op ‘n skarlakenrooi dier vol godslasterlike name, met sewe koppe en tien horings.

    Hierdie vers sÍ; ‘n vrou sit op bedoelende, ‘n vrou regeer hierdie dier.

    Wie is hierdie moeder hoer wat geboorte gegee het aan alle hoere op aarde?
    Vers 4; die vrou was bekleed met purper en skarlaken en versierd met goud en kosbare stene en pÍrels, en sy het in haar hand ‘n goue beker gehad, vol van gruwels en die onreinheid van haar hoerery.
    Vers 5; op haar voorhoof was ‘n naam geskrywe; VERBORGENHEID, DIE GROOT BABILON, DIE MOEDER VAN DIE HOERE EN VAN DIE GRUWELS VAN DIE AARDE.

    Wat is haar verborge naam?


    DIE VERBORGE NAAM IS JERUSALEM; sy het geboorte gegee aan alle hoere/gelowe op aarde en gruwels, WANT SY IS DIE TORING VAN VERWARRING.
    Sy is die moeder van; die verwarring in godsdiens want elkeen van haar kinders/gelowe verskil die een van die ander en blameer mekaar.
    Vers 15; die waters wat jy gesien het waar die hoer op sit is volke en menigtes en nasies en tale.
    Die waters = die gees van die verskillende gelowe; die verskillende geestelike torings wat die atmosfeer bereik het.
    Water simboliseer altyd gees.
    Openb. 17:2; met wie die konings van die aarde gehoereer het, en (al) die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar hoerery.
    Wyn is ook ‘n simbool van gees en daarom sÍ hierdie vers; almal van ons is dronk gemaak met die gees uit die goue beker van die hoer. Die goue beker simboliseer ook dat sy die gees besit/beheer.

    Waarom word sy ‘n vrou genoem, want alle gees = manlik?
    Hierdie vers sÍ; jy is dronk van die wyn van Jerusalem se gruwels.
    Kan jy dit bevestig? Ek kan!!!

    Waar kom hierdie vrou se gees vandaan, want hierdie vrou is simbool van die gees van die rooi draak? Wat hierdie vers werklik sÍ is; sy regeer oor hierdie gees en is nie die gees self nie.


    Sy word vrou genoem want ons het die vrou verheerlik, gees gegee aan die vrou, byvoorbeeld; ons het die vrou/Jesus aan die kruis verheerlik, en ons het Jerusalem, Mecca, sigbare heilige plekke verheerlik. Daarom is hierdie verborge vrou/hoer, Jerusalem.

    Wie is haar man? Wie is sy?
    Ons het haar beklee met eer, goud en kosbare stene en pÍrels, bedoelende ons het haar die hoogste eer gegee. Sien vers 4.
    In haar hart het sy gesÍ; ek is ‘n koningin, ek is nie manloos nie, en ek ken geen hartseer nie.

    Sy is Jerusalem aan wie ons eer bewys het; ons sÍ; sy is ons ma, sy is die ma van Jesus ons God.


    Openb.17:18; die vrou wat jy gesien het is die groot stad wat HEERSKAPPY VOER oor die konings van die aarde.

    Ons het Jesus aan haar gegee as man, en daarom sit sy as koningin om te regeer en haar man is Jesus. Lees Openb. 18:7.

    Logies is dit Jerusalem want sy beinvloed die besluite van die hele mensdom en die leiers/konings van die aarde. Sy regeer die mensdom, want sy is die moeder en vrou van ons God.


    Ons noem haar die Heilige stad in ‘n Heilige land; ons sÍ sy sal vir ewig wees, sy is die hoofstad van die so-genaamde heilige land.
    MAAR SY IS NIE DIE MOEDER VAN DIE SEUN VAN DIE MENS, WANT SY HET GEBOORTE GEGEE AAN SATAN.
    Dit is lagwekkend om hierdie stad of land heilig te noem as mens na al die oorloe en lyding kyk.
    Ek sÍ; JERUSALEM is die hoofstad van Satan.
    Ek sÍ; JERUSALEM is die hoofstad van die hel.
    Ek sÍ; hulle wat hulself Jode noem, is nie Jode nie. Lees Openb. 2:13 en 3:9
    Net hulle = elkeen op aarde, wat die besnydenis nie in die sinne/die vleis/die penis het nie, maar in die hart/siel = Jode/ISRAEL. Ook hulle wat hul die reg toe eien om jood genoem te word het die siel ontvang as geskenk van God, of hulle dit wil he of nie.

    Jerusalem is die hoofstad van alle verwarring, hoere, gruwels en vuilheid. Sy is immers die toring van Babel waar God ons kom verwar het. Jerusalem het geboorte gegee aan die seun van verderf; al haar volgelinge sterf, gaan na die verderf en brand in die helse vure, want as jy haar seun volg gaan jy na die verderf.
    Hoe anders sou die vroue op aarde gered word want hulle het geen penis om te besny nie? Hoe blind kan ons tog wees? Hoe blind kan hulle wees wat hulself Jood noem? Skaam julle!!!
    Ja, maar blind is hulle wat hul hoofde teen ‘n sogenaamde heilige muur slaan. ‘n Heilige muur?

    Openb.18:24; die bloed van profete en heiliges is in haar gevind, EN VAN ALMAL WAT OP DIE AARDE GEDOOD IS.


    Vers 5; haar sondes reik tot aan die hemel ---

    Jerusalem het alle lewe op aarde uit haar beker laat drink; sy het almal van ons dronk gemaak, mal gemaak met haar wyn/gees. Sy het ons verwar. Kan enigeen van julle dit ontken? Kan jy?
    Jes.47:7; ek sal in ewigheid wees, gebiedster vir altyd ---(‘n ma en vrou van God/Jesus. Lees ook Eseg. 28:2-8.)
    Om Jerusalem se onthalwe maak mense mekaar daagliks dood.

    Lees Openb. 17:2 en Jerm. 51:6, 41,42,47,64.


    Jerusalem self is dronk van die bloed van die heiliges en die bloed van die martelare van Jesus.

    MAAR, DIT IS ‘N LEUEN dat een persoon vir ons sonde gesterf het, want sy is ma van ALLE leuens, want ons is die geslagte skaap, ons eie liggaam/Jesus het homself gegee vir ons sondes.
    Waarom al hierdie dinge?
    Omdat sy ons verblind het, ons vertel het dat slegs een persoon vir ons sondes gesterf het, en ons moet hierdie man verheerlik, maar terwyl ons dit doen is ons die martelare van Jesus, want ons ly en sterf.

    Meer omtrent haar leuens.


    1)Dit is eenvoudig nie waar om te sÍ;

    een man, een liggaam is vir ons sonde gekruisig op ‘n heuwel naby Jerusalem; dit is ‘n leuen, want ons is almal gekruisig in/op ‘n heuwel genoem Golgota, naamlik IN JOU BREIN.


    2) Christus is begrawe in ‘n graf naby Jerusalem –

    Christus is in jou begrawe; jy is sy lewende graf. Die bybel sÍ hy is begrawe in ‘n graf waarin niemand nog ooit begrawe is nie.

    3) Dit is nie waar nie, ‘n leuen om te sÍ Jerusalem is die ma, die stad waar Christus gebore is --- Jerusalem is die ma van Satan die ma van die no 666.


    4) Dit is ‘n leuen om te sÍ dat Jesus Christus ‘n ewige naam is – hierdie naam kom NOU tot sy einde, want die naam Jesus Christus sal in die hemel wees slegs tot die wederoprigting. Lees Hand.3:21 en Openbaring 3: 12.


    5) Dit is ‘n leuen om te sÍ dat Jerusalem die hoofstad is en dat die tempel weer hier herbou sal word –


    Kaapstad die moederstad, met heuwel Sion/Tafelberg sal die ewige hoofstad wees.


    Sion beteken; permanente hoofstad, ‘n teken/merk, ‘n monumentele of vergulde pilaar. Dit beskryf Kaapstad waar die nuwe beeld van God uitgekerf is; die Tafel, die Moeder Stad, Kaap van goeie hoop, Duiwels piek, Sein heuwel, Leeu kop, die Twaalf Apostels en Judas piek.

    Hier is ‘n foto van Kaapstad die Moederstad waar die beeld van God uitgekerf is.
    Hierdie name is nie toevallig daar nie, God het hulle gegee.
    Die bybel is duidelik; daar is ‘n nuwe naam en die naam is Kaapstad die Moeder stad; lees Jesaja 62: 2 en Openbaring 3: 12. Lees ook; Joh. 4:21.

    Mag die Here ons genade gee vir sulke Godslaterlike valsheid! Dit is maar een uitreksel uit die persoon se dokument. Ek bid vir jou. Mag die Here se genade oorvloedig wees. Hoe voel God oor hierdie skynbare "hoerstad" soos die skrywer dit noem?

    2 Kronieke 6:6 "Maar Ek het Jerusalem verkies, dat my Naam daar sou wees, en Ek het Dawid verkies om oor my volk Israel te wees."

    Psalm 46:4 (46:5) "Die stroompies van ‘n rivier maak die Godstad bly, die heiligste van die woninge van die Allerhoogste."

    God noem Jerusalem Sy Godstad......die Heilige woning van die Allerhoogste! Die ware Babilon wat hier na verwys moet word is die Rooms Katolieke Kerk. Die pous en die Vatican, Rome. Hulle voldoen aan al die skrywer se kriteria.

  • #2
    Re: DIE VERBORGE NAAM IS JERUSALEM

    Hi Johnny,

    Dis werklik n' skokkende artikel.

    2Pe 2:1 Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloŽn en Ďn vinnige verderf oor hulleself bring; 2Pe 2:2 en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word;


    Groete

    Comment


    • #3
      Re: DIE VERBORGE NAAM IS JERUSALEM

      ".....en baie sal hulle verderflikhede navolg...."
      Geen wonder dit is top verkopers nie!

      Comment


      • #4
        Re: DIE VERBORGE NAAM IS JERUSALEM

        Hey Johnny, ek het nie geweet jy en Johan777 stuur epos vir mekaar nie...

        Het hy enige Bybelverse kon aanhaal om sy volgende stelling enigsens mee te rugsteun???:
        DIE VERBORGE NAAM IS JERUSALEM; sy het geboorte gegee aan alle hoere/gelowe op aarde en gruwels, WANT SY IS DIE TORING VAN VERWARRING.
        Kyk hierdie VALS aanname wat hy sommer direk daarna maak:
        Vers 15; die waters wat jy gesien het waar die hoer op sit is volke en menigtes en nasies en tale.
        Die waters = die gees van die verskillende gelowe; die verskillende geestelike torings wat die atmosfeer bereik het.
        Water simboliseer altyd gees.
        Die Vers (en dus die Bybel SELF!!) sÍ die Waters IS volke en menigtes en nasies en tale. Jou man hier kwoteer dit selfs. En dan in TOTALE teenstrydigheid daarmee sÍ hy dan:
        Water simboliseer altyd gees.
        in totale ignorering dat die vers nounet gesÍ het dit beteken so nie gees nie!!!!

        Oor die res wil ek nie eers kommentaar lewer nie!

        Comment


        • #5
          Re: DIE VERBORGE NAAM IS JERUSALEM

          Om die waarheid te se is jou aanname verkeerd. Ons stuur nie e-posse vir mekaar nie en ek weet ook nie of die persoon Johan777 is soos jy skynbaar van bewus is nie. Ek kry gereeld e-posse van valse leraars om ons aan te vat oor ons lering, dan is dit die snert met wat ek opgeskeep moet sit. Ek vra nie daarvoor nie......dit kom maar net.....soos die SDA se DVD's ook. As ek vooraf weet wat die materiaal behels wat mense vir my wil stuur, dan kan ek sommer daar op die staanspoor die offer van die hand wys.

          Maar jy weet mos hoe werk die satan. Sal vir jou "clandestine" stuur om jou te probeer vang. Ek is 'n aap, maar 'n ou aap!

          Comment


          • #6
            Re: DIE VERBORGE NAAM IS JERUSALEM

            Tafelberg? Sion?

            Ek weet die Kapenaars is nogal gaande oor hulle berg, maar Sion?!

            ...En die myndump in Benoni is seker dan Mt Hermon en Harties is die see van Galilea, nÍ?

            Dis iets wat nogal snaaks is van hierdie ketters. Hulle is so opgeblase dat hulle nie net hulself as spesiaal sien nie, maar selfs die spesiale plekke in die Bybel skuif na waar ookal hulle hulself bevind.
            SO sal mens vind die Amerikaanse ketters skuif al die spesiale plekke in die Bybel na Amerika toe.
            Britse ketters skuif alles Brittanje toe.
            Suid Afrikaanse ketters interpreteer alles as Suid Afrika.

            Wat 'n spul bollie

            Comment


            • #7
              Re: DIE VERBORGE NAAM IS JERUSALEM

              Originally posted by chisel View Post
              ...En die myndump in Benoni is seker dan Mt Hermon en Harties is die see van Galilea, nÍ?

              LOL !!!

              Chisel op sy beste.

              Comment

              Working...
              X