Announcement

Collapse
No announcement yet.

Die Verborgenheid van Babilon

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Die Verborgenheid van Babilon

    Ek het onlangs 'n studie gedoen van die okkulte, kabbala, vrymesselary, teosofie, ens. Dit kan alles herlei word tot Babilon, en Luciferianisme. Hier is heelwat werk in en dit was in baie opsigte vir my 'n eye-opener.

    Dit raak ook aan die veld van sameswerings-teorieŽ, en die organisasies en sisteme wat die wÍreld regeer.

    Skakel
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  • #2
    Wat maak n Christen met oorweldigende negatiewe inligting?

    Philip,
    Ek het jou draad gelees en dis alles baie interessant. Van die inligting het ek geweet en ander weer nie. Ek het ook onlangs die DVD gekyk oor die getuienis van die vrou Arizona Wilder wat o.a. openlik praat oor die Illuminati-georkestreerde moord op Prinses Diana en die bose praktyke van die Britse koningshuis, internationale wereld politici en leiers van die geldmagte soos bv die Rothchilds. Dis n riller en ek het werklik net die DVD klaargekyk om te sien of die vrou tot geloof in Jesus kom , maar hulle het nie gese nie. Nou my vraag : Wat maak n Christen met sulke oordonderende negatiewe inligting? Ek persoonlik wil die inligting he maar ek wil eerder my tyd saam met God in Sy Woord spandeer. Ek weet 'my volk gaan te gronde weens n gebrek aan kennis',maar ek wil van so n onderwerp net genoeg weet om dit te weerstaan en dan my tyd en aandag aan die dinge van Jesus spandeer.

    Comment


    • #3
      Protea, ek hoor wat jy sÍ. Ek dink dat dit mens help om die wÍreld beter te verstaan. Dit is belangrik om onderskeidingsvermoŽ te hÍ, veral wanneer babilon in die kerk begin insluip. Ek sien dinge soos postmodernisme, new age denke en die emergent church beweging bv. as die vrugte van die onderstrominge van die verborgenheid van babilon.

      Ek dink dit gaan al moeiliker wees in die tye waarin ons lewe om te bly vashou aan die waarheid
      Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

      Comment


      • #4
        Ingeligte Christene

        Originally posted by protea View Post
        Nou my vraag : Wat maak n Christen met sulke oordonderende negatiewe inligting? Ek persoonlik wil die inligting he maar ek wil eerder my tyd saam met God in Sy Woord spandeer. Ek weet 'my volk gaan te gronde weens n gebrek aan kennis',maar ek wil van so n onderwerp net genoeg weet om dit te weerstaan en dan my tyd en aandag aan die dinge van Jesus spandeer.
        Protea, ek hoor jou, maar ek voel tog dat elke volwasse Christen redelik ingelig behoort te wees t.o.v. die okkulte. Daar is baie mense in die wereld wat vrae het oor hierdie onderwerp, en ons moet hulle kan help en hulle vrae kan beantwoord.

        Ek kom uit 'n okkultiese agtergrond, en ek het letterlik jaaare van my lewe weggegooi omdat ander Christene (bv. my pa wat 'n NG ouderling was, sowel as ander kerkmense) nie my vrae hieroor kon beantwoord nie. Nie dat ek andere vir my dwalinge blameer nie - dit was regtig alles my eie skuld. Ek het wel geleer dat dit belangrik is dat Christene hieroor ingelig moet wees.

        Ek sal voorstel dat jong Christene vir eers van hierdie onderwerp af wegbly en daarop konsentreer om hulle verhouding met God te versterk. Volwasse Christene behoort hierdie inligting te kan hanteer, maar onderskeiding is hier baie belangrik. As iemand dalk ongemaklik hieroor voel, is dit beter om dit vir eers maar te los. Liewers Bangjan as Dooiejan

        En ja, die okkulte het op baie slinkse maniere selfs in die kerk ingekruip. Christene moet ingelig wees en vir onderskeiding bid. Die tye waarin ons lewe vereis dit.
        Jeremiah 29:11
        "For I know the plans that I have for you,í declares the Lord, Ďplans for welfare and not for calamity to give you a future and a hope." (NASB)

        Comment


        • #5
          Dankie Philip en Paidforinfull, ek verstaan en sien julle punt ook in. Die DVD oor Arizona Wilder het ek vir goeie vriende geleen en net op grond van wat ek vertel het, het hulle besluit om dit nie te kyk nie en vir my laat weet ek moenie my ophou met sulke sataniese inligting nie. Hulle vra my toe of hulle die DVD kan vernietig en ek gee toe maar n oorblufte toestemming. En 2 dae daarna toe soek n jong man wat met sataniste werk daardie inligting. Nou my argument: Deur jou kop onder die kussing in te druk en die bestaan van die bose te ontken, gaan dit nie die bose vernietig of verjaag of laat uitbrand of wat ook al nie. Dit laat my dink aan die bobbejaantjies met die 'see no evil', 'speak no evil' en 'hear no evil' gesiggies. Die bose is ongelukkig n realiteit in die lewe om ons en met die Heilige Gees se beskerming het ek (al het ek kennis daarvan )niks te vrees nie!

          Comment


          • #6
            Dankie Paidforinfull en Protea vir julle respons. Dit is natuurlik so dat mens baie versigtig moet wees as mens werk met kennis oor die werking van die duisternis. Ons moet onsself onderwerp aan God en in Sy beskerming bly.

            Wat vir my egter net weer getref het van die studie oor die okkulte is dat dit nie net iets is wat as't ware "ondergronds" of in die duisternis gebeur nie. Die woord "okkulties" beteken gewoon "verberg / weggesteek." Ďn Bekende slagspreuk van okkultiste is: ďThe truth is always hidden in plain sight.Ē

            Hierdie "truth" waarna verwys word is okkultiese kennis, of te wel, diepere, esoteriese kennis. Maar dit is weggesteek "in die openbaar" of "ten aanskoue van almal." Hiermee word bedoel dat okkultiese boodskappe dikwels in die openbare media, in argitektuur, of in openbare kommunikasie verskuil lÍ, maar die gewone ou sal nie daarvan weet nie, net die ingelyfdes in die okkulte.

            Ons samelewing is oortrek van die okkulte. Om net een voorbeeld te noem, is Washington DC uitgelÍ op grond van okkultiese simbole. George Washington was 'n 33'e graadse Vrymesselaar. Ek bespreek in my studie dat Vrymesselary slegs 'n bepaalde manifestasie is van die okkulte.

            Die beginsel "as above, so below" is ook 'n sterk okkultiese beginsel. Dit verwys daarna dat daar as't ware geheime inligting van alles wat op aarde gebeur, asook van elke individu in die sterre opgesluit lÍ. Astrologie is daarom hoogs okkulties.

            Selfs iets "onskuldigs" soos bygelowigheid het sy oorsprong in die okkulte, want dit veronderstel dat daar geheime krag is in sekere getalle of dat sekere handelinge dieper / okkultiese betekenis dra of verskuilde krag inhou.
            Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

            Comment


            • #7
              Philip,
              Ek verstaan die begrip 'okkulte' as die oorkoepelende sambreel en die veelvuldige 'speke' die Illuminatie, die Rotariers, Roundtable, ens om maar werklik net n paar te noem. Hierdie organisasies beheer die wereld se ekonomiee, die politiek (Kan jy president word van n land SONDER om aan bg organisasies te behoort?), die media (hulle besluit wat jy moet hoor en sien en ontlok daardeur reaksie wat fyn deur hulle georkestreer is) en helaas ook die kerk wat veronderstel is om die kudde te lei en wat in baie gevalle faal in die onderskeiding tussen reg en verkeerd. Ek wonder baiekeer of dit opsetlik is en of die herders bloot net nie die onderskeidingsvermoe het nie. Maar dat ons vinnig na die Nuwe Era godsdiens op pad is , is verseker. Beheer oor die kerk is die laaste terrein wat die bose moet inpalm om totale beheer oor die mens te verkry. Nou is my vraag : As die herders in n gemeente nie die 'tekens' kan 'lees' nie , wat staan die gewone lidmaat te doen? Die meeste gewone lidmate wat wel die tekens reg lees kry so gou n etiket om die nek van iemand wat vir satan agter elke bos sien. Maar IS satan nie vandag feitlik agter elke 2e bos nie...?

              Comment


              • #8
                Philip

                Dankie vir die artikel. Dit is baie interesant. Ek het al redelike kennis opgedoen oor vrymesselary en babeloniese okkulte. Dit is wel die eerste kombinasie met verskeie Joodse gelowe wat ek lees. Ek hou 'n harde kopie vir verwysing tydens berading. Dit is skrikwekkend hoe baie alledaagse mense in hierdie strikke val of voorouers uit die range het. En die strikke het nagevolge in mens se lewens, alhoewel baie daaroor stry.

                Het jy tydens jou navorsing enige konnotasies tussen vrymesselary, broederbond, ossewa brandwag en Voortrekker generale gekry? Ek het al gehoor dat mense beweer dat daar wel konnotasies is maar bewerings bring mens nie ver nie. En Afrika leiers?

                Comment


                • #9
                  Originally posted by Philip dT View Post
                  Ek het onlangs 'n studie gedoen van die okkulte, kabbala, vrymesselary, teosofie, ens. Dit kan alles herlei word tot Babilon, en Luciferianisme. Hier is heelwat werk in en dit was in baie opsigte vir my 'n eye-opener.

                  Dit raak ook aan die veld van sameswerings-teorieŽ, en die organisasies en sisteme wat die wÍreld regeer.

                  Skakel
                  Philip,

                  Ek het al 'n redelike stuk gelees van die artikel en dit is regtig 'n stukkie goud, wat ek glo nog baie gebruik gaan word, deur baie mense.
                  The Rapture

                  My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
                  but I must confess, donít worry
                  the rapture is not before the Great Tribulation
                  itís before Godís wrath!!!

                  Because His wrath is not meant for you
                  itís for all the people in the zoo
                  think about it and refreshÖ
                  you will see thereís no way out of here, in the flesh

                  If you really believe, you will see
                  the rapture is for you and me
                  when we decide to leave from here
                  that very day, oh! God adhereÖ


                  Comment


                  • #10
                    Baie dankie.

                    Originally posted by Philip dT View Post
                    Ek het onlangs 'n studie gedoen van die okkulte, kabbala, vrymesselary, teosofie, ens. Dit kan alles herlei word tot Babilon, en Luciferianisme. Hier is heelwat werk in en dit was in baie opsigte vir my 'n eye-opener.

                    Dit raak ook aan die veld van sameswerings-teorieŽ, en die organisasies en sisteme wat die wÍreld regeer.

                    Skakel
                    Haai Philip - baie dankie vir jou artikel. Ek het nog nie kans gekry om dit rustig te sit en deurwerk nie, maar aan dit wat ek alreeds gelees het ek kan ek sien dat dit 'n besondere goeie artikel is. Ek gaan dit uitdruk en so studeer, want dit is vir my makliker as om dit op die komper te lees.

                    Blessings.
                    Jeremiah 29:11
                    "For I know the plans that I have for you,í declares the Lord, Ďplans for welfare and not for calamity to give you a future and a hope." (NASB)

                    Comment


                    • #11
                      Phillip,
                      My mond hang oop. Ek en my vrou het PRESIES hierdie gesprek gister gehad oor hoe alles afgebreek kan word tot die stryd wat in Genesis begin het, die stryd tussen goed en sleg. Jou studie lyk op die oog af werklik volledig, sal dit bestudeer en terug kom na jou met beter kommentaar.

                      Comment


                      • #12
                        Originally posted by protea View Post
                        Kan jy president word van n land SONDER om aan bg organisasies te behoort?
                        Op grond van Protea se vraag, my eie : (Indien naief vra ek om verskoning) Kan iemand wat nie blank is nie deel word van hierdie groepe ?
                        Mens lees nog net van wit mans wat leiersposisies bekleŽ (het), en indien daar wel sulke beperkinge binne hierdie organisiasies bestaan, sien ek 'n reuse probleem in die VSA aan die kom. Obama is nie blank nie, maar het oŽnskynlik die oorgrote steun van die publiek. Implikasies ?

                        Comment


                        • #13
                          Originally posted by Die Filadelfieer View Post
                          Op grond van Protea se vraag, my eie : (Indien naief vra ek om verskoning) Kan iemand wat nie blank is nie deel word van hierdie groepe ?
                          Mens lees nog net van wit mans wat leiersposisies bekleŽ (het), en indien daar wel sulke beperkinge binne hierdie organisiasies bestaan, sien ek 'n reuse probleem in die VSA aan die kom. Obama is nie blank nie, maar het oŽnskynlik die oorgrote steun van die publiek. Implikasies ?
                          Fila ,
                          Ek neem aan dat daar nie n kleurskeidslyn is nie. My motivering: Hoekom doen Mogabe net wat hy wil en die wereld gryp nie in nie? Ek neem aan hy het vrinne in hoge posisies wat vir hom 'cover' en beskerm .

                          Comment


                          • #14
                            simonpetra skryf:
                            Philip

                            Dankie vir die artikel. Dit is baie interesant. Ek het al redelike kennis opgedoen oor vrymesselary en babeloniese okkulte. Dit is wel die eerste kombinasie met verskeie Joodse gelowe wat ek lees. Ek hou 'n harde kopie vir verwysing tydens berading. Dit is skrikwekkend hoe baie alledaagse mense in hierdie strikke val of voorouers uit die range het. En die strikke het nagevolge in mens se lewens, alhoewel baie daaroor stry.
                            Die artikel wat ek hier lys, bespreek nie al die vorme van okkulte nie. Ek het net op 'n paar van die hoof-manifestasies daarvan gekonsentreer. My oogmerk was om agter die kap van die byl te kom en nie om 'n volledige studie van alle vorme van okkulte te doen nie. Daarvoor sal mens boeke moet vol skryf. Ek het wel op 'n ander plek op my blad notas gemaak (nie uitgebreide artikel nie) wat meer spesifiek 'n "checklist" is vir berading. Daarin is 'n meer volledige lys van die okkulte. Dit is ongelukkig in Engels: hier
                            Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

                            Comment


                            • #15
                              Philip

                              Dankie vir die link na die lys. Waarna ek eintelik opsoek is, is informasie wat, soos jy in jou artikel die lyne getrek het tussen Babilon, Cabalah en Vrymesselary, iets wat duidelik die lyne kan trek tussen Vrymesselary en die organisasies waarin ons Afrikaner-voorouers kon behoort het. Byvoorbeeld gesagspersone wat aan beide organisasies behoort het of nou bande gehad het ens.

                              Die rede hoekom ek daarna soek- met berading sal die Heilige Gees iets uitwys t.o.v. geheime organisasies. Maar as die persoon wat gekom het vir gebed nie glo dat daar enige iets verkeerd is met die organisasie nie dan kan mens nie daardeur bid en daarvan los kom nie. Ek hou dan daarvan om mense huis toe te stuur met leeswerk om vir hulself te besluit.

                              Ek het gehoop jy het dalk erens meer informasie wat die bg betref. Maar soos reeds gese, dit wat daar reeds is, is goud werd.

                              Comment

                              Working...
                              X