Announcement

Collapse
No announcement yet.

Die Herstel van Israel

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Bespreking Die Herstel van Israel

    Twee drade is versoen met mekaar, die oorspronlike draad ' Die Herstel van Israel' wat deur Ben Cronje begin is, met plasings #27 en daarna, van die draad, '13 Tekens van die eindtye'.
    The Rapture

    My dearest friends, Im so sorry so sorry
    but I must confess, dont worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    its before Gods wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    its for all the people in the zoo
    think about it and refresh
    you will see theres no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhere

  • #2
    Re: 13 Tekens van die eindtyd

    Teken 13 - Die herstel van Israel

    Al ooit gewonder waarom die 144 000 Jode gaan wees wat die evangelie verkondig en nie 144 000 groot predikers van die kerk nie? Ja, ek weet daar is die siening dat Open. 7 praat van die sg. "Israel van God" of die Christene wat Israel geword het. Maar ek val nie vir dit nie. In die Bybel is Israel nog altyd Israel en 'n Jood is 'n Jood. Lees die volgende stuk.

    Die vrdrukking is Israel-tyd

    Open. 7:3,4 “en ges: Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die diensknegte van onse God op hulle voorhoofde versel het nie. En ek het die getal van die verseldes gehoor: honderd-vier-en-veertigduisend verseldes uit al die stamme van die kinders van Israel.“

    Verstaan dit asseblief mooi: Die Groot Verdrukking van sewe jaar is Israel-tyd. Hier word 144 000 Jode in di tyd versel om die evangelie van die koninkryk in die Verdrukking te verkondig. Maar hoekom Jode? Hoekom nie 144 000 van die grootste predikers van die kerk nie? Maar natuurlik. Die ware gelowiges van die bedeling van genade is nie meer op die aarde nie! Die wegraping het plaasgevind! “Hy wat nou tehou, is uit die weg geruim” (2 Thess. 2 - Die Heilige Gees in die lewe van die Liggaam van Christus op aarde).

    Hierdie 144 000 Jode sal waarskynlik kom uit die geledere van die “Messiaans–gelowige Jode" wat nou in Israel woon en ook in ander dele van die wreld. Hulle glo in Christus en moet dus gered wees, maar is tog nie deel van die Liggaam van Christus nie, want hulle het nie uit Israel uitgegaan nie en is nog onder die wet en die besnydenis wat beslis nie ‘n kenmerk van die Liggaam van Christus is nie. Verder is dit so dat baie verse s daar is geen onderskeid tussen verskillende volke binne die Liggaam nie. Maar die Messiaanse Jood glo dit nie. Hulle dink Israel is steeds die super-ras en die volk van God op aarde.

    Maar Israel is verwerp. God het nou geen volk op aarde nie. Binne-in die Liggaam is almal gelyk. Daarom beskou hierdie Messiaanse Jode hulleself ook nie as deel van die kerk nie, maar steeds as Jode. Ek glo hulle gaan agterbly en gaan saam met Israel die Verdrukking in. Hulle gaan versel word om in di tyd die evangelie te verkondig. Kyk ook weer na Dan. 9:24-27. Die Verdrukking is die sewentigste week van Danil. Dit is Israel-tyd. Dit is die finale tydperk van die 490 jaar waarin daar deur oordeel heen verlossing vir Israel bewerk gaan word.

    Ek s dus onomwonde dat Open. 7 nog ‘n kragtige bewys bring dat die sewe jaar van Verdrukking Israel-tyd is en dat die wegraping plaasgevind het. Mense word versel om die evangelie te verkondig, maar dit is nie Christene nie! Dit is Jode! Die Christene is in die hemel!

    Comment

    • #3
      Re: 13 Tekens van die eindtyd

      Originally posted by David2 View Post

      Interesante pos David. Dit is die eerste keer dat ek hierdie definisie van 'n mesiaanse jood raaklees, ek verstaan dit nog altyd as 'n jood wat bekeer na Christus toe, wat natuurlik impliseer dat , indien daar wel iets soos 'n wegraping gaan wees, hulle ook nie meer op aarde gaan wees met die groot verdrukking nie. Gooi dit nie eintlik 'n spanner in die wegraping wiel nie ?

      Comment

      • #4
        Re: 13 Tekens van die eindtyd

        Hallo David.

        Ek sien jy stem saam dat die 70 week profesie 490 jaar is:
        Originally posted by David2 View Post
        Kyk ook weer na Dan. 9:24-27. Die Verdrukking is die sewentigste week van Danil. Dit is Israel-tyd. Dit is die finale tydperk van die 490 jaar waarin daar deur oordeel heen verlossing vir Israel bewerk gaan word.
        So dit is n eenheid van 490 jaar.
        As die 490 jaar begin in 445 v.C;

        Originally posted by Henry44 View Post
        Daar het 69 jaarweke verloop vandat koning Artasasta op 1 Nisan 445 v. C aan Nehemia toestemming gegee het om Jerusalem te gaan herbou tot met Jesus se kruisiging op 14 Nisan 32 n.C.Maw 483 profetiese jare van 360 dae elk in total is 173880 dae. Op ons Gregoriaanse kalender van 365 gedeel deur 173880 is dit gelyk aan 476.06 seisoen jare. Op hierdie kalender het die 69 jaarweke dus op 23 Maart 445 v.C in aanvang geneem en geeindig op 11 April 32 n.C
        ...moes dit eindig in 39 n.C.

        Om die laaste week te vat en in die toekoms te plaas is dit dus:
        483 jaar + meer as 2000 jaar tot jul groot verdrukking + 7 jaar verdrukking = > 2490 jaar!!!!

        >2490 jaar is vir seker meer as 490 jaar.

        Nerens na my wete in die geskiedenis word jare getel met die weglating van eeue tussen-in nie. Ek persoonlik het nog nooit in n hedendaagse Geskiedenis handboek of op die internet as 'n voorbeeld gelees dat Jerusalem se vernietiging in 70AD byvoorbeeld 550 jaar terug gebeur het (met weglating van die donker middeleeue want dit tel nie) nie....

        Verstaan my dillema?

        Comment

        • #5
          Re: 13 Tekens van die eindtyd

          Ek sien nie jou dillema raak nie. Lees weer mooi hoe die profesie van Dan. 9 verwoord is. Die laaste sewe jaar van die profesie word heeltemal los en afsonderlik van die res van die verhaal vertel. Duidelik eindig die 483 jaar by die kruisiging. En dan word die verhaal van die Antichris opgeneem in die laaste sewe jaar. Om die laaste sewe jaar direk na die kruis te probeer inpas is volkome onmoontlik. Daar is nie in daardie tyd 'n volkome verlossing vir Israel bewerk soos die profesie van Daniel dit voorhou nie. Die volkome verlossing van Israel kom eers aan die einde van die sewe jaar van verdrukking en dit word deur al die profete bevestig, ook deur Sagaria 12-14 in besonder. Verder word die "gruwel van verwoesting" waarvan Daniel praat ook duidelik in die profetiese rede aangespreek en daar word onomwonde ges dat dit die groot verdrukking is wat sal uitloop op die terugkeer van Jesus na die aarde. Die groot gaping tussen die 69 ste en die sewentigste week van Daniel word dus ook in die profetiese rede in die Evangelies duidelik motiveer.

          Verder moet jy daarop let dat die bestaan van die volk Israel as God se volk opgehou het. Volgens die profesie van Hosea is Israel nou lo-ami, nie my volk nie. In hierdie tyd wat Israel met 'n hoer getroud is en nie God se volk is nie, loop Israel se jaartelling voor God ook nie aan nie. Ons is nou in die bedeling van genade. Dit is nou nie Israel tyd nie. In die geloofslewe is daar vandag geen status vir Israel voor God nie. Die evangelie gaan uit na almal sonder enige onderskeid. Israel se jaartelling loop nie nou aan nie!

          Hierdie feit dat Israel nie nou bestaan nie, kom nie net in Hosea voor nie, maar in meeste van die ander profete. Gaan kyk bv. na die 2000 jaar gaping tussen Sagaria 9:9 en 10. Hierdie gaping kan jy by tientalle plekke in die profesie optel. Selfs Paulus bevestig dit as hy duidelik en herhaaldelik aankondig dat ons nou in die tyd van die "verborgenheid", die groot geheim, leef. OT profesie praat nie van die tyd nie. Israel verwerp sy Messias en hou op bestaan. Dan gaan hulle geskiedenis weer aan as die verdrukking begin, nadat die kerk van vandag, die groot verborgenheid, uit die weg geruim is.

          Comment

          • #6
            Re: 13 Tekens van die eindtyd

            David, ek verstaan jul interpretasie heeltemal, maar glo dat dit verkeerd is, aangesien dit Jesus se offer vir sonde afmaak as niks. Of 'n persoon aanvaar dat Jesus die Lam was, of nie. Ons kan nie die een helfte van die evangelie van Jesus aanvaar en die ander nie. Jesus moes die verbond vervul. As Hy dit gedoen het soos ek glo, kan daar nie 'n tweede n tweede koms wees nie. Hy het self aan die kruis ges "Dit is volbring". So dit is nie nodig om weer te kom en nog goeters te kom doen nie. Lees die volgende en dan sal jy my standpunt verstaan.

            Daar is al baie boeke geskryf oor Daniel se sewentig weke, en hoe dit genterpreteer moet word. Oor die eerste 69 weke is almal dit min of meer een dat dit al verby is en dat dit dui op die tydperk van die terugkeer uit ballingskap tot en met die koms van Jesus. Die laaste week is die een wat skielik so 160 jaar gelede deur n sekere Darby nuwe betekenis aan gegee is, en nou harloop almal wat nie sterk is in die geloof, agter hom aan. Voor hom was daar geen lering oor n wegraping ooit deur die Kerk verkondig nie. Hy was ook die eerste persoon wat weer onderskeid tussen Israel en die Kerk gemaak het. Die lering het gemaak dat mense vandag duisende rande spandeer om na Israel te gaan en vir die Jode probeer namaak sodat hulle gesien kan word dat hulle deel wil wees van die beweging om weer die tempel in Jerusalem te vestig, en weer allerhande offers in te stel.

            Maar hoe lui Danil se profesie oor die sewentigste week? En hy sal een week lank met baie n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word. (Dan 9:27) Hier profeteer Danil dat in die laaste week, wat eintlik jare is, daar n nuwe verbond gesluit sal word. Wanneer ons na Jesus se bediening kyk, sien ons dat Hy vir drie en n halwe jaar deur Israel gegaan het om die Israeliete te oortuig dat Hy die Christus is, en dat hulle hul moes bekeer en Hom sien vir wie Hy was. Na drie en n half jaar, soos Danil dit uitdruk, in die middel van die week, is Jesus gekruisig. Ons weet ook dat Jesus die volmaakte offer was en vir die Vader aanvaarbaar was, daarom het die offer soos Danil dit noem dus ook opgehou, want dit was nie meer nodig nie.

            Kom ons behandel die gedeeltes kronologies soos deur Danil geskryf. Die verbond wat Jesus gesluit het met ons as Nuwe Testamentiese Christene is die sterkste verbond wat daar kan wees, want die verbond is tussen God die Vader en Jesus Sy seun namens ons gesluit. Ons weet dat Jesus self ges het dat Hy gekom het om die verbond te vervul, daarom is Hy self geoffer, en daarom is dit die sterkste verbond wat daar kan wees. Mat 5:17 Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. So is die verbond met Abraham vervul, wat bepaal het dat mans besny moes word en slegs besnydes nasate van Abraham en daarom erfgename en kinders van God genoem kon word. Ons moet onthou dat die HERE vir Abraham gevra het om Isak te offer, maar deur hom te vra om sy seun te offer, moes die Maker van die verbond dieselfde doen, en dit is hoekom Jesus geoffer moes word. Die eerste verbond moes aanhoudend bevestig word deur offers te bring aan die HERE, en moes alle manspersone besny word op die agste dag. Verder moes die volk tiendes betaal aan die Leviete vir hulle diens by die tempel, en moes alle eerstelinge aan die HERE geoffer word. Die besnydenis en offers was nodig omrede die HERE n vloek op elke eersteling geplaas het met die uittog uit Egipte. So moes Jesus dus self sterf as eersteling om die vloek van Egipte te verwyder.

            So om saam te vat. Die verbond wat Jesus kom vestig het, was die sterk verbond waarvan Danil geskryf het, want dit het die vloek van die dood van die eerstelinge verwyder, asook alle offers wat die volk moes bring. Verder het Hy al ons sondeskuld betaal sodat ons vlekkeloos in geregtigheid voor die Vader kan verskyn.

            Baie van die aanhangers van die leer oor die wegraping, wys daarop dat die daaglikse offer eers met die verwoesting van die tempel opgehou het, en dat ons dit eintlik nie kan gebruik as maatstaf nie. Wat hulle vergeet, is dat indien Jesus die Christus was, was dit nie meer nodig om te offer na Sy dood nie, want Hy was die volmaakte offer vir alle offers wat deur Moses voorgeskryf is. Geen offers was meer nodig daarna nie. So indien hulle die verklaring so wil gebruik, verklaar hulle dus dat Jesus nie die Christus was nie, en dat die HERE nog steeds die offers in die tempel aanvaar het.

            Daar is ook n ander gedeelte wat vir ons verklaar hoekom Jesus geoffer kon word, en hoekom die Vader spesifiek Jesus se offer raakgesien het en nie die offer wat deur die hopriester gebring is die dag van Jesus se kruisiging nie. Toe Jesus deur die hopriester ondervra is, het die volgende verhaal hom afgespeel. Maar oplaas kom daar twee valse getuies en s: Hierdie man het ges: Ek kan die tempel van God afbreek en dit in drie dae opbou. Daarop staan die hopriester op en s vir Hom: Antwoord U niks nie? Wat getuig hierdie manne teen U? Maar Jesus het stilgebly. En die hopriester antwoord en s vir Hom: Ek besweer U by die lewende God dat U vir ons s of U die Christus, die Seun van God, is? Jesus antwoord hom: U het dit ges. Maar Ek s vir u almal: Van nou af sal u die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van die krag van God en kom op die wolke van die hemel. Toe verskeur die hopriester sy klere en s: Hy het godslasterlik gespreek, wat het ons nog getuies nodig? Kyk, nou het julle sy godslastering gehoor! (Mat 26:61-65) Die klere van die hopriester moes van een stuk materiaal gemaak word, sonder dat daar nate aan was. Die hopriester kon dus nie met gelapte klere in die tempel gaan om te offer die volgende dag nie, want sy klere was geskeur. So daar was geen manier wat hy voor die HERE kon verskyn sonder om sy klere weer reg te maak nie, maar dit sou nog steeds nate gehad het. Dus kon die Vader nie sy offer aanneem nie omdat hy nie aan die voorskrifte van Moses voldoen het nie, en daarom is Jesus se offer aangeneem, en het die daaglikse offer opgehou. Daaroor ook dat Sy klere nie verdeel is nie, maar dat hulle die lot daaroor gewerp het.

            U moet onthou dat Jesus aan die kruis gehang het van die tyd dat die oggend offer geoffer moes word, tot die tyd dat die aandoffer gedoen moes word, of van nege uur in die oggend tot drie uur die middag. Hy is ook buite die laer gekruisig, sodat Hy ook di offer kon volbring. Ons het n altaar waarvan die wat die tabernakel bedien, geen reg het om te eet nie; want die diere waarvan die bloed vir die sonde deur die hopriester in die heiligdom ingedra wordhulle liggame word buitekant die laer verbrand. Daarom het Jesus ook, om die volk deur sy eie bloed te heilig, buitekant die poort gely. Laat ons dan uitgaan na Hom toe buitekant die laer en sy smaad dra (Heb 13:10-13) So het Jesus dus n einde gebring aan alle offers wat deur die hopriester en ander Leviete gebring moes word. Hy het dit ook nie in die aardse tempel gedoen nie maar in die hemelse tabernakel. Dit was dus nodig dat die afbeeldinge van die dinge in die hemele deur hierdie offers gereinig moes word, maar die hemelse dinge self deur beter offers as hierdie. Want Christus het nie ingegaan in n heiligdom met hande gemaak, n tebeeld van die ware nie, maar in die hemel self om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn; ook nie om Homself dikwels te offer, soos die hopriester elke jaar in die heiligdom ingaan met bloed wat nie sy eie is nie, want dan moes Hy dikwels gely het van die grondlegging van die wreld af. Maar nou het Hy een maal in die voleinding van die eeue verskyn om die sonde deur sy offer weg te doen. En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel, so sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid. (Heb 9:23-28).

            Daarom ook dat die voorhangsel van die tempel geskeur het met Sy dood. Dit was dus die einde van die eerste helfte van die sewentigste week, met Jesus se bediening op aarde wat drie en n half jaar geduur het, wat in Danil se profesie n halwe week was.

            Die laaste gedeelte van die week was die tydperk tot en met die gesig wat Petrus gesien het van die onrein diere wat op n laken neergedaal het. Dit was weereens drie en n half jaar na Jesus se kruisiging. Gedurende die tyd het die Jode tyd gekry om hulle te bekeer en te erken dat Jesus die Christus was. Met die dood van Stephanus, het die tydperk opgehou, en het die evangelie na ons as heidene gekom. So is Danil se profesie dus vervul, en het ons as heidene wat Kerk geword het, Israel van die eerste verbond se plek ingeneem.

            Danil wys verder dat daar n verwoester sal kom op die vleuels of vlerke van gruwels, en dit sal tot die einde duur. Hier het die Satan as verwoester opgestaan om teen alle vlees oorlog te voer en sodoende te probeer om sy koningkryk uit te brei. Die werke van Satan sal duur tot die einde van die aarde toe.

            Nog n waarheid wat verkeerd gebruik word, is soos Paulus dit stel dat daar n verborgenheid is. Hierdie woorde van hom word deur baie mense heeltemal buite verband gebruik, sodat hulle hul boodskap kan verkondig. Daar word onder andere verklaar dat slegs mense wat die verborgenheid verstaan, insig in die Bybel kan h, en dat die wegraping n verborge gebeurtenis is.

            Maar Paulus verklaar self vir ons wat die verborgenheid is waarvan hy praat: Efesirs 1: 7-10 In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade, wat Hy oorvloedig aan ons bewys het in alle wysheid en verstand, deurdat Hy aan ons die verborgenheid van sy wil bekend gemaak het na sy welbehae wat Hy in Homself voorgeneem het, om die volheid van die tye te rel, met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig in Hom in wie ons ook n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil, sodat ons kan wees tot lof van sy heerlikheid, ons wat reeds tevore op Christus gehoop het, in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, versel is met die Heilige Gees van die belofte, wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid. So die verborgenheid van Paulus is dat die evangelie van vrede aan die heidene verkondig sou word en dat ons mede erfgename saam met Jesus geword het met Hom as hoof. Daar is geen verwysing na n geheime koms van Christus om net Sy volgelinge weg te vat en dan die oordele op die aarde te laat neerkom nie.

            So, om saam te vat het die sewentigste week begin met Jesus se bediening op aarde, en het geindig met die uit dra van die evangelie aan die heidene. Dit dan die interpretasie van Danil se sewentigste week asook die bewys dat daar geen wegraping is of sal wees soos dit deur baie persone verkondig word nie. Jesus het self male sonder tal gewaarsku dat ons moet volhard tot die einde toe, en nie verwag om nie deur foltering te gaan nie. In Paulus se tyd was daar ook persone wat nie verstaan het waaroor die evangelie gaan nie. Paulus skryf aan Timthes die volgende: Soos ek jou versoek het toe ek na Macedni op reis was, moet jy in fese wag om sekere persone te beveel dat hulle geen ander leer moet leer nie, en hulle nie besig hou met fabels en eindelose geslagsregisters nie, wat net twisvrae bevorder meer as stigting van God wat in die geloof is. Maar die doel van die gebod is liefde uit n rein hart en n goeie gewete en n ongeveinsde geloof waarvan sommige mense afgedwaal en hulle afgewend het na onsinnige praatjies; hulle wil leraars van die wet wees, alhoewel hulle wat hulle s, of die dinge wat hulle beslis beweer, nie verstaan nie. (1Ti 1:3-7)

            Maar wat dan van die gebore Jode? Hulle was die eersgeborene na die vlees, maar het soos Esau hulle eersgebore reg verkoop deurdat hulle Jesus verwerp het. Hulle het 'n aardse koning verwag, presies soos wat die wegrapers vandag weer verkondig. Hulle oordeel is die oordeel wat deur die hele Bybel oor Edom uitgespreek word. Onthou Esau se nakomelinge was Edomiete. Lees maar Jesaja 63 verse 1 tot 6 en Openbaring 19 vers 13. Israel as staat vandag het niks te doen met die Israel van die profete nie. Ons as wedergebore Christene het Israel geword, en sal dus 'n ewige lewe erf in die nuwe Israel saam met Jesus en die Vader.
            Shama - A primitive root; to hear intelligently (often with implication of attention, obedience, etc.; causatively to tell, etc.): - X attentively, call (gather) together, X carefully, X certainly, consent, consider, be content, declare, X diligently, discern, give ear, (cause to, let, make to) hear (-ken, tell), X indeed, listen, make (a) noise, (be) obedient, obey, perceive, (make a) proclaim (-ation), publish, regard, report, shew (forth), (make a) sound, X surely, tell, understand, whosoever [heareth], witness

            Comment

            • #7
              Re: 13 Tekens van die eindtyd

              Hallo Louwrens,

              Open 13:15 En dit is hom gegee om n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie.

              Rev 13:15 And it was given unto him to give breath to it, even to the image to the beast, that the image of the beast should both speak, and cause that as many as should not worship the image of the beast should be killed.

              In bogenoemde vers s die woord dat ALMAL gedood gaan word wat nie die dier se beeld aanbid nie.Verstaan ek dit reg?In ander woorde almal wat nie die knie buig vir die dier nie en weier om hom te aanbid, sal gedood word.

              Hoe verstaan jy die vers?

              Wie is die almal?

              Groete

              Henry

              Comment

              • #8
                Re: 13 Tekens van die eindtyd

                Originally posted by Die Filadelfieer View Post
                Interesante pos David. Dit is die eerste keer dat ek hierdie definisie van 'n mesiaanse jood raaklees, ek verstaan dit nog altyd as 'n jood wat bekeer na Christus toe, wat natuurlik impliseer dat , indien daar wel iets soos 'n wegraping gaan wees, hulle ook nie meer op aarde gaan wees met die groot verdrukking nie. Gooi dit nie eintlik 'n spanner in die wegraping wiel nie ?
                Die bestaan van die Messiaanse Jode is nog altyd 'n probleem. Om hulle deel van die kerk te maak, werk nie so lekker nie. In teendeel, dit werk gladnie. Dit is 'n wesenskenmerk van die liggaam van Christus dat daar geen onderskeid tussen Jood en heiden is nie en word en baie van die briewe van die NT uitgespel en herhaal. Maar die Messiaanse Jood val nie daarby in nie. Hy is 'n Jood en staan op God se beloftes aan en deur daardie volk. Verder steur die Messiaanse Jood hom ook nie aan Hebr. 13:13 wat s dat 'n Jood uit die laer van Israel moet uitgaan om Jesus buite die laer te ontmoet nie. Laastens en die ergste van alles, steur hulle hulle ook nie aan die feit dat Jesus van geen betekenis is vir iemand wat voorgaan om hom te laat besny nie (Galasiers). Dan het ons nog nie eers gepraat van die tientalle voorskrifte vir vandag dat die wet nie meer bestaan nie. Die ou verbond het oud geword en is vervang, s Hebr. 8. 2 Kor. 3 s dit in nog sterker taal. Die bediening van Moses is die bediening van die dood, terwyl ons nou in die bediening vaN DIE GEES EN DIE LEWE IS. Nee, Die Messiaanse Jode staan duidelik en onomwonde nog in die bediening van die dood. Hulle het op geen manier van Moses en die wet afstand gedoen nie. Die volle betekenis van Jesus Christus vir ons vandag, het nog nie by hulle deurgeskemer nie. Daarom kan ek beswaarlik sien dat hulle nou lede van die liggaam van Christus, die "kerk onder al die nasies", waar daar geen onderskeid tussen Jood en heiden is, en waar wette geen rol speel nie en waar Chrstus vir ons alles is, kan wees nie.

                Maak geen fout nie, ek s nie dat 'n Jood nou nie gered kan word nie. Verseker kan hy. Die evangelie gaan uit na almal. Maar die opdrag is om in Jesus volkome vervulling van al jou geestelike behoeftes en jou volkome verlossing te vind. Baie Jode kom wel so tot die geloof. Ek het al van hulle ontmoet wat waarlik volkome "Christen" geword het. Hulle beroem hulle dan op geen manier meer op Israel en die wet nie. Maar die "Messiaanse Jood doen nie dit nie. Hulle beskou hulleself as Jode in die eerste plek en totaal onder die wet, besnydenis ens. ens. Daar moet dus 'n onderskeid gemaak word by Jode wat in Christus glo. Het hulle die wet, besnydenis en hulle volkskap afgel vir Jesus Christus? Dit is die groot vraag. Duisende Messiaanse Jode het dit nie gedoen nie en is nog volkome "Jood" terwyl hy aan Jesus glo. My persoonlike mening is dat diesulkes nie deel van die liggaam van Christus is nie. (Net my persoonlike mening. Ek is nie die een wat gaan oordeel nie).

                Comment

                • #9
                  Re: 13 Tekens van die eindtyd

                  David, ek verstaan jul interpretasie heeltemal, maar glo dat dit verkeerd is, aangesien dit Jesus se offer vir sonde afmaak as niks. Of 'n persoon aanvaar dat Jesus die Lam was, of nie. Ons kan nie die een helfte van die evangelie van Jesus aanvaar en die ander nie. Jesus moes die verbond vervul. As Hy dit gedoen het soos ek glo, kan daar nie 'n tweede n tweede koms wees nie. Hy het self aan die kruis ges "Dit is volbring". So dit is nie nodig om weer te kom en nog goeters te kom doen nie. Lees die volgende en dan sal jy my standpunt verstaan.
                  Henry, ek glo net soveel soos jy dat alles by die kruis afgehandel is. Maar alles is nie by die kruis toegepas nie. Toepassing van die verlossing sal nog tot die laaste dag voortduur. Die feit dat jy nie plek het vir die toekomstige verlossing en herstel van Israel nie, is nie eintlik vreeslik ter sake nie. Dan. 9 het wel en so ook elke enkele profeet in die die OT. Lees liewer Sag. 12-14 ; Die laaste hfst. van Amos, Hos. 6 Eseg, 36 Rom. 11:25,26; Hand. 15:16,17 en vele, vele meer oor die toekomstige verlossing en herstel van Israel. Geen filosofiese redenasie kan hierdie feite ongedaan maak of iets anders laat beteken nie. Groete.

                  Comment

                  • #10

                    Hi David,

                    Jy bedoel seker Louwrens.

                    Comment

                    • #11
                      Re: 13 Tekens van die eindtyd

                      David,
                      Ek ken daardie gedeeltes baie goed. Maar, jy het duidelik nie die laaste paragraaf gelees wat ek geskryf het nie. Ek herhaal dit net gou:

                      Lees maar Jesaja 63 verse 1 tot 6 en Openbaring 19 vers 13. Israel as staat vandag het niks te doen met die Israel van die profete nie. Ons as wedergebore Christene het Israel geword en so word almal wat deel word van die verbond met die HERE deel van die HERE se volk wat as Israel beskryf word in die Ou Testament, en sal dus 'n ewige lewe erf in die nuwe Israel saam met Jesus en die Vader.

                      Daniel 9 is afgehandel. Esegil, Sagaria, Jesaja, Amos et al, is van toepassing in die 1000 jarige vrederyk, en het NIKS met Israel te doen nie, maar ALLES met ons as gelowiges.
                      Shama - A primitive root; to hear intelligently (often with implication of attention, obedience, etc.; causatively to tell, etc.): - X attentively, call (gather) together, X carefully, X certainly, consent, consider, be content, declare, X diligently, discern, give ear, (cause to, let, make to) hear (-ken, tell), X indeed, listen, make (a) noise, (be) obedient, obey, perceive, (make a) proclaim (-ation), publish, regard, report, shew (forth), (make a) sound, X surely, tell, understand, whosoever [heareth], witness

                      Comment

                      • #12
                        Re: 13 Tekens van die eindtyd

                        Originally posted by Louwrens Erasmus View Post
                        David,
                        Ek ken daardie gedeeltes baie goed. Maar, jy het duidelik nie die laaste paragraaf gelees wat ek geskryf het nie. Ek herhaal dit net gou:

                        Lees maar Jesaja 63 verse 1 tot 6 en Openbaring 19 vers 13. Israel as staat vandag het niks te doen met die Israel van die profete nie. Ons as wedergebore Christene het Israel geword en so word almal wat deel word van die verbond met die HERE deel van die HERE se volk wat as Israel beskryf word in die Ou Testament, en sal dus 'n ewige lewe erf in die nuwe Israel saam met Jesus en die Vader.

                        Daniel 9 is afgehandel. Esegil, Sagaria, Jesaja, Amos et al, is van toepassing in die 1000 jarige vrederyk, en het NIKS met Israel te doen nie, maar ALLES met ons as gelowiges.
                        Jy is reg. Veral wat hierdie onderwerp betref stel ek geensins belang in filosofie nie. Ek bly by die Bybel. Jou siening dat ons Israel geword het is hopeloos vergesog en het nie een woord in die Bybel om dit te bevestig nie. Groete

                        Comment

                        • #13
                          Re: 13 Tekens van die eindtyd

                          Hallo David.

                          Originally posted by David2 View Post
                          Ek sien nie jou dillema raak nie. Lees weer mooi hoe die profesie van Dan. 9 verwoord is.
                          Ek lees Daniel 9 se verwoording js mooi, David. Veral die volgende vers:
                          Dan 9:26 En n die twee en sestig sewetalle sal ‘n Gesalfde uitgeroei word
                          Dan 9:26 And after threescore and two weeks shall Messiah be cut off
                          Vers 26 s onomwonde en duidelik vir my dat NA DIE 69ste week (die "na" word selfs beklemtoon in die Bybel met ‘n strepie op die a!) word Jesus gekruisig! Die Engelse vertaling maak dit ook duidelik dat dit die Messias is wat NA die 69 weke, in die middel van die daaropvolgende week (vers 27) afgesny/uitgeroei word. In die middel (3,5 jaar) van die week NA die 69ste week.
                          Logika dikteer tog dat 70 kom na 69, nie waar nie?. En dit is immers ‘n 70 week profesie. Jou stelling dus...
                          Originally posted by David2 View Post
                          Die laaste sewe jaar van die profesie word heeltemal los en afsonderlik van die res van die verhaal vertel. Duidelik eindig die 483 jaar by die kruisiging. En dan word die verhaal van die Antichris opgeneem in die laaste sewe jaar.
                          ..., gegewe jou verklaring aan Lourens...
                          Originally posted by David2 View Post
                          Jy is reg. Veral wat hierdie onderwerp betref stel ek geensins belang in filofie nie. Ek bly by die Bybel.
                          ...is nie vir my so duidelik nie en strook dus werklik nie vir my met Dan 9:26 nie en kan so ‘n gevolgtrekking soos jy daar maak met alle respek na my verstaan nie geregverdig word volgens die vers nie. Miskien mis ek iets in die vers?

                          Ook:

                          Wat mens OOK hier in gedagte moet hou, is dat die 70 week profesie deel is van ‘n baie groter profesie, naamlik die 2300 dag profesie van Daniel 8 (8:14). Die 70 week profesie is inelkgeval deel van die eerste 70 weke van die 2300 dag/jaar profesie. Deur die 70ste week uit te haal, vat mens dit nie net weg van die 70 week-een nie, maar ook uit die eerste stuk van die groter profesie.
                          Bring dan die vorige dillema by;
                          Originally posted by Ben Cronje View Post
                          Om die laaste week te vat en in die toekoms te plaas is dit dus:
                          483 jaar + meer as 2000 jaar tot jul groot verdrukking + 7 jaar verdrukking = > 2490 jaar!!!!

                          >2490 jaar is vir seker meer as 490 jaar.
                          ...en mens sit met 3 dillema’s.
                          Hoe, met alle respek, verduidelik mens hulle weg?

                          Lourens se verduideliking in plasing # 31 is ook ‘n tweede, meer nabye betragting en oorweging werd. Hy vat dit werklik goed saam.

                          Comment

                          • #14
                            Re: 13 Tekens van die eindtyd

                            Ben,

                            Dan 9:26 1) En n die twee en sestig sewetalle sal n Gesalfde uitgeroei word, maar sonder iets vir Hom;

                            2) en die volk van n vors wat sal kom, sal die stad en die heiligdom verwoes, maar sy einde sal met n oorstroming wees, en tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoestings.

                            Daar is twee gebeurtenisse tussen die 69 week en die 70ste week.

                            1) Jesus se kruisiging.
                            2) Verwoesting van Jerusalem 70ad

                            As ons dit moet interpreteer soos jy en Louwrens dan moes die vernietiging van Jerusalem ook plaasgevind het tydens die 70ste Jaarweek nie waar nie.Of dan moes die 2de gedeelte van vers 26 eerder gestaan het in vers 27 met direkte verwysing dat die gebeurtenis na die 70ste jaarweek plaas vind en nie na 69ste jaar week nie.

                            Groete

                            Henry

                            Comment

                            • #15
                              Re: 13 Tekens van die eindtyd

                              Originally posted by Henry44 View Post
                              Hallo Louwrens,

                              Open 13:15 En dit is hom gegee om n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie.

                              Rev 13:15 And it was given unto him to give breath to it, even to the image to the beast, that the image of the beast should both speak, and cause that as many as should not worship the image of the beast should be killed.

                              In bogenoemde vers s die woord dat ALMAL gedood gaan word wat nie die dier se beeld aanbid nie.Verstaan ek dit reg?In ander woorde almal wat nie die knie buig vir die dier nie en weier om hom te aanbid, sal gedood word.

                              Hoe verstaan jy die vers?

                              Wie is die almal?

                              Groete

                              Henry

                              Louwrens, ek sal bly wees as jy my antwoord op my vrae.Ek het die vrae gestel met 'n doel en is dit relevant tov die onderwerp.

                              Dankie

                              Comment

                              Working...
                              X