Announcement

Collapse
No announcement yet.

Die Wegraping teorie 2

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Die Wegraping teorie 2

    Die geklank van die basuin.
    Hier praat Paulus met die heiliges, hulle wat hulle
    bekommer oor die ontslapenes. Hulle treur oor die wat tot
    sterwe kom omdat hulle geen kennis van die toekomstige
    het nie. Paulus lig die heiliges in omtrent hierdie
    verwarring wat onder hulle plaasvind en deel mee dat
    hulle die ontslapenes hoegenaamd nie voor sal wees met
    die opstanding nie. Wat baie op daardie stadium nie
    verstaan het nie, is wanneer Jesus terugkom. Hulle het
    geglo dat Hy sou terugkom in hulle tyd, want dit was die
    boodskap wat baie gelowiges oorgedra het, veral sommige
    wat die boodskap nie reg verstaan het nie. Petrus praat in
    sy brief oor hierdie oordraagbare mites en fabels wat
    mense aangeneem het en aan hulle kinders oorgedra het.
    Die wat die Woord nie verstaan nie veroorsaak geweldige
    skade aan die liggelowiges. Dit is ook belangrik om te
    weet wanneer is die opstanding van die heiliges. Die


    enigste tyd wanneer van die
    opstanding gepraat word is in
    Openbaring.20:5 waar genoem word
    van die eerste opstanding met die
    wederkoms. Hierdie basuin is nie deel van die sewe
    basuine wat geblaas word nie. Die sewe basuine is
    waarskuwinge vir die heiliges oor die dinge wat kom, waar
    hierdie basuin die opwekking van die regverdiges is. Ons
    moet ook in gedagte hou dat die stem van ʼn aartsengel
    ook klink soos ʼn basuin. Die geklank van die basuin sal
    eers die ontslape heiliges opwek en daarna die wat nog in
    die lewe oorgebly het verander.
    Nou moet ons ook oplet dat nrens kom dit in die Woord
    voor dat daar meer as een opstanding sal plaasvind nie.
    Ek weet dat baie hierdie sienswyse insleep om hulle teorie
    vastigheid te gee. As die heiliges opgewek word en
    weggeraap word soos sommige beweer, moet hierdie
    gebeurtenis vir 'n twee maal plaasvind wat ook aan ons
    bekend maak dat Jesus weer kom vir die derde keer.
    Wanneer Hy vir die derde keer kom moet Hy weer hierdie
    wegraping en opstanding laat plaasvind sodat die heiliges
    wat in die verdrukking gedood is, opstaan om saam met
    Hom te regeer volgens die belofte wat in Openbaring
    voorkom. Dan moet die geklank van die basuin weer
    gehoor word vir 'n verdere opstanding.
    Openbaring.20:4 En ek het trone gesien, en hulle het
    daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek
    het die siele gesien van die wat onthoof is oor die
    getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat
    die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op
    hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en
    hulle het geleef en as konings geregeer saam met
    Christus die duisend jaar lank.
    Maar hierdie heiliges van die verdrukking sal nie deel h
    aan die bruilofsmaal van die Lam nie, want al die ander
    heiliges is alreeds weg. Hulle sal dan ook geien word as
    die vyf dwase maagde wat deur Christus verwerp was.


    Maak dit sin? Nee stellig nie! Daar is nog net een koms
    van Christus waarop ons wag.
    Weggevoer in wolke.
    1Thessalonisense.4:16-17 Want die Here self sal van die
    hemel neerdaal met ʼn geroep, met die stem van ʼn
    aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die
    wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal
    ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke
    weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal
    ons altyd by die Here wees.
    Aan die gemeente word dit duidelik gemaak, dat hulle wat
    nog in die lewe oorbly, en nie deur die Antichris vernietig
    is of deur die natuurlike dood geneem is nie, hulle saam
    met die ontslapenes Christus sal ontmoet in die lug. Eers
    sal die ontslapenes opgewek word, dan sal ons saam met
    hulle Christus ontmoet. Onthou en moet nie vergeet dat
    as ons voor die tyd weggeneem is, saam met wie sal die
    heiliges opgewek word wat in die verdrukking agtergebly
    het, soos sommige beweer? Daar sal niemand meer in die
    grafte wees om op te wek by die wederkoms nie. Daar
    waar almal saam sal wees met Hom vir ewig en altyd.
    Nrens lees ek van die afvallige heiliges wat nou in die
    hemel vertoon word dat daar ʼn later wegraping vir hulle is
    nie. Laat ons maar wag en geduldig wees soos Job ook
    geduldig gewag het. Ons moet onthou, die tyd van die
    Antichris is verby wanneer Christus terugkom om Israel te
    bewaar van ʼn slagting wat die duiwel beplan. Meerderheid
    van die profetiese boek Openbaring moet in vervulling
    gaan voordat Christus terugkom. Ons as heiliges wat in
    hierdie tydperk sal wees moet voortgaan om die evangelie
    te verkondig totdat Hy kom. Terwyl ons wag op die
    saligheid, laat ons aanhou om Christus te verkondig tydig
    en ontydig. Het Jesus dan nie ges, waarmee sal Hy ons
    besig vind wanneer Hy kom nie? Kom laat ons nie ons
    talente begrawe soos die lui dienskneg wat sy talent
    begrawe het omdat hy bang was nie. Laat ons woeker met
    God se Woord en die waarheid aan alle mense bring sodat


    hulle vry kan word. Hierdie wegvoering vind alleen plaas
    met die wederkoms van Christus.
    Die verborgenheid.
    1 Korintirs. 15 :51-52 Kyk, ek deel julle ʼn
    verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie,
    maar ons sal almal verander word, in ʼn oomblik, in ʼn
    oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal
    weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word;
    en ons sal verander word.
    Die verborgenheid: 1. Ons sal wel nie almal ontslaap nie.
    2. Ons sal verander word.
    3. In ʼn oomblik, in ʼn oogwink.
    4. By die laaste basuin.
    5. Want die dode sal opgewek word.
    6. Ons sal verander word, om saam
    met hulle Christus te ontmoet.
    Hierdie opraping het ook ʼn bepaalde tyd wanneer dit gaan
    geskied. Jesus het alreeds die tyd bekend gemaak
    wanneer hierdie opraping waarvan Paulus praat sal
    gebeur. Hierdie gedeelte sluit aan by die vorige wat nou
    bespreek is. Paulus maak dit weereens bekend dat die
    heiliges wat nog in die lewe is saam met die ontslapenes
    opgewek sal word by die wederkoms van Christus. Ons
    lees nrens in die boek Openbaring waar enige basuin
    blaas waar iemand opgewek word nie. Daar word in die
    Woord ook geen melding gemaak hoe ons Christus
    geheimsinnig ontmoet in die lug nie. Ons lees in:
    Lukas.17: 34-37. Ek s vir julle: In daardie nag sal daar
    twee op een bed wees; die een sal aangeneem en die
    ander verlaat word. Twee vroue sal saam maal; die een
    sal aangeneem en die ander verlaat word. Twee sal op
    die land wees; die een sal aangeneem en die ander
    verlaat word. En hulle antwoord en s vir Hom: Waar,
    Here? En Hy s vir hulle: Waar die liggaam l, daar sal die
    aasvols saamkom.


    Hier beskryf Christus alreeds die opraping van die heiliges
    by Sy wederkoms. Hy maak ook die verskillende tye wat
    betrokke is bekend soos bv. oggend, middag en aand. Nou
    kom die vraag, waar, Here? En Christus maak dit so
    duidelik bekend dat waar die liggaam l, sal die aasvols
    saamkom. Watter duideliker antwoord kan ons nie kry as
    hierdie antwoord nie. Almal weet dat die koms van
    Christus vind plaas met die slag van Armageddon.
    Openbaring.19:17-21 En ek het een engel sien staan in
    die son; en hy het met ʼn groot stem uitgeroep en vir al
    die vols ges wat in die middel van die lug vlieg: Kom
    hierheen en versamel julle tot die maaltyd van die grote
    God, dat julle kan eet die vlees van konings en die vlees
    van owerstes oor duisend en die vlees van sterkes en die
    vlees van perde en van die wat daarop sit, en die vlees
    van almal, vrymense sowel as slawe, klein sowel as groot.
    Om plek te berei.
    Johannes.14:1-3 Laat julle hart nie ontsteld word nie;
    glo in God, glo ook in My. In die huis van my Vader is
    daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir
    julle ges het. Ek gaan om vir julle plek te berei. En as
    Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal
    julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek
    is.
    Christus maak bekend Hy gaan om plek te berei vir die
    heiliges. Hier word geen melding gemaak wanneer die
    heiliges inwonend by hierdie wonings sal wees nie. Jesus
    spreek dat Hy ons na Hom toe sal neem. M.a.w. daar
    waar Hy woonagtig is, sal die heiliges ook wees. Hierdie
    gedeelte word gebruik om die wegraping te staaf om te s
    dat die heiliges sal weggeneem word na hierdie wonings
    wat deur Christus voorberei is. Ons dra nie veel kennis
    omtrent hierdie gedeelte van die wonings nie, behalwe dat
    Christus die voorbereidings gemaak het vir al die heiliges
    wat teenwoordig sal wees. Nou moet ons ook in gedagte
    hou, dat die volheid van die heidene moet nog voltallig
    wees voordat Christus terugkom aarde toe en voordat die


    ontslapenes opgewek word. Hierdie wonings vind ons in
    die nuwe Jerusalem en sal eers beset word na die
    bruilofsmaal. Ook moet in gedagte gehou word dat die
    wonings vir alle heiliges is en nie net vir sommige nie.
    Sover ek verstaan is daar nie ʼn sekere groep wat deur
    Christus uitgesonder word behalwe die 144000 Israeliete
    nie. Daar word beweer dat die bruid bestaan uit 144000
    lede wat ook ongegrond is. Hierdie gedeelte word
    aangehaal uit Openbaring.14. Party werk weer hard om
    deel te wees van hierdie 144,000. Ons moenie die groot
    plan van God vergeet wat Hy het met Israel nie. Baie
    spekuleer sonder enige feite. Ek weet dat baie probeer om
    hoop te gee, maar dis beter om die waarheid van
    Openbaring en al die ander waarskuwings in ag te neem.
    Jesus waarsku Sy dissipels en ons om te volhard tot die
    einde. Nie om halfpad en wagtend op valse beloftes staat
    te maak nie. Die tyd kom vinnig nader vir die openbaring
    van die Antichris, en baie heiliges besef dat die
    wederkoms is die enigste koms van Christus.
    Die Antichris.
    Daar word beweer dat die openbaring van die Antichris vir
    die Joodse volk bedoel is, en hulle wat agterbly. Hoe
    belaglik is hierdie stelling net nie. Wat sal die mens nie
    nog uitdink om sy siening te staaf nie. Hulle s, net die
    afvalliges wat agter bly, sal die verdrukking deurmaak,
    terwyl Jesus die heiliges waarsku van die gebeure wat
    kom, om hulle paraat en waaksaam te maak oor die
    toekoms van God se wil. Teen hierdie tyd is die Bybel deur
    die sogenaamde vertalers heeltemal verdraai en vertolk
    met hulle menslike opinies. Die laaste vertaling was die
    1933/53 wat deur God aanvaar was. Ek het die ervaring
    met hierdie vertaling opgedoen toe ek in 1980 die nuwe
    vertaling probeer lees het. Die Here het aan my
    meegedeel om die persoon wat hierdie nuwe vertaling aan
    my geleen het, om te vra vir die ou vertaling. Op daardie
    stadium het ek niks verstaan nie. Baie jare later soos die
    Bybel vertolk is om aan te pas by die kerk se lering, het
    ek dit verstaan waarom die Here my daardie dag weerhou
    het van die dwaling. Vandag word die Bybel gedruk in die


    vorm van ʼn storieboek. Hulle neem skrifgedeeltes weg
    wat belangrik is wanneer dit kom by die wedergeboorte en
    die doop. As hierdie verdraaiing kan plaasvind hoekom nie
    die wegraping teorie nie. Daar is hulle wat glo dat God sal
    ons nie in die vuuroond gooi nie. Heeltemal reg, maar God
    het ook ges as jy deur die vuur gaan sal dit jou nie
    skroei nie. As jy deur die rivier gaan sal dit jou nie
    oorstroom nie.
    Jesaja. 43:2 As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en
    deur die rivierehulle sal jou nie oorstroom nie; as jy
    deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal
    jou nie brand nie. Moedswillig vergeet hulle dat Jesus die
    gemeente bemoedig om tot die dood vas te hou.
    Openbaring. 2:10 Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die
    duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp,
    sodat julle op die proef gestel kan word; en julle sal tien
    dae lank verdrukking h. Wees getrou tot die dood toe, en
    Ek sal jou die kroon van die lewe gee.
    As Christus die heiliges in die vroe kerk so bemoedig,
    wat maak ons anders as die vroe gelowiges. Die vraag
    kom by my op. Wat is die verskil of ek sterf vir Christus
    voor die Antichris of in sy tyd? Vir Christus sal ons sterf as
    dit God behaag.
    Romeine. 8:36 Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons
    die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape.
    Om in Suid Afrika te praat van vervolging tot die dood sal
    belaglik wees. Die kerk is vas aan die slaap soos die tien
    maagde. Daarom dat so ʼn stelling onvanpas voorkom in
    Suid Afrika. Die gemeente in S.A. is met vrees bevange en
    word woedend as jy na sulke gevalle verwys. Baie het
    alreeds kwaad geword vir my oor hierdie stellings wat
    gemaak is. Hulle s ek het ʼn twis-gees in my. Later soos
    die tyd verloop word hulle beter en verstaan, maar in
    hulle hart kan ek die vrees sien vir die toekoms wat hulle
    nie wil aanvaar nie. So glo sommige dat as die Antichris
    sy verskyning maak sal Christus ons wegneem van die


    aarde. Soos ek verder lees in Openbaring kan ek nie agter
    kom dat die heiliges wat onthoof word vervalle of
    agtergebly het nie. Paulus s dat die Antichris eers
    geopenbaar moet word.
    Die Skrif s: -Laat hy wat lees, oplet - Waarvoor moet
    daar opgelet word, anders as vir die Antichris wat in die
    tempel gaan sit. Die wat teruggeval het in die wreld se
    begeertes, sal sekerlik nie tyd h om op te let nie. As jy
    nie nou reg is nie, sal jy ook nie later reg wees nie. Verder
    haal Jesus aan: dan moet die wat in Judea is, na die
    berge vlug; Waarom sal Jesus aan Sy dissipels s om na
    die berge te vlug sonder om iets saam te neem as dit nie
    nodig is om te vlug nie? Ons gaan mos weggeraap word!
    Mag die Here ons tog help om ons o oop te hou vir
    hierdie waarskuwings dat ons nie omkant gevang word
    deur misleiding nie. Ek verstaan die afval is alreeds hier.
    Nou wag ons net vir die Antichris.
    Mattheus.24:21-22 Want dan sal daar groot verdrukking
    wees soos daar van die begin van die wreld af tot nou
    toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie. En as
    daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered
    word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie
    dae verkort word.
    Let wel, nie die teruggevallenes nie, maar alle volke,
    stamme, tale en nasies. Die toekoms waarvan Christus
    praat is op toepassing van die kerk. As ek s, die kerk,
    dan bedoel ek, die hele wreld. Alle volke wat
    wedergebore is.
    Verder lees ons oor die waarskuwing van die valse
    Christus wat op verskeie plekke voorkom. In vers 28 kry
    ons ʼn duidelike voorstel wanneer en hoe Christus
    terugkom by die wederkoms om die heiliges op te wek uit
    die grafte en hulle wat nog lewe, sal verander word in ʼn
    oomblik se tyd.
    Want oral waar die dooie liggaam l, daar sal die
    aasvols saamkom.


    Met hierdie gedeelte kan ons die koms van Christus
    bepaal wanneer Hy kom en waarheen Hy saam met die
    heiliges op pad is. Wanneer Israel omsingel word deur die
    soldate van die Antichris sal dit op daardie dag nie lig
    word nie. Eers teen die aand sal dit lig word, maar nie die
    lig van die son of die maan nie, nee, dit sal die
    heerlikheid van Christus wees met al die heiliges saam
    met Hom. Hierdie is die enigste en laaste koms van
    Christus soos Hy belowe het dat Hy weer sal kom om ons
    te kom haal. Halleluja, Jesus kom weer!
    Sagaria. 14: 6-7 En in di dag sal daar geen lig wees nie,
    die sterre sal duister wees. En dit sal ʼn enige dag wees
    wat aan die HERE bekend isgeen dag en geen nag nie;
    maar teen die aand sal dit lig word.
    Hierdie lig sal die lig van Christus en al die heiliges wat
    saam opgewek is uit die dood en die wat verander is met
    Sy koms. Verder s die Here in Daniel: Salig is hulle wat
    bly verwag tot en met 1335 dae. Totaal van 3jaar en
    7maande.
    Danil. 12:12 Welgeluksalig is hy wat bly verwag en
    duisend drie honderd vyf en dertig dae bereik.
    Dan eers wanneer Jesus op hierdie dag verskyn sal ons
    weet en verstaan. Nou waarom weerhou God hierdie tye
    van ons waarmee die christene hulself so bemoei. Hoekom
    nie maar net die dag en datum gee van Sy koms nie. Wel,
    sover ek verstaan is dit ʼn saak van geloof en volharding.
    Jesus self het ges hulle wat volhard tot die einde toe sal
    gered word. Dink net daaraan hoeveel met hulle
    skynheilige en onderduimse optrede God sal probeer bluf
    wanneer Jesus terugkom. Hulle sal voor die laaste dag
    probeer om hulle lewens skoon te kry om Christus te
    probeer oorreed van ʼn heilige oomblik in hul lewe. Wat ʼn
    patetiese poging en probeerslag sonder sukses. Wat
    vergeet word is die kleed van heiligmaking wat deur die
    bloed gereinig moet word deur sondebelydenis. Asook die
    bloed wat deur baie vertrap word sal geen meer offer h


    nie. Ja, vir sommige is die evangelie ʼn grap. Daar is geen
    groei tot die volmaaktheid van Christus nie. Maar, daar sal
    ʼn geween wees en die gekners van die tande.
    Hebrers. 6:4-6Want dit is onmoontlik om die wat
    eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak
    en die Heilige Gees deelagtig geword het, en die goeie
    woord van God gesmaak het en die kragte van die
    toekomstige wreld, en afvallig geword hetom di weer
    tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van
    hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot
    skande maak.
    Openbaring. 16: 12 Kyk, Ek kom soos ʼn dief. Salig is hy
    wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak
    rondloop en hulle sy skaamte sien nie.
    Die tye van Noag.
    Genesis.6:5-7 Toe die HERE sien dat die boosheid van
    die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat
    hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was, het dit die
    HERE berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en
    daar was smart in Sy hart. En die HERE s: Ek sal die
    mens wat Ek geskape het, van die aarde verdelg, die
    mens sowel as die vee en die kruipende diere en die vols
    van die hemel; want dit berou My dat Ek hulle gemaak
    het.
    Waarom Jesus sy volk so baie waarsku is, omrede ons nie
    alles verstaan nie. Laat ons maar versigtig wees vir hulle
    wat wil byvoeg of weglaat wat alreeds aan ons gegee is.
    God het aan Noag ʼn opdrag gegee om diere in die ark in
    te neem, ook sy familie. Noag het hierdie opdrag van God
    gehoorsaam sonder enige vrae. Hy het niks verstaan wat
    God se wil was en wat die rede van God se optrede was
    nie. Eers nadat die sondvloed gekom het, het hy verstaan
    wat God se wil in sy lewe was.
    Alle mense en dier was deur die
    vloed gedood. In die sewe jaar
    sal almal nie gedood word nie


    maar net hulle wat die merk van die dier geneem het.
    Laat ons waaksaam wees en volhard tot die einde toe.
    Ook wil ek meld dat in hierdie gedeelte s hulle dat soos
    Noag in die ark bewaar was sal ons in die hemel
    opgeneem word deur die wegraping, alleenlik hulle wat
    reg is. Sover ek die gedeelte verstaan is Noag in die ark
    bewaar op die aarde en nie in die hemel nie. Christus self
    het ges dat Hy ons in die uur van beproewing sal bewaar
    wat oor die hele aarde kom. Hierdie bewaring is nie om
    ons te beskerm teen die Antichris of valse profeet wat ons
    wil dood ter wille van die evangelie nie. Nee! Christus
    bewaar ons van die sonde dat ons nie van Hom afvallig sal
    word nie. Sodat ons nie deel sal h aan die plae wat op
    die goddelose kom nie.
    Filippense.4:7 En die vrede van God, wat alle verstand te
    bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in
    Christus Jesus.
    Openbaring. 3:10 Omdat jy die woord van my
    lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur
    van beproewing wat oor die hele wreld kom om die
    bewoners van die aarde op die proef te stel.
    Laat ons nie Christus beperk met Sy bewaring op aarde
    oor die heiliges nie. Israel was in Egipte terwyl God die
    Egiptenare swaar getref het met plae. Geen plaag het
    Israel getref behalwe hulle wat nie onder die bloed was
    nie
    Exodus. 12: 7 En hulle moet van die bloed neem en dit
    stryk aan die twee deurposte en aan die bo-drumpel, aan
    die huise waarin hulle dit eet .
    Tye van Sodom en Gomorra.
    Lukas. 17:29 Maar op die dag toe Lot van Sodom
    uitgaan, het vuur en swawel van die hemel af geren en
    almal vernietig.


    Weereens ʼn verwysing na die wegraping wat misleidend
    voorkom. Hier verwys Christus na die tyd van boosheid
    soos dit alreeds vandag ver gevorder het. Sodomie word
    bevorder dat mans met mekaar trou in die kerk en
    andersom. Wat ʼn skande om God te beledig om te s dat
    Hy die mens so gemaak het. Dit is lastering teen die
    skepping van God. Hier moet verstaan word dat die hele
    stad vernietig was, nie die hele wreld nie. Die sondes van
    Sodom was groot.
    Genesis.18:20 Verder het die HERE ges: Die geroep oor
    Sodom en Gomorra is waarlik groot, en hulle sonde is
    waarlik baie swaar.
    Verder lees ons in die boek van Jona dat hy Nineve moes
    waarsku oor dieselfde optrede dat God die stad sou
    verwoes weens hulle sonde.
    Jona.1:2 Maak jou klaar, gaan heen na die groot stad
    Ninev en preek daarteen, want hulle boosheid het
    opgestyg voor my aangesig.
    So sal die stad Babilon verwoes word aan die einde van
    die sewe jaar voor die koms van Christus. Alle heiliges
    word gewaarsku om nie in die stad teenwoordig te wees
    nie.
    Duidelik sien ons die verskil van die twee aangewese tye
    wat alreeds plaasgevind het. By albei moet ons dieselde
    boodskap uitbring. Jesus het hierdie twee gedeeltes
    gebruik om aan te toon in watter era die kerk hom sal
    bevind wanneer Hy kom. So gee Hy vir ons die tekens van
    die tye om te verstaan wat die Vader se wil is. Al hierdie
    tekens is om die kind van God te help verstaan wanneer
    hierdie dinge gebeur. Christus waarsku die kerk
    menigmaal deur verskillende verwysings van die ou
    Testamentiese gebeure en profesie. Hier moet verstaan
    word dat die eindtyd verskriklik boos sal voorkom dat die
    mens hom met duiwels bemoei soos in die vroe
    geskiedenis van Genesis. Dit is reeds oor hierdie soort
    gedrag dat die toorn van God opgewek is. Daarom dat ons


    ag moet gee op die waarskuwing om nie in hierdie sonde
    betrokke te raak nie.
    Die bruid.
    Nog ʼn geliefde skrif is die een in die boek van Johannes.
    Johannes.3:29;Hy wat die bruid
    het, is die bruidegom;
    Hierdie skrif word aangehaal dat di
    kerk die bruid van Christus is wat
    ook ongegrond voorkom omdat
    daar geen melding gemaak word
    dat die kerk as 'n bruid voorgestel
    word nie. As ons na die gelykenisse
    van Jesus kyk kom dit nrens voor
    dat Christus die kerk as 'n vrou beskryf nie. Baie verloor
    die visie waarvoor Christus gekom het en bly moedswillig
    aanhaal van die bruidsteorie sodat hulle boeke verkoop
    kan word. Daar word nie navorsing gedoen soos die
    heiliges waarvan ons lees in die boek van Handelinge nie.
    Handelinge. 17:11 En hierdie mense was edelmoediger
    as di in Thessalonka; hulle het die woord met alle
    welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek
    of hierdie dinge so was. Ons kan nie alles wat ons ontvang
    net aanneem sonder om seker te maak dat dit so is nie.
    Die dominerende leraar of profeet aanvaar nie debattering
    oor God se woord nie, eerder moet dit afgedwing word dat
    die openbaring wat hy ontvang het as finaal beslis word.
    Of hy nou reg of verkeerd is maak nie saak nie, hy is die
    profeet en sal sy gesag op ander afdwing omdat hy alleen
    voor God staan. Geweldige woorde wat ek neerpen, maar
    dit is hoe dit regtig in die kerk gaan dat baie heiliges
    onder gedwonge vrees vir mense is. Christus het aan ons
    die vryheid gegee om nie meer onder die wet te beweeg
    nie. Paulus het dieselfde probleem in die vroe kerk
    ontdek hoedat die duiwel deur sy geslepenheid die
    gemeente van Galasirs onder druk geplaas het met die
    sogenaamde geleerdes wat die heiliges wou beroof van
    hulle vryheid sodat hulle weer onder hulle juk kon wees.


    Vandag word presies dieselde gedoen met die konstitusie
    wat deur mense opgetrek is sodat hulle die heiliges kan
    beheer. Die Heilige Gees mag nie meer die gawes aan die
    heiliges oordra nie alhoewel dit van die kansel gepredik
    word ontbreek die daad. Profesie in die kerk is alreeds
    beperk en word deur geen heilige van gemeente vlak
    aanvaar nie. Net die herders mag profeteer in sommige
    kerke. Die herders wat nie profeteer nie blus die Gees
    heeltemal uit om die Heilige Gees te beperk sodat die
    Gees van God nie aktief in die gemeente is nie. Hierdie
    diktatoriale beweging kom al hoe meer voor in die kerk
    vandag. Petrus het die opsieners van hierdie
    regeringsgees gewaarsku dat hulle as herders toesig moet
    hou en nie die volk van God regeer nie. 1Petrus. 5:2-3
    Hou as herders toesig oor die kudde van God wat onder
    julle is, nie uit dwang nie, maar gewilliglik; nie om vuil
    gewin nie, maar met bereidwilligheid; ook nie as heersers
    oor die erfdeel nie, maar as voorbeelde vir die kudde.
    Die rede van die stelling is om aan te dui waarom baie
    christene nie meer die belangstelling toon van die
    werkinge van die Heilige Gees nie. Daarom dat hulle nie
    meer die skrifte ondersoek wat deur baie aangewend word
    nie. Belangeloosheid het 'n groot probleem onder die volk
    geword om net enige lering in te neem sonder ondersoek
    of dit van die woord kom of nie. Selfs profesie kan die
    mens verblind wanneer so 'n profesie altyd na die goeie
    verwys sonder enige tug. Die groot probleem met hierdie
    leraars is dat hulle soek openbarings wat God konsuis
    weggesteek het en vir die heiliges verborge is. Op hierdie
    wyse word die verborge skatte wat die leraar ontvang
    ingevoeg met die waarheid. Hierdie verborgenhede wat
    geen krag dra nie, word op die heiliges afgelaai. Sodoende
    word hulle ook blind net soos hulle blinde leiers wat hulle
    versamel het om hulle oor te streel. Die waarheid sal
    alleenlik sevier in die hart van die heiliges wat God in
    Gees en waarheid aanbid.
    Die bruid word alleenlik bespreek in openbaring wat
    verwys na die nuwe Jerusalem. 'n Swaar pil om te sluk vir
    die wegraping teorie wat die waarheid verdraai om ook die


    stad en die heiliges een te maak. Die groot probleem met
    die bruidsteorie is wanneer Israel en die heidene geskei
    word. Die Bybel verwys Israel as die vrou van God waar
    die leraars die kerk as die vrou van Christus wil verkondig.
    Hier is 'n groot probleem met die uitleg omrede die
    fondament van die kerk het in Israel begin. Jesus self het
    ges dat die saligheid is uit die Jode. God die Vader het Sy
    Seun gestuur om vir die wreld te sterf, nie alleen vir
    Israel nie. Daarom die vrou wat Israel is word hulp
    aangebied deur Sy Seun om vir almal te sterwe. 'n Nuwe
    verbond het God met die mens opgerig wat in Israel begin
    het en wat ook daar sal eindig.
    Hierdie vrou wat ook verwys word in Openbaring twaalf is
    die enigste vrou wat aan God behoort. Weereens moet
    ons verstaan dat Christus die verhouding tussen Israel en
    God kom herstel het deur die soendood. Met hierdie
    liefdesdaad was almal deur God genooi om deel te h aan
    die koninkryk. As die fondament in Israel is en ons daarop
    bou hoe is dit moontlik dat ons nou afsonderlik opereer?
    In Openbaring lees ons van die nakomelinge van die vrou
    wat ook die gebooie van God bewaar en die getuienis van
    Jesus Christus hou. Openbaring. 12:17 En die draak
    was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om
    oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die
    gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus
    Christus hou. Jesus maak 'n stelling in Mattheus oor die
    tien maagde wat genooi is na die bruilofsmaal. Ek het
    altyd gewonder waarom Christus tien maagde uitverkies
    totdat die Heilige Gees dit aan my openbaar het. Hierdie
    tien maagde stel die kerk voor wat genooi word na Sy
    bruilofsmaal wat duidelik verklaar dat ons nie 'n bruid kan
    wees nie. Jesus het die tien maagde gebruik om die kerk
    in die laaste dae te openbaar. Soos ons alreeds weet word
    die wreld in tien streke verdeel wat ons ook die antwoord
    gee van die tien maagde wat ook wreldwyd voorkom.
    Elke maagd stel 'n streek voor in die wreld. Die gelykenis
    maak dit duidelik dat ons in die tydperk van die
    verdrukking sal wees en tog bewaar word van die toorn
    van die Lam wat oor die bewoners van die aarde kom.
    Paulus self het die kerk nie as die bruid aangewys nie


    maar as 'n reine maagd. 2Korinthiers. 11:2 Want ek is
    jaloers oor julle met ʼn goddelike jaloersheid, want ek het
    julle aan een man verbind, om julle as ʼn reine maagd aan
    Christus voor te stel. Hier maak Paulus net 'n vergelyking
    van die gemeente se reinheid wat hulle deur die bloed van
    die Lam ontvang het. Hy stel hulle voor as 'n maagd wat
    ook 'n verwysing is na die gelykenis van die tien maagde
    wat opgegaan het na die bruilofsmaal. Paulus gebruik
    tipologie van die maagdelikheid wat reinheid voorstel en
    nie 'n huwelik nie. As daar 'n huwelik moet wees sal die
    kerk voor Christus staan as tien maagde en nie een nie.
    Paulus maak gebruik van Christus se gelykenis van die
    tien maagde.
    In Openbaring is die enigste verklaring van die bruid wat
    duidelik gestel word sodat selfs onkundiges dit kan
    verstaan.
    Openbaring. 21:2, En een van die sewe engele wat die
    sewe skale gehad het, vol van die sewe laaste plae, het
    na my gekom en met my gespreek en ges: Kom
    hierheen, ek sal jou die bruid toon, die vrou van die Lam.
    En hy het my in die gees weggevoer op ʼn groot en ho
    berg en my die groot stad getoon, die heilige Jerusalem,
    wat uit die hemel van God neerdaal;
    Hier word die bruid vir ons duidelik uiteengesit. Hier het jy
    nie baie wysheid nodig om dit wat die engel vertoon te
    verstaan nie. Die engel toon die stad wat ook die bruid
    genoem word. Duideliker kan dit nie verklaar word nie.
    Hier word ʼn duidelike uiteensetting van die Nuwe
    Jerusalem gegee wat die bruid van Christus is waar ons
    genooi word as die bruilofsgaste. Die bruilofsgaste word
    ook duidelik verklaar as die sondaars wat tot bekering
    gekom het. Hulle word deur die Heilige Gees wat deur die
    prediker spreek genooi om deel te h aan die bruilofsmaal
    van die Lam. Regoor die wreld word die evangelie gegee
    aan alle nasies dat hulle moet bekeer van hul goddelose
    weg. Om sondes te bely en te laat staan.


    Sover ek kan aflui word die stelling gemaak van die bruid
    op grond van gesigte wat deur persone ontvang is om die
    teorie te staaf. Die woord s duidelik dat ons die geeste
    op die proef moet stel of dit van God is. Selfs die Joodse
    huwelik word ingebring om die teorie te versterk. As
    tipologie word die storie van Abraham se dienskneg
    gebruik wat vir Isak ʼn vrou gaan soek het in
    Mesopotami.
    Genesis.24:4 maar dat jy na my land en my familie sal
    gaan om vir my seun Isak ʼn vrou te neem.
    Daar is ʼn paar gedeeltes waarna opgelet moet word wat
    sulke opmerkings testaan. Eerstens moet onthou word
    dat die koms van Christus nie gerig was om ʼn vrou te
    soek nie, maar om verlossing vir die mens te bring. Om
    die mens se verhouding met God te herstel. In die hemel
    word daar nie in die huwelik uitgegee nie. Almal is soos
    die engele.
    Mattheus.22:30 Want in die opstanding trou hulle nie en
    word ook nie in die huwelik uitgegee nie, maar is soos
    engele van God in die hemel.
    Tweedens moet ons oplet dat die dienskneg na die land
    van Abraham ʼn vrou moes soek. Derdens by sy familie.
    Dus, sien ons indien daar ʼn vrou vir Christus moes wees
    dit sekerlik nie op die aarde sou wees nie. Verder merk ek
    op dat die vrou van Isak was nie onrein en deur ʼn man
    beken nie. Sy was ʼn maagd maar nie sondeloos nie. Die
    stad is rein en sondeloos. Die verwysing van die bruid wat
    die stad is, word gebruik om die eenheid van die
    teenwoordigheid van die Godheid voor te stel. In die
    hemel is almal een met almal en met alles. Die stad is ook
    die voorbereidingswerk waarvan Christus belowe het.
    Johannes.14:2- 3 In die huis van my Vader is daar baie
    wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle ges
    het. Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan
    en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My
    toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.


    Die inwyding van die stad sal eers plaasvind wanneer al
    die gaste gereed is. Met hierdie fees sal almal saam bly
    wees en hulle verheug oor die stad wat Christus gebou en
    voorberei het vir hulle wat Hom liefhet. Mag die Here ons
    help om voorbereid te wees vir die dinge wat kom om
    staande te bly in sy Naam. Dat ons in hierdie tyd van die
    afval geestelik versterk word deur gebed. Om standvastig
    en waaksaam te wees teen alle misleiding. Dit is nie
    verkeerd om die kerk as ʼn vrou voor te stel nie, maar ons
    moet probeer verstaan wat die betekenis van Openbaring
    is sodat ons die regte uitleg kan gee. Enige saamgestelde
    teorie wat nie ooreenstem met die Woord nie kan skade
    veroorsaak en skeuring bring in die kerk. Daarom sal dit
    raadsaam wees om te kyk wie en wat word die kerk
    genoem.
    2 Johannes.1:1 Die ouderling aan die uitverkore vrou en
    aan haar kinderswat ek in waarheid liefhet, en nie ek
    alleen nie, maar ook almal wat die waarheid leer ken het;
    In hierdie gedeelte skryf Johannes aan niemand anders as
    aan die gemeente van Jerusalem nie. Hier verwys hy na
    die boek Openbaring. Niemand het so ʼn stelling gemaak
    voordat Openbaring verskyn het nie. Johannes het nie
    gedink aan die kerk nie, maar aan Israel. Wie sou beter
    weet as die een wat die waarheid ontvang het. Verder
    sluit hy af met die woorde om aan te toon dat die
    nakomelinge van Israel haar groet.
    2Johannes 1:13 Die kinders van u uitverkore suster groet
    u. Amen.
    Hierdie aanhaling is die enigste verwysing na Openbaring.
    Openbaring 12:1 En ʼn groot teken het in die hemel
    verskyn: ʼn vrou wat met die son bekleed was, en die
    maan was onder haar voete, en op haar hoof ʼn kroon van
    twaalf sterre;,


    Openbaring.12:17 En die draak was vertoornd op die
    vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar
    ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en
    die getuienis van Jesus Christus hou.
    Hierdie gedeelte is duidelik genoeg om te verstaan dat die
    kerk nie die vrou van Christus is nie.
    Mattheus. 9:15 En Jesus s vir hulle: Kan die
    bruilofsgaste dan treur so lank as die bruidegom by hulle
    is? Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van
    hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas.
    Duideliker kan Christus dit nie stel nie. Hier word ons as
    die bruilofsgaste aangewys wat ooreenstem met ander
    gedeeltes in die Woord. Christus verwys na Homself as die
    bruidegom wat natuurlik ook ʼn bruid moet h. So word
    skrifgedeeltes gebruik om sieninge te staaf en teorie te
    maak wat onvanpas is. Dit sal beter wees as ons by die
    skrif bly en verstaan wat vir ons ges word. Op hierdie
    wyse word die kerk as die bruid uitgewys sodat die
    wegraping teorie versterk kan word. As ons die bruid
    wegneem tuimel die hele storie inmekaar en dit is presies
    wat hulle nie wil h moet gebeur nie. Een leuen help die
    volgende leuen, so word daar ʼn vesting van leuens gebou
    om die kinders van God te mislei wat hulle waaksaamheid
    verslap en heiligmaking beroof.
    As ons die stad die nuwe Jerusalem verwerp, dan verwerp
    ons ook dat die stad die bruid genoem word. Hierdie stad
    is nie 'n storie wat vergeestelik moet word nie, maar ons
    moet glo in die werk van God en die belofte van Jesus
    Christus dat Hy vir ons plek berei het. Hierdie stad word
    uitgebeeld met al haar versieringe net soos 'n bruid wat
    op haar troudag versierd is. Die stad is nie daar om
    vergeestelik te word dat die stad die heiliges voorstel nie.
    Die stad is 'n werklikheid en die werk van Christus.
    Die eerste opstanding.


    Openbaring.20:4-6 En ek het trone gesien, en hulle het
    daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek
    het die siele gesien van die wat onthoof is oor die
    getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat
    die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op
    hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en
    hulle het geleef en as konings geregeer saam met
    Christus die duisend jaar lank. En die ander dode het nie
    herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is
    die eerste opstanding. Salig en heilig is hy wat deel het
    aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood
    geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van
    Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer
    duisend jaar lank.
    In hierdie gedeelte kom dit vir die eerste keer voor dat
    daar gepraat word van die opstanding. Geen melding is
    gemaak voor hierdie hoofstuk van enige opstanding nie.
    Hierdie opstanding vind plaas met die wederkoms van
    Christus. Eerstens moet ons verstaan en bepaal hoeveel
    opstandings daar sal wees. Volgens hierdie skrifgedeelte is
    daar net twee opstandings. Die eerste met die koms van
    Christus en die tweede na die duisendjaar vrede.
    Openbaring.20:14 En die dood en die doderyk is in die
    poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.
    Hierdie twee opstandings is duidelik en verstaanbaar.
    Geen ander opstanding word geskryf of weggesteek wat
    nie verstaan word nie. In vers 4 vind ons hulle wat deur
    die verdrukking gegaan het, en is nie verstoot soos
    sommige beweer nie. Hulle is deel van die vyf wyse
    maagde wat hulle olie behou het tot die dood. Ons moet
    in gedagte hou dat die vyf dwase maagde verwerp was en
    nie ʼn tweede kans ontvang het nie.
    Mattheus. 25:12 Maar hy antwoord en s: Voorwaar ek
    s vir julle, ek ken julle nie.
    Verder moet ons ook probeer verstaan wanneer sal die
    ontslapenes opstaan. Paulus s ons sal hulle hoegenaamd


    nie voor wees nie. ʼn Duidelike antwoord vind ons in
    Lukas.
    Lukas. 17:34-37 Ek s vir julle: In daardie nag sal daar
    twee op een bed wees; die een sal aangeneem en die
    ander verlaat word. Twee vroue sal saam maal; die een
    sal aangeneem en die ander verlaat word. Twee sal op die
    land wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat
    word. En hulle antwoord en s vir Hom: Waar, Here? En
    Hy s vir hulle: Waar die liggaam l, daar sal die aasvols
    saamkom.
    Duideliker kan hierdie gedeelte nie vir ons beskryf word
    nie. Christus maak in Lukas bekend die tyd van sy
    wederkoms met die slag van Armageddon. Die
    verandering van die liggaam vind eers plaas met die
    wederkoms wat gepaard gaan met die slag van
    Armageddon. Net hierdie skrifgedeelte is 'n gewelde bom
    wat die wegraping teorie verpletter.
    Die tyd van die wederkoms spreek vanself volgens
    Openbaring.
    Openbaring. 19:17-18 En ek het een engel sien staan in
    die son; en hy het met ʼn groot stem uitgeroep en vir al
    die vols ges wat in die middel van die lug vlieg: Kom
    hierheen en versamel julle tot die maaltyd van die grote
    God, dat julle kan eet die vlees van konings en die vlees
    van owerstes oor duisend en die vlees van sterkes en die
    vlees van perde en van die wat daarop sit, en die vlees
    van almal, vrymense sowel as slawe, klein sowel as groot.
    Mattheus. 13:24-30 ʼn Ander gelykenis het Hy hulle
    voorgehou en ges: Die koninkryk van die hemele is soos
    ʼn man wat goeie saad in sy land gesaai het; maar terwyl
    die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder
    die koring gesaai en weggegaan. En toe die spruitjies
    opgeskiet en vrug gevorm het, toe verskyn die onkruid
    ook. En die diensknegte van die huisheer het gekom en


    vir hom ges: Meneer, het u dan nie goeie saad in u land
    gesaai nie? Waar kry dit dan die onkruid vandaan? En hy
    antwoord hulle: ʼn Vyandige mens het dit gedoen. Toe s
    die diensknegte vir hom: Wil u dan h dat ons dit moet
    gaan bymekaarmaak? Maar hy antwoord: Nee, dat julle
    nie miskien, as julle die onkruid bymekaarmaak, die
    koring daarmee saam uittrek nie. Laat altwee saam groei
    tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers s:
    Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels
    om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my
    skuur.
    In hierdie gedeelte vind ons die gelykenis van die
    wederkoms wat Jesus gee aan Sy dissipels. Hy toon die
    verskillende soorte sade wat op die aarde gevind sal word
    wanneer Hy weer terugkom. Jesus het met die goeie saad
    wat die evangelie is, begin. Die duiwel het hierdie goeie
    saad verdraai en dit in onkruid verander. Hierdie onkruid is
    dwaalleringe wat van die dwaalleraars afkomstig is.
    Hierdie onkruid het alreeds net na Jesus se opstanding
    begin deur sommige wat geglo het dat die opstanding
    alreeds plaasgevind het. Vandag het ons dieselfde
    probleem met hulle wat glo dat die heiliges nie deur die
    verdrukking gaan nie. Nrens het Jesus sulke beloftes
    gemaak dat enige christen die verdrukking sal vryspring
    nie, behalwe hulle wat alreeds ontslaap het. Vandag is
    hierdie onkruid geweldig aan die groei en verstik alreeds
    sommige heiliges wat die pad duister raak. Baie glo vas
    dat die weg wat hulle wandel reg is. Sommige bevestig
    sonder vrees dat hulle die regte weg is, anders sou God
    hulle nie staande gehou het nie. Wat hulle vergeet is dat
    die koring en die onkruid sal saam groei tot die einde. Die
    einde sal wees wanneer Jesus terugkom met die
    wederkoms om die grafte oop te maak, maar voor Hy die
    grafte oopmaak word die onkruid uitgetrek deur die plae
    wat oor die ongehoorsames kom. Dus sien ons dat die
    koring tot die einde sal bly staan. Ons sien ook hier
    hoedat die oordeel oor die goddelose plaasvind sonder dat
    die heiliges geraak word.


    Die toekomstige toorn.
    1Thessalonisense. 1:10 en sy Seun uit die hemele te
    verwag, wat Hy uit die dode opgewek het, Jesus wat ons
    van die toekomstige toorn verlos.
    Hierdie is ook ʼn gepasde skrifgedeelte wat gebruik word
    dat die heiliges die toorn van God wat op die aarde kom
    sal vryspring. Die groot probleem met die uitleg van die
    skrif is so fyn ingebring dat baie nie die skrif self verstaan
    wat Paulus probeer s nie. Daarom dat Petrus aanhaal dat
    daar hulle is wat die woord verdraai omdat hulle dit
    moeilik vind om te verstaan. Om ons van die toekomstige
    toorn te verlos word ons deur die bloed van Jesus gereinig
    en deur die Heilige Gees versel sodat die toorn van God
    nie oor die heiliges sal kom nie. Baie dink dat God ʼn
    kokende pot vuur oor die aarde strooi en almal wat nou
    daar teenwoordig is, sal verbrand. Sommige gebruik die
    voorbeeld van ʼn huis wat aan die brand is. Hoe belaglik is
    die teorie van die valse leraars nie om God as moordenaar
    en verwoester aan te wys. Hulle bring enige storie te vore
    om hul teorie smaaklik en verleidend aan te bied wat die
    onkundige en onvaste siele verlei. By die meeste van
    hierdie gelowiges is daar geen vrees van God teenwoordig
    nie. Meerderheid kom ligsinnig voor asof die wegraping ʼn
    grap is. Die opgewondenheid oor die wegraping laat
    eerder toe dat sonde vermeerder in die lewens van die
    heiliges. Die hele teorie het ʼn geloofsaak geword wat hulle
    vatbaar maak om een met die wreld te word. Jy moet
    maar net glo dan sal jy daar wees wanneer Jesus kom om
    die heiliges te kom haal.
    Wat ek verstaan in die Skrif is dat die Here die heiliges
    van die toekomstige toorn sal verlos, wat beteken dat alle
    heiliges dan van hierdie toorn verlos sal wees. M.a.w. daar
    sal geen heiliges op aarde teenwoordig wees wanneer
    hierdie toorn openbaar word nie. Ongelukkig word dit aan
    Johannes geopenbaar dat daar menigte heiliges is wat in
    die verdrukking tydperk teenwoordig sal wees. Die Here
    sal Sy kinders nie bedrieg nie, laat ons wakker word en
    vas staan tot die einde. Hy wat volhard tot die einde, nie


    tot die wegraping nie, sal gered word. Die hoofsaak is dat
    Jesus ons verlos deur die wedergeboorte wat ons dan ook
    die mag gee om kinders van God genoem te kan word.
    Hierdie kindskap vrywaar ons van die toorn van God wat
    oor die goddelose kom. So sal hulle wat in die verdrukking
    teenwoordig is ook deur Christus bewaar word van die
    toorn wat oor die hele wreld kom.
    Die datum profete.
    Vele boeke word gevind van predikers wat probeer om
    profetiese datums in te bring wat Jesus se woorde
    elimineer. Christus word uitgeskakel terwyl hulle nou
    direkte antwoorde van die Heilige Gees ontvang. Wat
    Christus nie vir ons kon s nie sal hulle nou aan ons
    meedeel. Die eerste groot fout wat gemaak word is
    wanneer Jesus se woorde verwerp word of in twyfel getrek
    word. Dit is hier waar die valsheid en verdraaiing van God
    se woord inkom, wanneer die siel hom nie verneder onder
    die hand van God nie, maak hy homself vatbaar vir
    verleiding. Daar word ook gebruik gemaak van politieke
    sieninge wat spekulasie voortbring. Die goddelose weet
    self nie aldag wat hulle moet maak nie. Hulle wat hierdie
    goddelose opdragte kry weerhou ook baie inligting van
    hulle ondergeskiktes. Daarom dat ons nie alle nuus wat in
    koerante geplaas word as waardige kennis kan aanneem
    nie. Ons toekoms word ook nie op koerante gebou nie,
    maar op die Woord van God. Selfs die verkiesings is ʼn
    klug wat baie mislei. Daarom is dit belangrik as kinders
    van God om ons hoop nie op die goddelose te plaas nie.
    As ons die koerante moet lees en met die politiek
    vermeng raak sal ons later wegdryf van die waarheid.
    Hierdie politieke inligting wat baie gebruik om hul siening
    te staaf is deur die media misleidend wat skade bring in
    baie se siele. As ons op die Here wag sal ons beter
    verstaan wat Sy wil vir die heiliges is. Die datums wat
    volgens politieke oortuiging gemaak word het baie se
    lewens verwoes omdat hulle sulke dwaalheid aangeneem
    het om deur vreesagtige tyding op te tree. Reeds het baie
    onskuldiges hulle eiendomme verkoop en werk verlaat
    weens hierdie soort uitlatings wat deur die valse profete


    gemaak is. Die profete is daardeur verryk met die boeke
    wat hulle verkoop het onder die volk, omdat hulle die
    nuuskierigheid van die volk ken. Omdat baie ongeduldig
    raak met die koms van Christus soek hulle al hierdie soort
    leesstof wat verwarring en afvalligheid veroorsaak. Om die
    volk te bemoedig is dit goed om van sulke predikers wat
    graag die koms van Christus wil bepaal, om hulle te
    vermy. Hulle bring graag tekens van die uitspansel in om
    hulle teorie te versterk. Die Israeliese feeste word ook
    gebruik om die wegraping vastigheid te gee dat dit op ʼn
    sekere feestyd sal gebeur. So word daar baie metodes
    uitgedink om vas te stel wanneer Jesus terugkom vir die
    wegraping. As ons ag slaan op die woorde van Jesus wat
    Hy aan die kerk meegedeel het in Openbaring.1-2 sal ons
    geen probleem vind om te wag totdat Hy verskyn nie.
    Israel is die duidelikste profesie vir die toekoms omdat die
    Antichris sy verskyning daar sal maak. Ons het
    genoegsame feite en waarskuwings wat Christus aan Sy
    kerk gegee het om op ag te slaan voor Sy wederkoms
    plaasvind.
    Die mag van vrees.
    Ten laaste wil ek hierdie gedeelte afsluit om te praat oor
    die grootste vyand van die Westerse nasies. Hierdie vyand
    wat deur baie verwerp word en nie graag oor die kansel
    genoem word nie is die mag van vrees. Dit is algemeen
    dat ons in die Westerse lande nie die woord vervolging
    meer ken nie. Alhoewel dit nog voorkom onder die kinders
    van God, omdat Paulus praat van valse broeders en dat
    hulle wat godsvrugtig wil lewe sal vervolg word. Hierdie
    vervolging is algemeen in Suid-Afrika se Pinkster kerke,
    omdat baie broeders hulle onttrek van hulle wat na
    heiligmaking streef. Daar word meegedeel jy is te eng, of
    neem dinge te ernstig op. So word jou familie en vriende
    minder. Die wat jy vertrou en gehoop het jou sal bystaan
    distansieer hulself omdat die begeertes wat in hulle is bots
    met die Heilige Gees leiding.


    Dit is verstane dat Jesus ges het dat hierdie weg is ʼn
    smal pad.
    Mattheus. 7:14 Want die poort is nou en die pad is smal
    wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.
    Waarom is die pad smal? Omdat daar net genoeg plek vir
    jou en Christus is wat jou lei na die ewigheid. Daar is ook
    nie plek vir ʼn maat soos Petrus wat vir Johannes saam
    wou neem toe Jesus hom roep nie. As ons op hierdie smal
    pad bly sal ons ook in oorwinning bly en die gees van
    vreesagtigheid sal ons nie oormeester nie.
    Selfs in my eie lewe was hierdie monster in my hart toe ek
    nog jonk was. Ek het gerebeleer daarteen as dit swaar
    gegaan het met my en wou die beproewings nie aanneem
    dat dit somtyds sleg gaan nie. Eendag berispe ʼn geliefde
    volwasse broeder my en toon die moeilike omstandighede
    van ander broeders wat ly in ander lande vir die Naam
    van Jesus. Maar hierdie berisping het my siel verhard en
    wou nie hierdie soort omstandighede aanvaar nie. Ek wou
    h dit moet goed gaan met my soos dit goed gaan met die
    goddelose. Hierdie gesingheid het afvalligheid in my lewe
    gebring en my onvergenoeg gemaak teenoor die
    voorsiening van God.
    Toe ek die wortel van die kwaad ontdek waarom ek so
    optree, was die ontdekking dat ek bevange was met die
    gees van vrees. Ek wou nie ly of sterf vir Christus nie. Ek
    was gemaklik in my gemaksone wat op daardie tydstip
    van my lewe aanvaarbaar was. Ek wou ook nie die
    vervolging wat kom deur die goddelose beleef nie, daarom
    het ek opgehou om die evangelie te preek en eerder my
    gesprekke met die alledaagse omstandighede en sport
    ingesluit om sodoende die Heilige Gees se stem te
    versmoor. Maar diep in my hart het dit altyd na God
    uitgeroep omdat ek geweet het dat Sy kinders van Hom
    afhanklik is en nie sonder Hom kan oorleef nie. Elke keer
    as ek weer op die weg ag gee verdwyn die mag van vrees.
    Paulus noem verder in Hebrers:


    Hebrers.13:13 Laat ons dan uitgaan na Hom toe
    buitekant die laer en sy smaad dra.
    Vir christene was dit algemeen om vir Christus te ly omdat
    die vervolging teen die heiliges geweldig was. Soos die
    kerk met die wreld een word, word hulle self swak en
    beklaenswaardig. As jy vir iemand vertel hoe sleg jy voel
    sal die persoon nie vir jou bid om gesond te word nie,
    maar verwys na die dokter. Die wreld se metodes is meer
    aanvaarbaar in die kerk as die christelike riglyne wat
    nagekom moet word. Verskillende programme word
    ingestel om rigting te gee aan die heiliges wat sit met
    geestelike probleme. Daar is geen groter oplossing vir ʼn
    probleem as dat die siel hom tot God rig en afstand doen
    van sy ongeregtigheid terwyl hy gewas word met die
    bloed van die Lam. Bely en erken die sonde of swakheid
    wat die geestes krag weerhou soos dit in die begin van die
    wedergeboorte plaasgevind het. As ons as leiers terugkeer
    na God sal die volk ook terugkeer na God. Die
    verantwoordelikheid rus op die leiers van die kerk.
    Die ontkennings fase.
    Wanneer die persoon die waarheid besef en tog ten spyte
    van die onthulling daarvan weier hy om die waarheid
    toelating te gee omdat jare se studie en selfopoffering
    niks in sy lewe opgelewer het nie. So kom baie geleerdes
    tot skande wanneer hulle besef dat hul geleerdheid die
    grootste struikelblok was wat die waarheid van hulle
    weerhou het. Eer en lof van mense wat verkry was sal
    ontneem word en wat sal die menigte s oor al die leuens
    wat gepredik was. Die vernedering wat die arme siel moet
    deurmaak omdat hy ook besluier was deur die duiwel om
    alle leuens van ander dwaalleraars te aanvaar. Gewoonlik
    word hulle wat die waarheid spreek beveg met die gees
    van Hannja wat teen Jeremia opgestaan het. Met hierdie
    gees wil hulle aan die volk bewys dat hulle reg is en die
    ware profeet verkeerd.


    Bekende spreukwoorde word aangehaal soos: Hy spreek
    in sy eie gees, of hy is nie 'n profeet nie. Hierdie geliefde
    woorde word aan die volk oorgedra om die profeet
    kragteloos te maak en om die volk teen hom op te sweep.
    Ten laaste word die persoon verwyder uit die kerk
    (sinagoge) om hom as 'n voorbeeld te stel voor die volk
    sodat hulle die herders kan vrees. 'n Handeling waarvan
    Christus gepraat het wat hulle aan die heiliges sal doen.
    Paulus s ons moet die slegte mense verwyder, nie die
    heiliges nie. Die slegtes is hulle wat in sonde lewe en die
    waarheid onderdruk. Wanneer God die waarheid openbaar
    deur iemand word aan hom meegedeel dat hy
    bevooroordelend voorkom en nie in die liefde wandel nie.
Working...
X