Announcement

Collapse
No announcement yet.

Wie is die tien maagde?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Bespreking Wie is die tien maagde?

    Vir jare het ek gehoor dat die tien maagde die bruid voorstel. Na sorgvuldige ondersoek vind ek daar is n groot probleem wat die wegrapers het met hul teorie. Soos ek reeds gemeld het in die boek openbaring is die tien maagde die voorstelling van die kerk van Christus wat ook genoem word die liggaam van Christus. Die tien maagde verteenwoordig die kerk globaal net soos die tien horings wat in die laaste tyd sal regeer wreldwyd.

    Nou vyf was dwaas en vyf was wys....oeps daar gaan die helfte van die bruid, Maar nou ja, kom ons kyk wat word van die ander helfte sodat sy weer volledig herstel kan wees. Ek dink n bespreking sal heerlik wees. Wat dink u!

    Samaritaan.

  • #2
    Re: Wie is die tien maagde?

    Originally posted by samaritaan View Post
    Maar nou ja, kom ons kyk wat word van die ander helfte sodat sy weer volledig herstel kan wees.
    Hi Samaritaan,

    Ek haal graag die deel aan oor die 10 maagde...
    Dan sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet. En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas. En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie. Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem. En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak. En middernag was daar n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet! Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed. En die wat dwaas was, s aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit. Maar die verstandiges antwoord en s: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself. En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit. Later kom toe die ander maagde ook en s: Meneer, meneer, maak vir ons oop! Maar hy antwoord en s: Voorwaar ek s vir julle, ek ken julle nie. Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.
    (Mat 25:1-13)

    Wat mens hier lees is die volgende, die deur is gesluit en Jesus ken hulle nie. Is daar nog kans vir herstel of is hierdie die wederkoms, soos vers 13 aandui (?), 'Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie'.
    The Rapture

    My dearest friends, Im so sorry so sorry
    but I must confess, dont worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    its before Gods wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    its for all the people in the zoo
    think about it and refresh
    you will see theres no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhere


    Comment


    • #3
      Re: Wie is die tien maagde?

      Hier is geen herstel vir hierdie vyf dwase maagde nie, want hierdie gebeurtenis vind eers plaas by die wederkoms wanneer hulle wat verstandig was, die wyse maagde, verander sal word met n verheerlikte liggaam nadat die grafte oopgegaan het en die dode eerste opgestaan het. Hierdie gelykenis toon ons hoe naby ons aan die Here moet lewe in hierdie moeilike omstandighede wat voorl wanneer die Antichris geopenbaar word totdat Jesus terug kom. Die wat net saamloop en die valse broeders, sal op daardie dag beskaamd staan omdat hulle nie die heiligmaking in hul lewens vervul het nie. Die tien maagde kan onmoontlik as n bruid voorgestel word omdat ons die genooides is wat genooi word na die bruilofsmaal. Hier sien ons dat die maagde was op pad na n bruilof en nie om die bruidegom te ontmoet vir n huwelik nie, maar as n gas.Hierdie tien maagde was genooi om die bruilof by te woon. Daar is nie n huweliksaanbod gemaak dat hulle met die bruidegom sal trou nie. Die valse leraars ruk die hele gelykenis uit verband uit. Hier gaan dit oor volharding en lydsaamheid tot die einde. Jesus se: Hy wat volhard tot die EINDE sal gered word. Jy het reg CF dit is die wederkoms van Christus.

      Comment

      Working...
      X