Announcement

Collapse
No announcement yet.

Is die pope die Antichris?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Is die pope die Antichris?

    1. Hoekom sal Israel na die Pope luister terwyl hy met politieke sake bemoeid is?
    2. Sal Israel iemand aanneem wat christelike beginsels aankleef?
    3. Sal Israel ooit die Pope toelaat om beheer te neem oor die tempel?

  • #2
    Re: Is die pope die Antichris?

    Originally posted by mastermike View Post
    1. Hoekom sal Israel na die Pope luister terwyl hy met politieke sake bemoeid is?
    Hi Mike,

    Ek skuif net die draad na die Eindtyd forum. Jy sal gou sien hoe die forum werk...

    Ek dink nie mens kan die Pous as die Anti-Chris sien nie, maar as die valse profeet verseker. Die Roomse sisteem sal soos die Bybel dit stel in veral Daniël, vlak voor Jesus se wederkoms (die Rots wat die beeld verpletter) steeds gekombineerde beheer hê. In my verstaan : -Yster is die Romeinse Ryk in die beeld van Nebudkadneser en yster en klei is hierdie ryk gemeng met humanisme of 'n sekulêre stelsel as mens dit miskien as 'n versamelnaam vir die klei wil of kan gebruik, nie dat ek sou reken humanisme of die term sekulêr dit die beste sou opsom nie. Miskien kan iets soos NWO dit beter verwoord.

    Originally posted by mastermike View Post
    2. Sal Israel iemand aanneem wat christelike beginsels aankleef?
    Die Roomse stelsel laat hierdie vraag oop vir debat, want is dit werklik 'n 'Christelike' stelsel?

    Originally posted by mastermike View Post
    3. Sal Israel ooit die Pope toelaat om beheer te neem oor die tempel?
    Die Pous beheer reeds en die stryd in die Bybel soos die boek van Efesiërs dit stel, gaan oor magte agter die skerms, demone en owerhede en beide die vals Jode, die Roomse stelsel en die hele sisteem waarin iets soos die Illuminati in vasgevang is, is basies maar een konsep. Ek glo nie die Israeliete wat nou in Israel woon is egte Jode nie, maar Edomiete. Jesus het in Sy persoonlike briewe aan die Kerk, soos gerig aan die 7 gemeentes in Openbaring, duidelik gewys dat die Kerk net 2 groot vyande het, die valse Jode (Open 2:9 en 3:9) en Satan self. Om Jode te verhef na Ou Testamentiese status soos wat Israel was, kan nooit weer wees nie, want hulle doel was om die verbond na die nasies te neem en dit is in wese 100% vervul. Hulle vader (fisiese Israel s'n), vader Abraham, was van die begin nie net Israel se vader nie, maar die vader van 'n menigte van nasies en dit is ook wat Abraham beteken (Gen 17). Daar is nie meer 'n onderskeid nie, die middelmuur van skeiding is afgebreek...

    Dat ons steeds na "Israel" kan kyk in ons moderne wêreld, maak egter baie sin al is dit na my mening valse Jode is daar steeds relevansie daarin en van groot belang wat die eindtye betref. Kyk bietjie na die onderstaande skakel oor "The Greater Israel Project". Kyk ook na Israel van vandag, wat eintlik agter ISIS sit om te bereik wat "The Greater Israel Project" of "Eretz Israel" wil bereik. Dit laat hierdie hele debakel waarin Europa nou vasgevang is met Moslem vlugtelinge en die destabiliserende effek wat dit meewerk en die oorlog wat Amerika in die midde-ooste voer, in die ope, sodat niemand kan twyfel nie.

    "Greater Israel": The Zionist Plan for the Middle East

    Die beeld hieronder vertel in een oogopslag waaroor hierdie hele "Greater Israel Project" handel (groter grondgebied vir Israel = vals Jode) en die hele verhaal van wat nou in die Midde-Ooste aan die gang is...

    Eretz Israel.jpeg
    The Rapture

    My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
    but I must confess, don’t worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    it’s before God’s wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    it’s for all the people in the zoo
    think about it and refresh…
    you will see there’s no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhere…


    Comment


    • #3
      Re: Is die pope die Antichris?

      Goeie stukkie nuus, maar Israel waar of vals bly Israel en die eindtyd speel sy rol om hierdie nasie. Ek weet hulle is korrup en vol bedrog, maar daar is ook die opregtes van hart wat vas glo in die tora. Paulus se die sluier is oor hulle totdat Jesus verskyn. Is dit nie n genade wat God aan die heidene gegee het nie? Om te dink hulle is besluier vir n oomblik totdat die volheid van die heidene ingegaan het. Ook baie christene wat glo in die uitverkiesing van die 144.000 Jode van die twaalf stamme. Maak nie saak hoe groot die grondgebied is nie, hulle sal deur God self verminder word wanneer die Antichris opdaag. Ek weet nie of jy die video gesien het van die Prins wat glo betrokke is met die vrede verbond waar die UN betrokke is. Dalk weet jy meer oor hom as ek. Ek sal weer op google gaan soek vir die ou.

      Comment


      • #4
        Re: Is die pope die Antichris?

        Het jy bewyse dat Israel agter isis sit .Ek dink nie dit is reg om sommer bewerings te maak nie .

        Comment


        • #5
          Re: Is die pope die Antichris?

          Hi Trudie,

          As mens na 'n ete genooi word en die tafel is gedek met "steak" messe, dan kan mens met redelike sekerheid aflei dat mens vleis gaan eet. Daar is net te veel dinge op 'n gedekte tafel, wat die maaltyd verraai in Israel se geval. Die skakel hierbo, "Greater Israel": The Zionist Plan for the Middle East, kan jy gerus gaan lees daaroor en dan hierdie een, Guess Who is Behind the Islamic State? Israeli Colonel “Caught with IS Pants Down”. Dis een van vele wat mens kan gaan lees en daar is sekerlik beter bronne, maar hierdie is genoeg sou mens reken.
          The Rapture

          My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
          but I must confess, don’t worry
          the rapture is not before the Great Tribulation
          it’s before God’s wrath!!!

          Because His wrath is not meant for you
          it’s for all the people in the zoo
          think about it and refresh…
          you will see there’s no way out of here, in the flesh

          If you really believe, you will see
          the rapture is for you and me
          when we decide to leave from here
          that very day, oh! God adhere…


          Comment


          • #6
            Re: Is die pope die Antichris?

            Dit is so dat Israel ook betrokke is met vele bedrog omrede die hele wêreld werk saam om die eenheid van die Nuwe Wêreld Orde te bekom. ISIS word deur hulle misbruik om hul doel te gebruik totdat hulle nie meer benodig word nie. Dit is mos hoe die wêreld werk, gebruik iemand en later raak ontslae van hom. Amerika is n goeie voorbeeld daarvan. Ek staan nie vir Israel op en gee voor dat sy onskuldig is in haar doen en late nie. Die Here sal haar straf vir haar ongeregtigheid net soos ons almal voor die regterstoel sal staan.

            Comment


            • #7
              Re: Is die pope die Antichris?

              Net om terug te kom na die oorspronklike vraag van of die Pous die antichris is. Nee. Johannes spel dit duidelik uit wie die antichris is. "Wat hulle egter vergeet is dat dieselfde Johannes wat Openbaring geskryf het, alreeds in sy sendbriewe die Antichris beskryf het: “(1Jn 2:18) Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is. (1Jn 2:22) Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën. (1Jn 4:3) en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld. (2Jn 1:7) Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris.” Deur hulle lering dat die Joodse geloof eers Jesus moet aanvaar as hulle verlosser terwyl hulle al sedert Jesus se tyd op aarde Hom verwerp het, ondersteun die dispensasie lering dus die Joodse geloof en word so as deel van die Antichris gesien aangesien die Jode nie Jesus as die Messias bely nie. “Wees op julle hoede, dat ons nie verloor wat ons deur arbeid verkry het nie, maar ‘n volle loon ontvang. Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun. As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie. Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke.” (2Jn 1:8-11)"

              So die antichris is alive and well in sovele kerke vandag dat ons hom nie eers raaksien nie.
              Shama - A primitive root; to hear intelligently (often with implication of attention, obedience, etc.; causatively to tell, etc.): - X attentively, call (gather) together, X carefully, X certainly, consent, consider, be content, declare, X diligently, discern, give ear, (cause to, let, make to) hear (-ken, tell), X indeed, listen, make (a) noise, (be) obedient, obey, perceive, (make a) proclaim (-ation), publish, regard, report, shew (forth), (make a) sound, X surely, tell, understand, whosoever [heareth], witness

              Comment


              • #8
                Re: Is die pope die Antichris?

                Louwrens ek wil saamstem, omrede die Katolieke kerk erken dat Jesus in die vlees gekom het. Die groot probleem is maar net die valse leer wat hulle ingebring het omtrent die vergifnis, Maria aanbidding ens. Met hierdie erkenning, al het hulle afvallig geword, kan die Pous nie die Antichris wees nie. Baie dink dat hy uit die Moslems sal kom, tog erken hulle ook dat Jesus n Profeet is. Die Antichris sal een wees wat optree soos sy naam teen Christus. Iemand wat Christus totaal verwerp soos die Israeliete. Christus se vir die Jode: n Ander een sal in sy eie naam kom, en hom sal julle aanneem. Dan 11:37 En op die gode van sy vaders sal hy nie ag slaan nie, en op die liefling van die vroue en op enige god sal hy geen ag gee nie; want hy sal homself bo alles groot hou. Die Antichris sal nie godsdienstig wees of enige aanbidding aanneem wat mense beoefen nie.

                Baie verwys na die Pous, maar hulle vergeet van die valse Christus wat in Siberië voorkom en Australië, Engeland, Brasilië en selfs in Suid Afrika. Mooi uiteengesit Louwrens.

                Comment


                • #9
                  Re: Is die pope die Antichris?

                  Originally posted by mastermike View Post
                  1. Hoekom sal Israel na die Pope luister terwyl hy met politieke sake bemoeid is?
                  2. Sal Israel iemand aanneem wat christelike beginsels aankleef?
                  3. Sal Israel ooit die Pope toelaat om beheer te neem oor die tempel?
                  Mastermike.

                  Ek sien jy kom vanuit 'n posisie waarin 'n Fisiese Israel 'n gegewe is, 'n fisiese temple herbou moet word en jou antichrist nog in die toekoms moet kom. Futerisme?

                  Comment


                  • #10
                    Re: Is die pope die Antichris?

                    Ben volgens Daniël vind ons die beskrywing van die Antichris in hoofstuk 11 waar hy uit die noorde kom. Dit is die rede waarom ek nie verstaan hoekom die Pous aangewys kan word nie, want hy kwalifiseer nie daarvoor nie. Meeste praat daarvan dat hy n Joodse agtergrond moet hê om te kwalifiseer en aanvaar te word deur die Jode as Messias. Wat as hulle tog die tempel bou (wat ek glo hulle sal) en die ou daag op...wat sal jy vir ons op Bible forum sê?

                    Comment


                    • #11
                      Re: Is die pope die Antichris?

                      Hi Mike.

                      Ek sal baie graag hierdie hele kwessie met jou wil bespreek, maar ek is uiters versigtig. Oor tyd al het ek gesprekke gehad met manne wat ook glo soos jy doen. En soos ek al aan een van hulle opgemerk het:

                      Originally posted by Ben Cronje View Post
                      Dit is vir my so interessant dat mense wat die Futerisme-leer aanhang (toekomstige antichris, Wegraping en Premillennialism en dispensasie-leer) of dele daarvan, gewoonlik hulle sienings hier kom plaas en wanneer mens dit op Bybelse en Historiese feite begin bevraagteken, hulle deur die bank een van 4 opsies eventueel kies:

                      1. Opsie 1 – Val die persoon wat die teenstrydigheid in hul verstaan uitwys persoonlik aan.
                      2. Opsie 2: “Hierdie gesprek is vrugteloos. Jy sal nooit verstaan nie. Ek gaan nie verder probeer nie...
                      3. Opsie 3: “Glo wat jy wil, die Heilige Gees het dit aan my geopenbaar”.
                      4. Opsie 4: Die slagoffer-opsie: “Hier is ‘n agenda op hierdie forum waar almal op my pik...”.

                      Nooit kies hul die 5de opsie nie:

                      BEANTWOORD AL DIE VRAE WAT AAN HULLE GEVRA WORD en hou opsies 1-4 uit die storie uit...

                      En so kom en gaan hulle.... Hulle wil graag die vrymoedigheid hê om hul doktrine hier te plaas, maar wil dit nie feitlik end-uit verduidelik en verdedig nie... En dit fassineer my.

                      Maar ek bly glo dit sal iewers nog gebeur. Sodat mens konstruktief tot ‘n slotsom kan kom.
                      My vraag is, is jy daardie persoon wat opsie 5 gaan volg; die een waarvoor ek wag?

                      Comment


                      • #12
                        Re: Is die pope die Antichris?

                        Daar is so baie menings en boeke wat geskryf word dat my kop deur mekaar word .Ek lees al baie jare en het gesien hoe mense se menings met tyd verander .Ek weet nie genoeg van mense en hul menings en hoe hulle by 'n sekere stanpunte uit kom nie .Ek verkies om eerder net die Bybel as riglyn te gebruik en nie oordele te fel nie .As ek nie seker is nie verkies ek om stil te bly .Ek het verpleeg en as jong verpleegster met skok ontdek dat mense wat so goeie indruk in die openbaar maak eintlik nie so gaaf is nie .Ek kon net met my Ma daaroor gesels omdat ek geweet het sy sal nie oor praat nie .Toe my kinders groot was het ek weer terug gegaan werk toe en mense het nie verander nie .Wat ek wil sêis dat as ek iemand nie goe genoeg ken om te weet of hy betroubaar is nie sal ek nie sommer alles glo wat iemand skryf nie.

                        Comment


                        • #13
                          Re: Is die pope die Antichris?

                          Verseker Ben sal ek opsie 5 navolg sonder twyfel al kan ek nie alles bewys soos ander wat die huidiglik politieke omstandighede gebruik om hul siening te staaf, moet ek ongelukkig die futuristiese metode volg, omrede die Antichris nog nie geopenbaar is en die 7 jaar vrede verbond geteken het nie. Ongelukkig is dit so dat die wat nie daarin glo tog vir hulle sienings saamskraap om hul feite (of dit waar is of nie) te regverdig. Ek stem ook saam dat futuristiese profesie geweldig moeilik is om te verstaan want ons voel somtyds soos gekke, die rede dat ons nie die Antichris kan eien nie. Baie probeer natuurlik die kortpad soos om iemand wat geweldig polities betrokke is te eien as die Antichris. Waarom hulle dit doen, is omrede dit vir hulle sin maak en betrekking het met die huidige omstandighede.

                          Ek glo die Antichris moet nog kom en my rede is dat hy alleenlik geopenbaar sal word met die ondertekening van die vredeverbond met Israel. As ons dit mis sal ons moet wag en oplet wanneer hy in die tempel sal sit en voorgee dat hy God is. Die bou van die tempel is ook een van die tekens dat die Antichris opgedaag het. Vir wie wag Israel nou eindelik en waarom weerhou hulle die bou van die tempel? Dit is sulke vrae wat die Thomas geslag nie kan antwoord nie. Baie gebruik geskiedenis om hul stellings te maak as eerder profesie. Die futuriste se sieninge is gebaseer op dit wat nog moet kom. Ons is nou in die tyd van die nommer 666 en tog word dit op niemand afgedwing nie, waarom nie? Omdat niemand die magtiging het om dit te doen nie. Wie gee dan nou eindelik die magtiging as die Antichris self. En buitendien is die nommer alreeds vanaf die tagtig's alreeds daar wat spreek van tyd wat alreeds verby behoort te wees. Die koms van Christus moes dan alreeds plaasgevind het wat nog nie gebeur het nie.

                          Vir my is geskiedenis verby..taboe..klaaaaar, daar is niks ga taboe. Ek staan nou saam met hulle wat van dag tot dag lewe soos profesie in vervulling gaan en as dit nog nie gekom het nie wag ek daarop met geduld soos Job. Want verseker sal dit kom en baie sal beskaamd staan wanneer hierdie dinge plaasvind. Jesus se dit sal wees soos in die dae van Noag...ja hulle sal lag en spot, maar die heiliges wat heiligmaking nagestreef het en die wil van die Vader gedoen het sal juig wanneer Jesus kom. Halleluja, Jesus kom weer!

                          Comment


                          • #14
                            Re: Is die pope die Antichris?

                            Dankie vir jou goeie gesintheid en eerlikheid, Mike.

                            So laat ons dan hierdie gesprek begin. En ek wil dit graag begin met die volgende:
                            Open 2:6 Maar dit het jy, dat jy die werke van die Nikolaïete haat, wat Ek ook haat.
                            Rev 2:15 So het jy ook mense wat vashou aan die leer van die Nikolaïete, wat Ek haat.
                            Ek glo dat jy met my sal saamstem dat God nie die Nikolaïete sélf haat nie, maar hul leer en werke. God is lief vir elke liewe mens op hierdie aarde, maar Hy haat valse leerstellings en die werke wat daaruit voortspruit. So die Gemeente van Éfese en die Kerktydperk daarvan het nie net die leerstellings van die Nikolaïete ondersoek met die Bybel as hul maatstaf nie, maar die leerstellings bevind as onbybels en dit verwerp. Die gemeente van Pérgamus en die Kerkera daarvan het ongelukkig deur kompromië later hierdie leerstellings begin aanhang.

                            Wat ons dus hieruit sien is dat Jesus nie net teen die leerstellings gekant is nie, Hy noem ook die BRON van hierdie leerstellings; die Nikolaïete. Sal jy dus met my saamstem dat wanneer ons na leerstellings kyk moet ons Jesus se voorbeeld volg en nie net na die inhoud van die leerstellings gaan kyk en dit met die Bybel as maatstaf meet nie, maar ook na die bron van die leerstelling gaan kyk om te sien waar dit vandaan kom?

                            En wat betref:
                            Originally posted by mastermike View Post
                            Wat ander skryf is goed, maar wat skryf jy sodoende sal ek weet hoe jy oor hierdie saak voel.
                            Ons is nou daar.

                            Comment


                            • #15
                              Re: Is die pope die Antichris?

                              Miskien kan jy my meer inlig oor die leer van die Nikolaïete. Ek dink dit moet interessant wees wat jy weet omtrent hulle.

                              Comment

                              Working...
                              X