Announcement

Collapse
No announcement yet.

Jerusalem Israel se hoofstad?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • #16
    Re: Jerusalem Israel se hoofstad?

    Baie goeie plasing Ferdie. Ek stem heelhartig saam. Ek sal selfs verder gaan en sê dat wanneer 'n mens na die eerste gedeelte van 1 Korintiërs 10 kyk, Paulus ons daarop wys dat ons moet let op hoe die HERE met Israel gehandel het, en dan weet ons hoe Hy vandag met ons sal handel. Ek neem dit selfs verder en sê dat ons dus die Jode van vandag as die geestelike Edom kan sien, soos jy ook uitwys dat hulle hul eersgeboorte reg verkoop het met die verwerping van Jesus, en dan die Ou Testament lees en sien wat met hulle sal gebeur. Fisiese Israel het niks met vandag te doen nie, maar dit gaan oor die wil van die Ashkenazi's.
    Shama - A primitive root; to hear intelligently (often with implication of attention, obedience, etc.; causatively to tell, etc.): - X attentively, call (gather) together, X carefully, X certainly, consent, consider, be content, declare, X diligently, discern, give ear, (cause to, let, make to) hear (-ken, tell), X indeed, listen, make (a) noise, (be) obedient, obey, perceive, (make a) proclaim (-ation), publish, regard, report, shew (forth), (make a) sound, X surely, tell, understand, whosoever [heareth], witness

    Comment


    • #17
      Re: Jerusalem Israel se hoofstad?

      Originally posted by Louwrens Erasmus View Post
      Israel is soos Zimbabwe. 'n Land iewers in die wêreld. Niks minder en niks meer.
      Hoor hoor!

      Jy moet dit egter fluister. As Johnny dit hoor, maak hy dalk 'n comeback...

      Comment


      • #18
        Re: Jerusalem Israel se hoofstad?

        Originally posted by mailmandan View Post
        Turkye het aangedui dat dit diplomatieke bande met Israel kan sny as die plan vorentoe gaan. Saoedi-Arabië - 'n belangrike bondgenoot van die VSA in die streek - glo die skuif skade Riyadh se volgehoue pogings om 'n vredesooreenkoms te herstel. Die Arabiese lande wat Israel grens - Egipte, Jordanië, Líbanon en Sirië - het almal die skuif veroordeel.
        Hallo Mailmandan.

        Dit is voorwaar 'n voorreg om jou hier te sien deelneem.

        Dit lyk my ek mis uit in my absentia....

        Comment


        • #19
          Re: Jerusalem Israel se hoofstad?

          Die debat op hierdie kwessie het nogal groot en vurig geraak op die engelse kant. Dit word net bietjie eensydig, en ek hou ne regtig van die manier waarop Christenne 'n Jood heelteid verdedig nie. Laat my wonder wat kom dan nou eerste... Die Joodse geloof of Christenskap?

          Maar in elkgeval, wat ek eintlik wil se is dat, is die Bybelse toekomstige Israel wat gevestig moet word, wat NOOIT WEER vernietig gaan word nie, nie steeds 'n toekomstige ding nie?
          Is die huidige Israel nie 100% mensgemaak nie? Die toekomstige Israel gaan oorgebou word, beteken dit Israel kan moontlik vernietig word voor dit?

          Comment


          • #20
            Re: Jerusalem Israel se hoofstad?

            Jy is doodreg RR. Dit is na my mening 'n massiewe groot probleem, want wat Amerika betref is daar ongelooflike ongeballanseerde sentiment vir fisiese Israel en breinspoeling is maar die ondertoon in dit alles. Al die groot sektes in die Christendom van ons dag en tyd, kom maar uit Amerika uit en mens moet liefs nie alles wat vandaar kom, te ernstig opneem nie, ten spyte van baie mooi wat ook vandaar kom.

            Fisiese Jode wat Judaïste of Sioniste is, is ongelowiges en het nie die Bybelse reg om weens hulle Joodskap, deel van die groter prentjie in die Christendom te wees nie. In 2Kor 6 staan dit duidelik, dat gelowiges en ongelowiges nie in dieselfde juk mag trek nie, dat lig en duisternis nie gemeenskap het nie en dat daar geen ooreenkoms tussen Christus en Belial is nie. Tog sien mens 'n totaal ander prentjie by baie Amerikaanse gelowiges en veral by die dispensasionaliste en meer nog die Christelike Sioniste.

            As mens net na Suid Afrika sou kyk, dan gaan mens se ogies baie gou oop wat hierdie onderstrominge in die Christendom betref. Voor 1994 was hierdie denkwyse baie beperk en is dit min waargeneem. Christene in Suid Afrika was oorwegend verbondsteologie ingestel, maar na 1994 het dit ons plaaslike Christendom oorspoel. Nou vra mens bloot, dat as dit 'n feit is dat ons 'n proefkonyn vir die NWO se doelstellings is en was, hoekom loop hierdie denkwyse hand aan hand met die tye waarin alles afspeel?
            The Rapture

            My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
            but I must confess, don’t worry
            the rapture is not before the Great Tribulation
            it’s before God’s wrath!!!

            Because His wrath is not meant for you
            it’s for all the people in the zoo
            think about it and refresh…
            you will see there’s no way out of here, in the flesh

            If you really believe, you will see
            the rapture is for you and me
            when we decide to leave from here
            that very day, oh! God adhere…


            Comment


            • #21
              Re: Jerusalem Israel se hoofstad?

              Originally posted by CFJ View Post
              Ek is oortuig dat hierdie hele ding met moderne Israel, neerkom op uiters swak eksegese Louwrens. Dis jammer om sulke stellings te maak, maar mens moet dit vermy, om 'n wantoepassing van Bybel-profesie te forseer.

              Daar is 'n baie populêre tendens by hedendaagse profesie-entoesiaste, om aanhalings uit die Ou Testament voorspellings, vanuit hulle oorspronklike plek & tyd konteks, aan te wend vir vandag se geopolitieke gebeure, wat sentreer in baie spesifiek die Midde-Ooste.
              Hoor hoor! ...weereens....

              Het iemand al die TV-stasie “Daystar” gekyk? Baie “massa-kerk” en sogenaamd Evangelies georiënteerd. Mense soos TB Jakes, Rick Warren, Joyce Meyer en kie het almal programme daarop. En het hulle nou ‘n fassinering met Israel.....en Jerusalem. Soos ook die Britse Israelisme en splinter-groepe soos die PCG en UCG ensomeer. En ek stem saam met julle, dit is hartseer.

              Een ding wat vir my interessant is is hoe hulle geld insamel om “Jode” van reg oor die wereld terug in Israel te kry. Hulle betaal vir die mense om vliegtuigkaartjies te kry, ensomeer. Totdat hulle natuurlik in Israel kom. Vandaar is dit die Israeliese regering se probleem om hordes mense, wat nie eers Hebreeus kan praat nie, waarvan baie geen sekondere of tersiêre opleiding het nie en alreeds in hul laat 50’s of 60’s is, skielik te moet integreer in ‘n eerste wereld. ‘n Eerste wereld met ‘n massiewe militere las om hulself te moet verdedig. Israel, ‘n eerste wereld volgens bestaande riglyne, het die hoogste armoede-syfer. Iets soos een in vyf leef in armoede soos mens hierso kan lees. En dit vir ‘n pyp-droom of soos jy dit so mooi stel Ferdi, as gevolg van “uiters swak eksegese”.

              Interessant, die Jode in Jesus se tyd het ‘n Messias verwag wat Israel fisies sou kom red van hul vyande en vir ‘n duisend jaar vanaf die aardse Jerusalem (gebou deur mense-hande) sou regeer en die hele wereld sou onder hulle wees. As gevolg van hul “uiters swak eksegese” het hulle Jesus gemis en gekruisig.

              Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
              Vandag glo hierdie Evangeliese en ander Israelisme-groeperings steeds dieselfde as in die tyd van Jesus. Wat is die kans hulle gaan Jesus weer mis?

              Hulle glo Jesus gaan kom en vanuit hierdie hedendaagse fisiese Jerusalem (gebou deur mense-hande) regeer hier op aarde vir ‘n duisend jaar. Tog lees ons onomwonde en glad nie kripties nie:
              Heb 13:14 Want ons het hier geen blywende stad nie, maar ons soek die toekomstige.
              Heb 13:14 For here have we no continuing city, but we seek one to come.

              Heb 11:10 Want hy het die stad verwag wat fondamente het, waarvan God die boumeester en oprigter is.
              Heb 11:10 For he looked for a city which hath foundations, whose builder and maker is God.
              Ons moet dus nie uitkyk vir ‘n blywende stad gebou deur mense-hande nie, maar vir ‘n toekomstige Jerusalem wat deur God sélf gebou is!
              En net ter bevestiging, waar kom hierdie Nuwe Jerusalem, deur God SELF gebou, vandaan?
              Open 21:2 En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.
              Die aardse Jerusalem gaan dus nie blywend wees nie. Inteendeel, met die Wederkoms lees ons immers:
              2Pe 3:10 Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand.
              GEEN stad gaan staande bly nie, insluitend die aardse Jerusalem. Inteendeel, die aarde gaan woes en leeg wees na die wederkoms. Ons lees dit in Jes 24:19-22, Jer 4:23-26, Jer 4:27 en Jer 25:33. Die gereddes gaan saam met Jesus in die Hemel wees vir daardie duisend jaar en Satan hier op aarde, alleen en gebonde in kettings van omstandighede.

              Dit is jammer dat mense, wanneer hul Bybelstudie doen, nie na al die verse in die Skrif kyk wat oor ‘n bepaalde tema handel nie, maar soos die Ingelsman sê, “cherry-pick” om hul bepaalde dogma te blyk ondersteun nie. Soos die Evolutioniste ook maar maak.

              Ek is nou in my “Spurgeon-kwotasie”-fase en soos hy tereg uitgewys het:
              "Always stand to it that your creed must bend to the Bible, and not the Bible to your creed, and dare to be a little inconsistent with yourselves, if need be, sooner than be inconsistent with God’s revealed truth."
              Die "eie ek" staan ongelukkig in die pad hiervan...

              Comment

              Working...
              X