Announcement

Collapse
No announcement yet.

Jerusalem Israel se hoofstad?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Jerusalem Israel se hoofstad?

    https://www.reuters.com/article/us-u...-idUSKBN1E01PS

    Wat dink julle sal die impak hiervan wees op die midde ooste, en hoe pas dit in by Bybelse profesie?

  • #2
    Re: Jerusalem Israel se hoofstad?

    Israel is soos Zimbabwe. 'n Land iewers in die wêreld. Niks minder en niks meer.
    Shama - A primitive root; to hear intelligently (often with implication of attention, obedience, etc.; causatively to tell, etc.): - X attentively, call (gather) together, X carefully, X certainly, consent, consider, be content, declare, X diligently, discern, give ear, (cause to, let, make to) hear (-ken, tell), X indeed, listen, make (a) noise, (be) obedient, obey, perceive, (make a) proclaim (-ation), publish, regard, report, shew (forth), (make a) sound, X surely, tell, understand, whosoever [heareth], witness

    Comment


    • #3
      Re: Jerusalem Israel se hoofstad?

      Turkye het aangedui dat dit diplomatieke bande met Israel kan sny as die plan vorentoe gaan. Saoedi-Arabië - 'n belangrike bondgenoot van die VSA in die streek - glo die skuif skade Riyadh se volgehoue pogings om 'n vredesooreenkoms te herstel. Die Arabiese lande wat Israel grens - Egipte, Jordanië, Líbanon en Sirië - het almal die skuif veroordeel.
      Galatians 6:14 - But God forbid that I should boast except in the cross of our Lord Jesus Christ, by whom the world has been crucified to me, and I to the world.

      Comment


      • #4
        Re: Jerusalem Israel se hoofstad?

        As mens in ag neem dat die Bybelse profesiee alles gaan oor daardie deel van die wereld, glo ek nie dat Israel maar net nog 'n land is soos enige ander land nie. Wêreldmagte is besig om al meer saam te drom daar. Almal se oe is gevestig op daardie lappie aarde. Daar is soveel kontroversie en meningsverskille, soveel konflik in en om daardie lappie aarde.

        Dinge gebeur nou ontsettend vinnig en ek kan nie verhelp om te dink dat hierdie stap wat geneem is deur Trump, maar net nog 'n stukkie van die legkaart is nie.
        Ek sien hoe hierdie aksie die wereld nog verder opverdeel.
        Ek het nog alteid geglo dat Noord Korea, Rusland, China en Iran aan een kant staan en die res aan die ander kant. Hierdie gebeurtenis laat daardie skeidslyn NOG verder laat uitstaan.

        Comment


        • #5
          Re: Jerusalem Israel se hoofstad?

          My grootste probleem is die Bybel gaan oor Christene of God se volk om dit anders te stel. Ek vind nêrens in die Ou Testament dat dit vir ons vertel wat in Filistea gebeur nie. Net dit wat direkte betrekking het op Israel was oor geskryf. So hoekom sal dit nou verander? Die Nuwe Testament gaan oor Christene, nie oor enige iets anders nie. Dit is nie 'n boek oor waarsê nie. Israel het Jesus verwerp en daarmee hulle eie doodsvonnis geteken. Niks sal dit verander nie. Soos ek op die anderkant gesê het die enigste iets wat nog na Jerusalem verwys is Daniël 9: 26: "en tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoestings." Dit is wat met Jerusalem die afgelope 2000 jaar gebeur het en dit sal voort duur tot die sesde basuin wanneer die aarde verwoes word en Jesus terugkom om ons saam met Hom te neem.
          Shama - A primitive root; to hear intelligently (often with implication of attention, obedience, etc.; causatively to tell, etc.): - X attentively, call (gather) together, X carefully, X certainly, consent, consider, be content, declare, X diligently, discern, give ear, (cause to, let, make to) hear (-ken, tell), X indeed, listen, make (a) noise, (be) obedient, obey, perceive, (make a) proclaim (-ation), publish, regard, report, shew (forth), (make a) sound, X surely, tell, understand, whosoever [heareth], witness

          Comment


          • #6
            Re: Jerusalem Israel se hoofstad?

            Ek dink jy moet maar weer die Bybel van heel voor begin lees .God se beloftes is ewigdurend en wat ons dink tel nie .

            Comment


            • #7
              Re: Jerusalem Israel se hoofstad?

              Hierdie was werklik vir my goed en ek haal graag die predikant van Tsumeb in Namibië aan,



              Maandag, 11 Desember 2017
              TRUMP EN JERUSALEM
              - moet Christene hande klap?



              Trump se besluit oor Jerusalem het skokgolwe deur die wêreld gestuur. Groot toejuiging van sy kiesers en vanuit sekere elemente in Israel self. Die res van die wêreld en die Palestyne en Arabiere in die algemeen voel natuurlik baie anders oor die saak. Nou, almal wat iets van Amerikaanse politiek verstaan sal besef, Trump se aankondiging dat die VSA amptelik Jerusalem as die staat Israel se hoofstad erken, weinig met oortuiging te make het, maar wel baie met persoonlike populariteit en om die guns van sy groot Joodse casino baas donateur, Sheldon Adelson te behou. En so terloops : Trump se aankondiging is ook nie so dramaties en dapper soos baie van sy ondersteuners graag sou wou glo nie. In sy aankondiging oor die erkenning van Jerusalem was daar ‘n opvallende weglating – Hy het nie die Israelse terminologie oor Jerusalem gebruik nie. Israel verwys na Jerusalem as die “ewige onverdeelde” hoofstad van Israel.* Trump het net na “Jerusalem” verwys en dus die deur oopgelaat dat die grense van Jerusalem nog steeds onderhandelbaar is.



              Ek wil egter nie op hierdie fasette konsentreer nie, maar net vra wat die geestelike en Bybelse dimensie van hierdie besluit behels?


              JERUSALEM SE BETEKENIS VIR ONS

              Hoe belangrik is die stad Jerusalem, spesifiek vir ons as Christene? En as dit belangrik is, in watter sin? Is God op ‘n manier meer daar teenwoordig as op ander plekke? Maak die status van Jerusalem hoegenaamd nog saak vir ons? Behoort evangeliese Christene, Trump se besluit toe te juig?

              Histories gesproke in die ontvouing van God se verlossingsplan het Jerusalem natuurlik ‘n sleutelrol gespeel. Dis die stad van Dawid, die setel van die tempel, die plek waar God besluit het om op ‘n besondere manier teenwoordig te wees! As geografiese plek waar ons Here Jesus gekruisig is, het Jerusalem vir ons natuurlik ‘n geskiedkundige belangrikheid. Maar het Jerusalem (en of dit nou amptelik as Israel se hoofstad erken word of nie), enige geestelike betekenis vir ons?

              DRAMATIESE VERSKUIWING

              Met die koms van Jesus het daar egter dramatiese verwikkelinge gekom in die rol van Jerusalem. Die geografiese Jerusalem het geen geestelike betekenis meer vir ons nie! Jesus se gesprek met die Samaritaanse vrou by die put het dit vir altyd vir ons opgeklaar!

              Die vrou het geredeneer : “Ons voorouers het God op hierdie berg aanbid, en tog sê julle die plek waar ‘n mens God moet aanbid, is in Jerusalem."

              Jesus sê toe vir haar: "Glo My, Mevrou, daar kom ‘n tyd wanneer julle die Vader nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem sal aanbid nie.

              Julle aanbid sonder om te weet wat julle aanbid; ons weet wat ons aanbid, want die verlossing kom uit die Jode.

              Maar daar kom ‘n tyd, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader deur die Gees en in waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis hê dat die mense wat Hom aanbid, dit so moet doen. (Johannes 4:20-23)

              Ware aanbidding is gestel in Jesus Christus. Hy het immers die TEMPEL VAN GOD (kliek) vervang en by implikasie daardeur die belangrikheid van die stad Jerusalem gerelativeer!

              Ons moenie vergeet nie, Jerusalem het Jesus verwerp en Jesus het die oordeel oor hierdie stad en die tempel uitgespreek.

              "Jerusalem, Jerusalem! Jy wat die profete doodmaak en die boodskappers stenig wat na jou toe gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak soos ‘n hen haar kuikens onder haar vlerke, maar julle wou nie!

              Kyk, nou word julle stad aan julleself oorgelaat. Maar Ek sê vir julle: Julle sal My sekerlik nie sien nie totdat die dag kom wanneer julle sal uitroep: Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!" (Lukas 13:34,35)

              Later spreek Hy ‘n nog duideliker oordeel uit oor Jerusalem!

              "Sommige sal deur die swaard val en ander as krygsgevangenes na al die nasies toe weggevoer word. Jerusalem sal deur die heidennasies vertrap word totdat ook hulle tyd verby is." (Lukas 21:24)


              JERUSALEM SE TOEKOMS?

              Die groot vraag is natuurlik nou wat bedoel word as Jesus verwys na die vertrapping van Jerusalem wat ook tot ‘n einde gaan kom? Voorspel dit ‘n glorieryke aardse bedeling vir die geografiese stad Jerusalem? Dis natuurlik hoe die chiliasme dit verstaan.

              In die breë Bybelse heilsgeskiedenis, dink ek moet ons nie hierdie uitspraak van Jesus verstaan as ‘n wonderlike toekoms vir die huidige stad Jerusalem nie. Ons moet Skrif met Skrif vergelyk. ‘n Uitstaande belangrike hoofstuk in die Ou Testament wat handel oor die toekoms van Jerusalem is Jesaja 60. (Lees dit gerus, maar onthou dit is geskryf in konkrete Ou Testamentiese taal en segswyse.) ‘n Baie belangrike insig word verkry as ons hierdie hoofstuk met Openbaring se beskrywing van die Nuwe Jerusalem (die Bruid van Christus vergelyk)

              “Bedags sal dit nie die son wees wat vir jou lig gee nie, snags sal dit nie die maan wees wat oor jou skyn nie: die Here sal vir jou ‘n ewige lig wees, en jy sal roem in jou God.

              Jou son en jou maan is die Here, Hy gaan nie onder nie en word nie dof nie. Die Here sal vir jou ‘n ewige lig wees, jou dae van smart is verby.” (Jesaja 60:19,20)

              Vergelyk dit nou met Openbaring.

              “Die stad het nie die son en die maan nodig om hom te verlig nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp.” (Openbaring 21:23)

              “Daar sal nie meer nag wees nie. Die mense het nie die lig van ‘n lamp en die lig van die son nodig nie, omdat die Here God hulle sal verlig, en hulle sal tot in alle ewigheid regeer.” (Openbaring 22:5)

              Jesaja beskryf uiteindelik die Nuwe Jerusalem in profetiese taal! Dit word bevestig deur de Nuwe Testament self. Die klem in die Nuwe Testament verskuif van die fisiese stad Jerusalem na die Nuwe Jerusalem. Die teologiese belangrikheid van die aardse stad Jerusalem vind vervulling in die waarheid van die Nuwe Jerusalem! (Kliek op Nuwe Jerusalem) Trouens Openbaring verwys eintlik baie negatief na die aardse Jerusalem as die plek waar ons Here gekruisig is!

              “Hulle lyke sal in die hoofstraat van die groot stad lê waar hulle Here ook gekruisig is. Die stad word sinnebeeldig Sodom en Egipte genoem.” (Openbaring 11:8)

              Ook Paulus heg geen spesiale geestelike betekenis aan die geografiese Jerusalem nie. Trouens om die onversoenbaarheid tussen redding deur die wet en redding deur geloof uit te beeld verwys hy baie sterk negatief na die aardse Jerusalem. En dan maak hy terloops ‘n positiewe verwysing na die hemelse Jerusalem! “Hagar staan vir Sinaiberg in Arabië, en dit is ‘n beeld van die huidige Jerusalem, want Jerusalem en sy kinders is slawe. Maar die hemelse Jerusalem is vry, en dit is ons moeder.” (Galasiërs 4:25,26)

              Donald Trump se besluit (ongeag die applous van baie Christene) is baie teenproduktief vir die Christelike evangelie se vooruitgang veral in die Moslem wêreld. Dit plaas Arabiese Christene in ‘n baie netelige posisie. (Dink ook sommer, wie is ons naaste broers en susters in die geloof - Arabiese Christene wat in Jesus glo of Sioniste wat Jesus verwerp?) So het die hoof van Egipte se Koptiese Kerk, Pous Tawadros die Tweede reeds gesê hy weier om die Amerikaanse adjunkpresident, Mike Pence te ontmoet wanneer hy Kairo later die maand besoek. Dis ‘n verstaanbare reaksie. Trump sal dit egter nie verstaan nie. Natuurlik dis te veel verwag van hom wat nie eens die woord vergifnis verstaan nie om diepgaande teologiese insig te toon. Van evangeliese Christene verwag mens egter meer insig en sensitiwiteit... Kom ons lees meer die Bybel en kyk minder TBN...
              The Rapture

              My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
              but I must confess, don’t worry
              the rapture is not before the Great Tribulation
              it’s before God’s wrath!!!

              Because His wrath is not meant for you
              it’s for all the people in the zoo
              think about it and refresh…
              you will see there’s no way out of here, in the flesh

              If you really believe, you will see
              the rapture is for you and me
              when we decide to leave from here
              that very day, oh! God adhere…


              Comment


              • #8
                Re: Jerusalem Israel se hoofstad?

                Originally posted by CFJ View Post
                Hierdie was werklik vir my goed en ek haal graag die predikant van Tsumeb in Namibië aan,
                Stem saam. Minder TBN en verstaan wat Jesus kom doen het. Sy Jerusalem is nie van die aarde nie. Paulus sê juis Jeusalem daar bo is vry.
                Shama - A primitive root; to hear intelligently (often with implication of attention, obedience, etc.; causatively to tell, etc.): - X attentively, call (gather) together, X carefully, X certainly, consent, consider, be content, declare, X diligently, discern, give ear, (cause to, let, make to) hear (-ken, tell), X indeed, listen, make (a) noise, (be) obedient, obey, perceive, (make a) proclaim (-ation), publish, regard, report, shew (forth), (make a) sound, X surely, tell, understand, whosoever [heareth], witness

                Comment


                • #9
                  Re: Jerusalem Israel se hoofstad?

                  Originally posted by Louwrens Erasmus View Post
                  Stem saam. Minder TBN en verstaan wat Jesus kom doen het. Sy Jerusalem is nie van die aarde nie. Paulus sê juis Jeusalem daar bo is vry.
                  Ek is oortuig dat hierdie hele ding met moderne Israel, neerkom op uiters swak eksegese Louwrens. Dis jammer om sulke stellings te maak, maar mens moet dit vermy, om 'n wantoepassing van Bybel-profesie te forseer.

                  Daar is 'n baie populêre tendens by hedendaagse profesie-entoesiaste, om aanhalings uit die Ou Testament voorspellings, vanuit hulle oorspronklike plek & tyd konteks, aan te wend vir vandag se geopolitieke gebeure, wat sentreer in baie spesifiek die Midde-Ooste.

                  Dit word gedoen, sonder om te besef dat die profesieë voor en tydens die Babiloniese ballingskap was en dat Israel na hierdie profesieë reeds terug gekeer het na hulle land. Die profesieë is mos vervul en dit is wat Jesus dan kom doen het, om die wet en die profete te kom vervul. Net Johannes die Doper was na die Babiloniese ballingskap gebesig met profesie. Die terme en voorwaardes van hierdie profesieë kan nie "geraam" word om 'n ander prentjie voor te stel, as wat reeds bedoel en ook volvoer is nie. Dit lyk na 'n sameswering en hier is 'n uitstekende artikel daaroor..., wat wys hoe 12 van die profete in die Ou Testament se profesieë nie wys op vandag nie, maar op 'n ander tydvak en uiteraard kan profesie net een keer vervul word, nie 2 keer nie!

                  The DISPERSION & RECOVERY of Judah & Israel - Conclusively Identified - the Testimony of 12 Bible Witnesses

                  Die kort en die lank is, gaan dit oor Chaldeeuse Babilon waaruit Israel moes kom of gaan dit oor die Moderne Wêreld waaruit Israel moet kom?
                  The Rapture

                  My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
                  but I must confess, don’t worry
                  the rapture is not before the Great Tribulation
                  it’s before God’s wrath!!!

                  Because His wrath is not meant for you
                  it’s for all the people in the zoo
                  think about it and refresh…
                  you will see there’s no way out of here, in the flesh

                  If you really believe, you will see
                  the rapture is for you and me
                  when we decide to leave from here
                  that very day, oh! God adhere…


                  Comment


                  • #10
                    Re: Jerusalem Israel se hoofstad?

                    Originally posted by CFJ View Post
                    Die kort en die lank is, gaan dit oor Chaldeeuse Babilon waaruit Israel moes kom of gaan dit oor die Moderne Wêreld waaruit Israel moet kom?
                    en op haar voorhoof was ‘n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde.
                    (Open 17:5)

                    Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is;
                    (2Thes 2:7)


                    Dit gaan steeds oor Babilon en wie Babilon verteenwoordig. Fisiese Israel, verteenwoordig haar, net soos wat die Rooms Katolieke Kerk haar verteenwoordig. Judaïste lees baie spesifiek die Babiloniese Talmoed en die Talmoed verguis Jesus, verkrag Hom en negeer Hom in totaliteit. Dis wat Johannes skryf oor enige iemand, wat Jesus laster en as God negeer...,

                    Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is. (1Joh 2:18)

                    Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie. (1Joh 2:19)

                    En julle het die salwing van die Heilige en weet alles. (1Joh 2:20)

                    Ek het nie aan julle geskrywe omdat julle die waarheid nie ken nie, maar omdat julle dit ken en omdat geen leuen uit die waarheid is nie. (1Joh 2:21)

                    Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën. (1Joh 2:22)


                    Hier is geen uitsondering nie, enige iemand wat ontken dat Jesus die Christus is, is 'n antichris. Daar is absoluut niks heilig aan fisiese Israel nie, behalwe hulle wat Jesus as Christus erken en oor al die eeue, van die Handelinge Kerk tot nou, het 'n klein oorblyfsel altyd nog Jesus as die Christus erken.
                    The Rapture

                    My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
                    but I must confess, don’t worry
                    the rapture is not before the Great Tribulation
                    it’s before God’s wrath!!!

                    Because His wrath is not meant for you
                    it’s for all the people in the zoo
                    think about it and refresh…
                    you will see there’s no way out of here, in the flesh

                    If you really believe, you will see
                    the rapture is for you and me
                    when we decide to leave from here
                    that very day, oh! God adhere…


                    Comment


                    • #11
                      Re: Jerusalem Israel se hoofstad?

                      Originally posted by CFJ View Post
                      Dit word gedoen, sonder om te besef dat die profesieë voor en tydens die Babiloniese ballingskap was en dat Israel na hierdie profesieë reeds terug gekeer het na hulle land. Die profesieë is mos vervul en dit is wat Jesus dan kom doen het, om die wet en die profete te kom vervul. Net Johannes die Doper was na die Babiloniese ballingskap gebesig met profesie. Die terme en voorwaardes van hierdie profesieë kan nie "geraam" word om 'n ander prentjie voor te stel, as wat reeds bedoel en ook volvoer is nie. Dit lyk na 'n sameswering en hier is 'n uitstekende artikel daaroor..., wat wys hoe 12 van die profete in die Ou Testament se profesieë nie wys op vandag nie, maar op 'n ander tydvak en uiteraard kan profesie net een keer vervul word, nie 2 keer nie!

                      The DISPERSION & RECOVERY of Judah & Israel - Conclusively Identified - the Testimony of 12 Bible Witnesses

                      Die kort en die lank is, gaan dit oor Chaldeeuse Babilon waaruit Israel moes kom of gaan dit oor die Moderne Wêreld waaruit Israel moet kom?
                      Ferdie dankie vir die artikel. Sal dit nog goed bestudeer. Ek is juis besig om te skryf aan 'n nuwe boek wat hopelik sal wees "Oor Struikelblokke en die Hoeksteen". Dit sluit nou al hierdie waarsê van vandag in. Profesie is 'n boodskap van die HERE om mense terug na Hom te bring, met 'n gevolg van wat gebeur indien hulle gehoor gee, en wat die gevolge is indien hulle nie gehoor gee nie. Dit is hoekom ek die woord waarsê hierbo gebruik het, want dit is wat mense trek.
                      Shama - A primitive root; to hear intelligently (often with implication of attention, obedience, etc.; causatively to tell, etc.): - X attentively, call (gather) together, X carefully, X certainly, consent, consider, be content, declare, X diligently, discern, give ear, (cause to, let, make to) hear (-ken, tell), X indeed, listen, make (a) noise, (be) obedient, obey, perceive, (make a) proclaim (-ation), publish, regard, report, shew (forth), (make a) sound, X surely, tell, understand, whosoever [heareth], witness

                      Comment


                      • #12
                        Re: Jerusalem Israel se hoofstad?

                        Is alle profesiee oor die midde ooste en dan meer spesefiek, Israel dan alles reeds afgehandel en geskiedenis?
                        Ek glo nie. Dit klop nie 100% vir my nie.
                        Ek stem grotendeels saam julle dat, as Christen, uit 'n geestelike oogpunt, het Jerusalem en die Jode nie veel betrekking op my het nie. Maar ek glo steeds dat daardie deel van die wereld steeds ons "Horlosie" is. Ek glo dat alles gaan eindig in 'n groot gebeurtenis, en die midde ooste gaan die middelpunt daarvan wees. Daar is baie prfetiese goed wat ook daarop aandui, wat beslis nog nie gebeur het nie. Die wereldmagte gaan daar teenmekaar te staan kom(wat reeds soos dit vir my lyk begin gebeur). Hulle gaan kant kies, en dit gaan 'n bloedbad wees soos hierdie wereld nog nooit gesien het nie.

                        So ek kan nie verhelp om te glo Dat daardie deel van die aarde steeds die senterpunt van die wereld is nie. Alles dui tog sterk daarna. Profeties of huidige wereldgebeure.

                        Comment


                        • #13
                          Re: Jerusalem Israel se hoofstad?

                          Hallo RR,

                          Ek sien dit ook so, maar koppel 'n ander perspektief aan die gebeure rondtom Israel in die vlees. Ons eie vlees is 'n vyand op die keper beskou, soos mens in Galasiërs 5 lees en ek is oortuig dat enige iets vleeslik, nie verhef moet word nie. Die Here het nie 'n plan A met die Kerk en 'n plan B met fisiese Israel nie. Dis misleiding glo ek. Efesiërs stel dit duidelik dat Israel en die heidendom nou een liggaam geword het, want Jesus het die middelmuur van skeiding afgebreek.

                          Toe die ware Jesus aarde toe gekom het, het Hy na Sy eiendom gekom en was daar ware Jode wat daar gebly het. Nou kom die vals "Jesus" (Antichris), maar hy kom ook na 'n vals eiendom en vals Jode. Die hele wêreld en veral Amerika, hardloop slaafs agter hierdie vals "Evangelie" aan.

                          As mens net 'n klein bietjie moeite doen, leer mens gou dat die wese van die Jodedom in ons dag, Ashkenazi Jode (Sioniste) is. 'n Baie klein persentasie van miskien 10% of so, is Sephardic Jode. Dan is daar nog die Torah Jode, wat openlik gekant teen Sionisme en ook die staat Israel is. Jesus het die Kerk gewaarsku oor vals Jode. In Sy laaste 7 briewe aan die 7 gemeentes in Openbaring, waarsku Jesus die Kerk hoofsaaklik teen 2 entiteite, Satan en vals Jode.

                          Daar is absoluut niks heilig aan Israel in die vlees nie en dis waar ek glo mens 'n absolute enorme groot probleem mee moet hê. Dit bly egter net 'n teken, sonder die sogenaamde heiligheid. Stel jou voor, hoe kan Christene bid vir die vrede van 'n aardse Jerusalem, die bou van die 3de Tempel en ook vir die verwoesting van Israel in die vlees se vyande, wyl Israel van vandag nie eers ware Jode is nie, maar in wese Khazariese proseliete en dit toe Paulus in sy tyd reeds geskryf nie, nie eers die ware Israel in die vlees is almal Israel nie, maar net hulle wat in die geloof is, kan aanspraak maak op Israel.

                          Israel in die vlees, word vandag misbruik om mense te mislei om die Antichris as "jesus" aan te neem, sonder dat hulle dit eers gaan agterkom. Baie dinge is ook in plek en selfs die Christelike Kerk is gerat om Israel in die vlees gediend te wees, deur vals Jode se inspraak deur byvoorbeeld iets soos die "Scofield Reference Bible", wat weer lei na dispensasionalisme en uiteindelik Christelike Sionisme. Dan is daar hierdie oordrewe "praise & worship" dienste in die Christelike Kerk, wat 'n kopie is van wat mens in Hindoeïsme kry en Hindoeïsme is die naaste direkte oorblyfsel van die Babiloniese godsdiens en derhalwe is die hele "New Age" beweging gebou op Hindoeïsme. Ons word stadig maar seker ingetrek in die Babilon van ouds en beide die Rooms Katolieke Kerk en Judaïsme, verteenwoordig Babilon op aarde. Interessant dat Judaïsme se bron van gesag, die Babiloniese Talmoed is.

                          So kan mens aangaan en aangaan, want Babilon die verborgene, het na die oppervlak gekom en steek al meer kop uit. Mens kan dit net eenvoudig nie mis nie...
                          The Rapture

                          My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
                          but I must confess, don’t worry
                          the rapture is not before the Great Tribulation
                          it’s before God’s wrath!!!

                          Because His wrath is not meant for you
                          it’s for all the people in the zoo
                          think about it and refresh…
                          you will see there’s no way out of here, in the flesh

                          If you really believe, you will see
                          the rapture is for you and me
                          when we decide to leave from here
                          that very day, oh! God adhere…


                          Comment


                          • #14
                            Re: Jerusalem Israel se hoofstad?

                            Baie goeie plasing waarmee ek saamstem.
                            Ek gaan beslis gebeure fyn dophou, alles is besig, of eintlik alreeds, mooi in plek.

                            Comment


                            • #15
                              Re: Jerusalem Israel se hoofstad?

                              Originally posted by CFJ
                              So kan mens aangaan en aangaan, want Babilon die verborgene, het na die oppervlak gekom en steek al meer kop uit. Mens kan dit net eenvoudig nie mis nie...
                              As mens byvoorbeeld in die jaar 2000 iemand sou meedeel oor "The Greater Israel Project" (Eretz Israel), sou mens kwalik begrip kon hê, wat dit sou beteken. Die beeld hieronder wys duidelik waaroor dit gaan en die oorlog in Irak en Sirië as voorbeeld, maak 100% sin, gegewe die aspirasies van Ashkenazi Jode om die hele grondgebied te beset wat in die Ou Testament aan Abraham belowe was.

                              Wat mens in gedagte moet hou, is dat Esau sy eersgebore reg verkoop het en steeds 'n begeerte gehad het om dit terug te win. Die Edomiete is sy nageslag en toe die Jode uit Babilon terugkom, het hulle die Edomiete in Israel gevind. Hulle gesamentlike koning (die koning van Israel in daardie tyd), was Herodus en hy was 'n Edomiet gewees. Daar het sonder twyfel vermenging plaasgevind tussen die Jode van daardie tyd en Edomiete en die hele Khazaar-volk was proseliete van gemaak en so het die basis van die Ashkenazi Jood ontstaan. Die Edomitiese gees van Esau wat sy eersgebrore reg wil herwin, leef dus voort en dit is hulle wat nou die land wil terugkry, maar nie net Israel (Palestina) nie, maar die hele gebied wat aan Abraham belowe was.

                              Eretz Israel.jpeg
                              The Rapture

                              My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
                              but I must confess, don’t worry
                              the rapture is not before the Great Tribulation
                              it’s before God’s wrath!!!

                              Because His wrath is not meant for you
                              it’s for all the people in the zoo
                              think about it and refresh…
                              you will see there’s no way out of here, in the flesh

                              If you really believe, you will see
                              the rapture is for you and me
                              when we decide to leave from here
                              that very day, oh! God adhere…


                              Comment

                              Working...
                              X