Announcement

Collapse
No announcement yet.

Jesus verwys na Noag.

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Jesus verwys na Noag.

    Mat 24:3739 En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het, en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

    Jesus verduidelik sy koms met die tydperk waarin Noag homself bevind het toe God se toorn oor die aarde gekom het. Hier moet ons onderskei wat Jesus vir ons probeer voorhou om te verstaan. Tog is die sinnebeeld nie moeilik om te verstaan in watter tyd en op watter wyse Hy sal verskyn nie. Ek gaan ʼn paar punte uitlig wat die wederkoms verduidelik en deur Christus verklaar word.

    1. Noag word bevind in die ark saam met sy familie.
    By die wederkoms word alle heiliges opgewek en verander by Christus. 1 Kor. 15:51-52; 1 Thess. 4:13-18

    2. Die aarde word oordek met ʼn watervloed.
    Christus en die heiliges kom saam af om oorlog te voer teen die goddelose. Openb. 19:11-21

    Wat uit die oog verloor word, is dat baie sien nie raak dat daar geen regverdige op aarde was toe die watervloed neerdaal nie. Al was daar net agt regverdiges in die ark, het God hulle in die ark beskerm toe Hy die vloed bring. Dieselfde optrede gaan homself herhaal soos die geskiedenis van Noag dat alle heiliges sal op daardie stadium nie meer op die aarde wees nie, omdat hulle verander is en Christus ontmoet in die wolk. Hand. 1:9-11; Openb. 1:7. Eers na die ontmoeting sal Christus saam met die heiliges die goddelose vernietig op aarde by die slag van Armageddon, waar geen heilige te vinde is nie.
Working...
X