Announcement

Collapse
No announcement yet.

Mat. 27:9-11

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Mat. 27:9-11

    In Mat. 27:9-11 staan dat die profesie van Jeremia vervul is.

    Die dertig silwer muntstukke wat Judas van die hoëpriesters af ontvang het om Jesus te veraai, wat hy aan hulle terug gegee het omdat hy sleg gevoel het oor dit wat hy gedoen het. Doe priesters het daarmee grond van 'n pottebakker gekoop om vreemdelinge te begrawe.

    Kan enigiemand my dalk help waar Jeremia hierdie profesie in die bybel bekend maak? Ek het begin soek, maar dit kan my dalk nog 'n paar dae vat!
    Julle kan my baie moeite spaar! Ek sal graag dit wil kry, bloot die feit dat die bybel homself verklaar en dit kan dinge vir my duideliker maak

  • #2
    Goeie Vraag RR

    Die profesie - is eintlik in Saggaria nie Jeremiah nie - dis in Sagg 11:12-3.

    Waarom Lukas Jeremiah noem is oor hy die Hebreeuse Kanon gebruik het wat verdeel was in die "Wet" - "Geskrifte" - "Profete" (Jeremiah was die eerste boek in hierdie 3de deel van die Hebreeuse Bybel).

    Is ek nie slim nie - nee, dit het my 30 sekondes gevat om dit in die
    MacArthur Study Bible op te soek. Ek glo daar is beswaarlik 'n beter Studie Bybel tans op die mark as hierdie een nie.



    Lees meer ...
    http://www.nelsonbibles.com/primes/macarthur.html
    Anton VS

    Slegs beskawings wat hulle wortels skiet in die Christelike Geloof kan werklikwaar as beskawing bestempel word.

    -- Abraham Kuyper --


    www.collegia.blogspot.com

    Comment


    • #3
      Mat.27:9-11

      Sover as wat ek kan vasstel het Jerremiah nie hierdie profesie geskryf nie maar hy het dit gesę. Dit is hoekom ons lees in Matt.27 wat deur hom "gespreek" is. So jy kan nou maar ophou soek.
      Daar was al baie geskryf oor die onderwerp en allerhande allegasies is al gemaak soos dat die Jode die stuk uitgehaal het uit Jerremiah. Maar die feit is dat daar net staan dat hy dit "gespreek" het.

      Comment


      • #4
        Dankie julle, waardeur dit baie!

        Ek wil bitter graag vir my 'n ordentlike studie Bybel kry, maar vertrou die nuutvertaalde en aangepaste goed nie baie nie!!
        Ek sal kyk na die MacArthur studie Bybel

        Comment


        • #5
          Anton, het jy al hierdie ESV Bybel gesien?

          http://www.esvstudybible.org/

          Hy lyk ook heel interresant, kos so R600.00.
          Hoe dink jy sal hy vergelyk teenoor die MacArthur?

          Soos ek gesę het, ek is taamlik skrikkerig vir nuwe goed... met rede!

          Comment


          • #6
            Saam met die ESV gebruik ek The Dake Annotated Reference Bible. Pas net op party van hulle is oor die R1000.00, ek het presies die selfde Bybel vir R600 per pos bestel.

            Comment


            • #7
              Dankie Marline, ek gaan beslis daarna kyk!

              Comment


              • #8
                Dankie Anton vir Sagg 11:12, toe lees ek per toeval Sagg. 9:9 raak.... interresant!

                Comment


                • #9
                  Originally posted by Antonvs View Post
                  Is ek nie slim nie - nee, dit het my 30 sekondes gevat om dit in die
                  MacArthur Study Bible op te soek. Ek glo daar is beswaarlik 'n beter Studie Bybel tans op die mark as hierdie een nie.
                  Ek is so opgewonde...ek het hom gisteraand as kersgeskenk gekry en kan nie wag om hom te begin gebruik nie!
                  The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                  Comment


                  • #10
                    Geliefdes - Maak die beste belegging van R250

                    Die "MacArthur Study Bible" (beste prys by hierdie skakel) is op hierdie stadium glo ek die beste belegging van jou geld vir die volgende redes:

                    1) Maak gebruik van die NKJV/ NASB vertalings wat tot ophede meer as 90% ooreenstem met die oorspronklike grond tekse, beide bevat annotasies wat aandui as daar van afwykings / betwisbare 'manuskripte" gebruik is.

                    2) Die Bybel is ondwerp deur 'n span skrif-verklaarders van wie se persoonlike lewens ek kan getuig, en saamstem oor hul wandel en gedrag in die Here.

                    3) Dit is op hierdie stadium "naas die Scofield en Ryrie Study Bible" die mees "konsistene" teologiese oortuigings. So met ander woorde wat die notas in Genesis verduidelik sal "konsistent in teologie" wees met die wat in Jesaja, en Openbaring gese word nie - "there are no contradictions in theology."

                    4) Dit is maklik om te lees en jy sal defnitief die "Goue-draad" van Verlossing sien reg deur die MacArthur Study Bible, en ook sien hoe dit volbring word met die "eindtyd" - gaan kyk hier vir meer inligting (http://www.nelsonbibles.com/featured...thur/index.php)
                    (http://www.thomasnelson.com/consumer...sku=0718018990)



                    Die van julle wat meer wil weet oor die ESV study Bible en my "reservations" daaroor kan my 'n persoonlike boodskap stuur.
                    Anton VS

                    Slegs beskawings wat hulle wortels skiet in die Christelike Geloof kan werklikwaar as beskawing bestempel word.

                    -- Abraham Kuyper --


                    www.collegia.blogspot.com

                    Comment


                    • #11
                      Dankie Anton, soos jy praat klink die studiebybel baie geloofwaardig(vir my van kardinale belang!), en die prys is ook billik!

                      Comment

                      Working...
                      X