Announcement

Collapse
No announcement yet.

Die Vuur

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Inligting Die Vuur

    Lukas 12:49 Ek het gekom om vuur op die aarde te werp, en hoe wens Ek dat dit al aangesteek was!

    Ek het die vers al op sy kop gedraai.....

    Wat se vuur is dit die??

    Ek speel met Mal3:2....... Reinigings vuur, sodat ons die beeld van Yeshua sal weerspieel??

    OF

    Die Heilige Gees..?? en omdat Hy nog nie die kruisdood deur is nie, kon die Gees nog nie kom nie

    OF

    Ek sien dit nie as oordeels vuur nie want die Dissipels het nognie die opdrag kon uitvoer om bekeerlinge te maak nie...

    OF

    ??

    Hoe dink julle??
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  • #2
    Hallo ACCM,

    Kyk gerus na 'n paar verskillende vertalings.
    Party het dit as 'n stelling, terwyl ander dit as 'n vraag het.


    Ek sou probeer uitvind wat die doel van die vuur is, nadat ek gesoek het na wat met "vuur" bedoel word.


    Hierdie is interressant - Heb 12:29 Want onse God is ‘n verterende vuur.

    As ek jou vers lees saam met die laaste vers van die betrokke hoofstuk, Luk 12:59 Ek sę vir jou, jy sal daar sekerlik nie uitkom VOORDAT jy ook die laaste oortjie betaal het nie, kan ek sien hoe dit aansluit en die volgende gedeelte ondersteun:

    1Co 3:11 Want niemand kan ‘n ander fondament lę as wat daar gelę is nie, dit is Jesus Christus.
    1Co 3:12 En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels—
    1Co 3:13 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.
    1Co 3:14 As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang;
    1Co 3:15 as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.

    Ek kan dalk net noem dat ek vuur geensins as 'n negatief sien nie, maar juis as positief. Om deur vuur te gaan is nie 'n maklike proses nie, maar die resultaat is positief. Die goud, silwer en kosbare stene sal oorbly, maar die hout, hooi en stoppels sal verbrand word.
    Terloops, het jy al probeer kyk na wat die woorde goud, silwer en kosbare stene na verwys?
    'n Vuur het altyd 'n einde, nadat al die brandbare 'materiaal' uitgebrand is. Daarna is die vuur nie meer nie.
    Dalk kan boonste gedeelte jou help.

    Groete
    Paul

    Comment


    • #3
      Dankie Paul

      vuur is definitief nie net negatief nie....
      The LORD is my Miracle

      G_d was gracious He has shown favor


      Hope is a seed
      God plants in our hearts
      to remind us
      there are better things ahead.
      -Holley Gerth

      Comment


      • #4
        Ta-An hierdie vraag is soort van 'n "catch 9" dink ek. Vuur kan positief ook wees ja, want goud word deur vuur gelouter, en dit is deur die hitte wat dit tot suiwerheid gebring word. Ek is nie seker wat die skrif bedoel nie, maar dit kan positief of negatief gesien word.

        Vuur word gebruik om te verwoes, maar ook om skoon te brand........of so iets.......maak dit sin?
        Saved by Grace!

        Praying for Mieke and Charles
        Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


        My testimony
        http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

        Comment


        • #5
          Anneke
          Die volgende vers praat van Jesus se doop aan die kruis. Dit was 'n oordeel. God het aan die kruis die sonde van die węreld veroordeel in sy Seun. Hierdie oordeel was soos 'n vuur. Dit het verdeeldheid tussen mense veroorsaak. Tussen die wat glo en die wat nie glo nie.

          Die rede waarom Jesus se kruisdood hier "doop" genoem word, gaan daaroor dat Jesus Hom kom vereenselwig met die sonde van die mense. Hy kom staan in hulle plek. Doop beteken in hierdie sin vereenselwiging, net soos ons ook, wanneer ons deur die Heilige Gees gedoop word in die liggaam van Christus, word ons met Christus vereenselwig. Alles wat met Hom gebeur het aan die kruis, het dan met ons gebeur. Die kruisdood was 'n oordeel en as ons daarmee vereenselwig word, sterf die ou mens in beginsel aan die kruis.

          Daar is dus 'n baie fyn balans tussen oordeel en verlossing of dood en lewe. Dus: die vuur van Luk. 12:49 is die oordeel aan die kruis en die verdeeldheid wat dit tot stand gebring het. Die vuur is by die kruis aangesteek en die węreld wat nie glo nie, haat die Christen en het baie van hulle selfs in die vuur op brandstapels laat sterf.

          Let op dat Jesus in Openbaring kom om te oordeel. In hfst. 4 word daar gesoek: wie is waardig om die boek se seëls te breek (alles oordele) en die boek van oordeel dan oop te maak? Toe word Jesus gevind. Hy is waardig. Waarom? Want Hy het aan die kruis gesterf. Hy het aan die kruis gesterf om verlossing te bewerkstellig en die wat dit nie wou glo nie, kom onder die vuur van sy oordeel. Nog 'n rede waarom die vuur eintlik al by die kruis aangesteek is.

          Comment


          • #6
            YES!! David dit maak sin...

            So, in die sin dat Yeshua reeds wens vir die verlossing van mense op daardie stadium.... om dit gou verby te kry.. die Beker vinnig moet verby dat die oordeel agter die rug kan kom.....
            Verstaan ek reg?
            The LORD is my Miracle

            G_d was gracious He has shown favor


            Hope is a seed
            God plants in our hearts
            to remind us
            there are better things ahead.
            -Holley Gerth

            Comment


            • #7
              Anneke
              Ja, jy is reg. Let net daarop dat alles wat hier gesę is openbaringe van die NT is. Die kruisdood van Christus, sy vereenselwiging met ons en ons vereenselwiging met Hom, is by uitstek NT waarheid. As ons dus daarvan praat dan behoort ons dit binne NT konteks te doen nl. met gebruikmaking van die NT Gees geďnspireerde name van God.

              Comment


              • #8
                Originally posted by David2 View Post
                met gebruikmaking van die NT Gees geďnspireerde name van God.
                Soos wat.....????
                The LORD is my Miracle

                G_d was gracious He has shown favor


                Hope is a seed
                God plants in our hearts
                to remind us
                there are better things ahead.
                -Holley Gerth

                Comment


                • #9
                  Die name wat in die NT voorkom en ook in die konteks van die vers in Lukas wat jy aanhaal.

                  Comment


                  • #10
                    Gee my voorbeelde
                    The LORD is my Miracle

                    G_d was gracious He has shown favor


                    Hope is a seed
                    God plants in our hearts
                    to remind us
                    there are better things ahead.
                    -Holley Gerth

                    Comment


                    • #11
                      Ek glo nie dit is nodig nie. Jy het mos self die verse in jou Gees-geďnspireerde Bybel gelees en jy sou die name van die Godheid in daardie konteks, soos die Gees dit vir ons gegee het, wel daar kon lees. As die vertaling jou dalk pla, kyk dan in die Grieks.

                      Comment


                      • #12
                        Julle ouens bly my pla oor die Nuwe Testamentiese name van G_d, en niemand het dit nog ooit vir my uitgespel nie....
                        The LORD is my Miracle

                        G_d was gracious He has shown favor


                        Hope is a seed
                        God plants in our hearts
                        to remind us
                        there are better things ahead.
                        -Holley Gerth

                        Comment

                        Working...
                        X