Announcement

Collapse
No announcement yet.

Die gooi van sout oor n oorwonne stad.

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • #16
    As ek kan inchip....

    Paul, ek dink die hele Bybel is daar om ons geestelik te voed. Ons kan net vir onnself die vraag vra... hoekom het die Here die Bybel vir ons, sy kinders gegee? Jou antwoord op hierdie vraag sal jou eie vraag beantwoord.

    Die Here was baie spesifiek oor wat Hy is Sy Skrif wou gehad en elke verhaal, gedig, lering wat daarin is, is om ons te leer en geestelik te voed. Ons probeer ons kinders dan juis leer dat die Bybel nie net 'n boek verhale is..... Ja, die verhaal waarna verwys word is 'n "storie" maar die Here het dit in Sy Skrif geplaas om ons iets te leer. Anders sou die Bybel baie dikker gewees het van al die ander geskiedenis verhale.... is dit nie so nie?
    The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

    Comment


    • #17
      Hallo Lanie,

      Dankie vir jou skrywe.

      As ek jou kan aanhaal, "Ja, die verhaal waarna verwys word is 'n "storie" maar die Here het dit in Sy Skrif geplaas om ons iets te leer."

      My vraag is, wat is daai "iets" wat ons geleer word as ons van Abimelek en die sout lees?

      Wat dra swaarder? Die fisiese of die simboliese?

      Op die fisiese vlak, soos Phil genoem het, was dit om die grond/stad dood te maak.
      Op die simboliese vlak, soos Belinda genoem het, was/is dit om vuilgeid te verwyder.

      Simboliek? Nie simboliek nie? Beide? En dan, wat is meer van waarde vir ons?

      Verskoon maar as ek karring. Maar gekarringde melk smaak lekker.

      Comment


      • #18
        Originally posted by Phil Fourie View Post

        Hierdie is nie simboliek nie,
        PaRDeS
        Letterlike betekenis
        "skimp" soos in "hint"
        Application
        Mistieke....
        The LORD is my Miracle

        G_d was gracious He has shown favor


        Hope is a seed
        God plants in our hearts
        to remind us
        there are better things ahead.
        -Holley Gerth

        Comment


        • #19
          Anneke

          Jammer, maar ek voel die my plig om hier 'n regstelling te maak.

          pardes moet eerder weggehou word van die manier hoe ek en jy moet die Woord omgaan, dit kom vanuit die rabbi's se verstaan van die Woord, waar hulle mistieke elemente probeer koppel aan woorde. Soveel so dat hulle glo die fisiese swart letters en die wit spasies tussen hulle is heilig. Hierdie het werklik sy ontstaan vanuit mistiesisme.

          Kom ek breek pardes in sy basiese elemente op sodat ons kan sien dat hierdie nie 'n manier is om met die Woord van God om te gaan nie:

          Peshat - Letterlike betekenis (Dra nie baie gewig vir die intelektueles nie)
          Remez - Allegoriese verklaring (Gaan verby die letterlike en suggereer 'n dieper betekenis)
          Derash - Soek, maar hier praat ons van 'n diepere soek, soek iets wat nie daar geskryf is nie
          Sod - Hier slat die paw paw hard die waaier. Geheime betekenis, mistiese betekenis, verskuilde betekenis.

          Hierdie uitlegmetode berus totaal op die allegorie, op die fondamente van gnostisi en Joodse mistisisme (Kabballah). Nou ek is nie een vir kabballah om elke hoek en draai skree nie, maar hierdie is wel wat jy hier mee te doen het, kabballistiese uitlegmetodes waar die intellektuele tot diepre insigte kan kom en jy daardeur verhoog word tot 'n dieper "geloof".

          Jesus se bring die kinders na Hom toe, Jesus se die koninkryk behoort aan die kinders.

          Jammer julle, ek wil nie 'n draad opsit om geskuif te word na die kontroverse sake forum toe nie, maar iemand moet die waarskuwing bring. Hierdie is 'n baie gevaarlike terrein om jouself op te laat beweeg. Pardes, Talmud en Midrash loop hand aan hand en nie een is vir my aanvaarbaar nie, ek het net 1 leermeerster en dit is die Heilige Gees.

          Moet ook nie die fout maak dat die diepere betekenis van die pardes sisteem afkomstig is vanaf openbaring van die Heilige Gees nie, want die rabbis erken dit nie so nie, vir hulle gaan dit oor kennis, oor diepere insig.

          Skrif verklaar Skrif mense, die pardes, Talmud en Midrash verklaar nie skrif nie

          Groetnis en jammer vir die kat in die hoenderhok

          Comment


          • #20
            Ek dink mens moet versigtig wees om alles in die Bybel alegories te wil uitlę. Soms is dit maar net geskiedenis wat vir ons deurgegee word, met goeie rede natuurlik.

            Comment


            • #21
              Originally posted by Die Filadelfieer View Post
              Ek dink mens moet versigtig wees om alles in die Bybel alegories te wil uitlę. Soms is dit maar net geskiedenis wat vir ons deurgegee word, met goeie rede natuurlik.
              Ek moet tog met Anneke saamstem, want ek is ook maar een wat na geestelike lesse uit fisiese dinge soek (ek is ook iemand wat na simboliese betekenis in die Woord soek ). Die Here praat baie met ons deur die natuur - waarom dan nie ook uit Geskiedkundige gebeure nie?

              Wat jy se is waar, Filla - baie keer is dit net geskiedenis, maar soms terwyl mens die Woord lees breek die Here tog iets vir mens oop en kan jy 'n geestelike les daaruit leer.

              Sout in die Bybel het wel geestelike betekenis, en dit is interessant om na al die verskillende gebruike van sout te kyk; veral aangesien die Here gese het ons is die sout van die aarde. Nou ja, as ons die sout van die aarde is, wat is ons eintlik? Geestelike ontsmettingsmiddels (in Jesus), smaakmiddels (in Jesus), ens. ens. Dus kan mens nou so deur die hele Bybel gaan kyk hoe sout nou eintlik deur God se kinders gebruik is.

              Ons lewe in 'n fisiese wereld te midde van 'n baie groter geestelike een, en baie keer weerspieel (mirror/reflect) die twee mekaar.
              Last edited by paidforinfull; Jan 30th 2009, 10:29 AM. Reason: Add sentence.
              Jeremiah 29:11
              "For I know the plans that I have for you,’ declares the Lord, ‘plans for welfare and not for calamity to give you a future and a hope." (NASB)

              Comment


              • #22
                Phil, wat dink jy doen die Predikant op die preekstoel elke Sondag??
                Hy bring die dieper boodskap van die Woord..... party kry dit net beter reg as andere, maar almal doen dit....EN natuurlik is dit Heilige Gees geinterpreteerd
                The LORD is my Miracle

                G_d was gracious He has shown favor


                Hope is a seed
                God plants in our hearts
                to remind us
                there are better things ahead.
                -Holley Gerth

                Comment


                • #23
                  Anneke

                  Dit noem mens uitleg prediking as jy gelukkig is om 'n prediker te he wat dit doen. Pardes is nie uitlegprediking nie, dit is medrashic prediking.

                  Comment

                  Working...
                  X