Announcement

Collapse
No announcement yet.

Die gooi van sout oor n oorwonne stad.

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Die gooi van sout oor n oorwonne stad.

    In Rigters 9 vs 45 lees ons: Abimelek het daardie hele dag teen die stad geveg. Hy het dit in geneem en al die mense daarin doodgemaak. Hy het die stad afgebreek en sout daaroor gestrooi.
    Wat was die simboliek in die sout-gooiery oor so n oorwonne stad? Dis die eerste keer dat ek so n gebruik 'raaklees' in die Bybel.

  • #2
    Sodat daar niks lewe sou wees nie.... geen gras groei nie.... geen meer suurdeeg (simbool van sonde) daar wees nie
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

    Comment


    • #3
      Hi Protea

      Hierdie is nie simboliek nie, maar iets wat gedoen word met 'n rede. Nadat die stad verwoes is, moes daar nie eers weer ooits iets groei nie, nie 'n plantjie nie, nie eers 'n onkruid nie. Wanneer jy sout oor 'n stad gooi, verhoed dit dat daar ooit weer iets sal groei, m.a.w. die stad is totaal verwoes, dit is letterlik doodgemaak.

      Dit is dieselfde as wat hulle sou gedoen het met wandelpaaie, hulle sou sout op die wandelpaaie getrooi het sodat daar nie iets groei nie en sodoende die pad nie toegroei nie.

      Hoop dit help

      Groete
      Phil

      Comment


      • #4
        Hoekom dit nie simbolies sien nie?

        Comment


        • #5
          Originally posted by Paul Pienaar View Post
          Hoekom dit nie simbolies sien nie?
          Omdat ek fanaties is oor simbole en simboliek, so Phil maak net seker ek loop nie daardie paadjie met die thread nie
          The LORD is my Miracle

          G_d was gracious He has shown favor


          Hope is a seed
          God plants in our hearts
          to remind us
          there are better things ahead.
          -Holley Gerth

          Comment


          • #6
            Hi ACCM,

            Ek kan nie sien wat die waarde sal wees vir my om te lees van Abimelek wat fisies sout gestrooi het nie.

            As ek dan die ander gedeeltes lees wat van "sout" noem, kan ek begin om 'n idee te kry wat bedoel word met die "sout".

            Ek lees die volgende oor sout in Markus 9:49,50
            Want elkeen sal met vuur gesout word en elke offerande sal met sout gesout word. Die sout is goed, maar as die sout souteloos word, waarmee sal julle dit smaaklik maak? Julle moet sout in julle h en vrede hou met mekaar.

            In Markus is dit heel duidelik dat hierdie "sout" waarvan gepraat word, nie letterlik is nie.
            Maar tog word daar na fisiese sout verwys wanneer daar ganoem word van die sout van die offerandes in OT tydperk.

            Ek sien dat Abimelek die stad gesout het, en lees in Markus dat elke offerande gesout word. Dit wil dus vir my blyk asof die stad 'n offer was.

            Nou sal ek verder gaan kyk na wat ek vind in die storie.

            Groete

            Comment


            • #7
              Paul...

              Hier is 'n ander Afrikaanse draad wat ek in die Koffiehuis oor sout praat, maar net dames mag daar pos http://bibleforums.org/showthread.ph...highlight=sout

              en een op die Engelse kant : http://bibleforums.org/showthread.ph...highlight=salt... oop forum

              En op Wikipedia http://en.wikipedia.org/wiki/Salting_the_earth

              Dink aan 'n soutpan.... daar groei nie eers bossies nie, of die leweloosheid van die Dooie see, geen visse daar nie...
              The LORD is my Miracle

              G_d was gracious He has shown favor


              Hope is a seed
              God plants in our hearts
              to remind us
              there are better things ahead.
              -Holley Gerth

              Comment


              • #8
                Originally posted by Phil Fourie View Post
                Hi Protea

                Hierdie is nie simboliek nie, maar iets wat gedoen word met 'n rede. Nadat die stad verwoes is, moes daar nie eers weer ooits iets groei nie, nie 'n plantjie nie, nie eers 'n onkruid nie. Wanneer jy sout oor 'n stad gooi, verhoed dit dat daar ooit weer iets sal groei, m.a.w. die stad is totaal verwoes, dit is letterlik doodgemaak.

                Dit is dieselfde as wat hulle sou gedoen het met wandelpaaie, hulle sou sout op die wandelpaaie getrooi het sodat daar nie iets groei nie en sodoende die pad nie toegroei nie.

                Hoop dit help

                Groete
                Phil
                Hulle moes darem baie sout gestrooi het om hierdie steriliserende effek te kon he. Was sout nie n baie skaars en kosbare kommoditeit in daardie dae nie? Dink aan die oorloe tussen nasies om beheer oor soutmyne te kry.

                Comment


                • #9
                  Goed protea

                  Jy gaan my nie maklik laat weg kom met hierdie een nie. Ons praat hier van 'n baie lae kwaliteit sout as ek reg is, 'n sout spesifiek vir hierdie doeleindes, wat gemeng is met baie ander minerale en nie meer baie suiwer is nie. Jy se tereg dat sout baie kosbaar was, dit is suiwer sout.

                  Jesus praat ook hiervan in dievolgende gelykenis:

                  Julle is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie.
                  Matteus 5:13


                  Sout word laf as dit nie van goeie kwaliteit is nie, maar ander minerale in het. Hier is Jesus besig om te verduidelik deur die gelykenis dat as jou "geloof" vermeng is met onsuiwerhede, dit niks doel het behalwe om buite gegooi te word en vertrap te word nie. Hier dui Jesus dus ook op die gebruik van lae kwaliteit, vermengde sout, dat dit buite gegooi (in die paaie) word en deur mense vertrap (as hulle oor die paai loop) word.

                  Suiwer sout, m.a.w. volgens die gelykenis, is 'n suiwer geloof, kan nie laf word nie, suiwer sout kan nie verslaan nie, ware geloof kan ook nie verslaan nie.

                  Net so aangaande simboliek. Iemand wat letterlik met die Woord omgaan negeer nie die bestaan van simboliek in die Bybel nie, maar daardie simboliek dui altyd op 'n werklike implikasie wat deur die teks self aangedui sal word. As sout byvoorbeeld deur Jesus in 'n gelykenis of 'n vergelyking gebruik word, dan is dit wel simbolies, maar dit dui op iets letterliks wat vanuit Jesus se woorde (of die konteks van 'n gegewe teks) duidelik sal word. Ons kan en mag nie ons eie simboliek uitdink nie, maar mag slegs simboliek in die Woord verantwoord vanuit die konteks of verduideliking wat die Woord self gee.

                  Dit is dan presies wat ons verstaan as ons lees:

                  terwyl julle veral dt moet weet, dat geen profesie van die Skrif 'n saak van eie uitlegging is nie;
                  2 Petrus 1:20


                  Ek hoop die maak darm sin soos ek dit probeer verduidelik en kan help.

                  Groete
                  Phil

                  Comment


                  • #10
                    Dankie Phil,
                    DIT maak beslis sin as jy die verskil tussen suiwer en verslane sout en ook sy simboliek so verduidelik. Groetnis.

                    Comment


                    • #11
                      Originally posted by Phil Fourie View Post
                      Suiwer sout, m.a.w. volgens die gelykenis, is 'n suiwer geloof, kan nie laf word nie, suiwer sout kan nie verslaan nie, ware geloof kan ook nie verslaan nie.

                      Net so aangaande simboliek.
                      Dit is dan presies wat ons verstaan as ons lees:

                      terwyl julle veral dt moet weet, dat geen profesie van die Skrif 'n saak van eie uitlegging is nie;
                      2 Petrus 1:20

                      Ek hoop die maak darm sin soos ek dit probeer verduidelik en kan help.
                      Dankie Phil, nou verstaan ek ook beter... daai 2 petrus 1:20 gee ook berusting oor die uitlegging .. God sal voorsien ek moet net soek in vind in die Woord?
                      Dis alles net genade -Ma Grace
                      "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

                      Comment


                      • #12
                        Hallo Almal,

                        Na aanleiding van hierdie draad oor Abimelek wat sout gestrooi het, vra ek toe 'n vriend van my daaroor.
                        Nadat hy dit gelees het, vra ek hom toe wat die boodskap van die sout is in die gedeelte. Hy was effens verbaas oor hoekom ek hom vra wat die "boodskap" van die sout vir my beteken? Sy antwoord was dat dit 'n storie is/was.

                        Wat is die waarde van die storie vir my?

                        Wat leer Abimelek se sout strooiery my, of dan enigiemand wat die betrokke gedeelte lees?

                        Comment


                        • #13
                          Paul

                          Ek sal graag dat jy uitbrei op wat jy bedoel met 'n storie?

                          Comment


                          • #14
                            Haai julle - soos ACCM gese het het ons dames alreeds so 'n bietjie oor sout gesels. Ek sal net graag die volgende wil las by dit wat julle reeds hier genoem het:

                            1. Sout is antisepties - na 'n oorlog behoort daar baie bloed en geite en vlee te wees, dus sal die sout dalk help om bietjie van die kieme te dood.

                            2. Ek het vandag my koper ornamente skoongemaak - hoe? Met sout en suurlemoen. Hoor hier, hulle blink nou behoorlik. Suurlemoen op sy eie kan dit nie doen nie - mens moet sout bygooi - en nogal baie. (Tip - daarna was mens dit weer af). Sout maak skoon - dit verwyder daardie ou vuiligheid en aanpaksels.

                            My gevolgtrekking - op die fisiese vlak het hulle sout vir praktiese doeleindes gestrooi, maar hulle aksie kan ook simbolies gesien word as mens in ag neem dat sout die ou vuilgeid (demone) verwyder (ontsmet) sodat die oorwinnaars nie vloeke sou be-erf nie.

                            Dink ek
                            Jeremiah 29:11
                            "For I know the plans that I have for you, declares the Lord, plans for welfare and not for calamity to give you a future and a hope." (NASB)

                            Comment


                            • #15
                              Hallo Phil,

                              Die "storie" soos ons dit in Rigters lees.

                              Is dit slegs 'n historiese "storie" wat gebeur het en vandag lees ons dit as geskiedenis?
                              Of is daar 'n boodskap wat ons geestelik voed in daardie Rigters "storie"
                              vir jou en my en almal wat dit lees?

                              Dalk kan ek my vraag aan die hand van 'n ander voorbeeld verduidelik.
                              Die tien gebooie was vir Moses gegee. Op hoeveel tablette?
                              Een, twee, drie.....? Ons lees dit was twee. As ons in plaas van twee slegs
                              noem dat die tien gebooie op tablette was, het ons die boodskap verander. Ek dink jy sal hiermee saam stem.
                              Maar wat is die betekenis van die "twee"? Hoekom was dit nie drie of vier of iets nie?
                              Dit is nie nodig om te antwoord op die vraag oor die twee tablette nie. Dit dien slegs as 'n voorbeeld.

                              So die fokus van my vraag is hoe die Rigters verhaal, en spesifiek die sout, ons geestelik voed.
                              Of dink julle ek is heel off base as ek dink dat die verhale in veral die OT ons geestelik behoort te voed?

                              Comment

                              Working...
                              X