Announcement

Collapse
No announcement yet.

Dronk van die Heilige Gees

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Dronk van die Heilige Gees

    Kan iemand dalk vir my s of daar rens in die Bybel 'n geval is waar mense dronk van die Heilige Gees geword het?
    The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

  • #2
    Handelinge 2:15 Hierdie mense is tog nie dronk soos julle dink nie, want dit is nog maar die derde uur in die mre.

    Lees Handelinge 2 vir die hele storie
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

    Comment


    • #3
      Nee An, die mense het gedink dat hulle dronk was omdat hulle in tale (bekende) gepraat het en toe het Petrus vir hulle ges dat hulle ne dronk is nie. Hulle het gedink hulle is dronk agv dit wat uit hulle monde gekom het, nie omdat hulle so dronk was dat hulle nie op hulle voete kon staan nie.
      The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

      Comment


      • #4
        Ek hou altyd die volgende in gedagte :

        1 Cor 14:33 want God is nie 'n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in al die gemeentes van die heiliges.
        en ook :

        1 Cor 14:40 Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan.

        As iets in 'n kerk bogenoemde toets weerstaan, dan is dit 'n tweede kyk werd, maar die oomblik as mense begin beheer verloor oor hulle eie liggaam ? Aikona.

        Comment


        • #5
          Originally posted by Lanie View Post
          Nee An, die mense het gedink dat hulle dronk was omdat hulle in tale (bekende) gepraat het en toe het Petrus vir hulle ges dat hulle ne dronk is nie. Hulle het gedink hulle is dronk agv dit wat uit hulle monde gekom het, nie omdat hulle so dronk was dat hulle nie op hulle voete kon staan nie.
          Dit is absoluut korrek ja Lanie. En dan stem ek natuurlik saam met Fila, een van die eienskappe van die vrug van die Gees is selfbeheersing, ek glo dit gaan ver om die aangeleentheid te verduidelik.

          Dronk van die Heilige Gees is eintlik vir my 'n baie lelilke uitdrukking, want dan stel jy 'n werking van die Heilige Gees gelyk aan 'n toestand van verlies van selfbeheersing, juis 'n eienskap wat Hy vir ons kom gee het.

          Ons lees wel goed in die Woord soos dronk word van liefde, maar hier kan dit tog duidelik gesien word dat dit 'n brandende liefde is wat jy slegs behoort te kry tussen man en vrou.

          Comment


          • #6
            Originally posted by Lanie View Post
            Nee An, die mense het gedink dat hulle dronk was omdat hulle in tale (bekende) gepraat het en toe het Petrus vir hulle ges dat hulle ne dronk is nie. Hulle het gedink hulle is dronk agv dit wat uit hulle monde gekom het, nie omdat hulle so dronk was dat hulle nie op hulle voete kon staan nie.

            Lanie, is dit nie vreemd dat die mense gedink het hulle is dronk omdat hulle bekende tale gepraat het nie ?

            as jy 'n groep mense sien / hoor ander bekende tale, wat hulle voorheen nie geken het nie, praat, sal jy dink hulle is dronk ? .....


            ...................

            Eff 5 praat van : moenie dronk word met wyn nie, maar word vervul met die Heilige Gees ...... hoekom hierdie spesifieke vergelyking ?

            groete
            m
            Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

            Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

            Comment


            • #7
              Hi mari

              Daardie is nie 'n vergelyking nie, dit is 'n teenstelling. Iemand wat dronk is het selfbeheersing verloor, iemand wat vervul is met die Heilige Gees is onder die beheer van God, is nugter.

              Comment


              • #8
                Mari,
                Hoe sou jy iemand wat "dronk in die Gees" is beskryf ? Sou jy dit vergelyk met iemand wat byvoorbeeld baie gedrink het, of dwelms gebruik het ?

                Comment


                • #9
                  Mari, kom ek verduidelik hoe ek daardie vergelyking sien, enige iemand is welkom om vir my te s met bybelse verduideliking of verwysing as ek van die pad af is.

                  In daardie tyd het die heidene hulleself in 'n staat van "euforia'' ingedrink om hulle gode te aanbid. Wat Paulus hier probeer s met die vergelyking is dat om in God se teenwoordigheid te wees jy jou nie hoef dronk te drink nie maar dat die Heilige Gees daardie werk doen.
                  The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                  Comment


                  • #10
                    oeps ouens, moet my nou nie verkeerd verstaan nie ....

                    ek verstaan Ef 5 se vergelyking NIE as malgaan soos 'n besopene nie, maar beheer oorgee aan die Gees ...... :

                    wanneer jy drank in oormaat inneem, word jou denke en optrede daardeur beinvloed en later het jyself nie meer beheer nie........ laat jou denke en optrede eerder vervul word met die Gees .......

                    ook : mense drink om van hul sorge te vergeet ....... so : vind ontvlugting nie in 'n bottel nie........ maar in die Gees


                    groete
                    m
                    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

                    Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

                    Comment


                    • #11
                      Mari...

                      Ek hoop jy verstaan wat ek met my plasing probeer s. Die vergelyking wat jy aangehaal het is nie 'n bewys dat mens dronk word van die Heilige Gees nie.
                      The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                      Comment


                      • #12
                        Lanie,
                        Lees gerus hierdie artikel en kyk of jy dieselfde praktyke raaklees waar "gemeentelede" in beswymings gaan . Die slotsom van die artikel is veral pertinent waar daar oor "mesmerime " gepraat word.

                        Comment


                        • #13
                          Dankie vir die skakel Fila. In my dag des lewens kan ek nie dink dat enige iemand wat 'n lewendige en intieme verhouding met die Here het kan glo dat die goed wat hulle daarin beskryf en wat vandag in sommige kerke aangaan van die Here af is nie. Ek moet vir jou s, as ek in 'n kerk moet sit en mense begin onbeheersd lag en omval en ruk sal jy wragtig net 'n stofstreep sien...

                          Die rede hoekom ek hierdie vraag gevra het is omdat ek 2 aande terug 'n gesprek met 'n vriendin van my gehad het wat onderwys gee by 'n Christelike privaatskool (omtrent net swart kinders.) en ek het al eerstehandse ondervinding gehad van hierdie kinders se goeie maniere. Maar toe vertel sy my dat hulle 'n bidoggend by die skool gehad het wat die kinders gelei het, en dit was so 'n belewenis want omtrent al die kinders het heeltemal dronk geword van die Heilige Gees. Nou vra ek net, waar kom dit vandaan as dit nie die Heilige Gees is nie? Ek is werklik bekommerd....
                          The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                          Comment


                          • #14
                            Lanie, ek vermoed mens hoef maar net te gaan kyk wat in hierdie kinders se kerk aangaan vir die antwoord. Heel moontlik is daar ook 'n vorm van "massa histerie " hier aan die gang, maaitjies wat mekaar opsweep ensovoorts. Die kanse is baie goed dat hierdie gedrag deur die gemeenskap se pastoor, of wat hy homself ookal noem, gepropegeer word.

                            Comment


                            • #15
                              Fila, dis verskriklik wat ek nou gelees het!

                              Dan wil ek sommer by Lanie aansluit en vra, hoe weet jy wanneer 'n demoon manifisteer? Ek het al in 3 gevalle gesien dat mense buit hulle self word, dronk, verward, heeltemal buite hulleself, en in een geval het die man sommer geweldadig geraak en in 'n ander geval het 'n meisie baie gevoelig teenoor 'n prediker geraak...

                              Comment

                              Working...
                              X