Announcement

Collapse
No announcement yet.

Is daar 2 soorte gawes?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Is daar 2 soorte gawes?

    In Romeine 12 staan daar...

    Rom 12:6-8 En ons besit genadegawes wat verskil volgens die genade wat aan ons gegee is: (7) is dit profesie, na die maat van die geloof; of bediening, in die werk van bediening; of wie leer, in die lering; (8) of wie vermaan, in die vermaning; wie uitdeel, in opregtheid; wie n voorganger is, met ywer; wie barmhartigheid bewys, met blymoedigheid.

    In 1Korinthirs 12 staan weer die volgende...

    1Kor 12:4-11 Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees; (5) en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here; (6) en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk. (7) Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is. (8) Want aan die een word deur die Gees n woord van wysheid gegee, en aan die ander n woord van kennis vanwe dieselfde Gees; (9) aan n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees; (10) aan n ander werkinge van kragte, aan n ander profesie, aan n ander onderskeiding van die geeste, aan n ander allerhande tale, aan n ander uitleg van tale. (11) Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.

    Is daar 'n verskil tussen hierdie gawes?
    The Rapture

    My dearest friends, Im so sorry so sorry
    but I must confess, dont worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    its before Gods wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    its for all the people in the zoo
    think about it and refresh
    you will see theres no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhere

  • #2
    Yip. Volgens my is dit twee verskillende soorte gawes. Daar is drie soorte gawes, een vir elke vorm van God:
    God die Vader - die motiverende gawes. Almal het hulle van geboorte, maar hulle word eers aktief na wedergeboorte. Hulle is die gawes wat hierbo in Romeine 12:6-8 genoem word
    God die Seun (Jesus) -
    Ef 4:11 En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars,
    Dit word soms die 5 voudige bediening genoem
    God die Heilige Gees - Die Kor 12 gawes van die Gees (genesing, etc)

    Dit is vir my altyd duidelik dat elkeen in die Drie Enigheid sterk geassosier word met sekere rolle. Dit menslike gesin is bedoel om `n refleksie te wees van die Godlike gesin. Die Pa verteenwoordig die Vader, die kinder verteenwoordig die seun en die Heilige Gees verteenwoordig die vrou. Ek kom byvoorbeeld agter dat die Heilige Gees dikwels `n versorgings rol speel.

    Nou is ek seker daar is mense wat van my gaan verkil maar dit is net hoe ek dit sien.
    "I am come that they might have life, and that they might have it more abundantly."

    in all your ways acknowledge Him, and he will make your paths straight.

    Many are the afflictions of the righteous; But Jehovah delivereth him out of them all.

    "Oh, taste and see that the Lord is good"

    Comment

    • #3
      Yup, volgens wat ek geleer het, 3 verskillend kategoriee..... maar ek het my boek net verlede week weg gemaak, nou kan ek jou nie meer s nie....
      The LORD is my Miracle

      G_d was gracious He has shown favor

      Hope is a seed
      God plants in our hearts
      to remind us
      there are better things ahead.
      -Holley Gerth

      Comment

      • #4
        Kaalvoetkind

        As jy wil kan jy hier verder gesels oor die gawes in 1 Kor 12. Lees gerus eers wat die ouens hier bo ges het en dan vertel jy vir ons hoe jy dit sien.

        Groete
        Phil

        Comment

        • #5
          Ferdi, Iain en Anneke

          Dags maters.

          Ek het nou hierdie draad daar doer uit die argiewe gaan uithaal. Dalk kan julle vir my iets uitklaar, ek het bewustelik daardie tyd nie op hierdie draad geantwoord nie, maar nou wil ek my verstout en vra.

          As julle dan s daar is drie tipes gawes, hoekom oorvleuel so baie van die gawes in Rom 12, Ef 4 en 1 Kor 12 mekaar?

          Net 'n vragietjiejie as julle kansie sien om my in te lig

          Groete en baie sen vir julle almal
          Phil

          Comment

          • #6
            Gawes

            Sekerlik Phil, ek deel graag hoe ek dit verstaan

            Volgens my is daar 3 groepe

            1. Die roeping wat op iemand se lewe is

            God het sommiges geroep as
            - Apostels
            - Profete
            - Evangeliste
            - Herders
            - Leraars.

            Die Apostels en profete is veronderstel om die fondament van 'n kerk te le, en op nuwe terreine in te beweeg. Die apostel plant die nuwe kerk, maar die profeet werk nou saam met hom. Hulle help mense om in hulle 'destinies' in te kom. Hulle breek deure oop en beweeg in nuwe terreine in. Die evangeliste gaan wen die mense vir die evangelie. Die herders versorg hulle wat inkom en help hulle heel. Die leraars leer hulle die wee van God.

            Die kerk is veronderstel om heeltyd nuwe grond te wen. En elkeen is veronderstel om 'release' te word in sy roeping na mate hy volwassenheid in Christus bereik. Hierdie 5 word gegee as 'n gawe vir die liggaam van Jesus Christus, om hulle te help om volwassenheid in Christus te bereik. Een is nie meer 'verhewe' as 'n ander nie, maar elk is anders in funksie.

            Let wel, omdat dit 'n roeping op iemand se lewe is, sal so 'n persoon reeds van geboorte af sekere kenmerke he wat in ooreenstemming is met hierdie spesifieke roeping. Maar dit beteken nog nie dat hy volwasse genoeg is om 'release' te word om hierdie amp te vervul nie....'n groeiproses is eers nodig.

            In my geval - ek dink my roeping is apostolies.

            2. Genadegawes

            Ek weet nie of ek dit nou reg noem nie. Maar daar is 7 spesifieke gawes wat gegee word aan...en elke persoon het dit, maar het gewoonlik 'n spesifieke een of twee waarin hy meer ontwikkeld is as die ander.
            Daar is 'n boek daaroor...ek het lank terug 'n seminaar bygewoon, ek praat nou so sommer uit my kop uit. Dit is baie interessant. Hierdie gawes kom ook reeds van geboorte af, maar soos mens seerkry deur die lewe kan dit onderdruk word. Hoe meer jy groei in Hom, hoe meer sal dit na die voorgrond tree in jou lewe.

            - Leraar (dit is gewoonlik iemand wat baie intelligent is, analities na dinge wil kyk, die horries kry as die skrif uit konteks aangehaal word, en as hulle nog geestelik meer onvolwasse is dikwels nie alte veel finesse het nie en dan ook meer op die teorie dikwels fokus van 'n saak as op die Gees)
            - Waarnemer (dit kan ook ontwikkel in profesie. Hierdie mense voel dinge intuitief aan - sal byvoorbeeld maklik regdeur iemand sien en maklik optel as iets nie lekker is nie. As hulle onvolwasse is geestelik gebruik hulle dit dikwels om mense te oordeel en vinger te wys, maar soos hulle volwasse word in Christus, besef hulle dit is nie dat God skinder nie, hulle tel dit op sodat hulle moet bid daaroor en dan op die regte tyd en onder leiding van die Gees iets vir die persoon ter sprake te se daaroor, indien enigsens nodig. Hulle is gewoonlike fyner ingesteld vir die geestelike wereld as ander)
            - Bemoediger
            - Organiseerder (ook genoem leier, weet gewoonlik hoe om te delegeer en take uit te deel, sodat alles vlot kan loop)
            - Uitdelers (hulle is gewers van natuur, gee maklik geld, liefde ens. Is gewoonlik geseen met 'n gawe van wysheid vir besigheid)
            - Dienaar (hulle is praktiese mense wat maklik identifiseer waar praktiese hulp nodig het en in nederigheid regstaan om te help met die mees praktieste takies)
            - Barmhartigheid ('compassion'). (Iemand wat meer gesteld is op die emosionele en geestelike welstand van mense as op praktiese dinge. Kan geweldig voel vir mense en 'n pad stap met iemand. Geweldige meegevoel met mense)

            In my geval is ek eerste barmhartigheid, en tweede waarnemer.
            Ek dink baie mense op hierdie forum is dalk leraars

            3. Gawes van die Heilige Gees

            Daar is 9 bonatuurlike gawes van die Heilige Gees. Hierdie gawes is nie iets wat te doen soseer met jou geaardheid nie, dit is 'n totale bonatuurlike gawe, wat God gee om die liggaam te stig. Die bybel se ons moet dit najaag, en veral die gawe van profesie. Elke persoon, maak nie saak van jou roeping, kan die gawe van profesie kry...maar dit beteken nie dit sal die amp wees wat jy beklee in die liggaam van Christus nie.

            Al die gawe is gegee ter stigting van ander mense, maar die gawe van tale is gegee ter stigting van 'n individu, sodat sy eie fontein kan oorloop. Paulus se hy praat meer in tale as almal. Ek glo dit is 'n gawe wat elkeen kan kry, maar daar is 'n ander gawe van tale wat vir die liggaam van Christus is, en vir daardie tale MOET daar 'n uitleg wees as iemand opstaan om dit in die gemeente te bring...want anders sou niemand dit verstaan nie.

            Gawes is:
            - profesie
            - Tale
            - Uitleg van tale
            - Woord van Kennis (byvoorbeeld God wys vir my jy wil 'n huis koop, maar daar is 'n probleem met die fondasie van daardie huis, moenie voortgaan nie)
            - Woord van wysheid (byvoorbeeld toe die fariseers Jesus wou verstrik in hulle vrae, en hy met bonatuurlike wysheid hulle terug geantwoord het)
            - gawe van onderskeiding van geeste
            - wonderweke en kragte
            - genesings
            - geloof (mens kry 'n spesiale gawe van geloof, wat bonatuurlik is)

            Hierdie gawes, wanneer dit ontvang word, moet beoefen word, en geoefen word, soos 'n baba wat leer stap, sodat ons al meer en meer handig sal word met die gebruik en hantering van hierdie gawes.

            Net om by te voeg:

            As iemand byvoorbeeld 'n profetiese roeping op sy of haar lewe het, sal daardie persoon nogsteeds meer ingesteld en sensitief wees vir die geesteswereld as die ander, al word hulle mislei, of al is hulle nie eers christene nie. Iemand met so 'n roeping op sy lewe en wat dan verkeerde kant toe draai, sal dan sy gawe ten voordeel van die ryk van duisternis gebruik en maklik medium kan word, 'n waarseer, ens, terwyl iemand met 'n roeping van leraar, dit nie so maklik sal word nie, al verval hy ook in die okkulte. Maar hy sal mense dan begin leer t.o.v. die verkeerde wee. Ons behoort aan God, is duur gekoop deur JEsus, en ons roepings is daar sodat ons Hom daardeur kan verheerlik.

            Comment

            • #7
              Originally posted by Kaalvoetkind View Post
              - Woord van Kennis (byvoorbeeld God wys vir my jy wil 'n huis koop, maar daar is 'n probleem met die fondasie van daardie huis, moenie voortgaan nie)
              Goed, nou hier verkil ek en jy. Volgens my praat jy daar meer van die gawe van profesie. Jy sal vir my uit die Woord moet aandui hoekom jy die gawe van kennis so uitl.

              Groete
              Phil

              Comment

              • #8
                Phil,

                Ek vra dat jy die hele 1 Kor 12 - 1 Kor 14 lees.

                Hier spesifiek gaan dit oor geestelike bonatuurlike gawes. En in die middel daarvan is die liefde, want sodra ons in hiedie dimensie van bonatuurlike gawes begin beweeg en nie liefde het nie, kan ons baie skade aan God se koningkryk berokken.

                Al lees jy dit net in die konteks van 1 Kor 12 v 8-10 sal jy sien dat die konteks is bonatuurlike gawes.

                Maar ek gaan jou nie daarvan probeer oortuig nie. As jy dit nie in die konteks so kan insien nie, weet ek nie wat om nog verder vir jou te se hieromtrent nie. DAn moet ons seker maar 'agree to disagree'?

                Comment

                • #9

                  Nee man, ons gesels mos nog, mens gooi mos nie so gou die handoek in nie

                  En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale.
                  1 Kor 12:28

                  Die gawes wat ek daar uitgelig het is tog nie bonatuurlike gawes nie.

                  Groete
                  Phil

                  Comment

                  • #10
                    Lyk my jy gee nie gou op nie

                    Lees asseblief 1 Kor 12v8-10 in konteks
                    en daarna 1 Kor 13v8.
                    "Die liefde vergaan nimmermeer:
                    maar profesiee - hulle sal tot niet gaan
                    of tale - hulle sal ophou
                    of kennis - dit sal tot niet gaan"

                    Van watse tipe kennis word daar hier gepraat?

                    Comment

                    • #11
                      Originally posted by Kaalvoetkind View Post
                      Lyk my jy gee nie gou op nie

                      Lees asseblief 1 Kor 12v8-10 in konteks
                      en daarna 1 Kor 13v8.
                      "Die liefde vergaan nimmermeer:
                      maar profesiee - hulle sal tot niet gaan
                      of tale - hulle sal ophou
                      of kennis - dit sal tot niet gaan"

                      Van watse tipe kennis word daar hier gepraat?
                      Ek verstaan nie mooi wat jy probeer s met hierdie Skrifgedeelte nie, eerstens praat hierdie gedeelte nie van apostels, leraars en regeerders nie, maar van profete en diegene wat in tale praat en die gawe van kennis. Nou ek dink juis hierdie Skrifgedeelte wat jy aanhaal bevestig my punt, hierdie is gawes wat verbygaan en wat vir jou ingegee word vir 'n bepaalde tyd soos deur die Heilige Gees, dit sal tot niet gaan, want daar kom 'n tyd waar hierdie dinge nie meer van waarde gaan wees nie, as ons by Christus is, waarvoor sal ons profeteer, die profesie is bewaarheid, hoekom sal ons in tale wil praat, ons sal mos almal mekaar verstaan, waarom sal ons ons beywer vir kennis, want eendag sal ons ten volle ken.

                      Hierdie dinge gaan verby, dit is wat die Woord s, al wat bly is die liefde.

                      Carlos Ortiz het ges:

                      "Love isn't one of the virtues of the Christian life, love is the Christian life"

                      Liefde is soos wat ek dit in die Woord lees deel van die vrug van die Gees en nie 'n gawe van die Gees nie.

                      Comment

                      • #12
                        Originally posted by Kaalvoetkind View Post
                        Sekerlik Phil, ek deel graag hoe ek dit verstaan

                        Volgens my is daar 3 groepe

                        1. Die roeping wat op iemand se lewe is

                        God het sommiges geroep as
                        - Apostels
                        - Profete
                        - Evangeliste
                        - Herders
                        - Leraars.

                        Die Apostels en profete is veronderstel om die fondament van 'n kerk te le, en op nuwe terreine in te beweeg. Die apostel plant die nuwe kerk, maar die profeet werk nou saam met hom. Hulle help mense om in hulle 'destinies' in te kom. Hulle breek deure oop en beweeg in nuwe terreine in. Die evangeliste gaan wen die mense vir die evangelie. Die herders versorg hulle wat inkom en help hulle heel. Die leraars leer hulle die wee van God.

                        Die kerk is veronderstel om heeltyd nuwe grond te wen. En elkeen is veronderstel om 'release' te word in sy roeping na mate hy volwassenheid in Christus bereik. Hierdie 5 word gegee as 'n gawe vir die liggaam van Jesus Christus, om hulle te help om volwassenheid in Christus te bereik. Een is nie meer 'verhewe' as 'n ander nie, maar elk is anders in funksie.

                        Let wel, omdat dit 'n roeping op iemand se lewe is, sal so 'n persoon reeds van geboorte af sekere kenmerke he wat in ooreenstemming is met hierdie spesifieke roeping. Maar dit beteken nog nie dat hy volwasse genoeg is om 'release' te word om hierdie amp te vervul nie....'n groeiproses is eers nodig.

                        In my geval - ek dink my roeping is apostolies.

                        2. Genadegawes

                        Ek weet nie of ek dit nou reg noem nie. Maar daar is 7 spesifieke gawes wat gegee word aan...en elke persoon het dit, maar het gewoonlik 'n spesifieke een of twee waarin hy meer ontwikkeld is as die ander.
                        Daar is 'n boek daaroor...ek het lank terug 'n seminaar bygewoon, ek praat nou so sommer uit my kop uit. Dit is baie interessant. Hierdie gawes kom ook reeds van geboorte af, maar soos mens seerkry deur die lewe kan dit onderdruk word. Hoe meer jy groei in Hom, hoe meer sal dit na die voorgrond tree in jou lewe.

                        - Leraar (dit is gewoonlik iemand wat baie intelligent is, analities na dinge wil kyk, die horries kry as die skrif uit konteks aangehaal word, en as hulle nog geestelik meer onvolwasse is dikwels nie alte veel finesse het nie en dan ook meer op die teorie dikwels fokus van 'n saak as op die Gees)
                        - Waarnemer (dit kan ook ontwikkel in profesie. Hierdie mense voel dinge intuitief aan - sal byvoorbeeld maklik regdeur iemand sien en maklik optel as iets nie lekker is nie. As hulle onvolwasse is geestelik gebruik hulle dit dikwels om mense te oordeel en vinger te wys, maar soos hulle volwasse word in Christus, besef hulle dit is nie dat God skinder nie, hulle tel dit op sodat hulle moet bid daaroor en dan op die regte tyd en onder leiding van die Gees iets vir die persoon ter sprake te se daaroor, indien enigsens nodig. Hulle is gewoonlike fyner ingesteld vir die geestelike wereld as ander)
                        - Bemoediger
                        - Organiseerder (ook genoem leier, weet gewoonlik hoe om te delegeer en take uit te deel, sodat alles vlot kan loop)
                        - Uitdelers (hulle is gewers van natuur, gee maklik geld, liefde ens. Is gewoonlik geseen met 'n gawe van wysheid vir besigheid)
                        - Dienaar (hulle is praktiese mense wat maklik identifiseer waar praktiese hulp nodig het en in nederigheid regstaan om te help met die mees praktieste takies)
                        - Barmhartigheid ('compassion'). (Iemand wat meer gesteld is op die emosionele en geestelike welstand van mense as op praktiese dinge. Kan geweldig voel vir mense en 'n pad stap met iemand. Geweldige meegevoel met mense)

                        In my geval is ek eerste barmhartigheid, en tweede waarnemer.
                        Ek dink baie mense op hierdie forum is dalk leraars

                        3. Gawes van die Heilige Gees

                        Daar is 9 bonatuurlike gawes van die Heilige Gees. Hierdie gawes is nie iets wat te doen soseer met jou geaardheid nie, dit is 'n totale bonatuurlike gawe, wat God gee om die liggaam te stig. Die bybel se ons moet dit najaag, en veral die gawe van profesie. Elke persoon, maak nie saak van jou roeping, kan die gawe van profesie kry...maar dit beteken nie dit sal die amp wees wat jy beklee in die liggaam van Christus nie.

                        Al die gawe is gegee ter stigting van ander mense, maar die gawe van tale is gegee ter stigting van 'n individu, sodat sy eie fontein kan oorloop. Paulus se hy praat meer in tale as almal. Ek glo dit is 'n gawe wat elkeen kan kry, maar daar is 'n ander gawe van tale wat vir die liggaam van Christus is, en vir daardie tale MOET daar 'n uitleg wees as iemand opstaan om dit in die gemeente te bring...want anders sou niemand dit verstaan nie.

                        Gawes is:
                        - profesie
                        - Tale
                        - Uitleg van tale
                        - Woord van Kennis (byvoorbeeld God wys vir my jy wil 'n huis koop, maar daar is 'n probleem met die fondasie van daardie huis, moenie voortgaan nie)
                        - Woord van wysheid (byvoorbeeld toe die fariseers Jesus wou verstrik in hulle vrae, en hy met bonatuurlike wysheid hulle terug geantwoord het)
                        - gawe van onderskeiding van geeste
                        - wonderweke en kragte
                        - genesings
                        - geloof (mens kry 'n spesiale gawe van geloof, wat bonatuurlik is)

                        Hierdie gawes, wanneer dit ontvang word, moet beoefen word, en geoefen word, soos 'n baba wat leer stap, sodat ons al meer en meer handig sal word met die gebruik en hantering van hierdie gawes.

                        Net om by te voeg:

                        As iemand byvoorbeeld 'n profetiese roeping op sy of haar lewe het, sal daardie persoon nogsteeds meer ingesteld en sensitief wees vir die geesteswereld as die ander, al word hulle mislei, of al is hulle nie eers christene nie. Iemand met so 'n roeping op sy lewe en wat dan verkeerde kant toe draai, sal dan sy gawe ten voordeel van die ryk van duisternis gebruik en maklik medium kan word, 'n waarseer, ens, terwyl iemand met 'n roeping van leraar, dit nie so maklik sal word nie, al verval hy ook in die okkulte. Maar hy sal mense dan begin leer t.o.v. die verkeerde wee. Ons behoort aan God, is duur gekoop deur JEsus, en ons roepings is daar sodat ons Hom daardeur kan verheerlik.

                        Dit is juis wat ek vroer probeer verwoord het. Jy het dit beter as ek gedoen. Dit is hoe ek geleer is en ek dink dit maak die meeste sin.
                        Ek dink die gawes oorvleul wel, maar dit betekin nie hulle is die selfde nie. Ek dink dit betein net dat hulle by mekaar pas. Soos hierbo ges, sal sekere mense wat gekeis is om `n sekere rol te vervul sekre gawes openbaar.
                        "I am come that they might have life, and that they might have it more abundantly."

                        in all your ways acknowledge Him, and he will make your paths straight.

                        Many are the afflictions of the righteous; But Jehovah delivereth him out of them all.

                        "Oh, taste and see that the Lord is good"

                        Comment

                        • #13
                          Originally posted by 14390876 View Post

                          Dit is juis wat ek vroer probeer verwoord het. Jy het dit beter as ek gedoen. Dit is hoe ek geleer is en ek dink dit maak die meeste sin.
                          Ek dink die gawes oorvleul wel, maar dit betekin nie hulle is die selfde nie. Ek dink dit betein net dat hulle by mekaar pas. Soos hierbo ges, sal sekere mense wat gekeis is om `n sekere rol te vervul sekre gawes openbaar.
                          Iain

                          Ek gaan nou 'n stelling maak, jy mag van my verskil, maar laat weet my net wat jy dink.

                          Ek dink die Woord praat op al drie plekke Rom 12, Ef 4 en 1 Kor 12 van presies dieselfde gawes. Ek stem ook saam dat daar verskillende tipes gawes is, of soos julle nou noem, die drie tipes gawes, daarmee sal ek nie stry nie, maar ek glo wel dat in Rom 12, Ef 4 en 1 Kor 12 praat dit elke keer van al drie groepe gawes.

                          Groete
                          Phil

                          Comment

                          • #14
                            Dit het ek nog nie aan gedink nie maar ek sal dit dal oorweeg. Ek vermoed dat ek met jou gaan verskil, omdat dit nie is hoe ek geleer is nie, maar ek sal dit waardeer as jy die demonstreer. As jy s dit is presies dieselfde gawes, hoe korispondeer hulle. Veral sedert hulle nie gelyk in getalle is nie (7,9, en 5 onderskydelik).
                            Terloops, die gawes pas mooi in saam met die rolle van die drie eenheid. Daar `n patroonmatigheid aan die manier waarop die Bybel uiteen gesit word.Die syfer 3 kom baie voor wanneer die gawes bespreek word en alhoewel ek nie regtig "into" numerologie is (behalwe uit pure nuuskurigheid) nie, dink ek wel dit is so vir `n rede. Ek sou nogal belang stel in bespreking van bybelse numerologie en wat mense daarvan dink maar dis seker `n onderwerp vir `n ander draad.
                            "I am come that they might have life, and that they might have it more abundantly."

                            in all your ways acknowledge Him, and he will make your paths straight.

                            Many are the afflictions of the righteous; But Jehovah delivereth him out of them all.

                            "Oh, taste and see that the Lord is good"

                            Comment

                            • #15
                              Originally posted by Phil Fourie View Post
                              Goed, nou hier verkil ek en jy. Volgens my praat jy daar meer van die gawe van profesie. Jy sal vir my uit die Woord moet aandui hoekom jy die gawe van kennis so uitl.

                              Groete
                              Phil
                              Om terug te kom hierby Phil.

                              Die rede hoekom ek vir jou aangehaal het die gedeelte wat se liefde sal bly maar tale, en profesie en kennis sal tot niet gaan was juis om vir jou te verduidelik, dat die kennis waarvan jy hier praat, die bonatuurlike kennis is.

                              WAnt as dit gewone kennis was, akademiese kennis, of skrifkennis, sou dit nie tot niet gegaan het nie.

                              Ek hoop jy verstaan nou beter wat ek bedoel.

                              Comment

                              Working...
                              X