Announcement

Collapse
No announcement yet.

Is hierdie teks van krag vir ons ?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Bespreking Is hierdie teks van krag vir ons ?

    Is die volgende teks vir ons ook bedoel ?

    2 Chron 7:13 As Ek die hemel toesluit, dat daar geen ren is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek pes onder my volk stuur,
    14 en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde we, dan sal k uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.

    ...... of haal ons dit uit konteks om onself te pas ?

  • #2
    Originally posted by Die Filadelfieer View Post
    Is die volgende teks vir ons ook bedoel ?

    ...... of haal ons dit uit konteks om onself te pas ?
    Ek glo dat alles in die Bybel vir ons bedoel is, en hierdie teks is natuurlik geen uitsondering nie. Maar ek glo ook dat die teks dikwels uit konteks gebruik word om mense te pas. Dit is geen waarborg dat die omstandighede in ons land (Suid-Afrika) noodwendig beter sal word nie. Alhoewel God in staat is om dit te doen, is ek persoonlik nogal geneig om te glo dat dinge eerder slegter sal gaan as beter - veral vir christene.

    Wat hierdie teks vir my persoonlik se, is dat die Here soms seen van 'n mens weerhou (reen) of beproewinge (peste en plae) op 'n mens se pad bring, om jou tot inkeer te bring. Dit hoef nie te verwys na fisiese reen en plae nie, dit kan ook geestelike of simboliese reen en plae wees. En die belofte is duidelik, as jy jou sonde voor God bely en terugkeer na Hom, en Sy aangesig soek en Sy wil begin doen, dan SAL God genesing bring en die "stukkende land" herstel. Hy sal die "springkane" en die "pes" in jou lewe verwyder. Hy sal weer Sy seen oor jou uitstort en vrede in jou gemoed bring. (En ek is ook oortuig dat as Suid-Afrika in geheel terugkeer na die Here, Hy ook in staat sal wees om die land fisies te genees...)

    Dit is hoe ek die teks lees.....

    Comment

    Working...
    X