Announcement

Collapse
No announcement yet.

Laaste Avond-maal versus Pasga

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Laaste Avond-maal versus Pasga

    Ek het so pas ietsie ontdek wat seker vir baie van julle vanselfsprekend was/is.... of ek gooi klippies in julle skoene Ek bedoel, wat ek ontdek het is dat andere van my verskil

    Die laaste Avond-maal of soos seker meer bekend: The Last Supper, sien ek as die eerste Nagmaal, en nie dat dit die Pasga ete was wat Jesus saam met Sy dissipels geniet het nie.....
    Lees bietjie Lukas 22
    Nagmaal
    Olyfberg
    Lukas 23
    Pilatus
    Kruisiging
    v54.... En dit was die dag van voorbereiding, en die Sabbat wou aanbreek.
    Die Pasga word op die Sabbat geeet, die lam word op voorbereidings dag geslag, die dag begin wanneer die son ondergaan........ Christus was in die graf teen die tyd wat die Pasga geeet is

    Ek glo dat Jesus gekruisig is op die tyd wat die lam vir die Pasga geslag was....

    ****

    Ek was gevra om 'n maaltyd plan (menu) voor te l vir 'n "Last Supper" en ek s toe, dit is 'n Nagmaal, toe verskil ons so bietjie, ek s toe dat ek hulle sal help met 'n Pasga ete.... toe is hulle bietjie "bang" vir my hulp, want ek is mos "weird"

    Is ek so "weird"?? of stem julle saam met my??
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor

    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

  • #2
    Ta-An

    Ek dink jy is in die kol. Jesus wa mos die lam wat vir ons sondes geslag is!
    En die laaste avondmaal soos dit genoem word is mos die instelling van die nagmaal?

    So nee , ek dink nie jy is wierd nie, miskien eerder gelei deur Sy Gees
    Dis alles net genade -Ma Grace
    "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

    Comment

    • #3
      Originally posted by ACCM View Post

      Ek glo dat Jesus gekruisig is op die tyd wat die lam vir die Pasga geslag was....
      Ek stem 100 % saam met jou, en veral die Johannes Evangelie bring dit mooi bymekaar. Daar was ook blykbaar 'n gebruik in die tempel waar, wanneer die laaste (en beste) lam geslag is, die ho priester iets in die lyn van "dit is volbring" uitgespreek het.

      Originally posted by ACCM View Post

      Ek was gevra om 'n maaltyd plan (menu) voor te l vir 'n "Last Supper" en ek s toe, dit is 'n Nagmaal, toe verskil ons so bietjie, ek s toe dat ek hulle sal help met 'n Pasga ete.... toe is hulle bietjie "bang" vir my hulp, want ek is mos "weird"

      Is ek so "weird"?? of stem julle saam met my??
      Ek is ook bietjie versigtig hier. Nagmaal het Pasga vervang, en die gebruike is definitief nie dieselfde nie : ons eet bv. nie meer lam nie, maar brood. (As teken van Christus se liggaam) As ons aanhou om Pasga te vier, kan ons net sowel nog saam met die jode diere offer.

      Comment

      • #4
        ACCM,

        Jy is korrek. Jesus het die pasga in vervulling laat gaan. Onthou net dat slegs die dag van voorbereiding die Pasga genoem was. Die volgende dag (heilige vierdag) was die eerste dag van die fees van die ongesuurde brode, wat ook in vervulling gegaan het.

        Die Filadelfieer,

        Miskien verstaan ek jou verkeerd. Die nagmaal het na my mening nie in die plek van die Pasga gekom nie. Die eerste nagmaal was wel op die Pasga, maar soos ek hierbo probeer verduidelik was dit die dag van voorbereiding. Nie op dieselfde dag toe die pasgalam ge-eet is nie.

        Die nagmaal is 'n nuwe instelling deur Jesus. 'n Tussentydse instelling vir 'n tydelike fase tot Sy wederkoms.

        Comment

        • #5
          Fransiscus,
          Nee, ek stem nie saam nie. Daar was inderdaad 'n "dag van voorbereiding" waarop sekere dinge gedoen is, maar dit was ter voorbereiding vir die pasga, dit was nie die pasga self nie. Die pasga -lam is inderdaad op pasga ge-eet, maar is geslag in die dag van voorbereiding.

          Kom ek stel dit so, Indien 'n mens onder die indruk is dat daar nog steeds 'n lam ge-offer moet word, soos die pasga gebruik voorskryf, het jy Jesus in jou lewe nodig.

          Comment

          • #6
            Nee boetie Fila.....

            Nagmaal en Pasga is nie dieselfde nie
            The LORD is my Miracle

            G_d was gracious He has shown favor

            Hope is a seed
            God plants in our hearts
            to remind us
            there are better things ahead.
            -Holley Gerth

            Comment

            • #7
              Originally posted by ACCM View Post
              Nee boetie Fila.....

              Nagmaal en Pasga is nie dieselfde nie

              .........maar dit is die punt wat ek mos ook maak !!

              Comment

              • #8
                Originally posted by Die Filadelfieer View Post
                .........maar dit is die punt wat ek mos ook maak !!
                oh ok.... nee ons slag nie meer lam nie, Jesus was die finale Lam offer gebring vir sonde, maar ons eet nog lam met PaasFees ter nagedagtenis.....
                The LORD is my Miracle

                G_d was gracious He has shown favor

                Hope is a seed
                God plants in our hearts
                to remind us
                there are better things ahead.
                -Holley Gerth

                Comment

                • #9
                  Originally posted by ACCM View Post
                  oh ok.... nee ons slag nie meer lam nie, Jesus was die finale Lam offer gebring vir sonde, maar ons eet nog lam met PaasFees ter nagedagtenis.....

                  Nie eers meer die regte egte jode hou hulle feeste volgens Bybelse voorskrifte vandat hulle nie meer 'n tempel het nie, hulle word genoop om vas te klou aan afgewaterde weergawes van die oorspronklike dae. Ek sou s dat dit wat op die oomblik gedoen word nie eers die Bybelse naam daarvoor werd is nie.

                  Comment

                  • #10
                    Originally posted by Die Filadelfieer View Post
                    Fransiscus,
                    Nee, ek stem nie saam nie. Daar was inderdaad 'n "dag van voorbereiding" waarop sekere dinge gedoen is, maar dit was ter voorbereiding vir die pasga, dit was nie die pasga self nie. Die pasga -lam is inderdaad op pasga ge-eet, maar is geslag in die dag van voorbereiding.

                    Kom ek stel dit so, Indien 'n mens onder die indruk is dat daar nog steeds 'n lam ge-offer moet word, soos die pasga gebruik voorskryf, het jy Jesus in jou lewe nodig.

                    Lev 23:5 In die eerste maand, op die veertiende van die maand, teen die aand, is die pasga van die HERE;
                    Lev 23:6 en op die vyftiende dag van hierdie maand is die fees van die ongesuurde brode van die HERE; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet.

                    Exo 12:6 En julle moet dit in bewaring hou tot die veertiende dag van hierdie maand; en die hele vergadering van die gemeente van Israel moet dit slag teen die aand.
                    Exo 12:7 En hulle moet van die bloed neem en dit stryk aan die twee deurposte en aan die bo-drumpel, aan die huise waarin hulle dit eet.
                    Exo 12:8 En hulle moet die vleis in dieselfde nag eet, oor die vuur gebraai; saam met ongesuurde brode moet hulle dit met bitter kruie eet.

                    Dieselfde nag, beteken hier op die eerste dag van die ongesuurde brode.
                    Sononder tot sononder.

                    Dus baie duidelik. Die voorbereiding was die pasga, en op die eerste heilige vierdag van die fees van ongesuurde brode was die pasgalam ge-eet.

                    Is dit nie pragtig hoe die Bybel werk nie. Die nagmaal word ingestel op die dag van voorbereiding. Dit is vir ons as teken om die nagmaal te hou ter voorbereiding van die Messiah se wederkoms.

                    Groete

                    Comment

                    • #11
                      Originally posted by Franciscus View Post

                      Nadat ek hierdie plasing gemaak het, het ek weer ondersoek gaan instel.

                      Exo 12:11 En s moet julle dit eet: Julle heupe moet omgord wees, julle skoene aan jul voete en julle staf in jul hand; baie haastig moet julle dit eet. 'n Pasga van die HERE is dit.

                      Hierdie teks blyk teenstrydig te wees met Levitikus. Ek kan aan baie teori dink, maar miskien is daar iemand wat kan help.

                      Comment

                      • #12
                        Hier is weer 'n voorbeeld van verskillende Frekwensies

                        Die saak rakende die Pasga en Nagmaal. Hier is twee uiteenlopende interpretasies. Nee twee uiteenlopende verwysings raamwerke, twee verskillende wrelde teologies. Daar is net geen kans dat daar ontmoeting gaan wees nie. . . so glo ek dat daar nie heeltemal voorsienning vir Adventiste, Jehovah Getuies, Mormone, Katolieke, Kabbahliste, Zioniste ens op hierdie Forum nie.

                        Weereens ek vra ook as een van jou Oupas of Oumas nie 100% volbloed Jood was nie, dan vra ek wat maak jy met Joodse gebruike en Joodse instellings. Ek wonder hoeveel van ons besef dat bv. die Groot verdrukking (Daniel se 70ste week) vir die Jode is a.g.v. van hulle afvalligheid. Hoeveel van julle wil dit deelmaak van jou teologie, hoeveel van julle wil julle laat besny?
                        Anton VS

                        Slegs beskawings wat hulle wortels skiet in die Christelike Geloof kan werklikwaar as beskawing bestempel word.

                        -- Abraham Kuyper --

                        www.collegia.blogspot.com

                        Comment

                        • #13
                          Originally posted by Antonvs View Post
                          Ek wonder hoeveel van ons besef dat bv. die Groot verdrukking (Daniel se 70ste week) vir die Jode is a.g.v. van hulle afvalligheid. Hoeveel van julle wil dit deelmaak van jou teologie, hoeveel van julle wil julle laat besny?

                          Anton,
                          Eerstens glo ek, soos jy, dat daar GEEN plek vir Zionisme/Hebreuse wortels/whatever in die Christelike geloof is nie. Hierdie verskynsel wat nou weer sy kop uitsteek veral onder ons Afrikaanses is baie kommerwekkend, en mens hoef maar net Israel te besoek om agter te kom dat die Jode daar glad nie dieselfde afiniteit met die Christene het as wat ons probeer afmaak daar veronderstel is om te wees nie. Kyk ter voorbeeld hoe Christen sendelinge daar hanteer word.

                          Tweedens, is dit nie die eerste keer dat ek hoor van hierdie idee dat die sg Groot Verdrukking slegs vir Israel ter sprake is nie. Sal jy omgee om hierop uit te brei, miskien 'n draad oop te maak in die "eindtye" Forum ? Ek dink dit is iets wat ondersoek kan word, en behoort baie interesant te wees.

                          Comment

                          • #14
                            Originally posted by Franciscus View Post

                            Dus baie duidelik. Die voorbereiding was die pasga, en op die eerste heilige vierdag van die fees van ongesuurde brode was die pasgalam ge-eet.

                            Nee, nog steeds stem ek nie saam nie. Pasga was/is te belangrik vir die jode om as bloot 'n voorbereiding vir 'n ander fees te wees.

                            Leviticus 23:5 In die eerste maand, op die veertiende van die maand, teen die aand, is die pasga van die HERE;
                            6 en op die vyftiende dag van hierdie maand is die fees van die ongesuurde brode van die HERE; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet.
                            Dus : die 14de Nisan Pasga, die 15de Nisan Ongesuurde brode. Een dag uitmekaar uit, twee verskillende datums, soos wat die jode dae reken. Pasga is gereken as 'n Sabbat, Ongesuurde brode nie, dit is hoekom die lam reeds geslag moes wees voor Pasga aanbreek, en dit is hoekom Jesus se lyk van die kruis moes af voor Pasga aanbreek.

                            Comment

                            • #15
                              Originally posted by Die Filadelfieer View Post
                              ,,,,, en mens hoef maar net Israel te besoek om agter te kom dat die Jode daar glad nie dieselfde afiniteit met die Christene het as wat ons probeer afmaak daar veronderstel is om te wees nie. Kyk ter voorbeeld hoe Christen sendelinge daar hanteer word.

                              .
                              En jy was in Israel
                              The LORD is my Miracle

                              G_d was gracious He has shown favor

                              Hope is a seed
                              God plants in our hearts
                              to remind us
                              there are better things ahead.
                              -Holley Gerth

                              Comment

                              Working...
                              X