Announcement

Collapse
No announcement yet.

Hoe hoor ons God se stem?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Benodig raad Hoe hoor ons God se stem?

    Ek verstaan dat God met ons praat deur die Woord en dat ek met God kan kommunikeer deur gebed, maar soms is daar daardie grys areas in ons lewe wat die Woord nie altyd vir ons duidelikheid kan gee van wat om te doen nie......maar is daar enige ander wyses hoe ons God se stem kan hoor, en met sekerheid kan weet dat dit God is wat met ons praat?
    Saved by Grace!

    Praying for Mieke and Charles
    Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


    My testimony
    http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

  • #2
    Ek het n ruk gelede n droom gehad van myself wat met n swaar rugsak teen n berg opsukkel in Jesus se geselskap. Omdat ek die betekenis van die droom geweet het , het ek dit met niemand gedeel nie. In daardie volgende week het n baie gelowige vriendin vir my gese : Los daardie swaar las wat jy so dra. Onthou die Here se juk is sag en sy las is lig. Dit was vir my n wonderlike bevestiging en bemoediging vanaf Jesus deur my vriendin wat net die 'boodskapper' en bevestiger was van kennis wat ek al reeds in die droom ontvang het. Behalwe die Woord gebruik die Here mense , omstandighede , klippe wat die Here net eenvoudig uit jou pad uit verwyder en nog vele meer maniere. Die Here praat nie met 2 mense op dieselfde manier nie. Hoe wens ons nie almal om soos Moses met die Here te kon praat soos met n vriend nie , ne?

    Comment


    • #3
      Johannes 10:27 My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.
      Glorious Day
      Living He loved me
      Dying He saved me
      Buried He carried my sins far away
      Risen He justified
      Freely forever
      One day He's coming
      Oh Glorious Day!

      Casting Crowns

      Comment


      • #4
        Protea, baie dankie vir die voorbeeld en die droom.......dit maak nogal vir my sin, maar wat ek wel nie kan verstaan nie, is as ons dan almal God se kinders is, hoekom gebruik Hy ander om vir ons boodskappe te gee, waarom kan ek nie self die oortuiging h wat God vir my wil s nie.......luister 'n mens dan nie werklik nie, of skiet ons dan te kort in geloof?
        Saved by Grace!

        Praying for Mieke and Charles
        Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


        My testimony
        http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

        Comment


        • #5
          Ons moet leer om te luister en reg te hoor...

          Romeine 8:16 Die Gees self getuig saam met ons Gees dat ons kinders van God is;

          Om te hoor, is om te luister met jou geestelike ore

          Daar is ook ander maniere waarop G_d met ons praat... deur Sy Woord,
          Deur 'n boodskap van die preekstoel af.
          The LORD is my Miracle

          G_d was gracious He has shown favor


          Hope is a seed
          God plants in our hearts
          to remind us
          there are better things ahead.
          -Holley Gerth

          Comment


          • #6
            Mag ons kies hoe God met ons moet praat?

            Wat is julle opinie: Mag ons kies HOE die Here met ons moet praat? Ek reageer nou op Linda se vraag : Hoekom kom jou antwoord baiekeer DEUR iemand anders? Dis mos die beste om SELF van die Here te hoor.
            Ek mag moontlik nie hoor as die Here met my praat op die manier waarop hy met my man praat nie... (probeer ek nou my eie vraag beantw..)
            Sal graag julle opinies wil hoor want dis n vraag wat baiekeer by Byblestudiegroepe opduik.

            Comment


            • #7
              Ek wil 'n klip hier in die bos gooi. Leer heel eerste wat is God se wil, punt! Dit gaan nie soseer oor wat God se wil vir my lewe, of vir hierdie bepaalde situasie is nie, maar wat is God se wil? Wat leef in Sy hart? Wat is belangrik vir God, hoe dink Hy oor dinge? En dit is iets wat 'n mens slegs kan weet wanneer daar 'n baie diep en intieme verhouding tussen jou en God bestaan. Ons is so geneig om in elke situasie te wil weet, wat wil God he moet ek hier doen? Moet ek my werk bedank of nie, moet ek Australie toe gaan of nie, moet ek my geld vir daardie liefdadigheid organisasie gee, ens ens ens. Maar ek voel dat wanneer ek naby aan God leef, ek in meeste situasies nie eens nodig sal he om te vra, wat wil Hy he? nie. En in situasies waar Sy leiding wel nodig is, sal ek Sy antwoord onmiddellik hoor en herken.

              Johannes 15:7 se : "As julle IN MY BLY, EN MY WOORDE IN JULLE, kan julle vra net wat julle wil he en julle sal dit verkry" Hierdie teks is nie 'n "oop tjekboek" soos baie mense dit interpreteer nie. Dit beteken nie maar net dat, as ons christene is, ons enigiets kan vra en ons SAL dit verkry nie. Die sleutel le in die woorde:"As julle in My bly en my woorde in julle..." Om werklik IN HOM te bly en Sy woorde werklik IN ONS, behels baie meer as wat op die oog af blyk. Slegs wanneer ek "een is met die Here" geld hierdie woorde. En ek glo dieselfde met God se wil en Sy stem. As ek werklik "een is" met Hom, sal ek nie wonder nie, ek sal weet!

              Maar dit gese, wil ek ook byvoeg, die Here gebruik verskillende maniere om met ons te praat, veral wanneer ons nog nie daardie punt bereik het waar ons werklik "een is" met Hom nie. Soms is dit 'n Bybelteks op die regte tyd en op die regte plek, soms mense wat Hy op ons pad stuur, soms omstandighede, soms selfs engele, of wat ookal. Iemand het eenmaal gese, dat as jy wil weet of dit God se stem is, moet minstens drie dinge ooreenstem: 1. Dit moet SKRIFTUURLIK wees, m.a.w. dit moet Skrif gestaaf kan word. 2. Die OMSTANDIGHEDE moet in lyn wees, en 3. daar moet 'n INNERLIKE VREDE wees.

              Comment


              • #8
                Originally posted by Gene View Post
                Ek wil 'n klip hier in die bos gooi.
                dankie, nogal raak gestel.
                Iemand het eenmaal gese, dat as jy wil weet of dit God se stem is, moet minstens drie dinge ooreenstem: 1. Dit moet SKRIFTUURLIK wees, m.a.w. dit moet Skrif gestaaf kan word. 2. Die OMSTANDIGHEDE moet in lyn wees, en 3. daar moet 'n INNERLIKE VREDE wees.[/quote]
                Dankie Gene,
                ek kon nooit die drie kry nie,(eenkeer gehoor iemand praat van drie ,maar nog dom en confused gewees , nie dat ek nou lsim raak nie ) intussen maar op vrede staatgemaak, want ek kon vergelyk of dit so voel, maar 1. skriftuurlik en 2. omstandighede kon ek nie uitpluis nie.
                Dis alles net genade -Ma Grace
                "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

                Comment


                • #9
                  Linda,

                  Ek stem saam met Gene..... Leer jou Bybel so goed jy kan (die regte vertaling ook, natuurlik ) sodat jy God se wil ken. God sal nooit ooit sy teen sy Woord gaan nie. So, hoe beter jy Sy Woord ken hoe beter toegerus sal jy wees om te weet of iets van die Here af is. Dis absoluut lewensbelangrik dat jy alles wat na jou kant toe kom baie, baie krities sal meet aan God se Woord, maak nie saak of dit van 'n mede Christen, jou dominee, christelike leesstof, christelike televisieprogramme of wat ook al is nie, want daar is soveel idees en leringe en boodskappe daar buite wat oh so noble lyk en klink en voel maar wat absoluut van die Satan af is om God se kinders te mislei. (Ek het gisteraand die helfte van my boekrak sogenaamde christelike leesstof weggegooi - ek wat verskriklik lief is vir boeke! ) Mens hoor baie keer mense of predikers s hulle het 'n boodskap van die Here af gekry of die Here het vir hulle iets ges of gewys, en dis goed en reg so, die Here praat baie met my ook, al wat ek s is maak net seker dat dit wat jy geleer word of hoor nie teenstrydig is met God se Woord nie (en glo my dit word partykeer so subtiel gedoen dat jy nie eers agterkom jy word mislei nie....)
                  The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                  Comment


                  • #10
                    Baie dankie vir al die antwoorde. Dit is duidelik dat ek eers in die Woord moet delf, om sodoende te weet, of dit werklik God is wat praat of nie. Ek begryp dat as ons God se wil ken, dat ons sal weet of iets van Hom af kom of nie.........selfs 'n mens se eie gedagtes.......Daar is soms baie stemme te hoor, en mens is nie altyd seker of dit God is wat met jou praat, of maar net jou eie gedagtes nie.........Ek sal in die Woord bly...... Baie dankie
                    Saved by Grace!

                    Praying for Mieke and Charles
                    Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


                    My testimony
                    http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

                    Comment


                    • #11
                      Originally posted by MercyChild View Post
                      Baie dankie vir al die antwoorde. Dit is duidelik dat ek eers in die Woord moet delf, om sodoende te weet, of dit werklik God is wat praat of nie. Ek begryp dat as ons God se wil ken, dat ons sal weet of iets van Hom af kom of nie.........selfs 'n mens se eie gedagtes.......Daar is soms baie stemme te hoor, en mens is nie altyd seker of dit God is wat met jou praat, of maar net jou eie gedagtes nie.........Ek sal in die Woord bly...... Baie dankie
                      MercyChild

                      Het jy al Henry Blackaby se "Experience God" kursus deurgewerk? (Dit is ook in Afrikaans beskikbaar - "Beleef God" Indien nie, kan jy gerus daarin bele. Dit is 'n uitstekende kursus wat juis hierdie onderwerp aanspreek, ek kan dit werklik aanbeveel.

                      Comment


                      • #12
                        Originally posted by Gene View Post
                        MercyChild

                        Het jy al Henry Blackaby se "Experience God" kursus deurgewerk? (Dit is ook in Afrikaans beskikbaar - "Beleef God" Indien nie, kan jy gerus daarin bele. Dit is 'n uitstekende kursus wat juis hierdie onderwerp aanspreek, ek kan dit werklik aanbeveel.
                        Gene,

                        Ek het onlangs eers bewus geraak daarvan dat heelwat mense 'n probleem het met Experiencing God. Hier is byvoorbeeld maar een so book review. Ek het self nog nie mooi ingegaan op hierdie onderwerp nie, so dalk praat ek uit my beurt uit. Ek voel maar net dit is nodig om hierdie onder julle aandag te bring en tensy iemand meer spesifieke inligting hieroor kan gee, moet ons die boek (soos enige ander) maar biddend en met die Bybel altyd as maatstaf benader.

                        Comment


                        • #13
                          Ek het 'n predikantsvriend wat vertel dat hy aanhou Bybel lees totdat meer as een Skrif vir hom God se antwoord gee en bevestig.

                          Baie mense sal dit vreemd vind, maar as ek vir siekes bid vir genesing en ek word op 'n dag baie hartseer as ek aan die persoon dink, dan weet ek die persoon gaan sterf. Ek hou dan dadelik op om vir die persoon se genesing te bid en swaai my genede na die persoon se geliefdes vir ondersteuning en vir die hartseer wat kom met die afsterwe.

                          my God; in Him I will trust (Psa 91:2).

                          If you have not accepted Jesus Christ as your Savior, NOW is the time.

                          Persevere, pray and be ready for the Return of Christ.

                          Comment


                          • #14
                            Originally posted by Son of the South View Post
                            Gene,

                            Ek het onlangs eers bewus geraak daarvan dat heelwat mense 'n probleem het met Experiencing God. Hier is byvoorbeeld maar een so book review. Ek het self nog nie mooi ingegaan op hierdie onderwerp nie, so dalk praat ek uit my beurt uit. Ek voel maar net dit is nodig om hierdie onder julle aandag te bring en tensy iemand meer spesifieke inligting hieroor kan gee, moet ons die boek (soos enige ander) maar biddend en met die Bybel altyd as maatstaf benader.
                            SOS

                            Ek het "Experience God" sowat tien jaar gelede gedoen as deel van die praktiese sy van my studies. En toe, so jaar gelede het ek dit weer deurgewerk. Desember Verlede jaar het ek twee videos, wat met die kursus gepaard gaan, by iemand gekry. Ek het ook al vir Henry Blackaby gehoor preek en ek ken mense wat baie nou bande met hom het. Ek moet se dat ek in al hierdie tyd regtig niks negatiefs opgetel het nie. Ek dink daar sal altyd mense wees wat nie met iemand saamstem nie, of wat iemand se lering ontleed en uitmekaar trek, om op moontlike foute af te kom. (Dink maar aan al die kritiek op Angus Buchan) Soms is dit deel van die satan se plan, want om verdeeldheid te saai, is een van sy grootste wapens.

                            Nietemin, dankie vir die skakel. Ek sal dit beslis biddend bestudeer om vas te stel of die satan my nie dalk verlei het nie.....

                            Comment


                            • #15
                              Originally posted by MercyChild View Post
                              Baie dankie vir al die antwoorde. Dit is duidelik dat ek eers in die Woord moet delf, om sodoende te weet, of dit werklik God is wat praat of nie. Ek begryp dat as ons God se wil ken, dat ons sal weet of iets van Hom af kom of nie.........selfs 'n mens se eie gedagtes.......Daar is soms baie stemme te hoor, en mens is nie altyd seker of dit God is wat met jou praat, of maar net jou eie gedagtes nie.........Ek sal in die Woord bly...... Baie dankie
                              Hi Linda,

                              Ja; dis 'n moeilike een die! Moet net nie my paadjie loop en soveel ander boeke lees en soveel ander videos kyk ens, dat jy op hou bybel lees vir 'n ruk nie Die boek beleef God het my swaer gedoen en ek is ook so aan en af besig daarmee, maar ek kry meer antwoorde hierso op die forum en uit die Bybel as enige ander plek, en ek glo die Here gebruik dit om mens te lei na waar ons nie kan hoor nie.

                              Ek is maar hardhorende kind maar Hy is genadig en geduldig en liefdevol en weet hoe ek sal leer en luister en hoor. Soos die viedo van die pa en seun wat driekamp doen, wat my net weer geleer het ek weet nog niks van God se liefde as my Hemelse Vader nie al het ek gedink ek begin verstaan omdat ek nou 'n pappa is...

                              As ek vrae het help die klomp nogal maklik met teksverse en ook nou onlangs iemand wat egse het lees die hoostuk voor en na die een wat jy nie verstaan nie ook, dan begin goed ook meer sin maak.

                              Die belangrikste , soos jy gese het is om eers te bid en Bybel te lees en stiltetyd te he met jou Hemelse Vader , dan sal al die vrae op die regte tye antwoorde kry...hou aan soek en vertrou op Hom ,Hy SAL JOU NIE DROP NIE , al sal ons almal hier ook.
                              Dis alles net genade -Ma Grace
                              "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

                              Comment

                              Working...
                              X