Announcement

Collapse
No announcement yet.

Kan iemand wat afgedwaal het, nog gered word?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • #16
    Originally posted by Gene View Post
    Hebreers 6 : 4 - 6 s "Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het, 5 en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wreld, 6 en afvallig geword het—om di weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.
    Gene, as jy mooi lees, sal jy sien daar is 5 voorwaardes waaraan iemand moet voldoen, voordat hierdie teks op hom of haar van toepassing is:

    1) wat eenmaal verlig geword het
    2)
    die hemelse gawe gesmaak het
    3) die Heilige Gees deelagtig geword het
    4) die goeie woord van God gesmaak het en
    5) die kragte van die toekomstige wreld (ervaar het??)

    en dan afvallig word.

    Daar is nie baie mense op daardie vlak van geestelike volwassenheid nie. As een van daai perre omdraai en besluit om God te vloek, is dit koebaai vir hom.

    Eish, nou gaan ek seker weer moet buk vir ses.
    Last edited by Henry; Jun 5th 2009, 10:28 AM.

    Comment


    • #17
      Originally posted by Henry View Post
      Gene, as jy mooi lees, sal jy sien daar is 5 voorwaardes waaraan iemand moet voldoen, voordat hierdie teks op hom of haar van toepassing is:

      1) wat eenmaal verlig geword het
      2) die hemelse gawe gesmaak het
      3) die Heilige Gees deelagtig geword het
      4) die goeie woord van God gesmaak het en
      5) die kragte van die toekomstige wreld (ervaar het??)

      en dan afvallig word.

      Daar is nie baie mense op daardie vlak van geestelike groei nie. As een van daai perre omdraai en besluit om God te vloek, is dit koebaai vir hom.

      Eish, nou gaan ek seker weer moet buk vir ses.
      Daardie vyf punte beskryf tog enige wedergebore Christen. Wanneer jy God se genade en verlossingswerk snap en dit vir jouself toe-eien, dan het jy mos "verlig geword", en die vrede en blydskap wat jy ervaar wanneer jy gered is, dui tog seker op die "hemelse gawe" wat jy gesmaak het. Die Heilige Gees kom woon in elke wedergebore kind van die Here, so jy het die "Heilige Gees deelagtig geword." Ons het almal die "goeie woord van God gesmaak" en iemand wat 'n pad met die Here loop, ervaar die krag van God, m.a.w. die "kragte van die toekomstige wereld." Hoekom se jy dat daar nie baie christene op daardie vlak gevind kan word nie?

      My vraag was, is dit moontlik om jou redding te verloor? Kan 'n mens op grond van jou dade die ewige lewe verloor, nadat jy eenmaal wedergebore was? Is dit moontlik om jou rug op God te draai en jou redding te verloor as jy eenmaal vir Jesus aangeneem het en werklik wedergebore was? Die Bybel se tog dat niemand ons uit Sy Hand kan ruk nie.... Maar kyk bv na Hebreers 10:26 "Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie" Dui dit op wedergebore kinders van die Here, of dui dit net op mense wat die waarheid ken, maar nie vir Jesus aangeneem het nie?

      Comment


      • #18
        Originally posted by Gene View Post
        Daardie vyf punte beskryf tog enige wedergebore Christen.
        Nee, dis nie waar nie. Wedergebore mense is nog bybiekies - ongelukkig bly die meeste van hulle, hulle lewe lank klein!!
        Last edited by Henry; Jun 5th 2009, 05:45 PM.

        Comment


        • #19
          Jak 5:19-20 AOV
          (19)
          Broeders, as een onder julle van die waarheid afgedwaal het en iemand hom bekeer,
          (20) laat hy weet dat die een wat n sondaar van sy dwaalweg bekeer, n siel uit die dood sal red en n menigte sondes sal bedek.

          Comment


          • #20
            God KAN jou naam verwyder....

            Rev 22:19 En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.


            Comment


            • #21
              Re: God KAN jou naam verwyder....

              Is die verhaal van die verlore seun in Lukas 15 nie 'n voorbeeld van iemand wat verlore (afgedwaal) was en weer gered is nie?

              Comment

              Working...
              X