Announcement

Collapse
No announcement yet.

Kan iemand wat afgedwaal het, nog gered word?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Kan iemand wat afgedwaal het, nog gered word?

    Hebreers 6 : 4 - 6 sÍ "Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het, 5 en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wÍreld, 6 en afvallig geword hetóom diť weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.

    As ek die teks reg verstaan, sÍ dit dat iemand wat eenmaal weergebore was, maar weggedwaal het en sy rug op die Here gedraai het, nie weer gered kan word nie. Maar wat dan van die gelykenis van die verlore seun? Gaan dit nie juis oor iemand wat sy rug op die Vader gedraai het en ver weggedwaal het nie?

    'n Ander vraag: Is dit hoegenaamd moontlik om verlore te gaan as 'n mens eenmaal weergebore is? (Ons word tog nie gered op grond van ons dade nie)

    Iemand het hierdie vrae onlangs aan my gestel en ek glo ek het 'n antwoord gevind, maar ek sal graag ander menings wil hoor

  • #2
    Originally posted by Gene View Post

    Gene

    Ons is besig om hierdie onderwerp nogals lywig te bespreek onder kontroverse sake, maar ek sien jy is nog nie 30 dae lid hier nie, dalk is dit moontlik dat jy vir Ferdi kan vra om jou toegang daar te gee of iets, want ek dink hierdie onderwerp hoort nogals daar, want dat kan nogals 'n erg kontrovers raak.

    Ferdi as jy hier lees, kan jy nie dalk plan maak nie?

    Groete
    Phil

    Comment

    • #3
      Ek het ook nog nie toegang tot die kontroverse deel nie, maar ek dink die stuk verwys na mense wat besluit (?) dat Jesus nie regtig die verlosser is nie (afvallig wys nie vir my op bloot "sondig" nie, maar inderdaad afvallig van die wedergeboorte). Vir sulke mense, wat reeds die Gees gesmaak het, en nogtans wegdraai van Jesus se verlossing, moet dit werklik moeilik wees om weer NA Jesus te draai. Maar die Gees is tog kragtig, en dit kan tog gebeur?

      Comment

      • #4
        Phil,

        Ek wou al voorstel, dat ons jou draad (Eenmaal gered) eers hier in die oop-forum plaas. Dit is nie altyd kontrovers nie, maar hierdie onderwerp en met tye die doop en nog ''n paar ander, kan bietjie handuitruk met tye. As dit later kontrovers raak, dan kan mens dit altyd oorskuif. Op hierdie stadium is die gesprek nog beskaafd, al weet mens dit is maar 'n klompie "rowwe" ouens wat dit daar uitspook.
        The Rapture

        My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
        but I must confess, donít worry
        the rapture is not before the Great Tribulation
        itís before Godís wrath!!!

        Because His wrath is not meant for you
        itís for all the people in the zoo
        think about it and refreshÖ
        you will see thereís no way out of here, in the flesh

        If you really believe, you will see
        the rapture is for you and me
        when we decide to leave from here
        that very day, oh! God adhereÖ

        Comment

        • #5
          Originally posted by CFJ View Post
          Phil,

          Ek wou al voorstel, dat ons jou draad (Eenmaal gered) eers hier in die oop-forum plaas. Dit is nie altyd kontrovers nie, maar hierdie onderwerp en met tye die doop, kan bietjie hand uit ruk met tye. As dit later kontrovers raak, dan kan mens dit altyd oorskuif. Op hierdie stadium is die gesprek nog beskaafd, al weet mens dit is maar 'n klompie "rowwe" ouens wat dit daar uitspook.
          Dit is reg, as jy happy is daarmee, skuif hom dan hierna toe.

          En ja, dit gaan maar moeilik vir my so saam met hierdie rowwe mense, jy moet tog help, ek is mos maar 'n outjie wat stil en op sy plek is

          Comment

          • #6
            Originally posted by Gene View Post
            Hebreers 6 : 4 - 6 sÍ "Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het, 5 en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wÍreld, 6 en afvallig geword het—om diť weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.

            As ek die teks reg verstaan, sÍ dit dat iemand wat eenmaal weergebore was, maar weggedwaal het en sy rug op die Here gedraai het, nie weer gered kan word nie. Maar wat dan van die gelykenis van die verlore seun? Gaan dit nie juis oor iemand wat sy rug op die Vader gedraai het en ver weggedwaal het nie?

            'n Ander vraag: Is dit hoegenaamd moontlik om verlore te gaan as 'n mens eenmaal weergebore is? (Ons word tog nie gered op grond van ons dade nie)

            Iemand het hierdie vrae onlangs aan my gestel en ek glo ek het 'n antwoord gevind, maar ek sal graag ander menings wil hoor
            Gene,

            Ek is oortuig daarvan dat iemand wat afdwaal... of terugval (backsliding), weer gered kan word en dat terugval of afdwaal 'n tydelike, neutraliteit of ongehoorsaamheid is, wat meer as een keer kan gebeur en in verskillende grade.

            Tog glo ek dat HebreŽrs 6 iets anders is... dit is iemand wat in vyandskap met Christus kom, Christene vervolg en openlik laster teen God en volhard daarin, sonder om sleg te voel of dat so persoon se gewete aangekla word. Hierdie selfde tendens kan seker met baie gebeur, maar min mense sal God openlik begin laster.

            Ek is oortuig daarvan dat iemand wat bekend was as 'n kind van die Here... en dan so teruggeval het dat hy of sy God volhardend begin laster, die werk van die Heilige Gees tot niet maak en dat hierdie gedeelte in HebreŽrs 6, saam gelees moet word met hierdie uitspraak...

            Daarom sÍ Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie. En elkeen wat ‘n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie.
            (Mat 12:31-32)

            Net iets oor volharding... dit kom met 'n proses en kan nie eenmalig 'n mens toegereken word nie...

            Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort. Moenie dwaal nie, my geliefde broeders.
            (Jak 1:14-16)

            Tog glo ek dat 'n gewortelde gelowige wat se grond in Christus diep is, nooit verlore kan gaan nie, net jong gelowiges of gelowiges met vlak grond, het hierdie risiko. Ouer gelowiges moet dit besef en moet ekstra, ekstra moeite doen, met huisgenote van die geloof...

            Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe.
            (Gal 6:10-11)

            Veral die kleintjies onder die huisgenote...

            Elkeen dan wat homself verneder soos hierdie kindjie, hy is die grootste in die koninkryk van die hemele. En elkeen wat een van sulke kindertjies in my Naam ontvang, ontvang My; maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat ‘n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see. Wee die wÍreld weens die struikelblokke! Want dit is noodsaaklik dat daar struikelblokke kom, maar wee die mens deur wie die struikelblok kom.
            (Mat 18:4-7)
            The Rapture

            My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
            but I must confess, donít worry
            the rapture is not before the Great Tribulation
            itís before Godís wrath!!!

            Because His wrath is not meant for you
            itís for all the people in the zoo
            think about it and refreshÖ
            you will see thereís no way out of here, in the flesh

            If you really believe, you will see
            the rapture is for you and me
            when we decide to leave from here
            that very day, oh! God adhereÖ

            Comment

            • #7
              Wat se hoop is daar vir die ou wat kop eerste die put inval op verlossing dan??

              Openb 3:20 Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.

              Ek glo die Here klop altyd, en as jy hoor en oopmaak..... kom Hy in, jou keuse om oop te maak. Die gekenk is mooi toegedraai, neem dit, maak dit oop, en geniet dit

              Maar sal hy ophou klop as jy nie oopmaak nie?? , al hoor jy!! Ek weet nie
              The LORD is my Miracle

              G_d was gracious He has shown favor

              Hope is a seed
              God plants in our hearts
              to remind us
              there are better things ahead.
              -Holley Gerth

              Comment

              • #8
                Dankie vir die oorweldigende reaksie. Ek het beide drade gelees. Die slotsom waartoe ek gekom het, sluit baie aan by die meeste antwoorde wat ek gekry het -nl dat Hebreers 6 praat van mense wat nie werklik wedergebore was nie (of pas wedergebore is). Al wat my pla, is daardie gedeelte wat praat van iemand wat "die Heilige Gees deelagtig geword het" Dit klink amper nie na iemand wat nie werklik wedergebore was en die Here werklik geken het nie....

                'n Ander kant van dieselfde munt : Írens in een van die drade het ek iets gelees oor die onvergeeflike sonde - sonde teen die Heilige Gees in Matteus 12:31. Ek het getuienisse gehoor van sataniste wat tot bekering gekom het en wat vertel dat hulle die Heilige Gees moes vervloek (in sekere gevalle by die lyk van 'n christen) om sataniste te kon word.Maar hulle het tot inkeer gekom en is wedergebore. Nou hoe nou?

                Comment

                • #9

                  Mens wonder of iemand wat God nie ken nie, se onkunde oorgesien sal word, gemeet teen een wat God wel geken het, die Gees deelagtig geraak en dan teen God se Gees draai. Mens kan nogal verstaan dat inkonsekwensie voor God 'n verleentheid vir die koninkryk is. As Piet Pompies 'n groot prediker was wat baie mense na die Here gelei het... en skielik totaal teenstrydig raak en God begin laster en vloek, dan is die skade wat so een aan God se koninkryk doen, veelvuldig groter as een wat God altyd nog vyandig was, want hy bring twyfel en chaos in God se orde.

                  Tog glo ek dat deur onderskeiding van die geeste, sulkes maklik openbaar kan word, vir wie hulle is, daarom doen ekself moeite om valse predikers te toets aan die waarheid... en in die lig as dit moet. Dit is makliker as wat mens dink, gegewe dat die Woord mens se norm moet wees. Ongelukkig sien baie dit as oordeel, maar hulle vergeet dat God se Woord voortdurend oordeel. Ons mag net nie oordeel nie. Baie valse predikers is babas in geloof en lyk maar so groot... hulle kon wedergeborenes gewees het, maar ek is oortuig dat enige diep gewortelde gelowige nooit die Here se koninkryk op hierdie vlak sal skaad nie.
                  The Rapture

                  My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
                  but I must confess, donít worry
                  the rapture is not before the Great Tribulation
                  itís before Godís wrath!!!

                  Because His wrath is not meant for you
                  itís for all the people in the zoo
                  think about it and refreshÖ
                  you will see thereís no way out of here, in the flesh

                  If you really believe, you will see
                  the rapture is for you and me
                  when we decide to leave from here
                  that very day, oh! God adhereÖ

                  Comment

                  • #10
                    Net iets wat nie noodwendig verkeerd is nie, maar wat rooi ligte laat aangaan, is die euforie wat doelbewus ingebring word om alles groter te laat lyk.

                    God is reeds groot en klein dinge wat ons doen is meesal groter as wat mens besef, as die mens eers doelbewus groter luidsprekers, groter kerke, groter wonderwerke en groter en groter... begin najaag... wees maar versigtig, is my siening.
                    The Rapture

                    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
                    but I must confess, donít worry
                    the rapture is not before the Great Tribulation
                    itís before Godís wrath!!!

                    Because His wrath is not meant for you
                    itís for all the people in the zoo
                    think about it and refreshÖ
                    you will see thereís no way out of here, in the flesh

                    If you really believe, you will see
                    the rapture is for you and me
                    when we decide to leave from here
                    that very day, oh! God adhereÖ

                    Comment

                    • #11
                      Originally posted by Gene View Post
                      Dankie vir die oorweldigende reaksie. Ek het beide drade gelees. Die slotsom waartoe ek gekom het, sluit baie aan by die meeste antwoorde wat ek gekry het -nl dat Hebreers 6 praat van mense wat nie werklik wedergebore was nie (of pas wedergebore is). Al wat my pla, is daardie gedeelte wat praat van iemand wat "die Heilige Gees deelagtig geword het" Dit klink amper nie na iemand wat nie werklik wedergebore was en die Here werklik geken het nie....

                      'n Ander kant van dieselfde munt : Írens in een van die drade het ek iets gelees oor die onvergeeflike sonde - sonde teen die Heilige Gees in Matteus 12:31. Ek het getuienisse gehoor van sataniste wat tot bekering gekom het en wat vertel dat hulle die Heilige Gees moes vervloek (in sekere gevalle by die lyk van 'n christen) om sataniste te kon word.Maar hulle het tot inkeer gekom en is wedergebore. Nou hoe nou?
                      Moeilike vraag.

                      Eers wil ek net vra dat iemand Heb 6 lees saam met die gelykenis van die saad in Luk 8, ek dink dit kan wel 'n antwoord bied op die Heb 6 teks.

                      Dan die vraag oor die sataniste.

                      Jo, hoe antwoord ek nou, dalk met nog 'n vraag.

                      Is die sonde teen die Heilige Gees nie juis iets wat onvergeeflik word as jy Hom ontvang het en dan verwerp of vervloek nie? Dus, 'n satanis tot bekering gekom het en nie voor dit die Heilige Gees ontvang het nie, is dit dan hom vergewe noudat hy wel dit Heilige Gees ontvang het?

                      Ek weet nie of ek sin maak nie, dit is 'n baie moeilike vraag

                      Comment

                      • #12
                        Hi Phil

                        Die gelykenis in Lukas 8 gaan oor saad wat o.a. op onvrugbare grond geval het. As ek jou reg verstaan, dan wil jy daarmee sÍ dat Heb 6 praat van mense by wie die saad op die rots of onvrugbare grond geval het, dit het opgekom maar is weer doodgedruk. Weet jy, vir my dui dit op iemand wat Gods se woord gehoor het en aangeraak is daardeur, maar nie tot wedergeboorte gekom het nie. Maar die woorde "die Heilige Gees deelagtig geword het" in Heb 6 klink tog na iemand wat werklik wedergebore was? Ek weet nie, ek aanvaar jy is reg, maar dit hinder my nog.

                        Wat jy sÍ oor die sonde teen die Heilige Gees, maak vir my sin. Dit sluit aan by wat Ferdi daaroor gesÍ het, miskien is daar vergifnis vir iemand wat nie van beter geweet het nie. Wat my pla, is die feit dat ek glo sataniste weet beter as baie "kerkmense" wat die waarheid is - hulle kan dus nie onkunde gebruik as verskoning nie. (Jakobus 2:19 die duiwels glo dit ook, en hulle sidder.)

                        Groetnis
                        Eugene

                        Comment

                        • #13

                          Nee, a.s.b. verstaan net, ek sÍ glad nie ek is reg en dat ek die antwoord het nie, ek vra maar soos jy, Fila, Ferdi en almal hier ook vrae, vrae wat soos jy gesÍ het lekker is om oor te praat, maar waaroor ek nie my kop breek nie, want ek weet nie alles nie en as Paulus wat vir Christus gesien het moet erken hy weet nie alles nie, wie sal ek tog wees om te sÍ ek het die antwoorde.

                          Originally posted by Gene View Post
                          Wat jy sÍ oor die sonde teen die Heilige Gees, maak vir my sin. Dit sluit aan by wat Ferdi daaroor gesÍ het, miskien is daar vergifnis vir iemand wat nie van beter geweet het nie. Wat my pla, is die feit dat ek glo sataniste weet beter as baie "kerkmense" wat die waarheid is - hulle kan dus nie onkunde gebruik as verskoning nie. (Jakobus 2:19 die duiwels glo dit ook, en hulle sidder.)

                          Groetnis
                          Eugene
                          Ek gaan vir jou eerlik sÍ Eugene, ek weet nie, ek kan vir jou slim stories hier probeer uitdink, maar as ek eerlik met jou en voor die Vader moet staan, moet ek nederig erken, ek weet nie.

                          Wat jy noem van die insig wat sataniste het is jy absoluut reg, hulle weet presies wat hulle verwerp het, ai dit is moeilik.

                          Ek gaan berusting vind dat God beter weet en nie probeer redeneer of stry teen Sy wilsbesluit nie.

                          Groete
                          Phil
                          ??????

                          Comment

                          • #14
                            Phil

                            Moenie worrie nie - ek het jou heeltemal reg gelees. Dit kom nie oor asof jy dink jy het al die antwoorde nie. Maar wat jy sÍ, maak nogal sin. En jy is reg, daar is goed wat eenvoudig nie vir ons met ons menslike verstand en verwysingsraamwerk verstaanbaar is nie. Maar dit is goed wat nie in ons hande is nie en ons het nie nodig om ons koppe daaroor te breek nie. Eendag sal ons wel alles verstaan. Maar dis nog steeds lekker om oor hierdie goed te wonder en gedagtes uit te te ruil.

                            Groetnis
                            Eugene

                            Comment

                            • #15
                              Originally posted by Gene View Post
                              Hi Phil

                              Wat jy sÍ oor die sonde teen die Heilige Gees, maak vir my sin. Dit sluit aan by wat Ferdi daaroor gesÍ het, miskien is daar vergifnis vir iemand wat nie van beter geweet het nie. Wat my pla, is die feit dat ek glo sataniste weet beter as baie "kerkmense" wat die waarheid is - hulle kan dus nie onkunde gebruik as verskoning nie. (Jakobus 2:19 die duiwels glo dit ook, en hulle sidder.)
                              Dit laat my nou dink aan so 3 tot 4 jaar gelede, toe daar in FreeTalk een middag 'n paar sataniste gepraat het en hulle getuienisse van die hel was kragtiger as enige gelowige se getuienis van die hemel wat ekself nog gesien het. Dit was sommer so oop en bloot op televisie, iets wat mens nie altyd optel nie, maar mens besef nie altyd die impak van 'n satanis se getuienis nie. Jy het heel moontlik 'n punt beet Gene, wat my verstand nie nou kan begryp nie. Dit sal nogal interessant wees as iemand wat meer weet van satanisme, mens meer kan vertel van hulle toerekeningsvatbaarheid oor waarheid versus leuen?

                              Working...
                              X