Announcement

Collapse
No announcement yet.

Geestesversteurings

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Geestesversteurings

    Ek is besig met 'n kurses wat behandel oor geestesversteurings en kranksinnigheid, maar ek is nie so seker of ek dit verstaan nie.

    Volgens die woord het Dawid homself kranksinnig gehou......en Job het bv. aan depressie gely........So dit blyk of geestesversteurings nie iets nuuts is nie, maar al van die Bybelse tyd af reeds iets was wat by die mens voorgekom het.

    Wat ek wil weet, of geestesversteurings dieselfde as demoniese belastheid is......en wat sal die mees effektiefste wees om so 'n geestesversteurdheid te hanteer?

    Kom geestesversteurings slegs as gevolg van sonde?

    Ek glo nie ek verstaan alles rondom geestesversteurings nie, en probeer maar byhou met die leer.........
    Saved by Grace!

    Praying for Mieke and Charles
    Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.

    My testimony
    http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

  • #2
    Hallo MC...

    mag ek vra, wat presies definieer die kursus as "geestesversteurings" en "kranksinnigheid" .... ?

    vandag weet ons bv dat depressie van vele oorsake kan kom - bv post traumatiese stres reaksies / chemiese brein disfunksie en doodeenvoudige negatiewe gedagtes ...... die oorsake maak nogal 'n verskil in die definisie en dus behandeling......dinge wat as "kranksinnig" beskou was, word vandag behandel met medikasie ens.....

    duiwelbesetenheid bestaan wel ,maar daar is 'n onderskeid en ek sou graag wil weet hoe die kursus dit onderskei.....

    groete
    m
    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

    Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

    Comment

    • #3
      Mari, ek vind dit moeilik om die kursus te verstaan op tye, maar daar word spesifiek behandel oor depressie, angs, en woede...........

      Ek dink wat ek wil weet of hierdie dinge vandag as demonies belas aanskou word of nie......Ek sal later meer pos, sodra ek die inligting onder die knieg het en dit self verstaan..............

      Ek word self behandel vir ADD en Depressie, en het reeds hierdie vrae gestel, want ek is nie so seker of dit as 'n normale afwyking is, of demonies van aard......Miskien vra ek onnodig, maar sal graag wil weet.....Is dit iets wat ek kan anvaar met mediese behandeling aldan nie.....
      Saved by Grace!

      Praying for Mieke and Charles
      Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.

      My testimony
      http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

      Comment

      • #4
        MC ....

        uit my ondervinding kan ek die volgende deel.......

        * nie alle vorme van depressie is duiwelsbesetenheid nie.....
        * nie alle vorme van duiwelbesetenheid het depressie as simptoom nie.....
        * nie alle vorme van afwykende breintoestande is duiwelsbesetenheid nie.....
        * nie alle vorme van duiwelbesetenheid het "kranksinnigheid" as simptoom nie.....

        ( willie omkrap nie, maar maak seker waar jou kusrus vandaan kom, want van die goed kan jou baie mislei en met allerander skuldgevoelens los..... maar nie almal nie, wees net versigtig.... ) ...

        as jy in die Bybel gaan kyk is daar ook ander geestelikke redes / oorsake vir wat ons as depressie diagnoseer, goed soos :
        bittterheid
        onvergewingsgesindheid teenoor jouself
        onvergewingsgesindheid teenoor ander
        oorbeklemtoning van sondebewystheid
        swak self beeld i.t.v. wie jy is in Christus
        ens, ens...

        ek ken vele gelowige vriende wat met depressie worstel, en as hulle uiteindelik stil word voor God die Vader en eerlik is met hulself, kan die Gees hulle lei tot die oopmaak van bitterheids en onvergewing "kanker" in hulle gees wat die depressie voed........ dis nie 'n duiwel of iets buite hulself nie, maar hul eie gedagtes..... sodra daarmee afgereken word met opregte vergifnis .... en laat gaan in God se hande, breek die depressie kringloop en hulle is vry met die verlossingskrag van vergifnis in Christus...... dit is baie meer permanent as 'n duiwel uitjaag sessie......

        die probleem as jy "bevryding" gebruik waar die wortel eintlik iewers anders in jouself le, is dat die toestand terugkeer, want sonder vergifnis het die bose nog steeds vastrapplek en gaan jy oor en oor moet teruggaan ....

        die dinge kan wel demone vastrapplek in jou gedagtes gee, maar as gelowige kan 'n demoon jou nie "posses" nie, slegs "opress" ..... ( jammer, kan iemand help met beter Afrikaanse woorde ? ) ....

        die beste raad vir iemand wat met depressie sukkel as gemoedstoestand, is om hom/haar te verdiep in die Woord, veral met teksgedeeltes oor hulle oorwinning in Christus, en tyd in afsondering met die Vader te spandeer, eerder as afsondering in negatiewe gedagtes - om 'n wilsbesluit te neem om die "gemoed te vernuwe" na God se gedagtes, eerder as ingee......

        ( iemand wat op medikasie is vir depressie a.g.v. chemiese wanbalanse, moet ook nie sommer die pille los nie, dit kan baie gevaarlik wees, maar daaroor 'n ander keer..... )

        >>>>>>

        sover ander "geestestoestande" betref........

        die beste voorbeeld wat ek elke dag mee saamlewe is my seun.... as jy Bybelse vertellings letterlik neem, sonder konteks, sou jy hom vergelyk met die kind wat nie kon praat nie en homself in die vuur gegooi het.... ( Jesus het 'n duiwel uit hom gedryf en hy was onmiddelik "normaal " ) ........ maar my kind het apraksia ( onvermoee om klanke in woorde te vorm ) en het nie 'n bewustheid van gevaar nie omdat hy hipersensitief vir die wereld om hom is........... dit is a.g.v. autisme ..... ek kan probeer duiwels uit hom drywe, of ek kan God vir wysheid vertrou in hoe om die toestand te hanteer en hoe dit tot Sy eer kan uitwerk..... ek as ma weet my kind is nie duiwelbesete nie, en sy toestand het vele deure tot getuienis vir ons oopgemaak....... ( gaan kyk na die bespreking by " die Bybel en die gestremde " ) ......

        groete
        m
        Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

        Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

        Comment

        • #5
          Originally posted by MercyChild View Post
          Ek is besig met 'n kurses wat behandel oor geestesversteurings en kranksinnigheid, maar ek is nie so seker of ek dit verstaan nie.

          Volgens die woord het Dawid homself kranksinnig gehou......en Job het bv. aan depressie gely........So dit blyk of geestesversteurings nie iets nuuts is nie, maar al van die Bybelse tyd af reeds iets was wat by die mens voorgekom het.

          Wat ek wil weet, of geestesversteurings dieselfde as demoniese belastheid is......en wat sal die mees effektiefste wees om so 'n geestesversteurdheid te hanteer?

          Kom geestesversteurings slegs as gevolg van sonde?

          Ek glo nie ek verstaan alles rondom geestesversteurings nie, en probeer maar byhou met die leer.........
          Hi Linda,

          Hierdie dinge kan geweldig ingewikkeld raak, sou mens op fisiese detail konsentreer. Jesus wat die enigste werklike kenner van die siel en die mens se geestes-toestand was het eenvoudige opdragte gegee,

          En Hy het sy twaalf dissipels saamgeroep en aan hulle mag en gesag gegee oor al die duiwels en om siektes te genees. En Hy het hulle uitgestuur om die koninkryk van God te verkondig en die siekes gesond te maak
          (Luk 9:1-2 AOV)

          Dit wil vir my lyk dat om siekes gesond te maak, daar ook duiwels uitgedryf moet word. Ek het self al met 'n meisie te doen gehad wat duiwelbesete was en iets wat my opgeval het, was dat sy aan vele kroniese siektes ook gely het. Sy het vÍrder tipiese manifestasies wat mens aan duiwelbesetenheid sou koppel gekry, wanneer mens haar met Jesus-liefde benader het.

          Hierdeur moes ek leer dat iemand wat bloot siek is, nie sulke manifestasies sal kry nie en op hierdie wyse kan mens 'n betreklik maklike afleiding maak of die siekte medies verwant is of duiwelbesetenheid verwant is. Interessant dat toe die demoon/demone uit die meisie was, feitlik al die kroniese siektes wat sy onder lede gehad het, ook verdwyn het.

          Ek moet egter eerlik wees, dat dit nie iets is wat ek werklik verstaan nie, veral omdat ek glo ek nie 100% sensitief is, met hoe ek Jesus-liefde aan almal moet gee nie. Hier by werk 'n persoon wat epileptiese aanvalle kry en ekself moes al telkemale bystaan waar hy so aanval gekry het. My oordeel sou op niks anders kon dui as wat mens ook in die Bybel lees nie,

          En een uit die skare antwoord en sÍ: Meester, ek het my seun wat ‘n stomme gees het, na U gebring; en waar hy hom ook aangryp, skeur hy hom; en hy kry skuim in die mond, en hy kners met sy tande en word styf; en ek het u dissipels gevra om hom uit te dryf, en hulle kon nie.
          (Mar 9:17-18 AOV)

          Die dissipels wou by Jesus weet hoekom hierdie demoon nie wou wyk uit die seun nie. Volgens die Bybel is hierdie 'n tipe demoon wat mens nie kan uitdryf uit iemand nie, maar mens kan net deur gebed en vas hierdie soort demoon uitdryf, soos wat Jesus self gesÍ het,

          En toe Hy in die huis kom, vra sy dissipels Hom afsonderlik: Waarom kon ons hom nie uitdrywe nie? En Hy sÍ vir hulle: Hierdie geslag kan deur niks anders uitgaan as deur gebed en vas nie.
          (Mar 9:28-29 AOV)

          Miskien is hierdie persoon wat by my werk 'n toets aan my, om te sien hoe sensitief ek kan wees om die tekens wat gepaard gaan met duiwelbesetenheid, te kan lees.

          My persoonlike mening aan jou sou wees om eerder te fokus op wat die Bybel leer oor duiwelbesetenheid, juis omdat daar pertinent so baie duiwels uit mense gedryf was 'n die Nuwe Testament en sonder twyfel is daar 'n korrelasie met kranksinnigheid wat mens nie kan mis nie. Dit verstom mens eintlik om die omvang daarvan te begryp, want Jesus het op verskeie geleenthede self ook duiwels uit mens gedryf. Ek is oortuig dat die waarheid veel eerder in hierdie kader lÍ as mens geestesversteurdheid wil ondersoek, as in die mediese wetenskap. Ek trek nie 'n streep deur die mediese wetenskap nie, maar stel dit sekondÍr tot dit wat die Bybel leer. Hierdie meisie waarna ek verwys was by dokters wat haar siekte-simptome van duiwelbesetenheid met die mediese wetenskap wou reg-dokter. Hulle ondersoeke het gedui op bekende siekte-toestande en tog was dit onsuksesvol en het nie een van hulle eers agtergekom, sy is duiwelbesete nie.

          Miskien is dit my eie probleem met die persoon wat by my werk, maar ek sal nie kan sÍ op hierdie stadium nie. Al wat my laat wonder, is die eenvoudige opdragte wat Jesus aan Sy dissipels gegee het. Ek het nog so paar goed op my hart, veral oor wat mens prakties waargeneem het en dan ook hoe Job en Dawid aangetas was.
          The Rapture

          My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
          but I must confess, donít worry
          the rapture is not before the Great Tribulation
          itís before Godís wrath!!!

          Because His wrath is not meant for you
          itís for all the people in the zoo
          think about it and refreshÖ
          you will see thereís no way out of here, in the flesh

          If you really believe, you will see
          the rapture is for you and me
          when we decide to leave from here
          that very day, oh! God adhereÖ

          Comment

          • #6
            Originally posted by CFJ View Post
            En toe Hy in die huis kom, vra sy dissipels Hom afsonderlik: Waarom kon ons hom nie uitdrywe nie? En Hy sÍ vir hulle: Hierdie geslag kan deur niks anders uitgaan as deur gebed en vas nie.
            (Mar 9:28-29 AOV).

            Kan iemand dalk verduidelik wat Jesus met "hierdie geslag" bedoel ....... daar is 'n lering dat daar in die tyd van Jesus se aardse bediening, en die vroee kerk, baie meer as gewoonlik demone gemanifesteer het as deel van satan se aanslag teen Jesus en sy volgelinge ....
            Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

            Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

            Comment

            • #7
              Originally posted by mari View Post
              Kan iemand dalk verduidelik wat Jesus met "hierdie geslag" bedoel ....... daar is 'n lering dat daar in die tyd van Jesus se aardse bediening, en die vroee kerk, baie meer as gewoonlik demone gemanifesteer het as deel van satan se aanslag teen Jesus en sy volgelinge ....
              [/INDENT]
              Mari,

              Ek glo dit beteken "tipe" of "soort". Die Grieks dui op soort en in die King James is dit as volg vertaal,

              And he said unto them, This kind can come forth by nothing, but by prayer and fasting.
              (Mar 9:29 KJV)
              The Rapture

              My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
              but I must confess, donít worry
              the rapture is not before the Great Tribulation
              itís before Godís wrath!!!

              Because His wrath is not meant for you
              itís for all the people in the zoo
              think about it and refreshÖ
              you will see thereís no way out of here, in the flesh

              If you really believe, you will see
              the rapture is for you and me
              when we decide to leave from here
              that very day, oh! God adhereÖ

              Comment

              • #8
                Dankie Ferdi ....

                e-sword gaan naslaan :

                G1085
                γένος genos ghen'-os
                From G1096; "kin" (abstractly or concretely, literally or figuratively, individually or collectively): - born, country (-man), diversity, generation, kind (-red), nation, offspring, stock.

                wys jou hoe een woord in vertaling 'n hele lering kan beinvloed, wat maak dat konteks so belangrik is .....

                snaaks dat "geslag" in Afr. gebruik is plaas van soort ... ?

                Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

                Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

                Comment

                • #9
                  Dankie vir die antwoorde.......julle het reg.......hierdie onderwerp is dalk dieper en meer ingewikkeld as wat ek op die oomblik kan verstaan......Ek is besig met my taak, en sien die sensitiwiteit daarin raak......

                  Ja, ek het geleer dat sonde wel 'n oorsaak kan wees, soos bv onvergewinsgesindheid kan lei tot depressie, en so ook kan ander sondes die oorsaak wees, maar dat dit nie altyd beskou kan word as demoniese belastheid nie......en dat elke saak kan verskil.....Ek verstaan ook die opressie nou in 'n baie beter lig

                  Eerlikwaar dink ek dat ek miskien nog nie opgewasse is om oor hierdie saak te onderhandel nie, en dat ek eerder vir nou eers net in die Woord moet bly. Dit bedoel glad nie dat ek hierdie taak gaan opskop nie, maar ek sal my fokus meer rig op die dinge van God as om antwoorde te soek waarvan ek die vrae nog nie verstaan nie........

                  Julle antwoorde het 'n groot byrdrae gemaak tot 'n ontdekking in my eie lewe........Baie dankie, sodra ek dit self verstaan sal ek hopenlik alles kan verduidelik

                  Working...
                  X