Announcement

Collapse
No announcement yet.

Nuwe Gevaar uit die Weste: Die Ontluikende Kerk

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Nuwe Gevaar uit die Weste: Die Ontluikende Kerk

    Inleiding
    Die wind van talle kerk bewegings wat die afgelope dekades deur kerke en teologiese skole “gewaai” het was niks meer as 'n bries windjie. Hoewel Clark Pinnock en kie met hul “oop” siening oor die alwetendheid van God het fenomenale invloed op kerk in Suid-Afrika gehad. “Oop-Teologie”* wat eers as 'n debat onder teoloŽ begin het, het uiteindelik kerklidmate se siening oor die soewereiniteit, alwetendheid en voorsienigheid van God nadelig beÔnvloed. Uit die weste is daar nou wat ek eerder 'n orkaan beskou aan die kom genaamd die “ontluikende Kerk.”** Hierdie beweging gaan heel moontlik die konsep van kerk in Suid-Afrika radikaal herdefinieer veelmeer as vorige bewegings. Die “ontluikende-kerk” of Emergent Church wat onder andere deur Brian D. McLaren (outeur van A Generous Orthodoxy, Zondervan Publishing, 2005) beskryf word, het die ortodokse definisie van die begrip kerk radikaal her-gedefinieer. Hoewel die “ontluikende kerk” per definisie moeilik beskryfbaar is, is daar tog verskeie eienskappe wat dit uniek maak van vorige kerk bewegings.

    Omhelsing van die Vyand
    Die “ontluikende kerk” is nog in ’n sterk “groei” fase in Amerika. Anders as vorige kerk-bewegings wat soms jare neem voor dit populariteit wen, word dit in Suid-Afrika met oop arms ontvang. Die Teologies fakulteit van die Universiteit van Pretoria het hierdie beweging omhels – dit sal wel die kerk banke bereik kort voor lank.

    Oop-deur vir die Vyand
    Daar is twee pole wat mekaar aantrek, wat ek glo die pad gelyk gaan maak vir hierdie kerk beweging: (1) Intellektuele en WÍreld raamwerk heersend in die kerklike liggaam, (2) politiese en sosiale klimaat in Suid-Afrika.

    Waarom is Suid-Afrika ’n vrugbare groei bodem vir die saad van die “Ontluikende Kerk?”

    Eerstens die grootskaalse relativisme in die kerk. Persoonlike “waarheid” geld as die oppergesag as dit by maatstawwe kom veral kerk sake.
    Tweedens die huidige sosiale en politiese faktore smag na 'n “kerk” wat sosiale en politiese reformasie kan meebring.
    Derdens die geskiedkundige agtergrond van die kerk; veral ten-opsigte van rasse diskriminasie maak dat die “kerk” oorgretig is om “wanbalanse” te korrigeer. Die “Ontluikende Kerk” het dit hoog op die hart om sosiale en ekonomiese ongelykhede te takel deur 'n “sosiale evangelie.”*** Oor die “Ontluikende Kerk” wyk van die Bybelse mandaat om 'n geestelike reformasie mee te bring eerder as 'n sosiale reformasie. Die “ontluikende kerk” is hoofsaaklik daarop gemik is om eerder sosiale verandering mee te bring eerder as 'n geestelike verandering – d.w.s. verligting van sosiale probleme en materiŽle armoede geniet prioriteit alvorens die “geestelike armoede” aanspreek word. Met die verwagting van mense (veral die kerk) om huidige ekonomiese armoede, VIGS en sosiale probleme op te los pas die teologie van die “ontluikende kerk” die beste by die prentjie in.
    Die “ontluikende kerk” is baie “verkleurmannetjie-agtig” maar ek sal poog om slegs ’n paar eienskappe van die breedvoerig te bespreek:

    Ekklesiologie van die Ontluikende Kerk
    1. Die epistemologie van die “Ontluikende Kerk” is tot in die kern post-modern d.w.s. die konsep van absolute waarheid word verruil vir die “gesag” persoonlike waarheid.
    2. Die “ontluikende-kerk” is antagonisties teenoor enige beskrywings wat die kerk as 'n organisasie of instelling beskryf. VÍrder beskryf woorde soos gesprekke en vloeibaarheid die “ontluikende kerk” beter as woorde soos “struktuur” en “organisasie.”
    3. Die “nuwe” definisie van kerk: “plek waar daar mense bymekaar kom wat ‘geestelike gesprekke’ voer. . . in die koffie winke, kroeg, nag-klub, rugby-veld of sitkamer. Sondag-oggend kerk in ’n kerkgebou is iets van die verlede.
    4. Die instelling van 'n ‘kerk’ is vloeibaar, want sodra die gesprekke beŽindig word “spat” die instelling uitmekaar.
    5. Die “samekoms” sal nooit twee-keer dieselfde vorm bymekaar nie.
    6. Die kerk beter vergelyk met kwiksilwer wat in duisend stukkies spat en dan op enige tydstip amalgameer in groepies en so word die proses herhaal.
    7. Die Ontluikende beweging is ook gekant teen struktuur – vermy die woord “Kerk” en skans teen die gesaghebbende gebruik van die Bybel.

    Siening van die Skrif
    Die rol van die Bybel as enigste maatstaf is nie te vinde nie. Die “ontluikende Kerk” hou vol by hul standpunt dat die Skrif nie verstaanbaar en verklaarbaar is nie. Die Skrif moet gebruik word om die “big-picture” te kry, maar het as sulks geen gesag. Die gebruik van ander bronne – soos lewens-ervaring, Koran, Talmud ens. word verwelkom. Die Bybel het geen objektiewe en gesaghebbende waarde nie want dit is bloot ’n kruk / rigting wyser vir die “lewens reis.”

    Versoening en die Kruis dood van Jesus Christus
    Die historiese en gereformeerde siening van die “plaasvervangende-soen-offer” van Jesus Christus om versoening te bewerkstellig vir sondaars is nie populÍr by ondersteuners van die “ontluikende kerk” nie. Die “morele voorbeeld” teorie van die offer van Jesus Christus is beskrywend van hul verlossings teologie.

    Siening van Sonde en Moraliteit
    Volgens Brian McLaren in 'n onlangse artikel, maak hy sy standpunt bekend oor kontroversiŽle sake soos homoseksualiteit en armoede. Hy glo die kerk moet wegbly van sulke sake want dit ‘vervreem’ mense van die kerk. Inteendeel hy is van opinie daar behoort 'n “moratorium” op die bespreking van homoseksualiteit (sodomie spesifiek) geplaas te word.

    Konklusie
    “Ontluikende Kerk” voorstanders soos Brian McLaren is nie verteenwoordigend van die volle spektrum van oortuigings in hierdie beweging nie. Inteendeel die “ontluikende Kerk” het liberale en konserwatiewe vleuels (Mark Driscoll). Hierdie dispariteit maak die waters troebel. Hierdie kort artikel slegs ’n oorsig van ’n paar van die eienskappe van die “Ontluikende Kerk” te beskryf.


    Aanbevole bronne

    Carson, D.A. Becoming Conversant with the Emergent Church, Zondervan Publishing 2005.

    Erickson, Millard. Reclaiming the Center, Crossway Publishing, 2004.


    *Beter bekend as Open Theology of Openess View of God

    ** Beter bekend as die Emergent Church Movement

    ***Die sosiale evangelie wat Horatio Bushnell, Walter Rauschenbusch en Charles Sheldon ("Wat sal Jesus Doen?") verkondig het in die 19de eeu.
    Anton VS

    Slegs beskawings wat hulle wortels skiet in die Christelike Geloof kan werklikwaar as beskawing bestempel word.

    -- Abraham Kuyper --


    www.collegia.blogspot.com


  • #2
    Dankie vir hierdie interessante plasing Anton. Ek skuif hierdie draad na een van die forums, Eindtye, Wetenskap en Aktuele sake, hierbo. Ons het onlangs 'n paar veranderings gemaak en jy was heel moontlik nie bewus daarvan nie. Mens vertrou dat dit reg so sal wees met jou!
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ


    Comment


    • #3
      Die Emergent Church

      Skokkendste is dat dit al klaar die kerkbanke bereik het, ek vat byvoorbeeld hoe die videos van Rob Bell in my vorige gemeente vir die jeug gewys is.

      Agtergrond oor Rob Bell. Hy het 'n paar boeke geskryf, hierdie is twee van sy opspraakwekkendste boeke:
      1. Velvet Elvis: Repainting the Christian Faith
      2. S#x God: Exploring the Endless Connections Between S#xuality and Spirituality
      Wat is Rob Bell se sienings?


      "We're rediscovering Christianity as an Eastern religion, as a way of life."—Rob Bell, TeachingPastorMarsHillBibleChurch from The Emergent Mystique, CT



      "He [Bell]described breath as a form of prayer and urged people to relax and "breathe out" all of their anger and stress from the past week."
      David Crumm, Getting to the root of religion


      En wat van Brian McLaren?

      Emerging church leader Brian McLaren promotes an interspirituality that says, "Christianity is too limiting." Read about Brian McLaren's new kind of spirituality.

      'n Aanhalingtjie wat ek op my rekenaar het, ek is nie seker meer wie dit stuk geskryf het nie

      Many think that one of the big problems with the EmergingChurch is their view on relativism (the belief that there are no absolutes). But they may be wrong, very wrong. Brian McLaren rejected relativism in a Powerpoint presentation we viewed last year. Relativism does not describe the EmergingChurch. As McLaren himself said, it has to go beyond that ... and indeed it does. Where do we go from relativism, according to McLaren ... what else .... interspirituality. But remember interspirituality is the outcome of contemplative prayer and is the uniting of all religions and the denial that Jesus Christ as the only way of salvation. So many of the scholars who are analyzing the emerging church may be missing something that is right under their noses. Want to find out where the emerging church is really heading ... you are going to have to look beyond the obvious. When you reach that destination, you may be in for the shock of your life.

      Comment


      • #4
        Hierdie in en uitasemingstegniek het ek ook by 'n gemeente ondervind, dit is as volg uitgespel van die kansel af: "Sit reg-op,maak toe jou oŽ, hou jou vinger op naeltjie, haal diep asem, asem die Heilige Gees in.....en blaas uit" dit is vir so drie tot vier keer herhaal voor die erediens begin het.
        Wat is jul opinie ?

        Comment


        • #5
          Gevaar Uit die West

          Mens, wat is aan die gang in die Kerk in Suid Afrika.

          Hoekom is daar soveel dwalinge?
          Hoekom is die traditionele nie meer goed genoeg nie?

          Waarom bly mense in Kerke wat dit gaan oor nuutjies, programme?

          Wanneer gaan mense leer dat nuutjies, programme en 40 dae van wat ookal nie "fads" is en dat die oplossing in sistematiese lering van die Woord le en nie tegnieke nie?

          Bill Hybels (Willow Creek) wat twee weke gelede publieke belydenis gedoen het dat hulle "Seeker Sensitive" tegnieke v/d afgelope 10 jaar 'n toetale mors van tyd was, hulle erken dat die werklike nood i.e. geestelike nood nooit aangespreek is nie. . . ?

          Wie gaan bely dat hulle dominees en pastore agter Willow Creek aangehardloop het? (Ek sluit die ouens uit wat agter TD Joshua, Toronto Blessings ens aangehardloop het.)

          Ek dink Suid Afrika betree haar donkerste tyd in haar geskiednis in - die omstandighede in die Kerk is so beroerd tans dat dit kenmerkend is van Europa se duisternis.

          Dankie vir julle forum - dit is 'n oproed tot Geestelike Onderskeiding iets wat die kerklidmaat vandag drasties nodig het.
          Anton VS

          Slegs beskawings wat hulle wortels skiet in die Christelike Geloof kan werklikwaar as beskawing bestempel word.

          -- Abraham Kuyper --


          www.collegia.blogspot.com

          Comment


          • #6
            Hoekom laat die my so baie dink aan wat die Here te sÍ gehad het vir Israel?

            My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.
            Hos 4:6


            Ai, my hart is seer vir hierdie broers en susters van my wat agter al hierdie dwalinge aanhardloop.

            Pierre, daardie ding wat jy beskryf het is siek man, wat is volgende, kom mense, staan mooi regop dat ons die chakras in lyn kan kry sodat ons die energie mooi deur al sewe van hulle kan kanaliseer, dan noem ons die sommer die werking van die Heilige Gees.

            Ai ai ai

            Comment


            • #7
              Emergent Church Radio Interview

              Uitstekende onderhoud met 'ontluikende' kerk predikant

              http://www.sfpulpit.com/2007/10/26/d...ent-interview/
              Anton VS

              Slegs beskawings wat hulle wortels skiet in die Christelike Geloof kan werklikwaar as beskawing bestempel word.

              -- Abraham Kuyper --


              www.collegia.blogspot.com

              Comment


              • #8
                Originally posted by Antonvs View Post
                Uitstekende onderhoud met 'ontluikende' kerk predikant

                http://www.sfpulpit.com/2007/10/26/d...ent-interview/
                Ek het die onderhoude afgelaai en geluister, ek wil graag almal aanraai om dit te luister, dit werp bietjie lig op hierdie emerging beweging.

                Die spreekwoord geld sterk by hulle: Hulle praat baie, maar hulle sÍ niks.

                Ek wonder of hulle self weet wat hulle glo, dit klink uit die onderhoude nie vir my so nie

                Groete
                Phil

                Comment


                • #9
                  Die Ontluikende kerk

                  Antonvs

                  Hierdie klink vir my baie na die jongste boetie in die New Age familie

                  Groete

                  my God; in Him I will trust (Psa 91:2).

                  If you have not accepted Jesus Christ as your Savior, NOW is the time.

                  Persevere, pray and be ready for the Return of Christ.

                  Comment


                  • #10
                    Antonvs,
                    "Die rol van die Bybel as enigste maatstaf is nie te vinde nie."

                    GE
                    Ja, en as enigste gesag!

                    Daar was nog nooit 'n probleem met of vir die Kerk nie, of dit het met die Skrif begin en geeindig. Jy kan - en mag - maar doen en dink en verkondig en glo, net wat jy wil - wat's die Skrif tog? Uiteindelik beteken dit, Wat is die Kerk in elk geval?

                    Maak die Skrif vir jou saak, maak die Kerk vir jou saak, en v.v.

                    Comment

                    Working...
                    X