Announcement

Collapse
No announcement yet.

Moenie waarheid en liefde skei nie

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Moenie waarheid en liefde skei nie

    So rukkie terug was hierdie onderwerp juis hier hanteer en hierdie artikel, soos hieronder ook aangehaal, spreek dit goed aan. Daar is geen liefde sonder waarheid nie... of is daar?

    "Min mense wat bewus is van wat rondom hulle aangaan vandag het nie al opgemerk dat die tyd waarin ons leef veral gekenmerk word deur die groot egskeiding tussen waarheid en liefde nie. Hierdie skeiding vind plaas op meer as een manier.

    Aan die eenkant is dit minder en minder mense wat eerlikwaar liefde kan hoor in enige onpopulêre waarheid wat onverskrokke uitgespreek word. Hoe waar die uitspraak ookal mag wees, die spreker word summier as onverdraagsaam, fundamentalisties, dogmaties, eng, verkramp, ou-tyds, ongenuanseerd, ensovoorts, ensovoorts afgemaak. Ja om liefde daarin te hoor is die laaste ding wat die hoorder sal oorweeg. Aan die ander kant is daar weer die neiging om eerder nie die onpopulêre waarheid aan iemand vir wie jy lief is, te sê nie. Die waarheid word eerder verswyg om so die sogenaamde “vrede” te bewaar.
    Die Woord van die Here ken egter nie hierdie skeiding tussen waarheid en liefde nie. Dit is juis die liefde van God in die Evangelie wat die hardkoppige sondaar tot bekering oproep en vermaan om sy weë te verander. Dit is God se liefde wat waarsku van ‘n komende oordeel en ‘n ewige straf wat wag vir die goddeloses. Menige ander voorbeelde uit die Woord van die Here kan opgenoem word wat hierdie belangrike feit illustreer. Dat ons as sondaars alltyd liefde in die waarheid moet hoor, en verder ook altyd die waarheid moet meedeel aan die wat ons lief het. Die tekort aan laasgenoemde is dalk een van die groot redes waarom baie gemeentes in so ‘n hartseer toestand vandag is. Ons is bang om in liefde iemand met die waarheid van die Woord van die Here te konfronteer.
    Baie mense praat oor God se liefde vandag asof Hy nie ook mense hel toe stuur nie. Baie mense praat oor omgee en genesing in die kerk, asof die kerklike tug en ook afsnyding uit die gemeente nie ook tot genesing van die gemeente is nie.
    Laat ons daarom waak om nie hierdie twee, waarheid en liefde van mekaar te skei nie."
    The Rapture

    My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
    but I must confess, don’t worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    it’s before God’s wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    it’s for all the people in the zoo
    think about it and refresh…
    you will see there’s no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhere…

  • #2
    Re: Moenie waarheid en liefde skei nie

    Hlo cfj . Hierdie is n baie goeie draad en so nodig vir vandag se "polities of teologies korrekte " samelewing waarin ons lewe . Die Waarheid , Jesus Christus , Die Woord , word so verwater en verdraai deur sg liefde dat n mens Hom en Sy lering nie meer dAarin sien nie . God se' duidelik , Hy tugtig die seun wie Hy lief het . Hy se' Die Seun moes gehoorsaamheid leer deur Sy lyding . Ons "moderne samelewing verkondig "die liefde" as iets wat als moet miskyk , verdra, verberg en uiteidelik kom ons by vervals uit . God se liefde vereis absolute totale gehoorsaamheid , ja selfs tot die dood toe . Is ons as "christene " regtig bereid om soos die eerste christene in die roomse arenas voor die leeus te staan vir ons geloof . Ek wonder soms hoe sou ek optree in so n geval . Shalom

    Comment

    • #3
      Re: Moenie waarheid en liefde skei nie

      Originally posted by Charles View Post

      Ek stem saam met jou Charles. Mens hoor baie dat God liefde is en Hy is verseker niks anders as liefde nie. Tog word God se soewereiniteit (lees: absolute waarheid) en gesag nie altyd binne die konteks van Sy liefde verkondig nie. Dit is soos baie ouers wat liefs nie te kwaai met hulle stout kindertjies wil wees nie, want netnou dink die kinders hulle is nie lief vir hulle nie en daarom laat hulle maar eerder die kinders toe om basies te maak wat hulle wil. Dit kan 'n baie fyn lyn met groot misleiding wees, om liefde en waarheid of liefde en gesag te skei van mekaar... en veral as dit subtiel so gedoen word...
      The Rapture

      My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
      but I must confess, don’t worry
      the rapture is not before the Great Tribulation
      it’s before God’s wrath!!!

      Because His wrath is not meant for you
      it’s for all the people in the zoo
      think about it and refresh…
      you will see there’s no way out of here, in the flesh

      If you really believe, you will see
      the rapture is for you and me
      when we decide to leave from here
      that very day, oh! God adhere…

      Comment

      • #4
        Re: Moenie waarheid en liefde skei nie

        Ons leef in die "Liewe Jesus" era.......

        Sonder om God vresend te lewe, soos CFJ se', moet tog net nie te kwaai wees nie. Kom ons gee die sonde 'n ander naam, dan is dit nie meer sonde nie, dan is dit aanvaarbaar vir die Samelewing...... (en almal live gelukkig saam)
        My God se Woord is in Wit en Swart, (ja of nee) daar is nie grys nie, daar is nie plek vir grys in vandag se tye nie......

        Comment

        • #5
          Re: Moenie waarheid en liefde skei nie

          Originally posted by BCV View Post
          Ons leef in die "Liewe Jesus" era.......

          Sonder om God vresend te lewe, soos CFJ se', moet tog net nie te kwaai wees nie. Kom ons gee die sonde 'n ander naam, dan is dit nie meer sonde nie, dan is dit aanvaarbaar vir die Samelewing...... (en almal live gelukkig saam)
          My God se Woord is in Wit en Swart, (ja of nee) daar is nie grys nie, daar is nie plek vir grys in vandag se tye nie......
          BCV,

          Ek dink die mees vreesaanjaende ding om vandag te besef, is dat daar 'n vals 'Jesus' verkondig word en ons vergeet dat die anti-Chris nie as die anti-Chris gaan kom nie, maar hom gaan voorhou as 'Jesus' en een geweldige groot akteur is...

          Working...
          X