Announcement

Collapse
No announcement yet.

Bybel vasvra

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Bybel vasvra

    In draad vir interessante Bybel vasvra vrae.

    Daar is baie klein maar tog insiggewende detail in die Bybel vat verkeerdelik deur ons gewone ouens opnthou / interpreteer word. Die doel met die draad is om daardie interessanthede uit te lig uit die Ou en Nuwe testament verhale en nie debatte oor hierdie detail nie.

    Ons kan dit maklikker vir mekaar maak deur vrae te nommer vir verwysing na antwoorde .....

    Kom al die slimmes hier, speel saam en laat ons Woord kennis uitbrei !



    Hier gaan ons :

    1 ) Waar of onwaar :
    Daar was drie wyse manne by die baba Jesus in die stal in Betlehem .....

    2 ) Waar of onwaar :
    Die 12 stamme van Israel is die nageslag van Jakob se 12 seuns, Josef en Benjamin by sy geliefde Ragel, en die ander almal van Lea......
    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

    Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

  • #2
    Vasvrae
    1. Die Bybel praat net van wyse manne. Die geskenke wat hulle gebring het, het toe alreeds na Sy kruisdood/begrafnis en opstanding verwys.
    2. (Prof Johan Malan verduidelik en ek haal hom aan)
    Abraham beklee 'n unieke posisie as die geestelike vader van alle gelowiges én as die biologiese vader van die twaalf stamme van Israel sowel as 'n aantal Arabiese volke. Wat Jakob betref, word hy tallose kere in die Bybel óf as die vader van een volk, óf as die vader van die 12 stamme, óf hoogstens as die vader van twee volke (Juda en Israel gedurende die 250 jaar van die verdeelde ryk van Israel en Juda) beskryf. Daar is té veel voorbeelde om te noem. Die volgende is enkele voorbeelde:
    “U het u volk verwerp, die huis van Jakob…” Jes. 2:6
    “Die oorblyfsel van Jakob sal terugkom na die sterke God…” Hy sal hulle noem: “O my volk wat in Sion woon” Jes. 10:20-2

    Comment


    • #3
      Hallo Jonny .. dankie vir die deelneem..

      1 ) Ja, daar was drie geskenke: goud, wierook en mirre - maar geen verwysing na hoeveel wyse manne nie.....
      Nog 'n twist in die vragie is ook waar presies die Wyse manne Jesus besoek het - gaan kyk bietjie.....


      2 ) Nou raak jy te slim vir my, die vraag is eintlik wie was die moeders van hierdie 12 seuns.......

      ... m
      Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

      Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

      Comment


      • #4
        Vasvra

        Jy is reg. Dit is net soos jy sê. Josef en Benjamin was van Ragel.

        Comment


        • #5
          Wyse manne

          O ja, amper vergeet ek. Die wyse manne het Jesus besoek toe Hy al 'n Kintjie was. m.a.w. nie meer 'n baba, so hulle was dalk nie meer in
          Betlehem
          nie.

          Comment


          • #6
            3 ) Hoeveel keer het Dawid vir Goliat dood gemaak?

            Comment


            • #7
              Originally posted by Paul Pienaar View Post
              3 ) Hoeveel keer het Dawid vir Goliat dood gemaak?

              Paul Pienaar wat se vraag is dit sekerlik kan mens net een keer dood gaan op aarde,,,, 1 Sam 17:50 So het Dawid dan die Filistyn oorweldig met 'n slinger en 'n klip. En hy het die Filistyn verslaan en hom gedood alhoewel daar geen swaard in Dawid se hand was nie.
              The LORD is my Miracle

              G_d was gracious He has shown favor


              Hope is a seed
              God plants in our hearts
              to remind us
              there are better things ahead.
              -Holley Gerth

              Comment


              • #8
                Originally posted by mari View Post
                2 ) Waar of onwaar :
                Die 12 stamme van Israel is die nageslag van Jakob se 12 seuns, Josef en Benjamin by sy geliefde Ragel, en die ander almal van Lea......
                Onwaar, Josef nie genoem as 'n stam nie, maar wel sy twee seuns....
                The LORD is my Miracle

                G_d was gracious He has shown favor


                Hope is a seed
                God plants in our hearts
                to remind us
                there are better things ahead.
                -Holley Gerth

                Comment


                • #9
                  Originally posted by ACCM View Post
                  Paul Pienaar wat se vraag is dit sekerlik kan mens net een keer dood gaan op aarde,,,, 1 Sam 17:50 So het Dawid dan die Filistyn oorweldig met 'n slinger en 'n klip. En hy het die Filistyn verslaan en hom gedood alhoewel daar geen swaard in Dawid se hand was nie.

                  Hallo ACCM,

                  Twee keer.

                  Die woord "gedood" in vers 50 hierbo, is presies dieselfde as "van kant gemaak" in vers 51 soos gesien hieronder. (H4191)

                  1Sa 17:51 Daarop het Dawid gehardloop en by die Filistyn gaan staan en sy swaard geneem, dit uit sy skede getrek en hom van kant gemaak, en hy het daarmee sy hoof afgekap. Toe die Filistyne sien dat hulle held dood was, het hulle gevlug.

                  Kyk na hoe onder andere hoe die volgende vertaling dit vertaal (een van hele paar in Engels):
                  1Sa 17:50 And David was stronger than the Philistine with the sling and with the stone. And he struck the Philistine and killed him. And there was no sword in David's hand.
                  1Sa 17:51 And David ran and stood over the Philistine, and took his sword; and he drew it out of its sheath and killed him. And he cut off his head with it. And the Philistines saw that their warrior was dead, and they fled.


                  Eers met 'n slinger en klip, en daarna met die swaard.

                  Comment


                  • #10
                    1 ) julle is slim ..... Kerskaartjies het dit bietjie verkeerd.... die skaapwagters en wyse manne was nie teselfdertyd by Jesus nie.... en ook nie in die stal nie.......

                    2 ) Gen 35 : 22 ........En die seuns van Jakob was twaalf.
                    23 Die seuns van Lea was: Ruben, die eersgeborene van Jakob, daarna Símeon en Levi en Juda en Issaskar en Sébulon.
                    24 Die seuns van Ragel: Josef en Benjamin.
                    25 En die seuns van Bilha, die slavin van Ragel: Dan en Náftali.
                    26 En die seuns van Silpa, die slavin van Lea: Gad en Aser. Dit is die seuns van Jakob wat vir hom in Paddan-Aram gebore is.

                    ..... m
                    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

                    Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

                    Comment


                    • #11
                      Dawid & Goliat

                      Ek weet nie of ek vrae mag vrae nie, maar hoekom het Dawid 5 klippies gehad?

                      Comment


                      • #12
                        Nog 'n Dawid en Goliat ene, Paul :

                        4) Hoekom het Dawid 5 klippies gehad ?

                        .....Jonny.... daar post ons gelyk
                        Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

                        Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

                        Comment


                        • #13
                          Klippies

                          "Great" minds think alike! Kom ons wag vir 'n antwoord.....

                          Comment


                          • #14
                            Marie, 12 seuns is nie 12 stamme nie.... Dan verloor en Josef se 2 seuns kry volwaardig plek Sien Openbaring 7
                            The LORD is my Miracle

                            G_d was gracious He has shown favor


                            Hope is a seed
                            God plants in our hearts
                            to remind us
                            there are better things ahead.
                            -Holley Gerth

                            Comment


                            • #15
                              Originally posted by Johnny View Post
                              Ek weet nie of ek vrae mag vrae nie, maar hoekom het Dawid 5 klippies gehad?
                              Het Goliat nie Reuse boeties gehad nie??
                              The LORD is my Miracle

                              G_d was gracious He has shown favor


                              Hope is a seed
                              God plants in our hearts
                              to remind us
                              there are better things ahead.
                              -Holley Gerth

                              Comment

                              Working...
                              X