Announcement

Collapse
No announcement yet.

Wat het daar gebeur?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Wat het daar gebeur?

    Toe Jesus in die doderyk was vir drie dae, wat het daar met Hom gebeur in die doderyk??
    Ek weet dat Hy totaal van Vader se teenwoordigheid afwesig was... maar wat het daar in die doderyk gebeur

    Of sal ons nooit weet nie?
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  • #2
    Ek het so pas 'n soortgelyke draad op die Engelse kant raak geloop.... en toe begin ontdek....

    Is ek reg in my gevolgtrekking??

    Edit, my pos is uitgevee op die Eng. kant
    Ek gaan dit ni weer oorskryf ni...

    Originally posted by ACCM
    If He was going straight to heaven, why was He scared and cried, Mt 27:46 And about the ninth hour Jesus cried with a loud voice, saying, Eli, Eli, lamasabachthani? that is to say, My God, my God, why hast thou forsaken me?

    Being forsaken means to lack the presence of G_d.
    Revelation 1:18 I am he that liveth, and was dead; (1 Peter 3;19 By which also he went and preached unto the spirits in prison; ) and, behold, I am alive for evermore, Amen; and have the keys of hell and of death.

    He was dead in the flesh, but quick in the spirit, He preached to the spirits in prison, to those whom have died in the flesh,
    The word also to me indicates that there is more than just this that He has done??

    His suffering in the flesh was the beating, and His suffering was also in that He was forsaken of the Father's presence to enter into the prison/hell of those whom have died in the flesh.
    As we can see from the gospel of Luke 16:23 And in hell he (rich man) lift up his eyes, being in torments, and seeth Abraham afar off, and Lazarus in his bosom. Hades (hell) existed and the rich man was in there in torments... from this we can derive that the prison which is referred to in 1 Peter 3 is Hades/hell .... was there an eternal fire? according to Matt5:22 hell is fire..

    Thus I get this: (I have just posted a thread on the Afr. side with this same question, Thank you for putting me on a track) .

    Suffering in the flesh:
    Beating, crucifixion
    Suffering in the spirit:
    Forsaken of G_d
    Tormented in Hades to be in the presence of the spirits in there to preach/witness to them...... but also tormented in there for paying the debt of our sins ... Am I correct in saying this??
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

    Comment


    • #3
      Persoonlik dink ek nie dat Jesus in die doderyk (hel) gepynig was vir ons sondes nie. Ons lees dat Hy vir die moordenaar aan die kruis gese het: "Jy sal VANDAG nog saam met My in die paradys wees...." m.a.w. Jesus was nie drie dae in die doderyk nie, Hy was dieselfde dag nog in die Paradys. Maar ek dink dat Hy eers 'n draai in die doderyk gaan maak het, met 'n bepaalde boodskap.

      1 Petrus 3:19 se dat hy gaan "preek" het vir die siele in die doderyk. Presies hoe dit in die oorspronklike Grieks staan, weet ek nie, maar die Nuwe Vertaling se dat Hy "Sy oorwinning gaan aankondig het..." Soos ek dit dus verstaan, het Hy die doderyk betree om Sy oorwinning daar aan te kondig, soos wat ek glo Hy ook later Sy oorwinning in die hemel aangekondig het. Ek dink dat die satan se trawante het tot op die laaste bly hoop dat satan die oorwinning sou behaal. En na Jesus se dood het Hy persoonlik Sy oorwinning daar gaan aankondig, en as't ware die mag wat die satan en sy trawante gedink het hulle oor beskik, finaal verbreek.

      God het Hom verlaat, (sy rug op Hom gedraai) terwyl Hy aan die kruis was, omdat Hy in daardie uur die sonde van die ganse mensdom op Hom gehad het, en dit was iets wat God, wat heilig is, nie kon aanskou nie. En om deur God verlaat te wees, om die sonde van die ganse mensdom op Hom te neem, dink ek was die kern van Jesus se pyn. Alhoewel Hy fisies baie swaar gekry het en gely het, moet ons onthou dat Hy nie die eerste en laaste sou wees om dit deur te maak nie. Duisende misdadigers (en heel waarskynlik enkele onskuldiges) is voor Hom gekruisig en duisende sou daarna volg. Maar om deur God verlaat te word terwyl jy self sonder sonde is, is iets wat ons ons nie kan indink nie. En ek dink dit was Jesus se "hel"

      Comment


      • #4
        Die "Eli, Eli, lamasabachthani " is ook vervulling van profesie ...

        en onthou, Hy het ook gese .

        Joh 19:30
        En toe Jesus die asyn geneem het, s Hy: Dit is volbring! En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee.

        SO die prys is betaal, klaar hy het gesterf en dit is die loon van die sonde, die siel wat sondig sal sterf.... daarna ......

        OOK

        Luk 23:46 En Jesus het met n groot stem uitgeroep en ges: Vader, in u hande gee Ek my gees oor! En toe Hy dit ges het, blaas Hy die laaste asem uit.

        God is heilig en sal nie iets wat nie heilig is aanneem nie, so as Jesus se in U hande gee Ek My gees oor... dan soos ek verstaan is Sy gees in God se hande en dit moet heilig wees... hoe mens kan argumenter dat Jesus ook in die hel gely en betaal het... ek weet nie, dit pas nie by God wat regverdig is en heilig is vir my nie?
        Dis alles net genade -Ma Grace
        "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

        Comment


        • #5
          Willem, en wat het gebeur toe Hy ter helle neergedaal het??
          The LORD is my Miracle

          G_d was gracious He has shown favor


          Hope is a seed
          God plants in our hearts
          to remind us
          there are better things ahead.
          -Holley Gerth

          Comment


          • #6
            Ja Willem , dit is reg, . Ek aanvaar die volheid van die volbringing van die Kruisdood as sonde betaling..... toe Hy SY Gees in die Vader se hande gee, was dit omdat Hy nie Sy gees in die Doderyk kon inneem nie, want Hy is Heilig.

            Toe Hy ter helle neergedaal het, om Sy oorwinning oor die Dood te gaan aankondig was Hy in Hades of aan Abraham se kant van die doderyk??
            The LORD is my Miracle

            G_d was gracious He has shown favor


            Hope is a seed
            God plants in our hearts
            to remind us
            there are better things ahead.
            -Holley Gerth

            Comment


            • #7
              Originally posted by ACCM View Post
              Willem, en wat het gebeur toe Hy ter helle neergedaal het??
              Is dit in die Nederlandse geloofsbeleidenis waar dit staan dat Jesus 'ter helle neergedaal' het? Want ek het dit nog nooit direk in die Bybel gelees dat Jesus daar was nie. Elke Sondag as die geloofsbelydenis saam gese word en hulle kom by die deel van die 'ter helle neergedaal' , bly ek stil... Ek wonder regtig al baie lank daaroor. Het iemand Skrifverwysing?

              Comment


              • #8
                Originally posted by protea View Post
                Is dit in die Nederlandse geloofsbeleidenis waar dit staan dat Jesus 'ter helle neergedaal' het? Want ek het dit nog nooit direk in die Bybel gelees dat Jesus daar was nie. Elke Sondag as die geloofsbelydenis saam gese word en hulle kom by die deel van die 'ter helle neergedaal' , bly ek stil... Ek wonder regtig al baie lank daaroor. Het iemand Skrifverwysing?
                1 Petrus 3:19 in wie Hy ook heengegaan engepreek het vir die geeste in die gevangenis, ...prison...doderyk
                The LORD is my Miracle

                G_d was gracious He has shown favor


                Hope is a seed
                God plants in our hearts
                to remind us
                there are better things ahead.
                -Holley Gerth

                Comment


                • #9
                  Originally posted by protea View Post
                  Is dit in die Nederlandse geloofsbeleidenis waar dit staan dat Jesus 'ter helle neergedaal' het? Want ek het dit nog nooit direk in die Bybel gelees dat Jesus daar was nie. Elke Sondag as die geloofsbelydenis saam gese word en hulle kom by die deel van die 'ter helle neergedaal' , bly ek stil... Ek wonder regtig al baie lank daaroor. Het iemand Skrifverwysing?
                  Protea, jy is heeltemal reg om stil te bly. Die "ter helle neergedaal" in die Nederlandse Geloofsbelydenis is verkeerd. Jesus was nooit in die hel nie.
                  The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                  Comment


                  • #10
                    Psa 139:8

                    (AOV) Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar!


                    God is in die hel.

                    Ek sien dat party die "doderyk" sien as die "hel". Dan kan mens sekerlik die bogemelde vers glo wat se dat God in die doderyk/hel was/is.

                    Comment


                    • #11
                      Jesus het nie ter helle neergedaal nie, hy het neergedaal tot in die onderaardse dieptes (doderyk).

                      Nou die stelling dat Jesus in die hel verder moet betaal vir ons sondes is glad nie korrek nie, want dat sal die woorde "dit is volbring" 'n leuen in die mond van Jesus self wees, die Griekse woord daar is dat die rekening ten volle vereffen is, dus was sonde totaal betaal aan die kruis, daar was nie 'n verdere pyniging daarvoor nie, die volle toorn van God het op Sy Seun op die kruis neergekom.

                      Vandaar is Hy na die onderaardse dieptes om die dood te oorwin. Natuurlik 3 dae en 3 nagte sodat die profesie ten volle vervul kan word

                      Comment


                      • #12
                        Phil

                        wat jy se, maak baie sin. Die verwysing na Jesus se woorde "dit is volbring" het nogal vir my persoonlik iets oopgemaak wat ek nie voorheen duidelikheid oor gehad het nie.

                        Maar as Jesus 3 dae en nagte in die doderyk was, hoe verklaar jy dan Sy woorde aan die moordenaar aan die kruis "VANDAG sal jy saam met My in die PARADYS wees..."?

                        Comment


                        • #13
                          Hoe dink julle pas mens 3 dae en 3 nagte in vanaf Christus se kruisiging tot sy opstanding?

                          En ook, sien julle 'n verband tussen Jona se 3 dae in die vis en Christus se 3 dae?

                          Comment


                          • #14
                            Originally posted by Paul Pienaar View Post
                            Hoe dink julle pas mens 3 dae en 3 nagte in vanaf Christus se kruisiging tot sy opstanding?
                            Ja, die som kan nie werk as jy aanvaar dat Sondag die Sabbat is of dat 'n dag van middernag tot middernag strek nie.

                            En ook, sien julle 'n verband tussen Jona se 3 dae in die vis en Christus se 3 dae?
                            Daar is nie 'n menslik denkbare manier dat 'n mens drie dae sal kan oorleef in 'n vis se maag nie. Waar het hy suurstof gekry? Een verklaring wat ek gehoor het is dat Jona verdrink het, toe in die vis se maag was en weer opgewek is nadat die vis hom uitgespoeg het.

                            Comment


                            • #15
                              Jona se drie dae in die vis is wel 'n tipe van Christus.

                              Ons lees in Mattheus 12:40 s Jesus self-

                              Want soos Jona drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis was, so sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees.

                              Hierdie is 'n profesie uit Jesus se eie mond wat vervul moes word. Wanneer die Jode gepraat het van drie dae en drie nagte het dit nie noodwendig letterlik beteken drie dae en drie nagte nie. Dit kon ook 'n periode gewees het wat gedeeltes van drie opeenvolgende dae ingesluit het. Dit was 'n manier van praat of 'n uitdrukking wat hulle gebruik het om 'n spesifieke tydperk te beklemtoon.
                              The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                              Comment

                              Working...
                              X