Announcement

Collapse
No announcement yet.

Vergewe en vergeet?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Vergewe en vergeet?

    Moet ons vergewe en vergeet?Waar in die Woord staan daar dat ons moet vergewe en vergeet of sal julle se dit gaan saam?
    MARANA THA!

  • #2
    Waarheid, Welkom hier by ons

    Volgens hierdie skrif word ons vertel om te vergewe, sodat ons ook vergewe sal word.

    Mattheus 6:12 en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;

    Mattheus 6:14 Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.

    Mattheus 6:15 Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.

    En wanneer mens vergewe, dan dink jy ook nie meer daaraan nie
    Hebrers 10:17 en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie.

    Die Here het ons sondes vergewe en Hy dink nie meer aan ons sondes nie... en net so moet ons ook maak.

    Dit is nie altyd maklik nie, maar dit is hoe dit moet gebeur tot ons eie voordeel.
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

    Comment


    • #3
      Dit is 'n baie relevante vraag dink ek

      As ons s God dink nie meer aan ons sonde nie, beteken dit dat Hy dit vergeet het of ons nie meer verantwoordbaar daarvoor sal hou nie? Ek wil dalk ook vra, loop vergifnis en vergeet noodwendig hand aan hand?

      Ek gebruik 'n voorbeeld, 'n harde een ek is jammer, maar mens sal 'n verkragter wel deur die genade van God kan vergewe en daardeur vrygemaak word, maar sal mens dit werklik (die daad) ooit kan vergeet?

      Comment


      • #4
        Om te vergewe is nie alteid so maklik nie. As die persoon wel om vergifnis vra, jy deur sy siel in kan sien hy bedoel dit en sy skuld aan sy verkeerde daad vreet aan sy gewete, is dit een ding. So 'n persoon kan mens begin jammer kry, en hom vergewe.

        Maar hoe vergewe jy iemand wat net verskonings soek vir sy wanhandelings? Wat steeds vere voel? 'n gewete het kouer as die noordpool?

        Dis werklik 'n moelike vraag... een waaroor ek seker is baie mense sukkel mee.

        Comment


        • #5
          Johannes 1:29 Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy s: Dr is die Lam van God wat die sonde van die wreld wegneem!


          Jer 31:34 En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en s: Ken die HERE; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die HERE; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.


          Ps 103 : 11 Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees. 12 So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.


          Ps 130 : 3 As U, HERE, die ongeregtighede in gedagtenis hou, Here, wie sal bestaan?

          Miga 7 : 18 Wie is 'n God soos U, wat die ongeregtigheid vergewe en by die oortreding van die oorblyfsel van sy erfdeel verbygaan? Hy hou toorn nie vir ewig vas nie, maar het 'n welbehae in goedertierenheid.
          19 Hy sal Hom weer oor ons ontferm, ons ongeregtighede vertree; ja, U sal al hulle sondes in die dieptes van die see werp.




          Heb 8 : 12 Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink nie.

          Heb 10 : 17 en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie. 18 Waar daar nou vergifnis van hierdie dinge is, is daar geen offer meer vir die sonde nie.

          Eff 4 : 31 Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid. 32 Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.





          Filipense 3:14 Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die ho roeping van God in Christus Jesus.



          .... as jy werklik om vergifnis vra, verwyder God jou sonders / oortredings / ongeregtigheid asof dit nooit bestaan het nie ......... dit kan dan net voortbestaan in 'n wilsbesluit om daaraan vas te hou ..... so maak God ook met die een wat teen jou oortree ........


          .... as jy iemand anders sy oortredings teen jou vergewe, is dit 'n wilbesluit om jou "reg tot geregtigheid" in God se hande oor te gee ( to fore give your rights )..... dit is dan God se besluit wat vergeld en wat vergeef sal word ...... as die oortreder voor God sy sonde belei en tot inkeer kom, handel God daarmee volgens Sy Woord ....... so-ook as hy nie belei en verander nie .....

          .... onthou ook dat ons stryd nie teen "vlees en bloed" is nie ( Ef 6:12 ) so die skuldige persoon het dalk onder invloed van iets anders opgetree, en as hy sy wandaad voor God belei, is hy vry daarvan voor God ..... ( dis seker 'n bespreking op sy eie )... daarom is dit so uiters belangrik om 'n persoonlike, daaglikse verhouding met die Vader deur die Gees in Christus te he om te kan onderskei : .... as 'n verkragter werklik tot inkeer kom en werklik vergifnis vra, en vryspraak van God ontvang, wie is ons om hom nog te veroordeel ? ...... tog moet die wereld waarin ins leef se wette ook in ag geneem word .... ( 'n ander tammeletjie )


          .... iewers is daar 'n balans tussen God se genade en God se geregtigheid ......
          ..... hierdie balans is in Christus beliggaam....
          ..... die Lam van God en die Leeu van Juda in een ....
          ..... die offer en die regter ......



          .... net 'n paar gedagtes.....
          m
          Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

          Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

          Comment


          • #6
            Dit blyk tog nie of ons enigsins nog die vergeet deel aangespreek het nie. Deur te s God dink nie meer daaraan nie, beteken dat Hy ons nie meer daarvoor aanspreeklik gaan hou nie, maar dit het nie net in die duister in verdwyn nie, God se eie Seun is daarvoor gestraf.

            Ons is maklik om te vergeet dat elke liewe sonde 'n implikasie het, dat daar straf vir dit was of gaan kom, hang natuurlik net af van jou verhouding met God of daardie straf plaasgevind het aan die kruis en of dit vir jou sal plaasvind in die hel

            Comment


            • #7
              Geen mens "vergeet" ooit enige iets nie. ALLES wat ons hoor of beleef, word in jou brein gestoor. Sommige dinge gaan le diep in die onderbewussyn en 'n mens kan dit nie so maklik en dadelik oproep nie, maar tegnies vergeet jy dit nooit. Hieroor het 'n mens nie werklik beheer nie. Daarom dink ek nie dat die Bybelse opdrag is om werklik fisies te "vergeet" nie. Maar as 'n mens vergewe het, dan dink jy nie meer daaroor nie, m.a.w. jy tob nie meer daaroor nie, dit het geen invloed meer op jou lewe nie. Dit is 'n gebeurtenis van die verlede en jy het dit agter jou geplaas. Jy beweeg nou vorentoe. Maar vergeet? Ek dink nie so nie! Dit is eenvoudig nie moontlik nie.

              In vandeesweek se Huisgenoot is 'n artikel oor 'n vrou wat haar motorkaper in die tronk gaan besoek het en 'n pad met hom begin stap het. Hy het intussen die Here aangeneem en is op parool vrygelaat. Die twee het kontak en daar is ook foto's van hulle saam......het sy vergeet? Beslis nie! Maar sy het vergewe - volkome! Ek dink dit is wat die Here van ons verwag.

              Comment


              • #8
                Haai oom Gene, moenie vir my s jy lees die Huisgenoot nie................
                The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                Comment


                • #9
                  Originally posted by Gene View Post
                  Geen mens "vergeet" ooit enige iets nie. ALLES wat ons hoor of beleef, word in jou brein gestoor. Sommige dinge gaan le diep in die onderbewussyn en 'n mens kan dit nie so maklik en dadelik oproep nie, maar tegnies vergeet jy dit nooit. Hieroor het 'n mens nie werklik beheer nie. Daarom dink ek nie dat die Bybelse opdrag is om werklik fisies te "vergeet" nie. Maar as 'n mens vergewe het, dan dink jy nie meer daaroor nie, m.a.w. jy tob nie meer daaroor nie, dit het geen invloed meer op jou lewe nie. Dit is 'n gebeurtenis van die verlede en jy het dit agter jou geplaas. Jy beweeg nou vorentoe. Maar vergeet? Ek dink nie so nie! Dit is eenvoudig nie moontlik nie.

                  In vandeesweek se Huisgenoot is 'n artikel oor 'n vrou wat haar motorkaper in die tronk gaan besoek het en 'n pad met hom begin stap het. Hy het intussen die Here aangeneem en is op parool vrygelaat. Die twee het kontak en daar is ook foto's van hulle saam......het sy vergeet? Beslis nie! Maar sy het vergewe - volkome! Ek dink dit is wat die Here van ons verwag.
                  En daarop kan ek net s AMEN

                  Comment


                  • #10
                    Gene.... hier het jy nogal 'n punt beet........

                    .... as ek elke dag vir jou preek om te vergeet van 'n spesifieke situasie, gaan jy dit nie uit jou kop kry nie .....
                    ** ( hou op om te dink aan pienk zebras.... hou op om te dink aan pienk zebras ... .... moenie dink aan pienk sebras nie , jy mag nie dink aan pienk sebras nie ..... )

                    MAAR .... mens kan die seer onthou met met 'n vergewingsgesinde onthou vervang wanneer jy die "goed" wat uit 'n situasie gekom het, uitsoek en daarop konsentreer ........ ** ( onthou die reen wat die pienk verf afgewas en 'n netjies gestreepte Zebra openbaar het ) ....

                    ( net een van onse pastoor van doerijare se voorbeeld storetjies wat nogal onthou word ..... )

                    hmm:
                    m
                    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

                    Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

                    Comment


                    • #11
                      Originally posted by Lanie View Post
                      Haai oom Gene, moenie vir my s jy lees die Huisgenoot nie................
                      Uitgevang! Dit wys jou, dit gebeur in die beste families... (Terloops, ek lees enige iets......maar ek koop nie enige iets nie, en ek lees selektief.)

                      Mari, as ek vanaand gaan droom oor pienk zebras, gaan dit jou skuld wees!

                      Comment


                      • #12
                        Om nie te onthou nie, beteken vir my om nie daarop te dwel nie. (As dit nou die regte Afr. woord is?) Om nie heeldag die gebeure in jou kop oor en oor te speel nie. Om dit nie te bly herroep en bitter daaroor te raak en bly nie.
                        The LORD is my Miracle

                        G_d was gracious He has shown favor


                        Hope is a seed
                        God plants in our hearts
                        to remind us
                        there are better things ahead.
                        -Holley Gerth

                        Comment


                        • #13
                          Almal van ons sukkel soms om te vergewe maar die Bybel se mens moet vergeet en vergewe. Ek weet nie wie van julle al Nicholis Louw se lied vergeet en vergewe gehoor het nie. Hy sing in daardie lied van 'n Bybelse beginsel naamlik vergeet en vergewe. Moet nooit kwaad word en vir altyd met 'n onvergewingsgesindheid in jou hart loop nie. Toe Jesus aan die Kruis gesterf het het hy ons van sonde bevry. Hy het ons sonde vergewe en hy het ons vry gemaak.

                          Comment


                          • #14
                            Waar se die Bybel jy moet vergeet?Jy moet vergewe ja maar vergeet nee.Jy gaan mos nie dat dieselfde mens jou twee keer benadeel nie.
                            MARANA THA!

                            Comment


                            • #15
                              Waarheid, jy's nogals reg, die Bybel praat oor :Onthou, maar nie om wraak te neem nie, maar om dankbaar te wees vir waar jy nou is, en hoe jy gegroei het, Onthou wat sonde is sodat jy nie weer daarin sal trap nie!!
                              The LORD is my Miracle

                              G_d was gracious He has shown favor


                              Hope is a seed
                              God plants in our hearts
                              to remind us
                              there are better things ahead.
                              -Holley Gerth

                              Comment

                              Working...
                              X