Announcement

Collapse
No announcement yet.

Bloedgrond.

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Bloedgrond.

    Hoe is Judas dood?Het hy vooroor geval en oopgebars,Handelinge.1:18 of het hy homself opgehang,Matteus. 27:5.As dit dieselfde Judas is hoekom verskil dit?

    Groete,

    Louis Brits.
    MARANA THA!

  • #2
    Dit kom by oorvertel van 'n gebeurtenis, nie almal onthou dit dieselfde nie. .... of nie almal vertel die hele storie nie.... feit bly staan, hy is dood, die hoe maak nie saak nie.
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

    Comment


    • #3
      Dit maak die Bybel nie geloofwaardig nie.Om te proffeteer kom van die Heilige Gees af so hoe kan dit verskil?
      MARANA THA!

      Comment


      • #4
        SÍ nou maar net, jy en jou vrou en jou broer en sy vrou en jou suster en jou neef en jou niggie gaan almal saam na 'n troue toe.

        Nou wil skoonma wat in Engeland sit weet hoe was dit op die troue. So julle besluit om elkeen vir haar 'n DVD opname te maak.... nie gesamentlik nie, elkeen op sy eie. Wat gaan skoonma kry...?
        'n Hele paar DVDs elkeen met sy eie storie, en sy sal wonder oor hoeveel troues daar nou eintlik was, en tog was julle almal by dieseflde troue gewees.
        Maak dit die troue vals of ongeloof waardig.... sekerlik nie, elke mens gee weer wat hy ervaar. Ja die Heilige Gees openbaar skrif wat neergeskryf word, maar ons is mens, en wat ons hoor is onderhewig aan ons eie interpretasie of ervaring en vermoeŽ

        Dit maak nie die voorval ongeldig nie, dit bewys net ons eie onvermoŽ om 100% alles te onthou en weer te gee. Daarom is daar meer as een weergawe neergepen sodat ons die hele storie kry

        Kyk bv. na die drade oor MMC.... sovele mense en elkeen gee 'n ander weergawe, want ons is almal anders....
        The LORD is my Miracle

        G_d was gracious He has shown favor


        Hope is a seed
        God plants in our hearts
        to remind us
        there are better things ahead.
        -Holley Gerth

        Comment


        • #5
          Originally posted by Waarheid View Post
          Dit maak die Bybel nie geloofwaardig nie.Om te proffeteer kom van die Heilige Gees af so hoe kan dit verskil?
          Om te profeteer is om te vertel wat gaan gebeur, die voorwal waaroor jy vra gaan oor die weergawe van wat klaar gebeur het. Self om 'n profesie te bring is onderhewig aan die weergawe van wat jy ontvang....... so ietsie oor profesie.... Daar is niks nuuts onder die son nie, profesie gaan vir jou iets wees wat reeds neergeskryf is in die Bybel
          The LORD is my Miracle

          G_d was gracious He has shown favor


          Hope is a seed
          God plants in our hearts
          to remind us
          there are better things ahead.
          -Holley Gerth

          Comment


          • #6
            Originally posted by Waarheid View Post
            Hoe is Judas dood? Het hy vooroor geval en oopgebars, Handelinge.1:18 of het hy homself opgehang, Matteus. 27:5. As dit dieselfde Judas is hoekom verskil dit?

            Groete,

            Louis Brits
            Louis,

            Wanneer ons meen dat twee verse strydig is met mekaar, impliseer dit dat die feite van die twee verse onderling uitsluitend is.

            Hierdie twee verse is nie onderling uitsluitend nie - beide het gebeur. Matt 27:3-8 sÍ vir ons HOE Judas dood is - hy het gehang. Hand 1:16-19 beskryf net hoedat Judas (se liggaam) geval het - kop eerste, bars oop, en sy ingewande peul uit. Handelinge sÍ nie dat dit is hoe hy gesterf het nie, terwyl Mattheus wel sÍ hoe hy gesterf het.

            Daar is ook baie opinies oor die simboliek van "kop eerste val" en van ingewande wat uibars, van bloedgeld en die bloedgrond, en sommige opinies is dat die twee verse die lewe en die hiernamaals in perspektief met mekaar bring (t.o.v Judas), maar die antwoord op die vraag of die twee verse teenstrydig is, is 'n onomwonde NEE, want beide kon gebeur het.

            Groete in Jesus,
            Anton
            השייך לאלוהים דרך ישו

            Comment


            • #7
              Originally posted by Tonton View Post
              Hierdie twee verse is nie onderling uitsluitend nie - beide het gebeur.
              Jy is 100% in die kol.
              Alhoewel hierdie nie 'n geval daarvan is nie, moet mens in gedagte hou dat die oppervlakkige verskille in veral die Evangelies juis op die betroubaarheid van die verskillende vertellers dui. Indien die Evangelieskrywers bloot mekaar se werk woord vir woord afgeskryf het, en daar geen verskille in die ooggetuienese se vertellinge was nie, sou dit ernstige vrae rondom die juistheid van die Evangelies tot gevolg gehad het.
              Dit is bitter min dat enige twee mense dieselfde gebeurtenis beleef en op dieselfde manier onthou.

              Comment


              • #8
                Originally posted by Die Filadelfieer View Post
                ...die oppervlakkige verskille in veral die Evangelies juis op die betroubaarheid van die verskillende vertellers dui. Indien die Evangelieskrywers bloot mekaar se werk woord vir woord afgeskryf het, en daar geen verskille in die ooggetuienese se vertellinge was nie, sou dit ernstige vrae rondom die juistheid van die Evangelies tot gevolg gehad het.
                Dit is bitter min dat enige twee mense dieselfde gebeurtenis beleef en op dieselfde manier onthou.
                WOW, dankie - ek het nog nie so daarna gekyk nie!

                Anton
                השייך לאלוהים דרך ישו

                Comment


                • #9
                  Dankie,my kop is n bietjie plat om soos julle te dink.

                  Groete,
                  Louis
                  MARANA THA!

                  Comment


                  • #10
                    Originally posted by Waarheid View Post
                    Dankie,my kop is n bietjie plat om soos julle te dink.

                    Groete,
                    Louis
                    Nee, nee - jy het diep gedink. Die meeste lees oor sulke verskille en kom dit nie agter nie. Die Here het jou gebles met 'n onderskeidingsvermoŽ!

                    Groete,
                    Anton
                    השייך לאלוהים דרך ישו

                    Comment


                    • #11
                      Waarheid

                      Sien jy die ouens sÍ presies wat ek gesÍ het, net op 'n ander manier
                      The LORD is my Miracle

                      G_d was gracious He has shown favor


                      Hope is a seed
                      God plants in our hearts
                      to remind us
                      there are better things ahead.
                      -Holley Gerth

                      Comment


                      • #12
                        Originally posted by ACCM View Post
                        Waarheid

                        Sien jy die ouens sÍ presies wat ek gesÍ het, net op 'n ander manier
                        Ja,dankie man!!
                        MARANA THA!

                        Comment

                        Working...
                        X