Van die dag wat ek tot bekering gekom het was Markus 5:22-43, die verhaal van Jairus en sy dogtertjie en die vroutjie van bloedvloeiing een van die eerste verhale wat my diep getref het, en vir weke lank was ek elke slag terug geneem na die skrif totdat ek die volle waarheid wat daarin vasgevat was ten volle verstaan het. Vir nagte het ek selfs in die bed gelê en wonder wat dit is in hierdie verhaal wat ek bly mis
Ek is geen slim geleerde aangaande die Woord nie, en redeneer soms soos ‘n kind, maar het ‘n poging aangewend om ‘n studie van hierdie verhaal te maak, aangesien ek dit net nie afgeskud kon kry nie. Ek het reeds ‘n paar keer verskillende boodskappies gekry, maar op die uiteinde het alles perfekte sin gemaak.
Later van tyd het ek hierdie verhaal teenoor my eie lewe vergelyk, en dit is waar daar waardevolle ontdekkings gemaak was. Ek wil dit graag met ander deel, en beslis nie myself as die fokuspunt maak nie, maar ek vind dat daar soveel mense is wat moontlik dieselfde dinge in die lewe deurgemaak het,(selfs bekeerdes) wat nogsteeds nie God se liefde vir ons verstaan nie. Daar is soveel onskatbare waarde hierin vasgelê, en wat ek besef het is dat ek nie die enigste een is wat nodig het om die waarheid te weet nie, maar dat daar so baie ander daar buite is wat ‘n honger het na God se liefde vir ons.
Ek is nie altyd seker of ek inligting korrek oordra nie, en breek gewoonlik alles af so ver moontlik ek kan, so ek het nodig dat julle asb geduldig met my sal wees, en ook sal reghelp as my sienswyse dalk verkeerd is. Ek wil dit net bitter graag deel as ek mag, en die geheimenis deur hierdie verhaal deel van hoe lief God ons werklik het.

Comment