Announcement

Collapse
No announcement yet.

Kan ongeredde mense goeie werke doen?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Kan ongeredde mense goeie werke doen?

    Hierdie vraag het gisteraand in ons biduur opgekom. Is dit moontlik vir iemand wat nie gered is nie om uit sy eie iets goeds te doen?
    The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

  • #2
    Weeeelllllll, die Wet, insluitende liefde vir jou naaste , is op almal se harte geskryf . Ek is nog altyd van die mening dat moraliteit 'n Godgegewe ding is, en redelik almal het basiese morele waardes, so my antwoord is ja, alhoewel dit nie altyd "uit hulle eie uit" gaan wees nie, maar eerder as gevolg van 'n Godgegewe komponent.

    Comment


    • #3
      Originally posted by Lanie View Post
      Hierdie vraag het gisteraand in ons biduur opgekom. Is dit moontlik vir iemand wat nie gered is nie om uit sy eie iets goeds te doen?
      Ja, dit is moontlik.... daar is baie mense wat nie Jesus aangeneem het nie, wat goeie werke doen.
      The LORD is my Miracle

      G_d was gracious He has shown favor


      Hope is a seed
      God plants in our hearts
      to remind us
      there are better things ahead.
      -Holley Gerth

      Comment


      • #4
        Beslis!!!! Ongeredde mense is nie noodwendig slegte en wrede mense nie!!! Daar is baaaaie goeie mense wat baaaaie goeie dinge doen, sonder dat hulle gered is. Dink net hoe wonderlik gaan dit wees as hulle gered word!!!!

        Comment


        • #5
          Ek dink onwillekeurig aan Angus se woorde : Good men don't go to heaven , BELIEVERS do ....... En hiermee wil ek nie die eeue oue debat van werke versus geloof weer 'stir' nie...

          Comment


          • #6
            Ek stem!

            Baie mense is juis in binding deur hul goeie werke, en dink dat dit hulle hemel toe (waar ookal die hemel vir hulle is) sal gaan oor hul goeie werke, maar dat hulle nie vir Jesus nodig het nie.

            Een van die wapens van Satan is SELF-REGVERDIGING. Dit is valse regverdiging - lyk soos regverdiging, maar die self is sentraal, eerder as God.

            Anton
            השייך לאלוהים דרך ישו

            Comment


            • #7
              Lanie, dit hang af wat jou definisie is vir "goed." Soos ek die NT verstaan is die enigste werke wat werklik "goed" is, werke wat voortvloei vanuit 'n verhouding van geregtigheid in Christus.

              Hoewel ongeredde mense "goeie" dinge doen, bly hulleself en hulle wese sleg. Omdat hulle identiteit buite Christus staan (posisie van ongeregrigheid), diskwalifiseer hulle stand buite Christus al hulle werke.

              As mens in elk geval mooi daaroor dink is engie "goeie" werke sonder die motief om God in Christus te verheerlik, op jouself gerig, dalk om raakgesien te word, om erkenning te kry, ens. Net Christus kan ons werklik onselfsugtig maak.
              Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

              Comment


              • #8
                Ek was die naweek op 'n kerkkamp en een van die boodskappe wat gebring is het gegaan oor God se genade, wat bestaan uit 'n algemene genade en 'n reddende genade. Wat toe vir my duidelik geword het is dat God se algemene genade vir ongeredde mense ook is en dat Hy aan hulle algemene genade bewys tot voordeel van Sy kinders. 'n Goeie voorbeeld kan bv wees dat 'n ongeredde persoon se besigheid baie goed doen sodat hy sy werknemers kan betaal wat dalk kinders van God is... So wanneer 'n ongeredde persoon iets goeds doen is dit nie uit sy eie nie maar agv God se algemene genade...

                Ek het ook lank gesit en probeer uitredeneer, maar het tot die besef gekom dat my eerste reaksie dat ongereddenes tog uit hulle eie ook goeie werke kan doen is om nou weer humanisties te wil wees. Elke goeie werk kom van God af.... geen mens kan uit sy eie iets goed doen nie, nie as jy ongered is nie en ook nie as jy gered is nie....
                Last edited by Lanie; May 18 2009, 11:44 AM.
                The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                Comment


                • #9
                  Originally posted by Lanie View Post

                  Ek het ook lank gesit en probeer uitredeneer, maar het tot die besef gekom dat my eerste reaksie dat ongereddenes tog uit hulle eie ook goeie werke kan doen is om nou weer humanisties te wil wees. Elke goeie werk kom van God af.... geen mens kan uit sy eie iets goed doen nie, nie as jy ongered is nie en ook nie as jy gered is nie....
                  Jy's reg Lanie..... Baie mense oor-reageer weer op werke en vergeet die liefde soos wat die vers s: Mat 23:23 http://bibleforums.org/showthread.ph...88#post2076088
                  The LORD is my Miracle

                  G_d was gracious He has shown favor


                  Hope is a seed
                  God plants in our hearts
                  to remind us
                  there are better things ahead.
                  -Holley Gerth

                  Comment


                  • #10
                    Hi Lanie,

                    bietjie agter met alles, nogal geleer in die draad met almal se poste ?
                    wou net die byvoeg.

                    Onthou maar gerus dat ons deur ons oe kyk, daai stukkie van die ryk jong man wat gekom het en gevra het

                    Mat 19:16 En daar kom een na Hom en s vir Hom: Goeie Meester, watter goeie ding moet ek doen, dat ek die ewige lewe kan h?
                    Mat 19:17 En Hy s vir hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe een, naamlik God. Maar as jy in die lewe wil ingaan, onderhou die gebooie.

                    Dit het my geskok ! Jesus het homself nie eers as goed beskou nie !

                    So in watter lig plaas dit goeie werke en mense wat goed doen?
                    Dis alles net genade -Ma Grace
                    "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

                    Comment

                    Working...
                    X