Announcement

Collapse
No announcement yet.

Wegraping

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Wegraping

    Ek verstaan nie die wegrpaping ten volle nie, ek het so bietjie daarvan opgelees, maar daar is geen skrif wat na die woord "wegraping" verwys nie. Ek wil nie tegnies of ingewikkeld raak omtrent die onderwerp nie, maar verlang om meer te weet aangaandie die onderwerp. Ek is op soek dink ek na skrif verwysings wat na die wegraping verwys. Verder is ek ook nie seker wanneer dit gaan plaasvind nie, of die voor of na die koms van Jesus is. Asb as daar van julle is wat my so bietjie inligting kan gee rondom die onderwerp sal ek dit waardeer. Ek wil dit oplees maar nie so seker waar om te begin.
    Saved by Grace!

    Praying for Mieke and Charles
    Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.

    My testimony
    http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

  • #2
    Hallo MaryChild. Nie almal hier stem daaroor saam nie.

    My beskeie mening is dat daar net een wederkoms gaan wees na die verdrukking waar Christus gaan kom om al sy kinders met Hom te verenig. Ek lees ook nie die woord "wegraping" in die NT nie. Persoonlik het ek egter nie soseer iets teen die term "wegraping" as sodanig nie, maar die konnotasie wat daaraan geheg word, nl. dat diegene wat die "wegraping" voorstaan, gewoonlik daaronder verstaan dat Christus twee keer weer gaan kom, eers voor die millenium (1000 jaar) en weer na die millenium. Tydens die millenium sou diegene wat "agterbly" dan 'n "tweede kans" op verlossing kry.

    Dis laasgenoemde lerings waarmee ek nie saamstem nie.

    groete
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

    Comment

    • #3
      Originally posted by Philip dT View Post
      Hallo MaryChild. Nie almal hier stem daaroor saam nie.

      My beskeie mening is dat daar net een wederkoms gaan wees na die verdrukking waar Christus gaan kom om al sy kinders met Hom te verenig. Ek lees ook nie die woord "wegraping" in die NT nie. Persoonlik het ek egter nie soseer iets teen die term "wegraping" as sodanig nie, maar die konnotasie wat daaraan geheg word, nl. dat diegene wat die "wegraping" voorstaan, gewoonlik daaronder verstaan dat Christus twee keer weer gaan kom, eers voor die millenium (1000 jaar) en weer na die millenium. Tydens die millenium sou diegene wat "agterbly" dan 'n "tweede kans" op verlossing kry.

      Dis laasgenoemde lerings waarmee ek nie saamstem nie.

      groete
      Ditto Phillip. Hoe meer ek van die wegraping lees, hoe meer is ek verkoop op die idee.

      Comment

      • #4
        Originally posted by MercyChild View Post
        Ek verstaan nie die wegrpaping ten volle nie, ek het so bietjie daarvan opgelees, maar daar is geen skrif wat na die woord "wegraping" verwys nie. Ek wil nie tegnies of ingewikkeld raak omtrent die onderwerp nie, maar verlang om meer te weet aangaandie die onderwerp. Ek is op soek dink ek na skrif verwysings wat na die wegraping verwys. Verder is ek ook nie seker wanneer dit gaan plaasvind nie, of die voor of na die koms van Jesus is. Asb as daar van julle is wat my so bietjie inligting kan gee rondom die onderwerp sal ek dit waardeer. Ek wil dit oplees maar nie so seker waar om te begin.
        MercyChild,

        Ons gemeente is groot voorstanders van die wegraping gedagte. Dit is so 'n diep saak dat dit amper onmoontlik is om dit op die forum te beskryf. Ek kan vir jou verskeie dvd's van lering daaroor pos, gratis, as jy belangstel. "In a nutshell" het dit alles te doen met hoe 'n Joodse bruilof gehou word.

        Comment

        • #5
          Originally posted by Johnny View Post

          Mag ons so lewe dat ons waardig geag sal wees om te gaan as Hy ons kom haal voor die verdrukking
          The LORD is my Miracle

          G_d was gracious He has shown favor

          Hope is a seed
          God plants in our hearts
          to remind us
          there are better things ahead.
          -Holley Gerth

          Comment

          • #6
            Originally posted by Philip dT View Post
            Hallo MaryChild. Nie almal hier stem daaroor saam nie.

            My beskeie mening is dat daar net een wederkoms gaan wees na die verdrukking waar Christus gaan kom om al sy kinders met Hom te verenig. Ek lees ook nie die woord "wegraping" in die NT nie. Persoonlik het ek egter nie soseer iets teen die term "wegraping" as sodanig nie, maar die konnotasie wat daaraan geheg word, nl. dat diegene wat die "wegraping" voorstaan, gewoonlik daaronder verstaan dat Christus twee keer weer gaan kom, eers voor die millenium (1000 jaar) en weer na die millenium. Tydens die millenium sou diegene wat "agterbly" dan 'n "tweede kans" op verlossing kry.

            Dis laasgenoemde lerings waarmee ek nie saamstem nie.

            groete
            Hierdie onderwerp is beslis nog vir my baie onduidelik en vaag. Maw as ek dit dan reg verstaan is dat ons nie net gaan wegraak, soos wat die woordjie wegraping aandui nie, maar dat Jesus weer gaan kom, soos wat die skrif dit stel, en ons dan saam met Hom neem. Ek lees in Johannes 14 dat Jesus se dat Hy na die Vader gaan om vir ons plek te berei, en dan gaan kom om ons te haal om saam met hom te gaan. Is dit dan wat ek onder wegraping of is dit net die wederkoms?

            Waar kom die mense dan aan wegraping, as die woord nie eens in die Bybel aangeteken is nie?
            Saved by Grace!

            Praying for Mieke and Charles
            Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.

            My testimony
            http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

            Comment

            • #7
              Originally posted by Johnny View Post
              MercyChild,

              Ons gemeente is groot voorstanders van die wegraping gedagte. Dit is so 'n diep saak dat dit amper onmoontlik is om dit op die forum te beskryf. Ek kan vir jou verskeie dvd's van lering daaroor pos, gratis, as jy belangstel. "In a nutshell" het dit alles te doen met hoe 'n Joodse bruilof gehou word.
              Kan jy my asb verduidelik hoekom julle dit die wegraping noem en is daar dan volgens wat julle glo 'n verskil tussen die wederkoms en die wegraping, of stuur dit op dieselfde af. Ons gaan seker tog nie liggaamlik die hemel kan ingaan nie, want soos ek dit verstaan is dit die siel wat hier van belang is.
              Saved by Grace!

              Praying for Mieke and Charles
              Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.

              My testimony
              http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

              Comment

              • #8
                Hallo jy!!

                Lukas 21:36 Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.

                Dit is 'n vers ter steuning van "ontvlugting" of dan "wegraping"

                The LORD is my Miracle

                G_d was gracious He has shown favor

                Hope is a seed
                God plants in our hearts
                to remind us
                there are better things ahead.
                -Holley Gerth

                Comment

                • #9
                  Originally posted by Ta-An View Post
                  Hallo jy!!

                  Lukas 21:36 Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.

                  Dit is 'n vers ter steuning van "ontvlugting" of dan "wegraping"

                  Hi Anneke

                  Watter dinge is dit wat ons wil ontvlug? Soos ek dit sien bly dit maar die wederkoms, want dan ontvlug ons mos dit wat daarna gaan gebeur, en ons gaan voor die Seun staan. Al wat ek belangrik skou op die vers is dat ons moet waak en bid.......en bid is om verhouding met God te h, en as jy 'n verhouding met iemand het, dan gee julle mos julself aan mekaar. Maw wat ek probeer s is dat ons dan agv ons verhouding met God mos sal verkies om reg te wil lewe. En om saam met Jesus te wees, moet ons reg lewe. En dan die waak gedeelte is seker maar teen die duiwel, soos wat ons baie maal gewaarsku is teen dinge soos valse profete ens......
                  Saved by Grace!

                  Praying for Mieke and Charles
                  Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.

                  My testimony
                  http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

                  Comment

                  • #10
                    Ek verwerp glad nie die gedagte van 'n wegraping voor die verdrukking nie, maar daar is geen enkele teks in die Bybel wat dit klinkklaar en duidelik vir ons uitspel nie. Die tekste wat gebruik word om die standpunt te regeverdig, word bloot so geinterpreteer deur die voorstanders daarvan, maar dit kan almal bloot ook verwys na die wederkoms, wat na die verdrukking sal plaasvind. "Bottom line," ons is glad nie seker nie. Dit mag dalk so gebeur maar dit mag dalk ook nie. Daarom glo ek, leef eerder asof daar nie 'n wegraping voor die verdrukking gaan wees nie en maak seker jy is sterk genoeg om die moeilike tye te deurstaan, en gereed om weggeraap te word indien dit wel sou gebeur. As daar wel 'n wegraping plaasvind, en jy word saamgeneem, dan is dit 'n bonus.

                    Terloops, soos ek Lukas 12:36 vertolk, se Jesus bloot dat daar gewaak en gebid moet word, sodat jy nie ingesluk word deur die sonde van die wereld in die laaste dae nie, omdat dit bitter moeilik sal wees om staande te bly. (Sien vers 34) Dit is die sonde en die ewige verderf wat daarmee saamgaan, wat "ontvlug" moet word, sodat jy voor die Regterstoel van Christus kan staan op die oordeelsdag...

                    Comment

                    • #11

                      Suster, die verdrukking wat kom......dit sal mens graag wil ontvlug
                      The LORD is my Miracle

                      G_d was gracious He has shown favor

                      Hope is a seed
                      God plants in our hearts
                      to remind us
                      there are better things ahead.
                      -Holley Gerth

                      Comment

                      • #12
                        Originally posted by MercyChild View Post
                        Kan jy my asb verduidelik hoekom julle dit die wegraping noem en is daar dan volgens wat julle glo 'n verskil tussen die wederkoms en die wegraping, of stuur dit op dieselfde af. Ons gaan seker tog nie liggaamlik die hemel kan ingaan nie, want soos ek dit verstaan is dit die siel wat hier van belang is.
                        MercyChild, soos ek genoem het om die wegraping te verstaan moet jy die Joodse bruilof verstaan. Die Ou Testament is in Hebreeus geskryf en die Nuwe in Grieks. Die woord vir "verdwyn", "wegraak" is Harpazo in die Grieks, wat wegraping beteken. Weereens sal ek vir jou die dvd's moet stuur, en enige iemand wat belang stel....gratis. Jesus kom ons wegneem (wegraping) waar ons (die ware kerk) saam met hom vir 7 jaar in die hemel sal wees terwyl ALLE hel op die aarde losbars, nl die 7 jaar verdrukking, die antichris wat vanuit die 3de tempel die wereld sal regeer. Na die 7 jaar kom Jesus met Sy Bruid terug vir die Bruilofsmaal. Alles sal vir jou duidelik word in die dvd's.

                        Comment

                        • #13
                          Originally posted by Gene View Post
                          Ek verwerp glad nie die gedagte van 'n wegraping voor die verdrukking nie, maar daar is geen enkele teks in die Bybel wat dit klinkklaar en duidelik vir ons uitspel nie. Die tekste wat gebruik word om die standpunt te regeverdig, word bloot so geinterpreteer deur die voorstanders daarvan, maar dit kan almal bloot ook verwys na die wederkoms, wat na die verdrukking sal plaasvind. "Bottom line," ons is glad nie seker nie. Dit mag dalk so gebeur maar dit mag dalk ook nie. Daarom glo ek, leef eerder asof daar nie 'n wegraping voor die verdrukking gaan wees nie en maak seker jy is sterk genoeg om die moeilike tye te deurstaan, en gereed om weggeraap te word indien dit wel sou gebeur. As daar wel 'n wegraping plaasvind, en jy word saamgeneem, dan is dit 'n bonus.

                          Terloops, soos ek Lukas 12:36 vertolk, se Jesus bloot dat daar gewaak en gebid moet word, sodat jy nie ingesluk word deur die sonde van die wereld in die laaste dae nie, omdat dit bitter moeilik sal wees om staande te bly. (Sien vers 34) Dit is die sonde en die ewige verderf wat daarmee saamgaan, wat "ontvlug" moet word, sodat jy voor die Regterstoel van Christus kan staan op die oordeelsdag...

                          Dankie. Miskien is ek nog net nie opgewasse genoeg om sekere onderwerpe te verstaan nie. Lukas 12:36 is vir my op die staduim duidelik genoeg, en dink ek sal vir eers daarby hou. Dis net, ek weet nie werklik waar om 'n beginpunt te maak nie. Ek het hierdie boek oor die wegraping by die Biblioteek gaan uitneem en die inligting rondom dit is verwarrend en klink heeltemal onrealisties. Ek weet van beter as om nie met die Woord te stry nie, maar om iets te skryf of te se, sonder dat die Bybel dit staaf, maak net nie vir my sin nie..........Ek gaan hierdie wegraping op die rak plaas vir eers
                          Saved by Grace!

                          Praying for Mieke and Charles
                          Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.

                          My testimony
                          http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

                          Comment

                          • #14
                            Mercychild, ek stem saam, moenie jou moeg maak oor iets wat nie duidelik in die Bybel uitgespel word nie, en geen invloed op jou verhouding met die Here of jou eindbestemming het nie. Ek glo 'n mens hoef nie "opgewasse" te wees om sekere goed in die Bybel te verstaan nie. Die Bybel is vir eenvoudiges gskryf, nie vir "slim en geleerde" mense nie. En dit wat daar staan, bevat alles wat ons nodig het om te weet, en dit wat die Here wil he ons moet weet, is eenvoudig genoeg om te verstaan sonder spesiale eienskappe of kennis. Die Bybel is voldoende, nie die Bybel PLUS 'n meestersgraad, of die Bybel PLUS agtergrondkennis oor Joodse huwelike of wat ookal nie.

                            Comment

                            • #15

                              Gene, wat of hoeveel weet jy van 'n Joodse huwelik en hoe dit in pas by die wederkoms? Noem maar die punte hieronder. Hoor graag van jou.

                              Comment

                              Working...
                              X