Announcement

Collapse
No announcement yet.

Groot sonde, klein sonde of sommer net stoutigheid?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Groot sonde, klein sonde of sommer net stoutigheid?

    Ek het bietjie in die dames forum gaan lees en afgekom op hierdie teks, (1Pe 3:7) Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe issodat julle gebede nie verhinder mag word nie.

    Nou dink ek, daar is verskillende "penalties" vir verskillende "sondes". Dink bv aan Eer jou vader en jou moeder sodat... Dit het niks te doen met jou redding al dan nie, maar verhinder dat jy soos Henog met God kan wandel. Dis tog die klein jakkalsies wat die wingerd verniel.

    Is julle manne bewus van wat Petrus hier geskryf het?
    Is daar nog sulke voorbeelde?

  • #2
    As jy koning priester en profeet van jou huis wil wees...

    Eph 5:25 Manne, julle moet jul eie vroue liefh, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het
    Eph 5:26 om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord,
    Eph 5:27 sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees.
    Eph 5:28 So behoort die mans hulle eie vroue lief te h soos hul eie liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief;
    Eph 5:29 want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die Here die gemeente.

    Dis die stukkie na die "famous" vrouens moet onderdanig wees... so wees gehoorsaam aan God se Woord hierin en jou vrou sal onderdanig aan jou wees , want dan kan sy jou respekteer en liefhe en bewonder, jy sal haar "prince charming " soos die wereld se word; MAAR beter nog jy sal groei na die beeld van Jesus
    Dis alles net genade -Ma Grace
    "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

    Comment


    • #3
      Willem, die punt wat ek probeer maak, is dat sonde veroorsaak dat gebede nie verhoor word nie. Sonde het implikasies, of ek nou daarvan hou of nie. Ek weet dit is so, want ek het ondervinding! Gaan kyk na Jes 59:2.

      'n Belangrike sonde wat mense maar dink is OK, is buite huwelikse omgang. Eish, ek weet nie werklik hoe dit werk nie, maar dit veroorsaak 'n groot gemors en jou vrou het jou nie eers betrap nie!! Daardie versie van die twee wat een word, dink ek is baie dieper as wat mens ooit kan peil.

      Daar is iets soos die geestesrealm/wreld. Of daar dalk iets gebeur as jy daai ding doen, is ek nie seker oor nie, maar ek weet jy het groot moeilikheid. Dit het 'n impak vir jare daarna, selfs vir die res van jou lewe as jy nie werk maak daarvan nie. Selfs jou vrou het probleme as julle weer bymekaar kom en sy het niks eers gedoen nie!! Dis nie 'n skuldgevoel nie, want jy het lankal vergeet van daardie episode. Dis iets anders en ek kan dit nie verduidelik nie.

      OK God vergewe jou en al daai lekker dinge, maar selfs daarna, is dinge nie reg nie en dit vat lank om daai battle te baklei sodat jy weer God kan nader in gebed. Jy kan steeds bid, maar dis teen die dak vas. Dis 'n in diepte studie wat ek nog nie aangepak het nie. Maar wat as mense nie weet van die implikasies nie?

      Ek probeer nie nou teologie pleeg nie, ek vertel net wat my ervaring is.

      Groetnis
      Last edited by Henry; Jun 6th 2009, 04:58 PM.

      Comment


      • #4
        Originally posted by Henry View Post
        Willem, die punt wat ek probeer maak, is dat sonde veroorsaak dat gebede nie verhoor word nie. Sonde het implikasies, of ek nou daarvan hou of nie. Ek weet dit is so, want ek het ondervinding! Gaan kyk na Jes 59:2.
        Ek weet , sorry , soos ek vandag vir my vrou se: spel dit uit asb ek sukkel met hints.. ek stem saam , en Jes wat jy hierbo noem is ook een.. terloops dankie vir die een oor om haar te respekteer ook, was nie bewus daarvan nie, sal nou maar moet begin probeer tot ek uitfigure ek kan nie , dan vir Here gee sodat ek dit eventually kan regkry miskien vinniger om Hom te vra om my te leer om dit te doen ne?

        Originally posted by Henry View Post
        'n Belangrike sonde wat mense maar dink is OK, is buite huwelikse omgang. Eish, ek weet nie werklik hoe dit werk nie, maar dit veroorsaak 'n groot gemors en jou vrou het jou nie eers betrap nie!! Daardie versie van die twee wat een word, dink ek is baie dieper as wat mens ooit kan peil.

        Daar is iets soos die geestesrealm/wreld. Of daar dalk iets gebeur as jy daai ding doen, is ek nie seker oor nie, maar ek weet jy het groot moeilikheid. Dit het 'n impak vir jare daarna, selfs vir die res van jou lewe as jy nie werk maak daarvan nie. Selfs jou vrou het probleme as julle weer bymekaar kom en sy het niks eers gedoen nie!! Dis nie 'n skuldgevoel nie, want jy het lankal vergeet van daardie episode. Dis iets anders en ek kan dit nie verduidelik nie.

        OK God vergewe jou en al daai lekker dinge, maar selfs daarna, is dinge nie reg nie en dit vat lank om daai battle te baklei sodat jy weer God kan nader in gebed. Jy kan steeds bid, maar dis teen die dak vas. Dis 'n in diepte studie wat ek nog nie aangepak het nie. Maar wat as mense nie weet van die implikasies nie?

        Ek probeer nie nou teologie pleeg nie, ek vertel net wat my ervaring is.

        Groetnis
        Toe ek nou lees van daai 2 word een voor Here toe dink ek aan die 1 Co 7:14 wat ons ruk terug op afgekom het in sel .... dis nogal anderste een daai ! Vir my is dit net weer God se ongelooflike onbeskryflike genade en liefde.
        Dis alles net genade -Ma Grace
        "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

        Comment

        Working...
        X