Announcement

Collapse
No announcement yet.

Tiende Betaal - Ja of Nee

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Bespreking Tiende Betaal - Ja of Nee

    Ek betaal 10de elke maand. Is dit nog op ons van toepassing of was dit net vir die Ou Testament? Kan ons die Ou Testament los maak van die Nuwe Testament?

    Ou Testament:
    Mal 3:10 Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sÍ die HERE van die leŽrskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle Ďn oorvloedige seŽn sal uitstort nie.

    Nuwe Testament:
    Mat 22:21 Hulle antwoord Hom: Die keiser s'n. Daarop sÍ Hy vir hulle: Betaal dan aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom.

    Behoort alles nie aan God nie? As die regering se "...betaal 35% belasting van jou salaris aan my...", hoe kan ons nie 10% aan God betaal wat in elk geval aan Hom behoort nie. Is ons meer gehoorsaam aan landswette as aan die Woord?


  • #2
    Originally posted by Johnny View Post
    Ek betaal 10de elke maand. Is dit nog op ons van toepassing of was dit net vir die Ou Testament? Kan ons die Ou Testament los maak van die Nuwe Testament?

    Ou Testament:
    Mal 3:10 Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sÍ die HERE van die leŽrskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle Ďn oorvloedige seŽn sal uitstort nie.

    Nuwe Testament:
    Mat 22:21 Hulle antwoord Hom: Die keiser s'n. Daarop sÍ Hy vir hulle: Betaal dan aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom.


    Behoort alles nie aan God nie? As die regering se "...betaal 35% belasting van jou salaris aan my...", hoe kan ons nie 10% aan God betaal wat in elk geval aan Hom behoort nie. Is ons meer gehoorsaam aan landswette as aan die Woord?


    My menining is dat beide die NT en OT van toepassing kan wees in ons lewens of dan nie. Baie maal maak ons die keuse en ons soek dan nogal uit die skrif vir ons bedoel is of nie. In my eie opinie en ondervinding ontvang ek verskriklik baie uit beide Ou en NT en daarom dink ek dat die volle Bybel tog op ons lewens van toepassing behoort te wees. Ek vat bv. die stories reg van Genesis en die Isrealiete wat uit Exodus uit slawerny bevry is. Hierdie is alles geksrywe sodat ons iets daaruit kan leer en nie net vir geskiedenis doeleiendes nie. Ek verstaan nou eers hoe die OT en NT in mekaar vloei.
    Ek dink jy het reg om jou tiende te betaal, ek dink dit is maar net 'n stap van gehoorsaamheid. Die hele sondeval het dan begin deur die stap van ongehoorsaamheid. So as die woord vir my 'n duidelike instruksie gee, en my hart getuig saam met dit, sal ek verkies om die instruksie in gehoorsaamheid deur te voer. Ek dink nie ons kan regtig die OT en NT van mekaar los maak nie.....maar dit is net my opinie.
    Saved by Grace!

    Praying for Mieke and Charles
    Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


    My testimony
    http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

    Comment


    • #3
      Hallo Julle,

      Johnny, ek is nie van oortuiging dat ons nog 'n tiende moet betaal nie.

      Ek was geleer dat ek 10% van my inkomste moet gee. En ek het op 'n stadium.

      Maar mettertyd het ek meer gelees oor hierdie onderwerp. En dit wat ek gelees het, het my anders oortuig. NOU, gee ek soos ek voel, uit 'n vrye wil, wanneer ek kan en ek sien dat iemand dit nodig het.

      Voorheen het ek gegee en gesien hoe die "kerk" dit mors op fancy posters, Apple Mac rekenaars, up to date klank toerusting en baie ander dinge wat, as mens regtig daaraan dink, nie nodig is nie. En ek weet ek veralgemeen, maar in 'n ander "kerk" bou hulle weer 'n fancy dit of dat, of die predikant moet oorsee reis om te gaan dit of dat, en ons weet wat kos daai kaartjies. Maar die regtige behoeftiges, O!, ons moet bid vir hulle. Bid vir hulle. As daar so 'n ietsie oorbly na ons die meer belangrike dinge soos rekenaars en posters en nonsens betaal het, help ons graag die behoeftiges. Dit gel nie meer so lekker vir my nie.

      Maar dit was goed, want dit het my laat rond krap na antwoorde.

      Ek kan baie punte noem om 'n siening dat 'n finansiele 10de, in my opinie, nie bybels is nie, maar ek sal volstaan met vyf vrae vir eers.


      1) Waar lees ons dat geld gegee was as 'n tiende?

      2) Diegene wat die tiendes in die OT ontvang het, bestaan daai groep mense nog?

      3) Wie het tiendes betaal? (OT en NT)

      4) Wie het nie betaal nie? (OT en NT)

      5) Het Abraham van sy eie eiendom 'n tiende gegee?


      Ek dink dit kan dalk 'n warm draad raak hierdie.

      Groete
      Paul

      Comment


      • #4
        nog 'n rippel in die water..... tiendes voor of na belasting

        Ons benodig 'n houtlepel emoticon
        The LORD is my Miracle

        G_d was gracious He has shown favor


        Hope is a seed
        God plants in our hearts
        to remind us
        there are better things ahead.
        -Holley Gerth

        Comment


        • #5
          Paul, dis jou keuse. Ek kan klomp versies kwout, maar vir wat? Die Here het nie jou of enigeen se geld nodig om sy liggaam in stand te hou nie. Alles behoort tog aan Hom of mens dit nou wil erken of nie.

          Wat die kerk met die geld maak is hulle saak, nie joue nie. Die vraag wat jy jouself moet afvra is, Was ek gehoorsaam?
          Last edited by Henry; Jun 5 2009, 07:45 PM.

          Comment


          • #6
            Originally posted by Ta-An View Post
            nog 'n rippel in die water..... tiendes voor of na belasting
            Voor belasting. Altyd voor belasting.

            Comment


            • #7
              Bestuurderskap

              Bestuurderskap


              Daar is hoofsaaklik twee stelsels in die wÍreld, naamlik:
              Kapitalisme
              Rykdom behoort aan die een wat daarvoor gewerk het en hy kan daarmee maak wat hy wil.
              Sosialisme
              Rykdom behoort aan die gemeenskap en die regering moet dit beheer
              ALBEI IS EGTER VERKEERD
              ALLES BEHOORT AAN GOD EN ONS IS SY BESTUURDERS
              Lukas 16:1 – 2
              En Hy het ook aan sy dissipels gesÍ: Daar was 'n ryk man wat 'n bestuurder gehad het; en hy is by hom aangeklaag as een wat sy besittings verkwis.
              En hy het hom geroep en vir hom gesÍ: Wat is dit wat ek van jou hoor? Gee verslag van jou bestuur van sake; want jy sal nie meer bestuurder kan wees nie.
              Job 1:21
              …….en gesÍ: Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. Die HERE het gegee, en die HERE het geneem: die Naam van die HERE sy geloofd!
              1 KorinthiŽrs 4:7
              Want wie trek jou voor? En wat het jy wat jy nie ontvang het nie? En as jy dit dan ontvang het, waarom roem jy asof jy dit nie ontvang het nie?
              1 Timoteus 6:7
              Want ons het niks in die wÍreld ingebring nie; dit is duidelik dat ons ook niks daaruit kan wegdra nie.
              God sal ons eendag tot verantwoording roep oor wat ons met sy besittings gemaak het. Ons bestuurderskap eindig wanneer ons sterf – daarom neem ons niks saam nie.
              Wat finansies aanbetref, vertrou God 9/10 van Sy geld aan ons bestuurderskap toe, terwyl Hyself aanspraak maak op slegs 1/10 of 10%.
              HOEKOM ‘N TIENDE?
              Omdat dit ‘n regverdige stelsel is – almal gee eweveel ongeag van verdienste.
              Maleagi 3:8 & 10
              Mag 'n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sÍ: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe.
              Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sÍ die HERE van die leŽrskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle 'n oorvloedige seŽn sal uitstort nie.
              Omdat God Sy karakter in ons wil inbou. Hy sal nooit iets van ons verwag wat Hy nie eers self gedoen het nie. Hy het Sy ALLES gegee.
              Johannes 3:16
              Want so lief het God die wÍreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hÍ.
              HY WIL HÍ ONS MOET SOOS HY WEES
              Lukas 6:38
              Gee, en aan julle sal gegee word. 'n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in jul skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.
              Handelinge 20:35
              Ek het julle in alles getoon dat ons deur so te arbei die swakkes moet help en die woorde van die Here Jesus moet onthou, dat Hy gesÍ het: Dit is saliger om te gee as om te ontvang.
              Omdat hy ons nie wil beroof nie, maar juis wil seŽn. Om 1/10 te gee is om te saai!!
              GalasiŽrs 6:7
              Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.
              2 KorinthiŽrs 9: 6 & 10
              Maar dink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai.
              En mag Hy wat saad verskaf aan die saaier, ook brood verskaf om te eet en julle saad vermeerder en die vrug van julle geregtigheid laat toeneem,
              As ek nie saai nie, kan ek nie ‘n oes verwag nie. Slegs wat ons aan God gee, kan Hy vermeerder, byvoorbeeld.
              DIE WEDUWEE VAN SARFAT
              1 Konings 17:9 - 16
              Maak jou klaar, gaan na Sarfat wat by Sidon is, en bly daar; kyk, daar het Ek aan 'n weduwee bevel gegee om jou te onderhou.
              Daarop het hy hom gereedgemaak en na Sarfat gegaan; en toe hy by die ingang van die stad kom, was 'n weduwee juis besig om daar houtjies bymekaar te maak. En hy roep haar en sÍ: Gaan haal tog vir my 'n bietjie water in die kan, dat ek kan drink.
              Terwyl sy loop om dit te gaan haal, roep hy na haar en sÍ: Bring tog vir my 'n stukkie brood saam.
              Maar sy antwoord: So waar as die HERE u God leef, ek het nie 'n broodkoek nie, net maar 'n handvol meel in die pot en 'n bietjie olie in die kruik; en hier maak ek nou 'n paar houtjies bymekaar; dan gaan ek en maak dit vir my en my seun klaar, dat ons dit kan eet en sterwe.
              En ElŪa sÍ vir haar: Wees nie bevrees nie, gaan heen, doen volgens jou woord; maar maak eers daarvan vir my 'n broodkoekie en bring dit uit vir my; daarna kan jy vir jůu en jou seun iets klaarmaak.
              Want so sÍ die HERE, die God van Israel: Die meel in die pot sal nie opraak en die olie in die kruik sal nie minder word nie, tot op die dag dat die HERE reŽn op die aarde sal gee.
              En sy het gegaan en gehandel volgens die woord van ElŪa; en sy het geŽet--sy en hy en haar gesin dae lank:
              die meel in die pot het nie opgeraak en die olie in die kruik nie minder geword nie, volgens die woord van die HERE wat Hy deur die diens van ElŪa gespreek het.
              Sy moes eers aan die man van God gee. Sy moes “saad” saai en toe kry sy ‘n oes waaarvan sy kon lewe. As sy die saad vir haarself gehou het, was dit haar en haar seun se laaste maaltyd.
              VERMEERDERING VAN DIE BROOD
              Matteus 14:14 - 20
              En toe Jesus uitgaan, het Hy 'n groot skare gesien en innig jammer vir hulle gevoel, en Hy het hulle siekes gesond gemaak.
              En toe dit aand geword het, kom sy dissipels na Hom en sÍ: Die plek is verlate, en dit is al oor die tyd; stuur die skare weg, sodat hulle na die dorpe kan gaan en vir hulle voedsel koop.
              Maar Jesus sÍ vir hulle: Hulle hoef nie weg te gaan nie; gee julle vir hulle iets om te eet.
              Maar hulle antwoord Hom: Ons het hier net vyf brode en twee visse.
              En Hy sÍ: Bring dit hier vir My.
              Toe gee Hy die skare bevel om op die gras te gaan sit; en Hy neem die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en dank; en nadat Hy die brode gebreek het, gee Hy dit aan die dissipels en die dissipels aan die skare.
              En almal het geŽet en versadig geword, en hulle het die oorskot van die brokstukke opgetel, twaalf mandjies vol.
              Iemand moes eers gee!
              DIE ARM WEDUWEE
              Lukas 21:4
              Want hulle almal het uit hul oorvloed by die gawes van God ingegooi, maar sy het uit haar gebrek ingegooi alles wat sy gehad het om van te lewe.
              Baie mense sÍ: “Ek kan dit nie bekostig nie!”
              Johannes 3:16
              Want so lief het God die wÍreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hÍ.
              Hy het “gesaai” en u en my geoes.
              Johannes 12:24


              Voorwaar, voorwaar Ek sÍ vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.
              1. Omdat God se grootste opdrag (Mat. 28: 19) nie sonder geld uitgevoer kan word nie. Geld is nodig vir evangelisasie, vir kerkgeboue, vir die lewensonderhoud van evangelie dienaars.
              Matteus 28:19


              Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
              1 KorinthiŽrs 9:14
              So het die Here ook vir die wat die evangelie verkondig, bepaal dat hulle van die evangelie moet lewe.
              2 Timoteus 2:4
              Niemand wat 'n krygsman is, wikkel hom in die werksaamhede van die lewensonderhoud nie, sodat hy die een kan behaag wat hom vir die diens gewerf het.
              (Dit is ironies dat ‘n mens te trots is dat iemand anders vir jou kos, klere en huis betaal en tog is baie mense bereid dat ander mense betaal vir die oop kerkdeur waardeur hulle ingaan; vir die kerkbank waarop hulle sit; vir die bediening van die Woord waarna hulle luister)
              MET WATTER GESINDHEID MOET ONS GEE?
              ONSSELF eers aan die Here.
              2 KorinthiŽrs 8:5
              …..en het nie alleen gedoen soos ons verwag het nie, maar het hulself eers aan die Here gegee, en toe aan ons deur die wil van God.
              Uit LIEFDE vir God.
              1 KorinthiŽrs 13:3
              En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.
              Met BLYMOEDIGHEID
              2 KorinthiŽrs 9:7
              Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het 'n blymoedige gewer lief.
              Met GELOOF in die Woord dat God my bron is.
              Spreuke 3:9 & 10
              Vereer die HERE uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste;
              dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos.
              Maleagi 3:10
              Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sÍ die HERE van die leŽrskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle 'n oorvloedige seŽn sal uitstort nie.
              Filippense 4:19
              En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.
              HOEVEEL IS ‘N TIENDE?
              Maleagi 3:10
              Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sÍ die HERE van die leŽrskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle 'n oorvloedige seŽn sal uitstort nie.
              Matteus 22:21
              Hulle antwoord Hom: Die keiser s'n. Daarop sÍ Hy vir hulle: Betaal dan aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom.
              Haggai 1:4 – 11
              Is dit vir julle self wel tyd om in julle betimmerde huise te woon, terwyl hierdie huis in puin lÍ?
              So sÍ die HERE van die leŽrskare dan nou: Gee ag op wat julle wedervaar het:
              julle het baie gesaai, maar min ingebring; julle het geŽet, maar nie tot versadiging nie; julle het gedrink, maar nie genoeg gekry nie; julle het jul geklee, maar nie warm geword nie; en wie hom vir loon verhuur, verhuur hom om dit in 'n stukkende beurs te steek.
              So sÍ die HERE van die leŽrskare: Gee ag op wat julle wedervaar het!
              Klim op die berg en bring hout aan en bou die huis; dan sal Ek 'n welgevalle daaraan hÍ en My verheerlik, sÍ die HERE.
              Julle het uitgesien na baie, en kyk, dit het min geword; en julle het dit in die huis gebring, maar Ek het dit weggeblaas. Waarom? spreek die HERE van die leŽrskare. Ter wille van my huis wat in puin lÍ, terwyl elkeen van julle vir sy eie huis hardloop.
              Daarom het die hemel bo julle die dou ingehou en die aarde het sy opbrings teruggehou.
              En Ek het droogte oor die land geroep en oor die berge en oor die koring en oor die mos en oor die olie en oor alles wat die grond oplewer; en oor die mense en oor die diere en oor alle arbeid van die hande.
              “DIT IS SALIGER OM TE GEE AS OM TE ONTVANG”

              Comment


              • #8
                Originally posted by Henry View Post
                Paul, dis jou keuse. Ek kan klomp versies kwout, maar vir wat? Die Here het nie jou of enigeen se geld nodig om sy liggaam in stand te hou nie. Alles behoort tog aan Hom of mens dit nou wil erken of nie.

                Wat die kerk met die geld maak is hulle saak, nie joue nie. Die vraag wat jy jouself moet afvra is, Was ek gehoorsaam?


                Hallo Henry,

                Dit is soos jy se, "dis jou keuse". En Johnny het die teks hier geplaas wat juis die punt ondersteun.

                Johnny skryf,
                "Met BLYMOEDIGHEID
                2 KorinthiŽrs 9:7
                Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het 'n blymoedige gewer lief."

                Maar om te gee "soos hy hom in sy hart voorneem", is NIE 'n tiende nie. 'n Tiende is 10%. En dit was nerens in die Bybel 10% van jou geldelike inkomste nie. Dit was wel 'n tiende van ander dinge.

                Die priesters in die boek Maleagi was priesters uit die Levitiese bloedlyn. Aan hulle was die tiendes betaal - 'n tiende van die opbrengs van die land, soos in dit wat die grond op gebring het. Aanvaar die leiers van die hedendaagse "kerk" dat hulle die posisie van die Levitiese priesters ingeneem het om die 10des te ontvang en te besluit wat daarmee gemaak word?!

                Om finansieel te gee, is Bybels. Om te beweer dat die tiende 'n geldelike 10% van jou inkomste is, is nie. Daar sal nerens in die Bybel gevind word waar daar 'n tiende van jou inkomste in geld gegee word nie. Nerens! Nou hoekom moet ons dan glo dat dit 'n bybelse instelling is om 10% van jou inkomste te gee as dit nerens so geskryf staan nie?

                Die gee van 'n tiende (buit van ander volke, plaas opbrengste) is deel van die wet van Moses. En Paulus skryf aan ons dat wie die wet wil onderhou, moet die hele wet onderhou, menende al die wette van die OT. En ons almal weet dat daar nie een hier onder ons is wat dit doen nie. Of is ek verkeerd?

                Comment


                • #9
                  Originally posted by Paul Pienaar View Post
                  Hallo Henry,

                  Dit is soos jy se, "dis jou keuse". En Johnny het die teks hier geplaas wat juis die punt ondersteun.
                  Of is ek verkeerd?
                  Paul, ek skryf hier vir myself ook, so as ek jou liddoring raaktrap, skuus, ek het eintlik gemik vir my ingroei toonnael.

                  Ek wil nou nie in teologiese debatte betrokke raak oor wat waarheid is en of dit relatief of absoluut is nie – alhoewel ek dink dis absoluut en die Bybel is die waarheid. (Sien Joh 17:17)

                  Mal 3:10 is een versie waar God jou “dare” om Hom te toets. Hy sÍ tog ... en beproef my hierin...

                  Die rede waarom mense so baie rondom daardie versie redeneer en argumenteer is gewoonlik omdat dit finansieŽl bietjie knap gaan en hulle dit nie kan bekostig as daar “so 'n klomp geld verlore gaan nie.” Ek het egter al te veel getuienisse gehoor om dit nie te glo nie. Hier is 'n artikel wat een so geval beskryf. Uit Time Magazine nogal!!

                  Nou het ek 'n ideŽ. Kom ons toets dit. Kom ons neem R1000 en koop voorraad. Verkoop dit teen 'n wins. Gee 10% van die wins vir die Here. Neem dan wat oorbly en koop weer voorraad. Herhaal dan die proses. Kom ons doen dit en rapporteer oor 12 maande terug. Wat sÍ jy?


                  Groetnis.

                  Comment


                  • #10
                    Kan getuig.

                    Van die 9 jaar wat ek getrou elke maand my tiende betaal het, het ek 2 maande daarvan NIE betaal nie. Dit het met my daardie 2 maande slegter gegaan as al die ander wat ek wel betaal het. Ek kan getuig dat die Here by tye voorsien het wanneer ek gedink het NIKS en NIEMAND sal my kan help nie....en dan kom en bewys die Here maar net weer my klein geloof verkeerd.

                    Comment


                    • #11
                      JA!

                      Tiendes, ek het ook die goed gelees en alles en die belofte wat daar staan is net dit , toets My en ... ons weet wat die Here doen i.t.v. wat Hy belowe...

                      Gelukkig het Maans ( broer by werk ) my ook boekie oor "law of sowing and reaping " gegee wat baie goed behandel . So ek kon die kennis kry en ek dink die Here het my hart aangekla , want ek wou die seen uit die skatkamers he, en nie die tiende gee om gehoorsaam te wees nie ( selfs al is daar goeie argumente oor die Levitiese priesters en dat Jesus nou ons enigste hoof priester is ? as ek reg onthou , sorry ek sukkel nog baie )

                      In elk geval , ek is te bang vir God om so blatant te wees en tot op hede het ek maar nie die tiende gegee nie ,want my hart is/was nie reg nie en ek kom eerder sonder daai seen klaar as dat ek gulsig raak en geld en rykdom wil he en dit GAAN kry en nog hel toe gaan saam met dit. ( bewaar jou hart ! )

                      So ek het maar vir die Here gese ek kan so maak en as Hy sorg sal ek so en so gee en Hy is getrou en ek leer om te gee soos wat Hy voorsien. Party keer sluk ek , maar ..... die Here weet wat ek kan en toets my nie bo my vermoee nie.

                      Ek glo en hoop op Hom dat ek eendag daar sal kom waar ek kan gee soos wat Hy my voorse en dit met absolute blye hart sal kan doen, MAAR as hy dit nie doen in my nie, is daar nie manier wat ek kan sien wat ek dit self sal kan doen nie.

                      Intussen berus ek by : Rom 14 : 4 aan t.o.v hou van wat ek moet.
                      Dis alles net genade -Ma Grace
                      "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

                      Comment


                      • #12
                        'n Mensekenner

                        Willem, God ken ons harte en Hy weet alles. Hy weet ook met watter voorwensels ons gee. As ons dit met liefde doen sonder om enige iets terug te ontvang, waarborg Hy jou dat Hy sal voorsien....nie in rykdom nie, maar wanneer dit moeilik gaan en jy geen uitkomste vir jou probleme sien nie....en dan voorsien Hy nie noodwendig finansieel nie. Hy kan op enige manier voorsien, al is dit net brood op die tafel.

                        Comment


                        • #13
                          Hallo Henry,

                          Hoop jy en andere hier het 'n goeie naweek agter die rug.

                          Nee, jy het darem nie my liddoring raak getrap nie. Ek is maar te bewus van die beperkinge van 'n internet forum wat mens nie juis die geleentheid bied om mens tot mens te gesels en gevoelens te kan deel soos wat mens graag sal wil nie.
                          My persoonlike neiging op 'n gespreksforum is meer swart en wit as wat dit in persoonlike gesprekke is.

                          Ok, terug na die onderwerp onder bespreking. Ek hou van wat Willem geskryf het. En ek dink dat ek persoonlik naby aan Willem se manier handel.

                          Ek is dankbaar vir die finansiele posisie waarin GOD my nou het. 'n Paar jaar gelede was egter moeilik. Maar ek is daardeur.

                          Vir my om 'n tiende te gee, moet ek bewus wees van wat my inkomste is.
                          Ek is nie seker hoeveel dit is nie. Regtig nie. Ek het drie bronne van inkomste en my vrou twee, partykeer drie. Ons tel nie op nie. So ek sal nie weet wat is 10% nie.
                          Maar, ons gee wanneer ons voel ons moet. En snaaks genoeg, is ons gevoel oor hoeveel en vir wie ons moet gee, amper altyd diselfde. Dan doen ons dit sonder om uit te werk wat is die persentasie/10de.
                          Ons het 'n nuwe motor gekoop 'n maand gelede en besluit om die ou een eerder vir iemand te gee wat dit benodig, maar nie haar eie kan bekostig nie. Ek bly in Taiwan, waar ek in baie opsigte nog min weet van wat rondom my aangaan, so ek weet nie wat die waarde van ons ou motor was nie. Het ook nie gevra nie.
                          So, my punt is, dat ek/ons nie op 'n 10de werk nie. Ons is nie ingestel om te tel nie. En ek/ons is dankbaar daarvoor. Ek wil nie begin tel nie, want dalk begin ek weer te ernstig raak oor geld.

                          Jy skryf,
                          "Nou het ek 'n ideŽ. Kom ons toets dit. Kom ons neem R1000 en koop voorraad. Verkoop dit teen 'n wins. Gee 10% van die wins vir die Here. Neem dan wat oorbly en koop weer voorraad. Herhaal dan die proses. Kom ons doen dit en rapporteer oor 12 maande terug. Wat sÍ jy?"

                          OK Henry! Ek hou van speel! My woonstel is klein en nog "voorraad" sal nie in pas nie. Ek het selfs nog 'n half-geboude hout kayak en gereedskap wat nie juis baie doen vir ons binnenshuise dekor nie!
                          So, ek het gou vanoggend aandele gekoop. Hoop dit is OK. - China Motor Company hier in Taiwan. Hulle bou Mazda en Mitsubishi ens. 10% van die wins hou ek uit en sal hier rapporteer. Dan kyk ons hoe dit vorentoe lyk oor 12 maande. Nou moet die prys net nie val nie, ne.

                          China Motor Company (kode - 2204.TW)
                          Gekoop teen 17.2 op Maandag, Junie 8


                          Kom ons kyk wat gebeur. Goeie week vorentoe vir julle!

                          Groete
                          Paul

                          Comment


                          • #14
                            Paul,

                            My vrou het ook 2 inkomste.....hare en myne

                            Comment


                            • #15
                              Originally posted by Johnny View Post
                              Paul,

                              My vrou het ook 2 inkomste.....hare en myne
                              Slim vrou .
                              The LORD is my Miracle

                              G_d was gracious He has shown favor


                              Hope is a seed
                              God plants in our hearts
                              to remind us
                              there are better things ahead.
                              -Holley Gerth

                              Comment

                              Working...
                              X