Announcement

Collapse
No announcement yet.

Het Jesus alkoholiese wyn gemaak en gedrink?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Bespreking Het Jesus alkoholiese wyn gemaak en gedrink?

    Nuwe wyn beteken nog soos in die "korrel", suiwer druiwesap. Ou wyn beteken daardie selfde Nuwe wyn wat tyd gehad het om te gis, daarom skeur die sakke ook a.g.v. die ou wyn, dit gis en blaas die sakke op totdat dit skeur of oopbars.

    Mar 15:23 Toe gee hulle Hom wyn met mirre gemeng om te drink, maar Hy het dit nie geneem nie.
    Luk 1:14 En hy sal blydskap en verheuging vir jou wees, en baie sal oor sy geboorte bly wees;
    Luk 1:15 want hy sal groot wees voor die Here. En wyn en sterk drank sal hy nooit drink nie, en hy sal vervul word met die Heilige Gees reeds van die skoot van sy moeder af.

  • #2
    Ek was nog maar altyd heel apaties teenoor hierdie kwessie, veral omrede ek gedink het die Bybel s nie veel daaroor nie. Jou aanhaling uit Lukas het my egter tweekeer hieroor laat dink : As Johannes se geheelonthouding as 'n goeie eienskap deur die engel geprofeteer is, hoekom sal Jesus dan nie ook hieraan voldoen nie ?

    Ek gaan van nou af ook hierdie argument gebruik, jy't my oortuig, dankie Johnny !
    Last edited by Die Filadelfieer; Jun 5th 2009, 09:13 AM. Reason: spelllfourt :)

    Comment

    • #3
      Originally posted by Johnny View Post

      Mar 15:23 Toe gee hulle Hom wyn met mirre gemeng om te drink, maar Hy het dit nie geneem nie.
      Luk 1:14 En hy sal blydskap en verheuging vir jou wees, en baie sal oor sy geboorte bly wees;
      Luk 1:15 want hy sal groot wees voor die Here. En wyn en sterk drank sal hy nooit drink nie, en hy sal vervul word met die Heilige Gees reeds van die skoot van sy moeder af.

      In Markus word gepraat van die kruisiging waar Jesus nie die wyn en mirre ( verdowing ) geneem het nie ......

      In Lukas word gepraat van Johannes, en sy spesifieke roeping ..... dis nie 'n uitgemaakte saak dat Jesus sy voorbeeld gevolg het nie
      ( Jesus het nie met diervelle in die woestyn gebly en goggas geeet nie ??? )

      Jesus het wel alle versoekings deurstaan wat ons as mense face ......

      .............

      anyways .... kan een van die geleerdes hier die gebriuk en vertaling van wyn en nuwe wyn verduidelik, a.s.b. .... bv :
      * watter wyn is by die instelling van die nagmaal gebruik, en behoort ons dus dan nog te gebruik ..... ?
      * watter "bietjie wyn" praat Paulus van wat goed is vir 'n omgekrapte maag ... ?
      * watter wyn moet ons wel nie dronk van word nie, maar eerder met die Gees ..... ? - beteken dit net moenie dronk word van wyn nie, of beteken dit geheelonthouding ... ?

      as Suid Afrikaners, weet baie van ons om goeie wyn te geniet saam met 'n ete of in geselskap, maar soos om oorboort te gaan met kos, of met enigiets "vleeslik", het te veel wyn sy nagevolge .....

      ( wil regtig graag weet ... ) .... m
      Last edited by mari; Jun 5th 2009, 12:13 PM.
      Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

      Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

      Comment

      • #4
        Powerpoint

        Marie en Fila, ek het regtig 'n baie goeie "presentaion" van Pastoor Dries wat AL jou vrae sal beantwoord. Ek kan dit nie op die forum pos nie aangesien dit die limit oorskry vir 'n attachment (274KB). Kanm ek dit vir julle na 'n e-pos adres stuur asseblief?

        Die wyn wat by die Nagmaal ingestel was, was druiwesap (Nuwewyn). Die rede daarvoor is dat dit die Pasga was of die Fees van die Ongesuurde Brode. Hier het die Jode ongesuurde brood geeet. Daar mag GEEN suurdeeg in gewees het nie, want suurdeeg stel onreinheid voor. Selfs die aand voor die Pasga het die Joodse vrouens selfs met veertjies elke stukkie suurdeeg van die vloer opgevee. Die slefde het gegeld vir die "wyn" wat hulle gedrink het. Bederfte wyn (Ou druiwesap wat gegis het) het ook onreinheid voorgestel en dus was dit 'n nie-alkoholiese wyn.

        Toe Paulus siek was het een van die ander dissipels hom gesmeek om net 'n bitjie wyn te drink. Dit was Ou wyn. Die alkohol in die wyn maak die kieme dood, maar selfs toe wou hy dit nie drink nie. Die basis van alle hoes/maag medisyne vandag bevat nosteeds alkohol.

        Jy sal sien in die "presentation" dat 'n kind van die Here nie eers na 'n "glas wat blink" mag kyk nie. Ons as wedergebore kinders van die Here mag nie eers een glasie wyn drink nie. Jy sal dit baie duidelik sien uit die aanbieding.

        Comment

        • #5
          Johnny ...

          my byte virrie maand is amper op en kannie nou hele storie dowload nie .....

          die blink glas deel intregue my bietjie - klink baie soos van die ou testamentiese voorskrifte .... kan jy die deel daaroor plak 'seblief ? ......

          shalom.... m

          ps.... ek's nie 'n alkolis nie, net 'n Bolander ..... maar, as always, open to discussion ......
          Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

          Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

          Comment

          • #6
            Originally posted by mari View Post

            Hier is hy:

            Pro 23:29 By wie is "Ag!"; by wie is "Wee my!"; by wie is getwis; by wie is geklaag; by wie is wonde sonder oorsaak; by wie is dofheid van o?
            Pro 23:30 By die wat lt opbly by die wyn, by die wat ingaan om gemengde drank te proe.
            Pro 23:31 Kyk nie na die wyn as dit rooiagtig lyk, as dit sy glans gee in die beker, glad na binne gly nie:
            Pro 23:32 op die end byt dit soos n slang en spuug gif uit soos n basilisk.
            Pro 23:33 Jou o sal vreemde dinge sien en jou hart verkeerde dinge spreek;
            Pro 23:34 en jy sal wees soos een wat in die hart van die see l en soos een wat op die top van die mas l.

            Hier is dit duidelik dat ons NIE eers daarna mag kyk nie, vers 31.

            Comment

            • #7
              Spoil Sport!!!!!!!!!

              Dis die babbie wat ek oor gevra het in Bybel vasvra. Ek drink so een of twee maal per jaar 'n dop. Eish
              , wat nou?

              Hier is nog 'n bottel Klippies met 28 tots in. Any takers??

              Comment

              • #8
                Originally posted by Henry View Post
                Spoil Sport!!!!!!!!!

                Dis die babbie wat ek oor gevra het in Bybel vasvra. Ek drink so een of twee maal per jaar 'n dop. Eish, wat nou?

                Hier is nog 'n bottel Klippies met 28 tots in. Any takers??
                Liewers nou 'n Spoil Sport as wat ons eendag voor die Here moet staan en by Hom die waarheid hoor.....dat ons dalk nie Waardig geag is vir Sy Bruid nie....of hoe?

                Comment

                • #9
                  Originally posted by Johnny View Post
                  Liewers nou 'n Spoil Sport as wat ons eendag voor die Here moet staan en by Hom die waarheid hoor.....dat ons dalk nie Waardig geag is vir Sy Bruid nie....of hoe?
                  Hoe kan ons ooit onwaardig wees? Jesus het nie 'n halwe joppie gedoen nie. As mens te veel konsentreer op een aspek van - kom ek noem dit heiligmaking - is dit problematies. Daar is vele ander. Hoeveel aandag gee ons daaraan?

                  PS. ek sal die Klippies wat oor is maar gebruik om te kook.

                  Comment

                  • #10
                    Originally posted by Johnny View Post
                    Hier is hy:

                    Pro 23:29 By wie is "Ag!"; by wie is "Wee my!"; by wie is getwis; by wie is geklaag; by wie is wonde sonder oorsaak; by wie is dofheid van o?
                    Pro 23:30 By die wat lt opbly by die wyn, by die wat ingaan om gemengde drank te proe.
                    Pro 23:31 Kyk nie na die wyn as dit rooiagtig lyk, as dit sy glans gee in die beker, glad na binne gly nie:
                    Pro 23:32 op die end byt dit soos n slang en spuug gif uit soos n basilisk.
                    Pro 23:33 Jou o sal vreemde dinge sien en jou hart verkeerde dinge spreek;
                    Pro 23:34 en jy sal wees soos een wat in die hart van die see l en soos een wat op die top van die mas l.

                    Hier is dit duidelik dat ons NIE eers daarna mag kyk nie, vers 31.

                    Konteks ingelse Jannie .... konteks.... en moenie lees wat nie daar staan nie ........ eish !!

                    as jy die hele storie saam lees, is dit mos duidelik dat hier gepraat word van oordoen - van dronk word ...... en almal ken die babelas van gemengde drankies ......
                    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

                    Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

                    Comment

                    • #11
                      Originally posted by mari View Post
                      Konteks ingelse Jannie .... konteks.... en moenie lees wat nie daar staan nie ........ eish !!

                      as jy die hele storie saam lees, is dit mos duidelik dat hier gepraat word van oordoen - van dronk word ...... en almal ken die babelas van gemengde drankies ......
                      Ek het DRINGEND nodig om vir jou daai Powerpoint Presentation te stuur. Hy is net 274kb...nie MB nie. Hy is maar klein. Komaan....wat het jy om te verloor....'n botteltjie rooiwyn?

                      Comment

                      • #12
                        Plak maar die link weer hier .... my computer somme het nie so lekker gewerk die naweek nie....... effenste verskil tussen kilo & mega....... ....
                        Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

                        Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

                        Comment

                        • #13
                          Originally posted by Henry View Post
                          Hoe kan ons ooit onwaardig wees? Jesus het nie 'n halwe joppie gedoen nie.

                          Dit , Henry, is soos ek dit ook verstaan .............

                          Comment

                          • #14
                            Julle sal nie verstaan totdat julle die "Bruid van Christus" verstaan nie.....en om dit aan julle te probeer verduidelik is....wel, nie maklik nie. Julle sal nou maar alles moet uitdrink...want daar sal nie drank in die hemel wees nie, net soos wat God NIE drank gemaak het op aarde nie. Kom ek vertel gou 'n grappie....en dit is NET 'n grappie.

                            Jannie verkoop baba hondtjies langs die pad.

                            Dominee: "Aai Jannie, maar dit is pragtige hondtjies. Watse hondtjies is dit?
                            Jannie: "Dit is Gereformeerde hondtjies dominee."
                            Dominee: "Ek wil sommer almal koop!"
                            Jannie: "Hulle ogies is nog toe. Dominee sal volgende week moet terugkom.

                            'n Week later.

                            Dominee: "Jannie, ek het die Gereformeerde hondtjies kom koop."
                            Jannie: "Dominee, dit is nou Pinkster hondtjies."
                            Dominee: "Hoe dan so?"
                            Jannie: "Hulle ogies het intussen oopgegaan!"

                            Comment

                            • #15
                              Originally posted by Johnny View Post
                              Julle sal nie verstaan totdat julle die "Bruid van Christus" verstaan nie.....en om dit aan julle te probeer verduidelik is....wel, nie maklik nie. Julle sal nou maar alles moet uitdrink...want daar sal nie drank in die hemel wees nie, net soos wat God NIE drank gemaak het op aarde nie.

                              probleempie met " geen drank in die hemel " ...

                              daar sal ook nie man en vrou wees ( huwelik ) ...... kindersmaak ens nie...

                              dra ons nie klere nie.....

                              gaan ons nie kos nodig he nie ....

                              ..... m

                              ens...
                              ens ....

                              as ons " dit sal nie in die hemel wees nie" wil van toepassing maak, sit ons met 'n paar tameletjies ......

                              en sover ek weet is alles in die Hemel en op aard Sy handewerk .... die duiwel kan nie skep nie, net verdraai .....

                              Working...
                              X