Announcement

Collapse
No announcement yet.

Die Vrug van die Gees

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Die Vrug van die Gees

    Originally posted by Tonton View Post
    Hmmm - dan nogal 'n gesalfde van die Here. Of is hy nie 'n gesalfde nie omdat hy aan beide vertalings lees en van Trekkers praat?

    Wilderness, lankmoedigheid is een van die vrugte van die Gees. Werk daaraan. Dit is goed om passionate te wees, maar Christene moet mekaar regop hou en versterk - nie omstoot en afbreek nie. Anders is hulle in die vlees, en die vlees werk teen die Gees.

    Gal 5:22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.

    Groete in Jesus,
    Anton
    Anton, kan mens selfbeheersing hÍ sonder liefde? Is die vrugte met 'n rede in daardie volgorde gelys? Ek dink so.

  • #2
    Originally posted by Henry View Post
    Anton, kan mens selfbeheersing hÍ sonder liefde? Is die vrugte met 'n rede in daardie volgorde gelys? Ek dink so.
    Henry,

    Goeie vraag. Dit is sekerlik hoekom liefde die eerste vrug van die Gees is.

    Goeie waarneming - ek sien dit nou eers!

    Groete,
    Anton
    השייך לאלוהים דרך ישו

    Comment

    • #3
      Maters... ek sÍ dit weer.... daar is net EEN vrug van die Gees. Met nege eienskappe. Jy kan hulle nie los maak van mekaar nie. Jy het of die vrug van die Gees in sy volheid (al 9 sy eienskappe) of glad nie.
      The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

      Comment

      • #4
        Originally posted by Henry View Post
        Anton, kan mens selfbeheersing hÍ sonder liefde? Is die vrugte met 'n rede in daardie volgorde gelys? Ek dink so.
        Skerp Henry ! Soos wat Lanie tereg sÍ is dit tegnies nie korrek om van (meervoud) vrugte te praat nie, maar dit lyk my alles draai om daai woordjie : liefde, begininde by God se liefde vir ons, en dan ook soos jy skryf die heel eerste eienskap van 'n Gees-vervulde lewe.

        Comment

        • #5
          Originally posted by Lanie View Post
          Maters... ek sÍ dit weer.... daar is net EEN vrug van die Gees. Met nege eienskappe. Jy kan hulle nie los maak van mekaar nie. Jy het of die vrug van die Gees in sy volheid (al 9 sy eienskappe) of glad nie.
          Lanie, jy is so reg, dis al 9 eienskappe in gelyke proporsie, daar is nie so iets soos die "eerste" vrug van die Gees nie..alles of niks.

          Comment

          • #6
            Originally posted by lukeskywalker View Post
            Lanie, jy is so reg, dis al 9 eienskappe in gelyke proporsie, daar is nie so iets soos die "eerste" vrug van die Gees nie..alles of niks.
            Is jy doodseker hieroor? Ek is nogal versigtig om te beweer, "DIS SOOS DIT WERK!!!"

            Comment

            • #7
              Originally posted by Henry View Post
              Is jy doodseker hieroor? Ek is nogal versigtig om te beweer, "DIS SOOS DIT WERK!!!"
              Ek is doodseker hieroor...as jy 'n Christen is en jou lewe aan die Here behoort, sal jy al 9 eienskappe of dan die Vrug van die Gees openbaar. (soos genoem in Galasiers 5 vers 22).

              Comment

              • #8
                Originally posted by lukeskywalker View Post
                Ek is doodseker hieroor...as jy 'n Christen is en jou lewe aan die Here behoort, sal jy al 9 eienskappe of dan die Vrug van die Gees openbaar. (soos genoem in Galasiers 5 vers 22).
                Lees maar net die Ingelse deel van die forum, dan sal jy gou sien dat dit nie die geval is nie. Dus kan ek nie met jou saamstem nie. Daar is selfs op die Afrikaanse deel van die forum getuienis tot die teendeel. Ekself is besig om te groei, want ek het nog nie al daardie eienskappe nie.

                Comment

                • #9
                  Originally posted by Henry View Post
                  Lees maar net die Ingelse deel van die forum, dan sal jy gou sien dat dit nie die geval is nie.
                  Boet Henry.... Lees maar net GalasiŽrs 5, dan sal jy sien dat dit wel die geval is. Die forum is nie ons finale gesag nie, die Woord is.
                  The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                  Comment

                  • #10
                    Originally posted by Lanie View Post
                    Boet Henry.... Lees maar net GalasiŽrs 5, dan sal jy sien dat dit wel die geval is. Die forum is nie ons finale gesag nie, die Woord is.
                    Dit weet ek maar al te goed, maar die respons was oor wat ander raaksien as hulle na jou kyk en jou poste lees. Uit heelwat poste blyk die waaragtige vrug van die Gees nie. Ek verwys nie na iemand spesifiek nie, maar dalk moet ek.

                    Dis nie iets wat jy aan en afswiets nie. Dis iets wat jou lewe deursuur omdat jy 'n wilsbesluit geneem het "to yield to the Spirit". Jy kan teŽskop en Hy sal dit toelaat, maar wanneer jy besluit dat "Hy meer moet word en ek minder", dan kan ander nie anders as om dit raak te sien en aangetrek te word daardeur nie.

                    Mens kan nou gaan teologies, hermeneuties en filosofies - of watter ander term daar ook al is - gaan redeneer daaroor, maar op die ou einde is dit 'n saak tussen jou en God.

                    Comment

                    • #11
                      Originally posted by Henry View Post
                      Dis nie iets wat jy aan en afswiets nie. Dis iets wat jou lewe deursuur omdat jy 'n wilsbesluit geneem het "to yield to the Spirit". Jy kan teŽskop en Hy sal dit toelaat, maar wanneer jy besluit dat "Hy meer moet word en ek minder", dan kan ander nie anders as om dit raak te sien en aangetrek te word daardeur nie.
                      Henry, ek stem saam dat dit nie iets is wat jy self aan of afskakel nie, want dit kom nie vanuit jou nie maar vanuit die Heilige Gees. En omdat dit uit die Heilige Gees kom, sal al 9 eienskappe van die Vrug dadelik teenwoordig wees in jou lewe, nie net een of twee of 'n paar nie.

                      Comment

                      • #12
                        Originally posted by lukeskywalker View Post
                        Henry, ek stem saam dat dit nie iets is wat jy self aan of afskakel nie, want dit kom nie vanuit jou nie maar vanuit die Heilige Gees. En omdat dit uit die Heilige Gees kom, sal al 9 eienskappe van die Vrug dadelik teenwoordig wees in jou lewe, nie net een of twee of 'n paar nie.
                        Wat is jou onmiddelike reaksie as iemand jou ma vloek, of jou vrou... of vir jou? Woorde wat nie in ordentlike geselskap - of in enige geselskap - herhaal kan word nie? Watter emosies kom na vore as jou tienerseun sy suster so slegsÍ dat die see haar nie kan afwas nie? Wees eerlik.

                        Comment

                        • #13
                          Originally posted by Henry View Post
                          Wat is jou onmiddelike reaksie as iemand jou ma vloek, of jou vrou... of vir jou? Woorde wat nie in ordentlike geselskap - of in enige geselskap - herhaal kan word nie? Watter emosies kom na vore as jou tienerseun sy suster so slegsÍ dat die see haar nie kan afwas nie? Wees eerlik.
                          Weet jy, ek systap nou nie jou vraag nie, maar ek beweeg nie in kringe waar die tipe van ding gebeur nie...ek kan nie onthou wanneer laas iemand my gevloek het nie, ek kan nie dink dat iemand al ooit my vrou in my teenwoordigheid gevloek het nie, en weet jy, ek het twee seuns (altwee tieners) en ek het hulle nog nooit hoor vloek nie.

                          Maar as dit sou gebeur sal ek seker kwaad word, maar met behulp van die Heilige Gees in my sou ek die kwaadgeid sekerlik kon beheer.

                          Comment

                          • #14
                            Originally posted by lukeskywalker View Post
                            Weet jy, ek systap nou nie jou vraag nie, maar ek beweeg nie in kringe waar die tipe van ding gebeur nie...ek kan nie onthou wanneer laas iemand my gevloek het nie, ek kan nie dink dat iemand al ooit my vrou in my teenwoordigheid gevloek het nie, en weet jy, ek het twee seuns (altwee tieners) en ek het hulle nog nooit hoor vloek nie.
                            Gelukkige jy!!! Ek werk met die publiek en beleef dit gereeld. Ek belowe jou, dis waar jy getoets word - there where the rubber meets the road. Dis waar "SeŽn die wat jou vervloek." getoets word. Dis waar 'n Christen karakter kry. Mens kry dit nie die eerste paar keer reg nie. Ook nie die tweede paar keer nie. Dis waar ek agtergekom het hoe dit behoort te werk.

                            Ek het al partymaal gewens dat ek iewers in 'n grot kan gaan bly met net my Bybel, maar dis nie hoe die lewe werk nie. Wie het gesÍ, "Don't be so heavenly minded that you are of no earthly good and don't be so earthly minded that you are of no heavenly good"? Dit wassie ek nie.

                            Ek vra myself af hoe het Stťfanus dit reggekry om die ouens wat hom gestenig het te seŽn en of ek dit sal regkry. Die antwoord was 'n ondubbelsinnige NEE!!! So daar lÍ baie oefening vir my voor op daardie gebied.

                            Comment

                            • #15

                              Henry

                              hier stem ek 100% met jou saam. Ek het geen twyfel nie, dat ek vervul is met die Heilige Gees, en dat Hy my lewe beheer. Maar ek moet telkens erken, ek het alweer met my gesig in die modder geval. Ek het kwaad geword, ek het iemand afgejak, ek het kwaad met kwaad vergeld (al was dit dalk net in my gedagtes....) En ek is oortuig dat alle wedergebore Christene dieselfde sal getuig, as hulle eerlik is. Iemand wat beweer dat hy totale oorwinning oor hierdie goed behaal het, sal weer moet gaan dink. Selfs Paulus skryf dat hy telkens weer dinge doen wat hy nie WIL doen nie, en andersom.

                              Maar wat ek wel met vrymoedigheid kan getuig, is dat dit so deur die jare miner en minder word. 'n Mens behaal tog mettertyd oorwinning oor party goed. As ek byvoorbeeld dink aan my gedrag wanneer ek bestuur.... vroeer het ek my vererg, elke keer as iemand voor my insny, of verkeersreels verontagsaam. Maar deesdae is dit vir my baie makliker om dit rustig by my te laat verbyaan, sonder om aandag daaraan te gee. Dit is met ander woorde 'n proses, waardeur 'n mens groei. Jy word al meer en meer gelykvormig aan Christus, maar jy bereik nooit 'n punt waar jy kan se, ek het ge"arrive" nie!

                              Ek glo egter dat al die vrugte van die gees saamloop. Jy kan nie een of twee vrugte van die Heilige Gees in jou lewe he en ander nie. Trouens, die Bybel praat nie van vrugTE nie, maar net van VRUG (enkelvoud) As jy Geesvervuld is, dan manifesteer AL die eienskappe soos beskryf in Galasiers 5 in jou - dit is almal eienskappe van EEN vrug. MAAR dit beteken nie noodwendig dat jy nooit struikel nie, dit bly 'n proses waardeur jy groei, en die vrug van die Gees al duideilker in jou optrede word.

                              Comment

                              Working...
                              X