Announcement

Collapse
No announcement yet.

Swedenborgism : Oorsprong van Jakob Lorber en ander mistiese skrywers

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Swedenborgism : Oorsprong van Jakob Lorber en ander mistiese skrywers

    http://www.carm.org/list/swedenborg.htm

    Die gees wat agter Jakob Lorber en ander soortgelyke mistiese skrywers kan teruggetrek word na Swedenborgism wat begin het in die 17de eeu.

    Swedenborg was 'n uiterste slim man, gebore in Sweden, gesterf in London in 1772, en seun van 'n gesiene Lutherse predikant. Hy was 'n professor en man van aansien in die Universiteit van Upsala wat van jongs af homself uitgesonder het as wiskundige, mynspesialis, ingeneur en belegger. 'n Man van ontsaglike ambisie en wat altyd na meer op soek was, wat op die ouderdom 55 gesien was as een van die mees geleerde mense wat geleef het in sy tyd.

    In 1742 het hy 'n bonatuurlike belewenis gehad, met stemme, ligte ens en het hy begin toegang kry tot die geestelike wereld, soos hy beweer. Hy het stemme gehoor wat hy beweer het direk van God af kom. Hy beweer hy het gepraat met Luther, Kalvyn, St. Augestine, Paulus - en het geredeneer oor teologiese vrae en het vurig verskil met Paulus en baie ander.

    Die kort en die lank daarvan, is dat Swedenborg 'n ander evangelie as Paulus begin propageer het en sy eie kerk gestig het op die ou end "Church of the New Jerusalem" wat al baie jare aan die gang is. Die dogma wat hy verkondig is nie bybels korrek nie, en skep 'n beeld van 'n ander Jesus as die een wat ons in die Skrif leer ken. Swedenborg se lewe was ook berug daarvoor vir baie okkultiese betrokkenheid.

    Daardie selfde Jesus word verkondig deur ander mistiese skrywers, en aandag word weggeneem van die lering in die Skrif af, na 'n nuwe evangelie en 'n nuwe lering.

    Kyk gerus na die aangehegte 'link' vir meer besonderhede. (sien bo)

    Vir iemand wat 'n deeglike studie hieroor wil doen, kan die volgende bronne geraadpleeg word:
    1) Christian Apologetics & Research Ministry. Learning Swedenborgism : A Testimony by David Weaver. www.carm.org/testimonies/david_weaver.htm.
    2) Jackson, Samuel Macauley, ed. The New Schaff-Herzog Encyclopedia of Religious Knowledge.Grand Rapids, Mich : Baker Book House 1977) reprint. See also www.bookfinder.com
    3) Judah, J. Stillson. The History and Philosophy of the Metaphysical Movement in America. Philidelphia: The Westminister Press, 1967
    4) Walter Martin Ministries www.waltermartin.com
    5) Watchmen Fellowship www.watchman.org
    6) The Kingdom of the Cults, by Walter Martin - Appendix C

  • #2
    Originally posted by Yolande~ View Post
    http://www.carm.org/list/swedenborg.htm

    In 1742 het hy 'n bonatuurlike belewenis gehad, met stemme, ligte ens en het hy begin toegang kry tot die geestelike wereld, soos hy beweer. Hy het stemme gehoor wat hy beweer het direk van God af kom. Hy beweer hy het gepraat met Luther, Kalvyn, St. Augestine, Paulus - en het geredeneer oor teologiese vrae en het vurig verskil met Paulus en baie ander.
    Yolande

    Volgens die skakel klink hy soos een van die voorvaders van New Age.

    Raadpleeg God en nie geeste van waarsê of afgestorwenes (familiar spirits) nie.

    En as hulle vir julle sê: Raadpleeg die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê, wat piep en mompel—moet ‘n volk nie sy God raadpleeg nie; moet vir die lewendes die dooies gevra word? (Isa 8:19)

    my God; in Him I will trust (Psa 91:2).

    If you have not accepted Jesus Christ as your Savior, NOW is the time.

    Persevere, pray and be ready for the Return of Christ.

    Comment

    • #3
      Hi Yolande,
      Welkom terug, dit was regtig nie nodig om skoene aan te trek net vir ons nie.

      Is Jakob Lorber die ou wat die sg. "dogters van Sion" so erg op steun ?

      Comment

      • #4
        Originally posted by Die Filadelfieer View Post
        Hi Yolande,
        Welkom terug, dit was regtig nie nodig om skoene aan te trek net vir ons nie.

        Is Jakob Lorber die ou wat die sg. "dogters van Sion" so erg op steun ?
        Dankie Fila

        Ja, Jakob Lorber is die man wat se misleidende boeke deur "dogter van Sion" gepropageer word. En Dirk self is 'n groot aanhanger van Swedenborg se werk.

        Comment

        • #5
          Roelof, ek het jou nie geantwoord nie want ek kry die idee jy het nie my hele stuk gelees nie en het vinnig afleidings gemaak en konklusies getrek van wat ek probeer se . Genade vir jou my broer. Dit gebeur met ons almal soms

          Comment

          • #6
            Originally posted by Yolande~ View Post
            Roelof, ek het jou nie geantwoord nie want ek kry die idee jy het nie my hele stuk gelees nie en het vinnig afleidings gemaak en konklusies getrek van wat ek probeer se . Genade vir jou my broer. Dit gebeur met ons almal soms
            Yolande

            Ek het respek vir sy intellektuele vermoens. Enkele aanhalings uit jou skakels toon sy New Age gedagtes:

            All religions lead to God, though all are not equally enlightened.

            There is no personal devil. Instead, the devil is the personification of human evil.

            There is no physical resurrection. After death, a person becomes an angel or an evil spirit. Position in the afterlife is based on "the kind of life we have chosen while here on earth."

            Sy spirituele "vermoens" om met dooies kontak te maak, is okkulties.

            Ek wil nie baklei nie, maar verstaan nie mooi nie, wat het jy aan ons probeer oordra?
            Last edited by Roelof; Mar 16 2008, 06:45 AM.

            my God; in Him I will trust (Psa 91:2).

            If you have not accepted Jesus Christ as your Savior, NOW is the time.

            Persevere, pray and be ready for the Return of Christ.

            Comment

            • #7
              Roelof, gaan lees asb weer. Ons is aan dieselfde kant. Ons wil deur hierdie forum mense wat vasgevang is in allerande misleidings bewus maak van die waarheid en die gevaar daarvan.

              Jy is 100% reg dat Swedenborg okkulties, new age, en totaal misleidende lerings na kosbare kinders van Jesus bring. Ons wil die man tog ontmasker - veral aangesien daar soveel afrikaner mense is wat hierby betrokke begin raak het en nie weet waarmee hulle te make het nie. As jy die "link" se laaste paragraaf lees sal jy sien hulle beskryf dit as 'n baie gevaarlike 'nie christen' beweging. Swedenborg en ander mistiese skrywers soos hy verkondig 'n ander evangelie as Paulus s'n en is daarom vervloek deur Paulus.
              Last edited by Yolande~; Mar 17 2008, 08:32 AM. Reason: 2de paragraaf ingevoeg

              Comment

              • #8
                Lorber en Dogter van Sion

                Yolandi,

                Ek is dringend opsoek na meer inligting oor Dogter van Sion. Ek sit met al Lorber se boeke hier voor my
                My familie bly tans in tente op iemand se plaas in afwagting vir die "eenwording" wat nou binnekort moet plaasvind. Daar is daagliks mense wat nou self profeteer oor hierdie gebeurtenis en sg. nag van die lang messe. Ek is BAIE bekommerd en soek oral op die internet na info. Het op jou gesprek met Roelof afgekom oor Swedenborg en Lorber
                Weet jy iets van Bertha Dudde se profesieë van die eindtyd waarop die Dogter van Sion-beweging ook swaar steun? Ek het info nodig om my familie daar uit te kry indien dit 'n kult is.

                Comment

                • #9
                  Originally posted by Sierra View Post

                  Hi Sierra,

                  Ek weet nie of Yolande hier sal reageer nie, maar jy kan ook vir Vim vra, wat soos sy ook baie weet van hierdie bewegings. Tog hoef jy nie bekommerd te wees nie, die Here is goed, regverdig en getrou en het al baie mense uit dwaal-leringe gehaal...
                  The Rapture

                  My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
                  but I must confess, don’t worry
                  the rapture is not before the Great Tribulation
                  it’s before God’s wrath!!!

                  Because His wrath is not meant for you
                  it’s for all the people in the zoo
                  think about it and refresh…
                  you will see there’s no way out of here, in the flesh

                  If you really believe, you will see
                  the rapture is for you and me
                  when we decide to leave from here
                  that very day, oh! God adhere…

                  Comment

                  • #10
                    Sierra
                    Het jy al kennis geneem van Prof. Johan Malan se geskrifte oor die onderwerp? Hier is 'n skakel: http://bybelglo.com/phpBB2/viewtopic.php?t=70

                    Comment

                    • #11
                      Israelvisie

                      Baie dankie, David2
                      Dit het handig te pas gekom

                      Dankie CFJ vir jou bemoedigende woorde ook!

                      Geseënde dag vir julle
                      Sierra

                      Comment

                      • #12
                        Hi almal ek was 26 Oktober 2007 "geban" vir verskei redes van die forum af. Om 'n lang storie kort te maak het ek vandag tot my sinne gekom en ek WEET nou dat Lorber Swedenborg en Bertha en al die ander profete daarna maar net slagoffers was van "influistering". Ek was self daar en het ook baie gehoor en ervaar. EK het alles opgegee en Lydenburg toe gegaan na "Die Herberg" toe in 'n tent gebly en my huisgesin baie hartseer en ongerief aangedoen. Toe ek besef dat dinge nie pluis is daar en dat Vader nooit een groep(hawelose mense op Kameeldrift 225) se middle sal "steel" om 80 Lorber Fanatics te support om te sit en niks doen tot hulle een word met Vader nie, is ek en my gesin en 13 ander sielle terug. Ons het die plaas(Oud Dogter van Sion) probeer oprig en vir Vader gevra dat Hy ons moet help om dit in Gees en Waarheid te doen.

                        Met geen geld of middle want alles is Lydenburg toe het ons begin om te bid en te spit. Vandag is Dogter van Sion bankrot en geestelik dood. Ons het 'n nuwe gemeente gestig Filadelfia Ark en ons steun op die Skrif en Jashua(Jesus) ons verlosser alleen. Ek het die week vir leiding gevra en toe wys Vader my Lorber is verkeerd.

                        Ek weet nie wat om verder te skryf nie. Ek wil net jammer se vir al die haat wat verlede jaar op die forum rond gevlieg het van ons kant af. EK vra ook dat julle nie vir Dirk sal haat of kwaad wees nie maar vir hom en almal wat in leuns en okoltisme vasgevang is sal bid. Dogter van Sion is dood. So los hulle nou daar in die graf. Filadelfia Ark is besig om te groei maar ons het almal se gebede en hulp nodig om al die "wrongs" reg te maak en het 77 hawelose sielle op die plaas om voor te sorg met geen skenkings en 'n wankelende invrastruktuur.
                        Bid vir ons en kom kuier vir ons asb. Ons het dit nodig om al die bindings te breek van die BVH af tot Linda Neuwkirk, Lorber, Bertha al die ander profete en die gees van depressie en mismoedigheid wat nou oor ons hang van verlos te word.
                        Dankie
                        Jerubbaal

                        Comment

                        • #13
                          Originally posted by jerubbaal View Post

                          Hallo Jerubbaal,

                          Daar is niks so mooi en so stigtend, soos dit wat jy nou doen nie. Elke mens het 'n unieke pad met die Here en elkeen dwaal op 'n bepaalde manier. Die toets vir almal van ons, is om iewers te kan erken, dat mens wel gedwaal het. Ekself het op ander maniere gedwaal en vandag kan ek mense help, omdat my ondervinding eerstehands was. Daar is baie wat met hierdie sogenaamde nuwe openbaringe dwaal en in die laaste ruk het daar sommer 'n string nuwe profete (sommer 9 net hier in Suid Afrika), ook hulle opwagting gemaak, soos jy bewus van sal wees. Ek merk dat 5 van die sogenaamde 9 Afrikaanse profete van Lydenburg is en 3 van Pretoria. Meeste is jong mense en almal het direkte bande met die "Dogter van Sion" beweging. Dit spreek vanself dat hierdie beweging tot 'n einde sou kom...

                          Jou gesindheid is merkwaardig en dit is die enigste wyse, om ander op so wyse, die lig te wys waar dwaling is. Dankie vir jou getuienis en laat weet gerus van jou. Hier is mense wat graag sal help. As jy meer privaat wil gesels, kan jy 'n draad oopmaak in die "Chat to Moderators" forum. Dit is privaat en net jyself en 'n modereerder kan dan gesels. Die ander alternatief is om d.m.v. e-pos te kommunikeer.

                          Intussen is my gebede met julle!
                          The Rapture

                          My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
                          but I must confess, don’t worry
                          the rapture is not before the Great Tribulation
                          it’s before God’s wrath!!!

                          Because His wrath is not meant for you
                          it’s for all the people in the zoo
                          think about it and refresh…
                          you will see there’s no way out of here, in the flesh

                          If you really believe, you will see
                          the rapture is for you and me
                          when we decide to leave from here
                          that very day, oh! God adhere…

                          Comment

                          • #14
                            Jerubbaal

                            Dankie vir hierdie pragtige getuienis wat jy hier met ons kom deel het, ek bid dat die Heilige Gees jou en jou mense sal vernuwe en dat julle die pad saam met Christus sal loop in geregtigheid, slegs afhanklik van die leering van die Woord soos die Heilige Gees dit vir julle uitle.

                            Baie seen vir julle
                            Phil

                            Comment

                            • #15
                              Jerub

                              Kan jy asb vir my meer inligting gee oor hoekom daar twyfel in Lorber se boeke is. Spesifiek die Nuwe Openbarings

                              Comment

                              Working...
                              X